S v Phillander (CA&R 89/05) [2006] ZANCHC 7 (3 February 2006)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against sentence — Appellant convicted of robbery with aggravating circumstances and sentenced to ten years' imprisonment — Appellant argued that sentence was excessive given mitigating factors — Court found that the robbery was of a less serious nature, the appellant was young, showed remorse, and the victim suffered minimal loss — Original sentence set aside and replaced with a sentence of ten years' imprisonment, four years of which were conditionally suspended for five years.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 7
|

|

S v Phillander (CA&R 89/05) [2006] ZANCHC 7 (3 February 2006)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
89/05
Datum
gelewer: / Date delivered:
03/02/2006
In
die appèl:
PHILLANDER,
LAWRENCE
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Majiedt R et Lacock R
UITSPRAAK OP APPÈL
LACOCK
R:
Die appellant het in
die Streekhof, Kimberley, skuldig gepleit op ‘n aanklag van roof
met verswarende omstandighede soos omskryf
in art. 1 van Wet 51 van
1977, en is na skuldigbevinding gevonnis tot tien jaar
gevangenisstraf.
Met verlof van die
Streekhof kom die appellant nou in hoër beroep teen die vonnis hom
opgelê.
Die feite waarop die
pleit van skuldig gegrond was en deur die Staat aanvaar is, kan as
volg saamgevat word: Die klaer, ‘n skoolseun,
het naby die
appellant verbygestap. Die appellant het gesien dat die klaer ‘n
goue ketting om sy nek dra asook ‘n goue ring
aan een van sy
vingers. Die appellant het die klaer met ‘n oop knipmes genader,
die klaer daarmee gedreig en hom gelas om die
ketting en ring aan
hom te oorhandig; en wat die klaer uit vrees op grond van die
dreigement van geweld aan hom oorhandig het.
Die waarde van die
ketting en ring aldus geroof het beloop R400.00 en R300.00
onderskeidelik. Die ketting is later aan die klaer
terugbesorg, maar
het hy die ring skade gely.
Die landdros het tereg
bevind dat die toepaslike voorskrifte van Wet 105 van 1997
toepassing gevind het en dat die appellant bloot
gestaan het aan ‘n
minimum vonnis van vyftien jaar. Eweneens tereg het die landdros
bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede
aanwesig was
wat hom regverdig het om ‘n mindere vonnis dan die voorgeskrewe
minimum vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf
die appellant op te
lê.
Hierdie omstandighede
was daarin geleë dat die appellant ten tye van die pleeg van die
misdryf 25 jaar oud en dus
“relatief
jonk”
was, dat die appellant berou vir sy daad getoon het deur skuldig te
pleit, dat die skade gely deur die klaer slegs R300.00 beloop
het,
dat die klaer nie beseer was nie, en dat die misdryf nie beplan was
nie, maar op die ingewing van die oomblik gepleeg is.
Hoewel die landdros
tereg bevind het dat roof met verswarende omstandighede ‘n
ernstige misdryf is wat veelvuldig in sy regsgebied
voorkom, en dat
die Wetgewer dit goed ge-ag het om hierdie tipe misdryf met swaar
vonnisse te bestraf, meen ek dat die vonnis die
appellant opgelê
sodanig verskil van die vonnis wat ek die appellant in die eerste
instansie sou opgelê het, dat dit as skokkend
onvanpas aangemerk
behoort te word.
Dit is so dat die
appellant na die pleeg van hierdie misdryf ook skuldig bevind is aan
diefstal en die onregmatige besit van ‘n
vuurwapen en ammunisie,
en dat hierdie misdryf aanduidend is van ‘n neiging tot
oneerlikheid, maar meen ek dat direkte gevangenisstraf
van tien jaar
die appellant opgelê, buite enige redelike verband is met die aard
van die misdryf deur hom gepleeg. Die roof wat
die appellant in
hierdie saak gepleeg het, kwalifiseer waarskynlik as een van die
mins ernstige vorme van roof met verswarende
omstandighede.
Gedagtig aan die
riglyne soos neergelê in
S
v Malgas, 2001(1) SASV (HHA)
,
is ‘n vonnis van tien jaar gevangenisstraf waarskynlik nie
heeltemal onvanpas nie, maar wat dit in
casu
myns insiens onvanpas maak – gesien die omstandighede soos hierbo
na verwys – is dat geen gedeelte van die vonnis opgeskort is
nie.
Gesien die tweede veroordeling waaraan die appellant hom skuldig
gemaak het, meen ek dat ‘n lang termyn van opgeskorte
gevangenisstraf
waarskynlik ‘n heilsame doel van rehabilitasie en /
of weerhouding vir die appellant kan dien.
Alles in ag genome,
sou ek vier jaar van die opgelegde vonnis van tien jaar
gevangenisstraf voorwaardelik opskort.
Bygevolg
sou ek die volgende bevel hierin verleen:
Die appèl slaag en
die vonnis die appellant opgelê word ter syde gestel en vervang met
die volgende:
“
Tien
(10) jaar gevangenisstraf waarvan vier (4) jaar opgeskort word vir ‘n
periode van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie weer
skuldig bevind word aan ‘n misdryf waarvan oneerlikheid ‘n
element is en waarvoor hy gevonnis word tot onopgeskorte
gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie”.
Die vonnis word
terug dateer na 28 Januarie 2002.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam en dit word so gelas.
_______________
SA Majiedt
REGTER
Namens
appellant:
Mnr
B Tirus
Namens
respondent:
Adv
E van Dyk (Kantoor van die DOV, Kimberley)