S v Van Wyk (CA&R 106/05) [2006] ZANCHC 78 (3 February 2006)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of theft and theft from a motor vehicle — Sentenced to cumulative 8 years' imprisonment — Appellant's personal circumstances and previous convictions considered — Sentence on theft from a motor vehicle deemed shockingly inappropriate — Appeal partially upheld, original sentence on theft from a motor vehicle set aside and replaced with a lesser sentence of 2 years' imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 78
|

|

S v Van Wyk (CA&R 106/05) [2006] ZANCHC 78 (3 February 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
106/05
Datum
verhoor: 2006-02-02
Datum
gelewer: 2006-02-03
In
die appél van
:
JEROME
VAN WYK APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
MOLWANTWA
WnR
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant het in die streekhof te Upington skuldig gepleit op
aanklagte van diefstal (aanklag 1) en diefstal vanuit ‘n
motorvoertuig
(aanklag 2). Op die voormelde aanklagte is hy as volg
gevonnis: Aanklag 1 (diefstal): 2 jaar gevangenisstraf;
Aanklag 2 (diefstal
vanuit ‘n motorvoertuig): 6 jaar gevangenisstraf.
Hy is
dus effektiewelik 8 jaar gevangenisstraf opgelê, aangesien geen
sameloping van die vonnisse gelas is nie. Die appellant is
ook
onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Alhoewel ‘n aansoek
om verlof om te appelleer deur die streeklanddros van die
hand gewys
is, is die appellant op petisie na hierdie Hof verlof verleen om teen
sy opgelegde vonnisse te appelleer.
Die beperkte bevoegdhede
van ‘n hof om op appél in te meng met opgelegde vonnisse is
welbekend, naamlik in daardie gevalle waar
daar ‘n duidelike
onreëlmatigheid of mistasting in die opgelegde vonnis aan te merk
is of waar die vonnis só swaar is dat dit
‘n gevoel van skok wek.
Sien
in dié verband ondermeer:
S
v Blank 1995(1) SASV 62(A)
te
65 h – 66 b.
Die
appellant was 21 jaar oud ten tyde van die verhoor, ongetroud en het
geen kinders gehad nie. Hy het tot standerd 5 skool gegaan
en het
skuldig gepleit op die twee aanklagte wat hom ten laste gelê is.
Die radiokassetspeler wat uit die voertuig gesteel was
en wat die
onderwerp gevorm het van die skuldigbevinding op aanklag 2 is
teruggevind. Daardie radiokassetspeler se waarde is erken
deur die
appellant in sy pleitverduideliking as R3000,00. Die brille wat die
onderwerp vorm van aanklag 1 en wat R2000,00 werd
was, is egter nie
teruggevind nie.
Die appellant het drie
verbandhoudende vorige veroordelings met oneerlikheid as ‘n
element daarvan, naamlik:
a) Op 6 Januarie 1998 is
hy gevonnis vir besit van vermoedelik gesteelde eiendom en is die
oplegging van sy vonnis uitgestel vir 4
jaar.
b) Op
29 Oktober 1998 is hy gevonnis vir huisbraak met die opset om te
steel en diefstel en die oplegging van sy vonnis is uitgestel
vir 5
jaar.
c) Op 11 Oktober 2002 is
hy gevonnis vir diefstal tot 18 maande gevangenisstraf waarvan 6
maande opgeskort is vir 5 jaar op bepaalde
voorwaardes (dus
effektiewe gevangenisstraf van 12 maande). Dit is nie duidelik of
hierdie voormelde opgeskorte vonnis alreeds in
werking gestel is of
gaan word nie.
Dit
blyk duidelik uit die streeklanddros se uitspraak dat hy die vorige
veroordelings van die appellant heeltemal oorbeklemtoon
het en sy
hoogs versagtende persoonlike omstandighede grootliks
onderbeklemtoon het. Die streeklanddros het na my mening ook

heeltemal té veel klem gelê op die erns van die misdrywe, veral
dié op aanklag 2, diefstal vanuit ‘n motorvoertuig. Die
kumulatiewe
effek van die vonnisse wat opgelê is, is na my mening
ook heeltemal te swaar en wek by my ‘n gevoel van skok. Dieselfde
kan
ook gesê ook word vir die vonnis op aanklag 2 – ek is van
mening dat dit heeltemal te swaar is gegewe die omstandighede van

die misdryf, inaggenome die appellant se persoonlike omstandighede,
vernaamlik sy pleit van skuldig.
Namens die Staat het Me
Birch heeltemal tereg toegegee dat die vonnis op aanklag 2 veral,
skokkend onvanpas is. In dié verband
het sy na twee
ongerapporteerde uitsprake van hierdie afdeling verwys, naamlik:
a)
S
v April Khani
gelewer op 16/08/2002 (Kgomo RP, Van der Walt R samestemmend), waar
die appellant ‘n derde oortreder van huisbraak met die opset
om te
steel en diefstal was en hy vir diefstal uit ‘n motorvoertuig
gevonnis is tot 2 jaar gevangenisstraf in die
hof
a quo
,
welke vonnis op hersiening bekragtig is.
b)
Staat
v Jerome Muller
gelewer op 26/02/2005 (Tlaletsi R, Musi WnR samestemmend) waar ‘n
vierde oortreder van huisbraak met die opset om te steel en diefstal
met verskeie aanrandings vir diefstal uit ‘n motorvoertuig gevonnis
is tot 2 jaar gevangenisstraf.
Wanneer die voormelde
opgelegde vonnisse vergelyk word met die onderhawige vonnis, is dit
baie duidelik dat die opgelegde vonnis op
aanklag 2 skokkend onvanpas
is en dus inmenging regverdig.
Alhoewel die vonnis op
aanklag 1 swaar is, is ek die mening toegedaan dat dit nie inmenging
op appél regverdig nie. Die appellant
se vorige veroordelings en
sy klaarblyklike geneigdheid om ander mense te besteel, regverdig na
my mening die opgelegde vonnis
van 2 jaar gevangenisstraf op aanklag
1.
Gevolglik reik ek die
volgende bevel uit:
1. Die appellant se
skuldigbevindings word bekragtig.
2. Die
appél teen vonnis op aanklag 1 word van die hand gewys, maar die
appél teen vonnis op aanklag 2 slaag.
3. Die vonnis op
aanklag 2 word ter syde gestel en vervang met die volgende: “TWEE
JAAR GEVANGENISSTRAF.”
4. Die voormelde
vonnis word teruggedateer tot 4 Februarie 2005.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
________________
BC MOLWANTWA
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Adv T Fourie
NAMENS
RESPONDENT : Adv TT Birch
DATUM VAN
VERHOOR : 2006-02-02
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2006-02-03