About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 8
|
|
S v Prins (CA&R 108/05) [2006] ZANCHC 8 (10 February 2006)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 108/05
DATUM
AANGEHOOR: 09-02-2006
DATUM
GELEWER:10-02-2006
In
die Appèl van:
FIELAND
PRINS
APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
LACOCK R et WILLIAMS R :
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 24
Augustus 2004 in die Streekhof te De Aar skuldig bevind aan
aanranding met die opset om ernstig te beseer,
gepleeg teenoor ân
kind onder die ouderdom van 16 jaar na hy aanvanklik van poging tot
moord aangekla is. Hy is op dieselfde dag
gevonnis tot tien jaar
gevangenisstraf in terme van artikel 51(2)(b)i) van Wet 105 van 1997.
2. Op petisie na hierdie
Hof is die appellant verlof verleen om te appelleer teen die vonnis
hom opgelê.
3. Die tersaaklike feite
van hierdie saak kan as volg opgesom word:
3.1 Die appellant en die
klaer het mekaar een laataand op straat raakgeloop. Die appellant
het die klaer versoek om hom te vergesel
na sy huis om hom te help om
sy huislig aan te skakel. Die klaer het ingestem hiertoe aangesien
hy agtergekom het dat die appellant
onder die invloed van drank was.
3.2 By die appellant se
huis aangekom het hy die deur agter hulle toegepen en die klaer met
ân stok oor die liggaam begin slaan.
Hy het die klaer daarvan
beskuldig dat hy met ander, by die appellant se huis ingebreek het.
3.3 Die aanranding op die
klaer het egter nie hier opgehou nie. Die appellant het hom verder
met ân stoel voor sy bors geslaan,
ân sitbankie geneem en vir die
klaer op sy voorkop mee geslaan en hom vier keer met ân tang op sy
kop gesteek. Toe die appellant
vir die klaer met ân elektriese
draad wou vasbind het die klaer hom teëgesit en daarna die
geleentheid gekry om te ontsnap toe
die appellant ân byl buitekant
wou gaan haal.
4. Die misdryf waaraan
die appellant skuldig bevind is resorteer vir doeleindes van vonnis
onder Deel III van Bylae 2 tot Wet 105
van 1997. As eerste oortreder
het die appellant dus blootgestaan aan ân minimum vonnis van 10
jaar gevangenisstraf tensy daar
wesenlike en dwingende omstandighede
teenwoordig is wat ân minder vonnis regverdig. Die verhoorhof het
egter bevind dat daar nie
sodanige omstandighede bestaan nie en het
derhalwe nie van die voorgeskrewe vonnis afgewyk nie.
5. Beide
die regsverteenwoordigers is dit egter eens dat die streeklanddros in
hierdie opsig fouteer het deur nie haar diskresie ten
opsigte van
vonnis behoorlik of redelikerwys uit te oefen nie. Mnr. Cloete wat
namens die Staat verskyn wys tereg daarop dat ân
Hof se diskresie
onder artikel 51 van Wet 105 van 1997 beperk word maar nie uitgewis
word nie. Sien
S
v Malgas
2001(1) SASV 469(HHA) te 481h.
6. In die onderhawige
saak is dit so dat die appellant se optrede
gemeet
aan enige standaarde, verfoeilik was. Om ân kind op hierdie wyse
aan te rand druis in teen die beginsels van ân beskaafde
en
geordende samelewing. Die howe is dan ook getaak daarmee om die
belange van kinders te beskerm. In hierdie opsig is die
streeklanddros
se benadering soos weerspieël in die uitspraak op
vonnis prysenswaardig, waar sy sê
â.
. . wat die belange van kinders aanbetref is ons grondwet baie
duidelik en spesifiek wat hierdie hof aanbetref is ek, is die
belange
van kinders vir my van uiterste belang dat dit gereflekteer sal word
in enige vonnis wat hierdie hof oplê en ook uitsprake
gelewer deur
hierdie hof. Die hof is die instrument waardeur die samelewing
handel.â
.
7. Daar
moet egter gewaak word daarteen om hierdie bogenoemde oorwegings te
oorbeklemtoon ten koste van ander belangrike en relevante
faktore wat
ook in oorweging gebring moet word met vonnisoplegging. In die
woorde van Miller AR in
S
v Maseko
1982(1)
SA 99(A) te 102E-G;
âWhat
has to be guarded against when exemplary sentences are imposed is the
danger that excessive devotion by a judicial officer
to furtherance
of the cause of deterrence may so obscure the relevant considerations
as to result in very severe punishment of a
particular offender which
is grossly disproportionate to his deserts.â
8. In
my opinie is dit waarteen Miller AR waarsku in die passasie hierbo
aangehaal presies wat
in casu
gebeur het. Weinig gewig is verleen aan die volgende persoonlike
omstandighede van die appellant en ander faktore wat hoogs relevant
is tot die oorweging van ân gepaste vonnis.
8.1 Die appellant is ân
32 jarige algehele eerste oortreder. Hy het vaste werk gehad voor sy
inhegtenisname en het R825,00 per
maand verdien. Hy is dus duidelik
bruikbare mensemateriaal.
8.2 Die beserings wat die
klaer opgedoen het was klaarblyklik nie baie ernstig van aard nie
aangesien hy geen mediese behandeling
daarvoor benodig het nie. Daar
is ook geen getuienis van enige blywende fisiese of psigiese letsels
nie.
8.3 Die klaer was alreeds
15 jaar oud toe die misdryf gepleeg was, dus net onderkant die afsny
ouderdom waarop die minimumvonnis betrekking
het.
8.4 Die appellant was ten
tye van die pleging van die misdryf onder die invloed van drank.
Daar is na my mening geen meriete in die
Streeklanddros se verwerping
van hierdie aspek nie. Die blote feit dat die appellant in sy
getuienis ontken het dat hy die spesifieke
aand onder die invloed
was, kan kwalik enige gewig dra gesien in die lig daarvan dat sy
weergawe in elk geval verwerp is.
9. Die bogenoemde faktore
stel na my mening wesenlike en dwingende omstandighede daar wat ân
afwyking van die voorgeskrewe minimum
vonnis regverdig. Die
toegewings gemaak deur die Staat in hierdie verband word gelyk gegee.
10. Hierdie bly egter ân
ernstige misdryf waaraan die appellant hom skuldig gemaak het en is
die enigste gepaste vonnis na my mening
direkte gevangenisstraf.
In die omstandigehde
word die volgende bevel gemaak:
a) Die appél slaag.
b) Die
vonnis in die Streekhof opgelê word ter syde gestel en vervang met
die volgende; â
5(vyf)
jaar gevangenisstrafâ
c) Die
vonnis word ingevolge artikel 282 van Wet 51 van 1977 terugdateer na
24 Augustus 2004.
_______________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam
_______________________
H J LACOCK
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. P.J Cloete in opdrag van die Regshulpraad
Nms.
Respondent: Adv. J.J Cloete
Kantoor van die
Direkteur van Openbare Vervolgings, Kimberley