About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 79
|
|
S v Bobbejee (CA&R 129/04) [2006] ZANCHC 79 (3 February 2006)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
129/04
Datum
verhoor: 2006-02-02
Datum
gelewer: 2006-02-03
In
die appél van
:
JACOBUS
BOBBEJEE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
MOLWANTWA
WnR
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant is in die Streekhof skuldig bevind aan twee aanklagte van
roof met verswarende omstandighede soos omskryf in artikel
1(1) van
Wet 51 van 1977, sowel as aan twee aanklagte van verkragting. Op
die roofaanklagte soos voormeld is hy gevonnis tot 5
jaar
gevangenisstraf elk en op die verkragtingsaanklagte soos voormeld is
hy gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf elk. Daar is
gelas dat die
vonnisse soos voormeld samelopend uitgedien word tot die effek dat
die appellant effektiewelik 17 jaar gevangenisstraf
opgelê is. Die
appellant kom nou in hoër beroep teen sy skuldigbevindings en
vonnisse soos voormeld.
Die
vonnis wat die streeklanddros die appellant opgelê het op die twee
aanklagte van verkragting is
ultra
vires
sy bevoegdhede. Die bevinding waartoe hy gekom het, naamlik dat die
appellant die klaagster twee keer verkrag het, plaas die
aangeleentheid vierkantig binne die bepalings soos vervat in deel I
van Bylae 2 van die Strafregwysigingswet, 105 van
1997.
Artikel 52(2) van die voormelde wet lees as volg in sy gewysigde
vorm:
â
(1) Indien ân streekhof, na-
(a) ân pleit van skuldig; of
(b) ân pleit van onskuldig,
â
n
beskuldigde skuldig bevind het aan ân misdryf bedoel in-
(i) Deel I van Bylae 2; of
(ii) Deel II, III of IV van Bylae 2 en
die hof van oordeel is dat die betrokke misdryf straf regverdig wat
die regsbevoegdheid van
ân strookhof ingevolge artikel 51(2) te
bowe gaan, staak die hof die verrigtinge en verwys die beskuldigde
vir vonnis soos beoog
in artikel 51(1) of (2), na gelang van die
geval, na ân Hoë Hof wat regsbevoegdheid het.â
Bygevolg
is dit duidelik uit die voormelde wetsbepaling dat ân
streeklanddros, sodra hy tot ân bevinding kom, dat ân
beskuldigde
byvoorbeeld ân klaagster twee keer verkrag het, nie
die regsbevoegdheid het om self vonnis op te lê nie, maar is hy
verplig
om die vonnisverrigtinge te staak en dit na hierdie Hof te
verwys vir vonnisoplegging. Versuim om só op te tree en self
vonnis
op te lê beteken dat ân streeklanddros
ultra
vires
sy bevoegdhede optree en sy opgelegde vonnis soos
in
casu
sal
gevolglik nietig wees.
Sien
in dié verband:
Direkteur
van Openbare Vervolgings, Tranvaal
v
Makwetsja
2004(2)
SASV 1 (T) te 8d â 9d;
Ndumane
Mayisela v Die Staat
CA&R 154/04 gelewer 15/10/2004, (NK), (Olivier R met Lacock R
samestemmend).
Gevolglik
word verklaar dat die vonnisse wat die appellant opgelê is op 26
April 2002 in die Streekhof te Kakamas nietig is en
dat die gemelde
vonnisse tersyde gestel word en vervang word met die volgende bevel:
a.
â
Die
verrigtinge word ingevolge die bepalings van artikel 52(1) van die
Strafregwysigingswet, Nr 105 van 1997, gestaak en die beskuldigde
word vir vonnis verwys na die Noord-Kaapse Afdeling van die
Hooggeregshof van Suid-Afrika.
b. Die
appél teen die skuldigbevindings en vonnisse word van die rol
geskrap.
c. Die
appellant sal in hegtenis bly hangende die afhandeling van sy saak of
enige ander bevel in hierdie verband deur die Hooggeregshof.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
BC
MOLWANTWA
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Adv T Fourie
NAMENS
RESPONDENT : Adv TT Birch
DATUM VAN
VERHOOR : 2006-02-02
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2006-02-03