About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 80
|
|
JDG Trading (Edms) Beperk v Louw and Another (48/2006) [2006] ZANCHC 80 (10 February 2006)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saaknommer: 48\2006
Datum
Verhoor: 2006\02\03
Datum
Gelewer: 2006\02\10
In
die saak van
:
JDG TRADING
(EDMS) BEPERK APPLIKANT
versus
SYLVIA
MEISIEKIND LOUW EERSTE RESPONDENT
LANDDROS
VIR DIE DISTRIK TWEEDE RESPONDENT
VAN KIMBERLEY
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
applikant nader hierdie Hof vir ân verklarende bevel dat die
ooreenkoms gesluit tussen die applikant en die eerste respondent,
waarvolgens die applikant aan die eerste respondent geld geleen en
voorgeskiet het, ân leningsooreenkoms is en verder dat hierdie
leningsooreenkoms ân regsgeldige ooreenkoms is wat afdwingbaar is
tussen die applikant en die eerste respondent. Die applikant
vra
ook dat vonnis verleen word in sy guns teen die eerste respondent in
ooreenstemming met die skriftelike toestemming wat die
eerste
respondent onderteken het ingevolge die bepalings vervat in
artikel 58 van die Wet op Landdroshowe, 32/1944 (â
die
Wet
â)
. Die applikant vra verder dat ân besoldigingsbeslagbevel
ingevolge eerste respondent se skriftelike onderneming daartoe
in
terme van artikel 58 soos gelees met artikel 65A van die Wet
uitgereik word. Laastens versoek die applikant koste van die
aansoek indien dit geopponeer word. Die aansoek was nie bestry deur
enige van die respondente nie, alhoewel die tweede respondent
volledige skriftelike redes verskaf het ingevolge Landdroshofreël
51.
2.1
Die
applikant dryf handel as ân meubelhandelaar
sub
nom
Joshua Doore, onder andere in Kimberley. Die eerste respondent het
sekere meubels aangekoop by die applikant. Daar is toe ân
ooreenkoms, Aanhangsel âAâ tot die funderende eedsverklaring
in hierdie aansoek, tussen die partye gesluit, welke ooreenkoms
as ân
â
Loan
Agreement
â
bestempel word in die kopstuk daarvan.
2.2
Die
leningsbedrag stem presies ooreen met die aankoopprys van die meubels
wat deur die eerste respondent aangekoop is. Die leningsooreenkoms
maak verder voorsiening vir vasgestelde maandelikse terugbetalings op
die lening. Wat verder opvallend is, is dat klousule 7 van
die
leningsooreenkoms voorsiening maak daarvoor dat die meubels wat
aangekoop is deur die eerste respondent onderhewig is aan ân
pand
ten gunste van die applikant, welke pand klaarblyklik dien as
sekuriteit vir die eerste respondent se verpligtinge ingevolge
die
leningsooreenkoms.
2.3
Die
eerste respondent het versuim om haar verpligtinge ingevolge die
voormelde leningsooreenkoms na te kom en het sy toegestem tot
vonnis
ingevolge die bepalings vervat in artikel 58 van die Wet. Hierdie
skriftelike toestemming is Aanhangsel âBâ tot die funderende
eedsverklaring. Daarvolgens stem die eerste respondent nie net toe
tot vonnis in ân bepaalde bedrag nie, maar sy maak ook ân
aanbod
van betaling daarvan in die bedrag van R200.00 per maand. Van belang
verder is dat die eerste respondent ook daarin toestem
tot ân
besoldingingsbeslagbevel.
2.4
Die
tweede respondent het daarna ân aansoek vir vonnis op grond van die
voormelde skriftelike toestemming wat eerste respondent
onderteken
het, geweier en het, soos ek alreeds gemeld het, volledige
skriftelike redes vir sodanige weiering verskaf.
Die
kern van die landdros se redes kom daarop neer dat sy die transaksie
tussen die applikant en eerste respondent beskou het as
ân
kredietooreenkoms wat onder die Wet op Kredietooreenkomste (75/1980)
ressorteer en dat sy gevolglik nie ân vonnis in terme
artikel 58
van die Wet kon toestaan nie.
4.1
Ek
het ter aanvang van die verrigtinge by Mnr. Wessels, wat namens die
applikant verskyn, verneem of hierdie nie ân geval was waar
die
landdros ân finale bevel uitgereik het en dat daar gevolglik
geappelleer moes word nie. Mnr. Wessels het aan die hand gedoen
dat
die landdros inderdaad nie die verlening van vonnis geweier het nie
en nie ân finale bevel gemaak het nie. In dié verband
het hy
verwys na die volgende passasie in die landdros se voormelde
skriftelike redes:
â
Ad paragraaf
(c)
Die
hof het nie ân Besoldigingsbeslagbevel aansoek aangehoor of geweier
nie. â
Op
grond van die voormelde passasie submitteer Mnr. Wessels dat die
verrigtinge
a
quo
nie
vatbaar is vir appél nie, omrede daar inderdaad nie ân finale
bevel uitgereik is nie.
4.2
Ek
is van mening dat hierdie submissie heeltemal misplaas is. Net
vroeër in die skriftelike redes verskyn die volgende:
ââ¦â¦
.
het
die hof bevind dat die hof nie oor die magtiging beskik om aan die
eiser se versoek tot vonnis te voldoen nie.
Hierop
is vonnis geweier in terme van Reël 12(7)(e) van die Wet op
Landdroshowe.
â
(My
eie beklemtoning).
Volgens
die bepalings vervat in die voormelde Reël 12(7)(e) mag ân hof,
wanneer ân versoek vir vonnis deur die Klerk van die
Hof na hom
verwys word, weier om vonnis te verleen. Hierdie is tog na my mening
aanduidend daarvan dat die landdros inderdaad ân
finale bevel
uitgereik het, naamlik ân weiering van die versoek tot vonnis.
4.3
Dit
is verder natuurlik ook insiggewend dat die landdros (op versoek van
die applikant) skriftelike redes ingevolge die bepalings
vervat in
Landdroshofreël 51 verskaf het. Dit is ook verder aanduidend
daarvan dat die applikant, ten minste by dáárdie geleentheid
toe
redes versoek is, die mening toegedaan was dat ân finale bevel
uitgereik was en dat ân appél die aangewese weg is om te
volg.
4.4
Artikel
83(d) van die Wet bepaal dat enige bevel wat die effek het van ân
finale vonnis die onderwerp van ân appél mag vorm.
Wanneer die
landdros se skriftelike redes noukeurig nagegaan word, meer bepaald
die motivering vir haar bevindinge, is daar by my
absoluut geen
twyfel nie dat die landdros inderdaad ân finale bevel uitgereik het
tot dien effekte dat die versoek tot vonnis
geweier word. Gevolglik
is ek die mening toegedaan dat hierdie finale bevel van die landdros
inderdaad op appél moes geneem gewees
het, indien die applikant
daaroor beswaard was.
Mnr.
Wessels het verder aan die hand gedoen dat selfs al is die landdros
se bevinding vatbaar vir ân appél, hierdie Hof steeds
in sy
diskresie ân verklarende bevel kan oorweeg soos wat dit aangevra
is deur die applikant hierin. In dié verband het hy
verwys na die
volgende gesag:
Shellâs
Annandale Farm (Pty) Ltd v Commissioner, South African Revenue
Service 2000(3) SA 564 (C)
te 570 â 571;
Herbstein
& Van Winsen:
The
Civil Practice of the Supreme Court of South Africa
,
4de uitgawe, te 1053 â 1061;
National
Educare Forum v Commissioner, South African Revenue Service 2002(3)
SA 111 (TkHC)
te 127 G â 128 D.
Ek
is die mening toegedaan dat die voormelde gewysdes onderskeibaar van
die onderhawige saak is op die feite en op die reg. Dit kom
naamlik
algemeen voor dat verklarende bevele aangevra en uitgereik word in
veral belastingsake soos wat in die voormelde twee gewysdes
die geval
is. Dit is dan nou ook reeds gevestigde reg dat ân geregshof ân
verklarende bevel kan oorweeg en uitreik waar geen
belastingaanslag
nog gemaak is nie. Ek kon egter geen gerapporteerde uitspraak vind,
en Mnr. Wessels het ook na geen sodanige gesag
verwys nie, tot die
effek dat waar ân finale bevel appelleerbaar is, ân litigant
steeds kan verkies om desnieteenstaande ân
Hof te nader vir ân
verklarende bevel. Ook die gedeelte aangehaal uit
Herbstein
& Van Winsen
,
supra
,
bevat geen sodanige gesag nie. In elk geval is ek die mening
toegedaan dat hierdie ân diskresionêre aangeleentheid is en is
ek
in die uitoefening van my diskresie oortuig daarvan dat ân appél
na hierdie Hof die gepaste prosedure is.
Gevolglik
en uit hoofde van die voormelde redes is ek die mening toegedaan dat
hierdie aansoek ondeurdag is en dat die aangevraagde
regshulp nie
toegestaan kan word nie.
7.1
Ek
ag dit nodig om enkele opmerkings te maak hierin aangaande die ware
aard van die transaksie tussen die partye.
7.2
Ek
is dit eens met die landdros dat hierdie sogenaamde leningsooreenkoms
tussen die applikant en die eerste respondent eintlik maar
ân
kwalik verbloemde kredietooreenkoms is. Daar is in die stukke gewag
daarvan gemaak dat hierdie tipe leningsooreenkomste algemeen
voorkom
in die meubelbedryf op ân landwye basis. Daar is ook, vreemd
genoeg, heeltemal ontersaaklik melding daarvan gemaak dat
besoldigingsbeslagbevele algemeen in die Vrystaat toegestaan word uit
hoofde van hierdie tipe leningsooreenkomste. Daar is selfs
verder
gegaan deur op ontoelaatbare wyse gebruik te maak van hoorsêgetuienis
om aan te dui dat dié praktyk ook in ander provinsies
suksesvol
gevolg word. Al hierdie beweringe is ontersaaklik en geheel en al
onvanpas. Sover ek weet is hierdie betrokke praktyk,
naamlik die
sluit van ân gesimuleerde leningsooreenkoms wat inderdaad maar ân
kredietooreenkoms is, wat ten doel het die verkryging
van
besoldigingsbeslagbevele, nog nooit werklik getoets in enige afdeling
van die Hooggeregshof nie.
7.3
Die
Wet op Kredietooreenkomste se primêre oogmerk is om kredietopnemers/
verbruikers te beskerm. Dit is weliswaar korrek soos wat
Mnr.
Wessels aan die hand gedoen het, naamlik dat ân party wat aanvoer
dat ân bepaalde ooreenkoms gesimuleerd is en inderwaarheid
ân
ander aard het, die bewyslas dra om sodanige bewering te bewys (sien
ondermeer
Michau
v Maize Board 2003(6) SA 459 (SCA)
te
463 (par. 4). Aan die ander kant weer is dit gevestigde reg dat
partye nie geoorloof is om die ware aard van hulle transaksie
te
verberg nie. In so ân geval:
â
The true enquiry
⦠is to establish whether the real nature and the implementation of
these particular contracts is consistent with
their ostensible form.
In pursuit of that enquiry, one must strive to ascertain, from all of
the relevant circumstances, the actual
meaning of the contracting
parties. It therefore becomes necessary to examine in greater detail
the agreements in question and the
manner in which they were
implemented.â
per
Ponnan AR in
Maize
Board v Jackson 2005(6) SA 592 (SCA)
te 596 E-F (par. 8).
7.4
Die
oogmerk met die gesimuleerde kontrak in die onderhawige geval is na
my mening duidelik, naamlik om aan die kredietgewer onder
die skyn
van ân leningsooreenkoms die voordeel te bied om ân
besoldigingsbeslagbevel te bekom, wat hy andersins nie sou kon kry
by
ân gewone kredietooreenkoms nie. Op sodanige wyse word die primêre
oogmerk van die Wet op Kredietooreenkomste soos hierbo
vermeld,
blatant omseil en onkundige kredietopnemers word van die voormelde
Wet se beskerming ontneem.
7.5
Ter
samevatting volstaan ek daarmee om my ernstige bedenkinge uit te
spreek aangaande die regsgeldigheid en afdwingbaarheid van hierdie
sogenaamde âleningsooreenkomsâ, aanhangsel âAâ.
8.
Die
applikant se aansoek word afgewys.
____________
SA MAJIEDT
REGTER
ADVOKATE
NAMENS APPLIKANT : ADV MH WESSELS
IN
OPDRAG VAN : ANDRE POTGIETER PROKUREURS
DATUM
VAN VERHOOR : 2006\02\03
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2006\02\10