S v De Klerk and Others (CA&R 03/01) [2006] ZANCHC 5 (1 February 2006)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Conviction and sentencing of co-perpetrators — Appellants convicted of rape and assault with intent to cause grievous bodily harm — First appellant sentenced to life imprisonment for rape, second and third appellants sentenced to lesser terms — Legal issue arose regarding the applicability of minimum sentencing provisions to co-perpetrators who did not directly commit the act of rape — Court held that only those who physically committed the act of rape could be subjected to the minimum sentencing provisions, thus the second and third appellants could not be sentenced under those provisions as they were only accomplices and did not engage in the act of rape themselves.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 5
|

|

S v De Klerk and Others (CA&R 03/01) [2006] ZANCHC 5 (1 February 2006)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
03/01
Datum
verhoor: / Date heard:
13/02/2006
Datum
gelewer: / Date delivered:
…/02/2006
In
die appèl:
DE
KLERK, J
1
ste
Appellant
MORWE,
G
2
de
Appellant
MABE,
M
3
de
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram:
Kgomo RP
et
Lacock R
et
Williams R
UITSPRAAK
OP APPÈL
LACOCK
R:
Die appellante is in
die Streekhof skuldig bevind aan verkragting en aanranding met die
opset om ernstig te beseer. Na skuldigbevinding
is die verrigtinge
in die Streekhof gestaak, en is die saak na die Hof
a
quo
verwys vir vonnis kragtens die toepaslike voorskrifte van art. 52
van Wet 105 van 1997 (die Wet).
Die saak het vir vonnis
doeleindes gedien voor
Majiedt
R
wat
die skuldigbevindings van die appellante bekragtig het en hulle
daarna as volg gevonnis het:
Die eerste
appellant:
Lewenslange
gevangenisstraf op die eerste aanklag (verkragting) en twee jaar
gevangenisstraf op die tweede aanklag.
Die tweede
appellant:
Sestien
jaar gevangenisstraf op die eerste aanklag en twee jaar
gevangenisstraf op die tweede aanklag.
Die derde
appellant:
Twaalf
jaar gevangenisstraf op die eerste aanklag en twee jaar
gevangenisstraf op die tweede aanklag.
In die geval van al
drie die appellante is gelas dat die vonnis opgelê op die
tweede aanklag saam uitgedien word met die vonnis
opgelê op die
eerste aanklag.
Hoewel slegs die
eerste appellant appèl aangeteken het teen die vonnis hom
opgelê op die eerste aanklag, het ons,
in die lig daarvan dat
die Hof
a
quo
bevind het dat ook die tweede en derde appellante – en wat as
medepligtiges skuldig bevind is en nie as mededaders nie –

blootgestaan het aan ‘n minimum vonnis van lewenslange
gevangenisstraf kragtens die voorskrifte van art 51(1) van die Wet,

uit hoofde van ons inherente jurisdiksie gelas dat ook die tweede en
derde appellante as sulks tot hierdie verrigtinge gevoeg
moes word.
Die appellante het in
die Streekhof op die voormelde klagtes tesame met ene Karel Titus en
ene Barendt Morwane tereg gestaan deurdat
hulle na bewering op 9 Mei
1998 te of naby Delportshoop die klaagster, S.S. (‘n 25-jarige
swanger vrou) verkrag en aangerand
het.
Die streeklanddros het
tereg bevind dat Karel Titus en die eerste appellant die klaagster as
hoof daders verkrag het; dat die tweede
en derde appellante
medepligtig was tot die verkragtings op die klaagster en as sulks ook
skuldig was aan verkragting; en dat al
die voormelde persone hul
skuldig gemaak het aan aanranding op die klaagster met die opset om
haar ernstig te beseer. Weens die
gebrek aan enige getuienis teen
mnr. Morwane, is hy onskuldig bevind en ontslaan.
Die feite wat as
bewese bevind is en op grond waarvan die appellante en mnr. Titus
skuldig bevind is aan die klagtes hulle ten
laste gelê, kan
kortliks as volg saamgevat word:
Om ongeveer 20:00 die
aand van 9 Mei 1998 het die tweede en derde appellante die klaagster
by laasgenoemde se woning opgeklop
en haar aan haar hande geneem en
teen haar sin met hulle die straat in geneem waar hulle die eerste
appellant, mnr. Titus
en nog ‘n persoon ontmoet het. Van
hier is die klaagster deur hierdie groep persone geneem na die
sinkkamer van die eerste
appellant. Op pad na die sinkkamer is die
klaagster deur onder andere die derde appellant geklap.
By hierdie sinkkamer
aangekom, het die eerste appellant, en terwyl die res van die groep
teenwoordig was, die klaagster op sy
bed gegooi en haar damesbroekie
uitgetrek terwyl hy haar op die bed vasgedruk het. Nadat haar
broekie uitgetrek was, het die
eerste appellant vir Titus gelas om
gemeenskap met die klaagster te hou, en het Titus haar dan ook
verkrag terwyl die eerste
appellant haar vasgehou het.
Nadat Titus van die
klaagster afgeklim het, het die eerste appellant haar verkrag terwyl
die derde appellant haar bene vasgehou
het. Dit blyk dat ook die
vyfde persoon in hierdie groep met sy klere op die klaagster was,
maar hy het haar nie verkrag nie.
Terwyl die klaagster
aldus verkrag was, het die tweede appellant lig in die kamer gemaak
met ‘n stuk papier wat sy aan die brand
gesteek het. Nadat die
eerste appellant klaar die klaagster verkrag het, het Titus en die
eerste en derde appellante die klaagster
aangerand deurdat sy met
onder andere lyfbande en ‘n stuk plank oral op haar lyf geslaan
is. Die tweede appellant het haar
ook met ‘n plank teen haar kop
geslaan, en dit toe goed geag om haar op haar naakte privaatdeel met
die brandende stuk papier
te brand.
Aangesien mnr. Titus
ten tye van die pleeg van hierdie misdrywe onder die ouderdom van 16
jaar was en die landdros geoordeel het
dat die voorskrifte van die
Wet dus nie op hom van toepassing was nie (
vide
art. 51(6) van die Wet), het die streeklanddros slegs die appellante
na die Hooggeregshof verwys vir vonnis. Mnr. Titus is deur
die
streeklanddros self gevonnis.
Die verwysing van die
appellante na die Hooggeregshof en ook die oplegging van hul vonnisse
deur
Majiedt
R
het
geskied voor die wysiging van art. 52(1) van die Wet deur art. 34(b)
van Wet 62 van 2000 en wat in werking getree het op 23
Maart 2001.
Die streeklanddros was, ingevolge art. 52(1) van hierdie Wet (soos
dit gelees het voor die wysiging daarvan) bevoeg
om enige beskuldigde
wat skuldig bevind is aan ‘n oortreding vermeld in Bylae 2 van die
Wet na die Hooggeregshof vir vonnis
te verwys indien hy van mening
was dat so ‘n beskuldigde ‘n vonnis verdien wat sy of haar straf
jurisdiksie oorskry. Sien
S
v Snyders, 2000(2) SASV 125 (NK)
.
By gebreke aan enigiets in die oorkonde wat tot die teendeel spreek,
aanvaar ons dat die streeklanddros van opinie was dat die
appellante
‘n vonnis verdien het wat sy jurisdiksie oorskry het, en op grond
daarvan al die appellante vir vonnis na die Hooggeregshof
verwys het.
Die verhoorregter het
die oplegging van vonnis onder andere as volg benader:
“Die rede waarom die saak nie in die Streekhof afgehandel is vir
vonnis nie, is omdat ten aansien van aanklag 1, al drie van
u
kwalifiseer vir lewenslange gevangenisstraf. Dit is so uit hoofde
van die bepalings vervat in artikel 51 van Wet 105 van 1997,
waar die
Wetgewer voorgeskryf het dat by verkragting, waar ‘n groep mense
met ‘n gemeenskaplike doel of by ‘n sameswering
betrokke is en ‘n
vrou word meer as een keer verkrag, dan moet die Hof lewenslange
gevangenisstraf oplê, behalwe as daar,
wat die Wetgewer noem,
wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is.”
Sedert die oplegging
van die vonnisse in hierdie saak, het die Hoogste Hof van Appèl
in
S v
Kimberley & Another, 2005(2) SASV 663 (HHA)
,
bevind dat ‘n persoon wat bloot as medepligtige aan verkragting
skuldig bevind is nie tuisgebring kan word onder die kategorie

persone bedoel in Deel I van Bylae 2 tot die Wet nie. Die
tersaaklike gedeelte van hierdie bylae lees as volg:
“
Verkragting-
Wanneer
gepleeg-
In
omstandighede waar die slagoffer meer as eenkeer deur hetsy die
beskuldigde of ‘n mededader of medepligtige verkrag is;
Deur
meer as een persoon, waar sodanige persone in die uitvoering of ter
bevordering van ‘n gemeenskaplike doel of sameswering
gehandel
het;”
In
Kimberley
(supra) is uitdruklik bevind dat sub-paragraaf (a)(i) hierbo
aangehaal alleen persone tref wat die
actus
reus
as sulks gepleeg het.
“The ‘mischief’ which the Legislature sought to deal with, in
my view was the situation where a woman is subjected to multiple

rapes either by one person or by any ‘co-perpetrator or
accomplice’. Paragraph (a)(i) of Schedule 2 covers the situation
where ‘the victim was raped more than once’. Paragraph (a)(ii)
also deals with the situation where the victim is raped by more
than
one person in the ‘execution or furtherance of a common purpose or
conspiracy’. Both paragraphs require that the victim
be raped more
than once.”
(te
668
i tot j
)
Soos ons hierdie
vertolking verstaan sal ‘n medepligtige hieronder getref word slegs
indien hy self ook die slagoffer fisies verkrag
het. Die feite van
die onderhawige saak vind toepassing op so ‘n geval: die eerste
appellant was duidelik ‘n medepligtige
ten aansien van die
verkragting gepleeg deur Titus op die klaagster deurdat hy haar
vasgedruk het toe Titus haar verkrag het.
Daarna gaan hy heen en hy
verkrag op sy beurt die klaagster. Die klaagster is dus fisies deur
die beskuldigde Titus en ‘n medepligtige
(die eerste appellant)
verkrag.
Die tweede en derde
appellant het nie die
actus
reus
gepleeg nie, maar was slegs medepligtiges tot die fisiese
verkragtings gepleeg deur Titus en die eerste appellant.
Aan die hand van die
vertolking wat in
Kimberley
(supra) geheg is aan die woord
“verkrag”
(
“rape”
),
soos gebesig onder die opskrif
“Verkragting”
in Deel I van Bylae 2 tot die Wet, moet na ons mening nou aanvaar
word dat hierdie voorskrifte en ook dié vervat in Deel
III
van die Bylae waar daarin verwys word na
“verkragting
in ander omstandighede as daardie in Deel I bedoel”
,
nie van toepassing is nie op ‘n persoon wat nie fisies die
slagoffer verkrag het nie. In
Kimberley
(supra) sê
Zulman
AR
hieraangaande die volgende;
“So,
for example, a woman who assists a man to rape another woman or who
makes it possible for him to do so, cannot be held
to have committed
the act of rape”
(
te
669 i
).
As gesag vir hierdie stelling word verwys na
S
v Jonathan en Andere, 1987(1) SA 663 (A) te 643 H tot I
waar die volgende gesê is,
“Wat
die tweede punt van kritiek teen Ganie se saak betref, kan daarop
gewys word dat in beginsel dit nie onmoontlik is dat
iemand wel
medepligtig kan wees tot ’n misdaad wat hy nie as dader kan verrig
nie. ‘n Meerkante voorbeeld is die vrou wat
wel as medepligtig
beskou kan word”
.
Sien ook die ongerapporteerde beslissing van ‘n Volbank van
hierdie Afdeling in
S
v Hendriks, saaknr. K/S 50/2004
.
Die tweede en derde
appellante het dus nie ‘n misdryf gepleeg soos bedoel in Bylae 2
van die Wet nie.
Die vraag wat nou
beantwoording verg, is naamlik of die Hof
a
quo
bevoeg
was om die tweede en derde appellante te vonnis. Anders gestel: was
die streeklanddros bevoeg om hierdie persone vir vonnis
kragtens
art. 52(1) van die Wet (soos dit destyds gelees het) na die Hof
a
quo
vir vonnis te verwys.
Die tersaaklike artikel
het voor die wysiging daarvan as volg gelees:
“'52(1) If a regional court,
after
it has convicted an accused of an offence referred to in Schedule 2
following on -
(a) a plea of guilty; or
(b) a
plea of not guilty;
but
before sentence, is of the opinion that the offence in respect of
which the accused has been convicted merits punishment
in
excess of the jurisdiction of a regional court in terms of s 51
,
the court shall stop the proceedings and commit the accused for
sentence by a High Court having jurisdiction.' “
(My beklemtoning).
Die bewoording van die
aangehaalde art. 52(1) van die Wet is ondubbelsinning duidelik
naamlik dat slegs ‘n beskuldigde wat skuldig
bevind is aan ‘n
misdryf bedoel in Bylae 2 van die Wet en wat na die mening van die
landdros ‘n vonnis verdien wat sy jurisdiksie
ingevolge art. 51 van
die Wet oorskry, vir vonnis na die Hooggeregshof verwys kan word. Na
my mening bied die bewoording van hierdie
artikel geen ruimte vir ‘n
ander vertolking anders dan die normale grammatikale betekenis
daarvan nie, is dit ook geensins dubbelsinnig
nie, en lei die normale
betekenis daarvan tot geen anomalie of absurditeit nie.
“Dit is 'n primêre reël van wetsuitleg dat die woorde
van 'n wetsbepaling in hul gewone, alledaagse betekenis verstaan
moet
word, tensy dit vasstaan dat daardie betekenis in stryd is met die
duidelike bedoeling van die Wetgewer soos blyk uit die
statuut as
geheel en ander tersaaklike omstandighede. In so 'n geval kan van die
gewone betekenis van woorde afgewyk word ten einde
aan die duidelike
bedoeling van die A Wetgewer gevolg te gee. (Venter v Rex,
1907 T.S.
910
op bl. 913 - 915, 921, 924; Union Government v Mack,
1917 AD 731
op bl. 743). Slegs 'n duidelike en onbetwyfelbare bepaalde bedoeling
van die Wetgewer, en nie 'n bloot veronderstelde bedoeling
nie, kan
'n afwyking van die gewone betekenis van woorde regverdig, en dan
alleen indien die woorde vir 'n ander betekenis vatbaar
is.”
(Per
Botha
AR
in
Du
Plessis v Joubert, 1968(1) SA 585 (AA) te 594H tot 595B
).
“The general rule in the construction of statutes is that the
ordinary grammatical meaning of the words used must be adhered
to.…
Where the language of a statute is unambiguous and its meaning clear
the court may only depart from the ordinary meaning
if it leads to
absurdity so glaring that it could never have been contemplated by
the Legislature.”
(Per
Groskopf AR
in
Van
Heerden & Another v Joubert NO & Others 1994(4) SA 793 (AA)
te 795 F tot G
.
Ingevolge die normale
grammatikale betekenis van hierdie artikel kon die streeklanddros
slegs ‘n persoon wat skuldig bevind is
aan ‘n misdryf bedoel in
Bylae 2 van die Wet en wat in sy opinie ‘n straf regverdig wat sy
jurisdiksie ingevolge art. 51 van
die Wet oorskry, vir vonnis na die
Hooggeregshof verwys. Hierdie artikel bied geen ruimte vir ‘n
vertolking waarkragtens ook
beskuldigdes wat skuldig bevind is aan ‘n
ander misdryf dan die vermeld in Bylae 2 van die Wet daarkragtens vir
vonnis na die
Hooggeregshof verwys kan word nie.
Hierdie vertolking
strook ook met die beginsel dat vonnisoplegging primêr die
funksie van die verhoorhof, dit wil sê
die hof wat ‘n
beskuldigde verhoor en skuldig bevind het, is. Sien
R
v Mabumulo & Others 1920 (AD) 56 te 57; S v Toms; S v Bruce
1990(2) SA 802 (AA)
.
(Uiteraard moet hierdie
algemene beginsel swig voor wetgewing soos dié vervat in art.
52(1) van die Wet, maar hierdie wetgewing
doen steeds nie afbreek aan
die wenslikheid onderliggend aan hierdie beginsel nie. Sien
S v Snyders
(supra)
te
129 g
.)
‘n Streekhof en Landdroshof beskik alleen oor sodanige jurisdiksie
wat statutêr aan daardie howe opgedra is, en nie ook
oor enige
inherente bevoegdhede soos ‘n Hooggeregshof nie. Sien artikels
170 en 173 van die Grondwet van 1996;
LAWSA
(1
st
re-issue) Vol. 11 par. 535
:
“Since
a magistrate’s court is a creature of statute it has no inherent
jurisdiction and must operate within the confines
of and in
accordance with the conditions imposed by the applicable
legislation.”
;
en
PE
Municipality v Prut NO & Another 1996(4) SA 318 (OK) te 328 E
tot F
.
Die streeklanddros was
vervolgens nie bevoeg om die tweede en derde appellant kragtens die
voorskrifte van die Wet (soos dit toe
gelees het) na hierdie hof vir
vonnis te verwys nie. In hierdie verband het die landdros dus
ultra
vires
sy bevoegdhede kragtens hierdie artikel gehandel, en was die
verwysing van hierdie appellante dus regtens nietig.
Uit hoofde van die
voorgaande volg dit dus dat die jurisdiksionele feit waarkragtens
die hof
a quo
die tweede en derde appellante kon vonnis, naamlik ‘n regsgeldige
verwysing kragtens art. 52(1) van die Wet, ontbreek het,
en kon die
hof nie sy bevoegdhede ontleen aan die verdere voorskrifte van art.
52 van die Wet uitgeoefen het nie. Sien hieraangaande
S
v Mofokeng & Another 1999(1) SASV 502 (W) te 509 j tot 510 g
:
“According to the express provisions of ss 51 and 52 of Act 105 of
1997, certain jurisdictional facts must be present before
a High
Court is invested with the statutory power to proceed, either in
terms of s 52(2) (relating to a plea of guilty) or in terms
of s
52(3) (relating to a plea of not guilty), to deal with the case of a
person who has been convicted in a regional court and
committed to
the High Court for sentence. The requisite jurisdictional facts
appear to me to be these:
1. …
2. The offence must have been
one that is referred to in Schedule 2 (s 52(1)).
3. …
4. …
5. …
6. …
7. …
8. …
In the absence of any of these
jurisdictional requisites, it seems to me that s 52 of Act 105 of
1997 does not serve to invest a
High Court with the jurisdiction to
deal with a trial that was started in the regional court, and that
the regional court must
itself complete the trial by sentencing the
accused and convicted person in accordance with its own penal
jurisdiction.”
Wat moes gebeur het, is
dat die tweede en derde appellante terug verwys moes word na die
Streekhof vir oorweging en oplegging van
‘n gepaste vonnis. Sien
hieraangaande
S
v Kimberley
(supra)
te 670 c tot e
.
“Both counsel for the appellant and for the respondent agreed,
perhaps for different reasons, that Erasmus J had erred in finding

that the provisions of Part I of Schedule 2, para (a)(ii) of the Act
were applicable to the appellants, the Court having lacked
the
necessary jurisdictional capacity to impose the sentence of life
imprisonment. They were also both agreed that the matter
should be
referred back to the magistrate for the imposition of an appropriate
sentence.”
Hierdie appellante se
vonnisse moet dus ter syde gestel word, en moet hulle terug verwys
word na die Streekhof vir die oplê
van gepaste vonnisse.
Ek keer nou terug na
die vonnis van lewenslange gevangenisstraf die eerste appellant
opgelê.
Die hof het die begrip
“wesenlike
en dwingende omstandighede”
vertolk soos voorgehou in
S
v Boer 2000(2) SASV 114 (NK)
naamlik
dat dit sou slaan op buitengewoon spesiale omstandighede.
Onmiddellik moet vermeld word dat
Majiedt
R
die
appellante gevonnis het voordat die uitspraak in
S
v Malgas, 2001(1) SASV 469(HHA)
,
en wat ‘n einde gemaak het aan die onsekerheid van die korrekte
vertolking van hierdie begrip wat in die verskillende Afdelings
van
die Hooggeregshof bestaan het, gepubliseer is. Die voormelde
vertolking van die begrip “
wesenlike
en dwingende omstandighede”
soos deur
Majiedt
R
toegepas, stel ‘n mistasting daar, en staan dit ons vervolgens vry
om die vonnis die eerste appellant opgelê, in heroorweging
te
neem.
Ek is van mening dat
die volgende faktore en omstandighede, wanneer gesamentlik oorweeg,
as wesenlik en dwingend aangemerk behoort
te word:
Ten tye van die
tersaaklike voorval was die appellant slegs 18 jaar oud en dus nog
‘n jeugdige. Menslike ervaring leer dat
die gebrek aan
lewenservaring dikwels aanleidend is van onbesonne voortvarende en
onverantwoordelike optrede.
Die appellant het geen
vorige veroordelings van enige aard gehad voor die pleeg van hierdie
misdrywe nie. Hierdie feit verdien
ernstige toeskietlike oorweging.
Ten spyte daarvan dat
hierdie appellant geen skolastiese onderrig ondergaan het nie, het
hy op sy jeugdige ouderdom ‘n betrekking
by ‘n slaghuis beklee
waar hy ‘n maandelikse inkomste van R500.00 verdien het. Hiermee
het hy bygedra tot die onderhoud
van sy ouers. Hierdie
omstandighede is aanduidend daarvan dat die appellant ‘n mate van
verantwoordelikheid en pligsbesf aan
die dag gelê het.
Dit blyk ook, soos een
van die appellante dit gestel het, dat hulle – hierdie appellant
inkluis –
“gevloed
was met alkohol”
ten tye van die voorval. Dit is ‘n lewensfeit dat die inname van
alkoholiese drank die reële denke en oordeelsvermoë
van
die mens negatief beïnvloed.
Teenoor die voormelde
versagtende faktore, moet noodwendig die volgende verswarende
faktore gebalanseerd opgeweeg word:
Dit blyk duidelik dat
die groep persone, waaronder hierdie appellant, beplan het om die
klaagster by haar woning en waar sy veronderstel
is om veilig te
wees, weg te voer na die woning van die eerste appellant, met die
opset om haar daar te verkrag. Hierdie afleiding
word geregverdig
uit die feit dat die klaagster voortdurend aangerand is van dat sy
van haar woning weggeneem is tot waar sy
verkrag is. Dit is
ooglopend gedoen om haar tot onderwerping te dwing.
Die klaagster is
herhaaldelik en ernstig aangerand. Sy is geklap, met ‘n plank en
lyfband geslaan en selfs op haar privaatdele
met’n brandende
papier gebrand.
Die klaagster is
onmenslik verneder en met uitdagende arrogansie behandel deurdat sy
in die teenwoordigheid van vyf persone –
een waaronder ‘n vrou –
vasgedruk en deur twee van hierdie persone – waaronder die eerste
appellant – verkrag en aangerand
is.
Die klaagster was
swanger tydens die verkragtings en het haar baba onmiddellik na die
voorval verloor. Haar aanvallers het haar
met minagting en sonder
enige respek vir haar persoon, verwagtende toestand of integriteit
soos barbare behandel.
Hierdie Hof sal myns
insiens sy verpligtinge teenoor die publiek gruwelik versuim en die
erns van hierdie oortreding onder beklemtoon
indien hy nie aan die
appellant, sy gunstige persoonlike omstandighede ten spyt, sodandige
swaar vonnis oplê wat gestalte
sal gee aan die erns waarmee
die Wetgewer hierdie tipe oortredings bejeën, en die uitroepe
van die gemeenskap in die algemeen
vir beskerming teen misdadigers
van hierdie aard.
Na my mening sal ‘n
gepaste vonnis vir die eerste appellant een wees van twintig jaar
gevangenisstraf.
Bygevolg word die
volgende bevele hierin verleen:
Die appèl
van al drie appellante slaag.
Die vonnisse van
al drie appellante word ter syde gestel.
Die saak van die
tweede en derde appellante word terug verwys na die Streekhof vir
die oorweging van gepaste vonnisse.
Die vonnis van die
eerste appellant word vervang met ‘n vonnis van twintig (20) jaar
gevangenisstraf.
Die vonnis van die
eerste appellant word terug dateer na 22 Februarie 2001.
Die tweede en
derde appellante sal in hegtenis aangehou word tot na die oorweging
en oplegging van vonnis deur die streeklanddros.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam met die uitspraak van
Lacock
R
.
_______________
CC Williams
REGTER
Namens
appellant:
Adv
PJ Cloete (Kimberley Regsentrum)
Namens
respondent:
Adv
TT Mashalane (Kantoor van die DOV, Kimberley)
Reportable:
YES / NO
Circulate
to Judges: YES / NO
Circulate
to Magistrates: YES / NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES / NO
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Northern
Cape Division)
Case
Nr: 342/2004
Case
Heard: 13/02/2006
Date
delivered: /03/2006
In
the matter:
Jan
de Klerk Appellant
versus
The
State Respondent
Coram:
Kgomo JP
et
Lacock J
et
Williams J
JUDGMENT
KGOMO
JP:
The five accused in this case
appeared in the Regional Court sitting at Delportshoop, Northern
Cape, on one charge (Count 1) of
rape and another (Count 2) of
assault with the intent to do grievous bodily harm. Only one of the
accused, Mr Jan de Klerk who
was Accused 2 at the trial (henceforth
“the appellant”), appeals against his sentence of life
imprisonment with the leave
of the sentencing court,
Majiedt
J
.
Accused 1 (Mr Karel Titus), the
aforesaid appellant (Accused 2), Accused 3 (Ms Gloria Morwe) and
Accused 4 (Mr Michael Mabe) were
convicted as charged. Accused 5
(Mr Barendt Morwane) was found not guilty and was discharged. By
virtue thereof that this was
a multiple rape case the Regional
Magistrate invoked the provisions of
Section 52
(1) of the
Criminal
Law Amendment Act, 105 of 1997
, and committed the appellant and
accused 3 and 4 to the High Court for sentencing.
As far as accused 1, Mr Titus, was
concerned the Regional Magistrate was, correctly so, of the view
that seeing that he was under
16 years, and in fact 15 years old,
when the offence was committed the provisions of
section 51
relating
to the minimum sentence were not applicable to him. See
Section 51
(6). The Magistrate then proceeded to sentence accused 1 to 10
(ten) years imprisonment whereof 4 (four) years imprisonment
were
suspended for 5 (five) years on condition that he was not convicted
of rape or attempted rape committed during the period
of suspension.
I revert later to the propriety or impropriety of the Magistrate’s
fragmentation of the sentencing phase of
an already fragmented
procedure.
According to the accepted evidence
of the complainant accused 1 and the appellant had penetrative
sexual intercourse with her.
The forensic DNA genetic material
analysed confirm that a mixture of semen was found on the swabs
taken from the complainant.
Accused 3, the only woman amongst the
accused, was physiologically evidently incapable of have penetrative
sexual relations
with the complainant. Accused 4 declined to have
sexual intercourse with the complainant on the invitation of accused
1. Accused
3 and 4 were accordingly convicted as accomplices on the
strength of their participation in the crime in that they were
involved
in the abduction of the complainant from her home, holding
her to enable accused 1 and the appellant to rape her and accused 3

burned complainant’s private parts afterwards.
On these facts I am satisfied that
there had been a multiple rape situation brought about by accused 1
and the appellant and that
the Magistrate competently committed the
appellant to the High Court for sentence. This case is to be
distinguished from
S
v Kimberley and Another
2005 (2) SACR 663
(SCA
)
where the complainant was raped by only one man and then only once
and the appellant in that case merely held the complainant
down to
facilitate the rape or aid the rapist.
At p668g-669e (paras 9-11) of
S
v Kimberley
Zulman
JA
stated:
“
[9] The Act is concerned in s
51(1) to deal with what it terms the imposition of 'minimum sentences
for certain serious offences'.
In the case of what may be described
as 'ordinary' rapes not falling within the ambit of Part I of
Schedule 2, these attract a
minimum sentence of ten years'
imprisonment for a first offender (Part III of Schedule 2). (Both
appellants are first offenders.)
Accordingly the rapes referred to in
Part I of Schedule 2 which attract a minimum sentence of life
imprisonment are obviously of
a more serious nature. The 'mischief'
which the Legislature sought to deal with, in my view, was the
situation where a woman is
subjected to multiple rapes either by one
person or by any 'co-perpetrator or accomplice'. Paragraph (a)(i) of
Schedule 2 covers
the situation where 'the victim was raped more than
once'. Paragraph (a)(ii) also deals with the situation where the
victim is
raped by more than one person in the 'execution or
furtherance of a common purpose or conspiracy'. ”
In my view, there is a further
jurisdictional factor that entitled the Magistrate to refer the case
to the High Court for sentence.
Part 1 of Schedule 2 of the Act
provides that a High Court shall have jurisdiction to impose life
imprisonment on an offender
who has been convicted of Rape:
“
(a) when committed-
………………………………………………………………………………………
.
By more than one person, where
such person acted in the execution or furtherance of a common
purpose or conspiracy.”
A common purpose had been
established in this case. See:
S
v Mgedezi & Others
1989 (1) SA 687
(A
) at
705j-706c.
Majiedt J
,
having satisfied himself that the convictions of the appellant,
accused 3 and 4 are in order, proceeded to sentence them as
follows:
Appellant
:
On the Rape, life imprisonment and on the assault (Count 2) 2(two)
years imprisonment;
Accused 3
:
On the Rape, 16 (sixteen) years imprisonment and on the assault:
2 (two) years imprisonment;
Accused 4
:
On the Rape, 12 (twelve) years imprisonment and on the assault: 18
(eighteen) months imprisonment.
It was then ordered that the
sentences in Count 2 of assault run concurrently with those of Rape
in Count 1 in respect of each accused
including the appellant.
Lacock J
,
elsewhere in this judgment, says that the wording of section 52 (1)
is unequivocal that only the accused who has been convicted
of
vaginal penetrative sexual intercourse had to be committed to the
High Court for sentence. He abstracts and underscores the
phrases
“after it (the regional
court) has convicted an accused of an offence referred to in
Schedule 2”
and later
“in excess of the
jurisdiction of a regional court in terms of s51”
in section 52 (1) to reach such conclusion. I disagree with his
narrow interpretation. No useful purpose will be served in

repeating the points he makes because they speak for themselves. I
prefer to deal with how I construe the section and its related

provisions.
I wish to commence with the uncanny
similarities in the wording in the aforequoted section 52 (1) of the
Act and
section 116
(1) of the
Criminal Procedure Act 51 of 1977
.
This section stipulates:
“116
(1) If a magistrate's
court, after conviction following on a plea of not guilty but before
sentence, is of the opinion-
(a) that the offence in respect
of which the accused has been convicted is of such a nature or
magnitude that it merits punishment
in excess of the jurisdiction of
a magistrate's court;
(b) that
the previous convictions of the accused are such that the offence in
respect of which the accused has been convicted merits
punishment in
excess of the jurisdiction of a magistrate's court; or
(c) that the accused is a person
referred to in
section 286A
(1), the court shall stop the proceedings
and commit the accused for sentence by a regional court having
jurisdiction.”
In
S
v Dzukuda and Others
[2000] ZACC 16
;
2000 (2) SACR 443
(CC
)
at 457j – 458d (paras 15 en 16) the Constitutional Court states:
“
[15]
Lewis
J
correctly
pointed out that the split procedure, where an accused is convicted
in one court and sentenced in another, is not something
new, but that
s 116 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 (the CPA) provides for
the referral of an accused for sentence from
a district court to a
regional court; indeed s 52 of the Act is, in regard to pleas of
guilty, modelled on s 114 of the CPA and
in regard to pleas of not
guilty, modelled on the provisions of s 116. Section 116 of the CPA
has been implemented and reviewed
by the Courts for many years but,
as correctly observed by the High Court, this does not by itself
establish that it, or any comparable
procedure, passes constitutional
muster. The learned Judge drew attention to the fact that the
implementation of s 116 had been
the subject of adverse criticism in
cases such as
S
v Ngubane
(1991 (1) SACR 163
(N) at 165i-j) and
S
v Cele and Others
,
(1994 (1) SACR 616
(N) at 619f-g) in which the advantages of sentence
being imposed by the same court have been stressed.
[16] It
is unfruitful, in my view, to consider whether, as the High Court
concluded, there are significant differences between s
116 of the CPA
and s 52 of the Act, which place the accused under the latter in a
substantially inferior position compared with
that of an accused
under the former. This comparison does not assist in determining
whether the split procedure under s 52 infringes
the accused's right
to a fair trial. The question is whether the procedure under s 52 is
fair, not whether it is inferior to s
116 of the CPA.”
I am not aware whether the debate
alluded to by
Lewis J
(as she then was) has ever been propounded upon or finally decided
by the Supreme Court of Appeal or the Constitutional Court
relating
to the question whether all the accused convicted in a district
court ought to be transferred to the regional court.
In
casu
the Regional Court
was fully entitled to sentence accused 1 (Mr Titus) because the
provisions of the minimum sentences were not
applicable to him and
the Magistrate retained his jurisdiction. See:
S
v Cele & Others
(supra) and
S v
Ebrahim
1999 (1)
SACR 106
(C
).
Having made the finding in para 12
of this judgment it must not on that basis be concluded that a
regional magistrate, once the
jurisdictional fact that has been
established that he/she was entitled to commit an accused or some of
them to the High Court
for sentence, would
ipso
facto
be prohibited from
referring unaffected accused to the High Court. I am strengthened in
this view by the following remarks:
In
S v Dzukuda
(
supra
)
at 459g-j (para 21)as a High Court becomes a Court of first
instance: “
….
Section 52(3)(d) of the Act enables all evidential material
relevant to sentencing to be placed before the High Court,
an
advantage which a Court of appeal does not ordinarily enjoy. In
fact the High Court, exercising the powers under s52 consequent

upon a s 52(1) committal, is exercising an original sentencing
jurisdiction. In this regard s 274(1) of the CPA provides that
'[a]
court may, before passing sentence, receive such evidence as it
thinks fit in order to inform itself as to the proper
sentence to
be passed'. In
S
v Dlamini
(1992 (1) SA 18
(A)
at 30D-31D) the Appellate Division of the Supreme Court, in the
context of this provision, commented on the fact that there
was no
legal reason why a Judge should, in considering sentence, be
restricted to the material placed before the Court by the
parties.
It also alluded critically to the fact that often so little and
such superficial attention is given to sentencing,
in stark
contrast to the time, resources and talent devoted to procuring
the conviction of an accused.”
See further:
S
v B
2003 (1)
SASV 52 (SCA)
at 61c-f
(para9) where the same jurisdictional issue is expounded upon as
follows:
“
[9] Uit hierdie bepalings
(section 52 93) as it then read) blyk dit dat die verhoor van 'n
beskuldigde wat deur 'n streekhof vir
vonnis na 'n Hoë Hof
verwys word nie afgehandel is nie. Die oorkonde van die verrigtinge
in die streekhof maak deel uit van
die oorkonde in die Hoë Hof
en indien die Hoë Hof van mening is dat die verrigtinge nie
ooreenkomstig die reg is nie
of dat twyfel bestaan of die verrigtinge
ooreenkomstig die reg is, kan die Hof, onder andere, nadat getuienis
ingevolge art 52(3)(d)
aangehoor is, die skuldigbevinding bekragtig,
wysig, of tersyde stel; die saak na die streekhof terugverwys; of 'n
bevel maak wat
die regspleging waarskynlik sal bevorder. Die
skuldigbevinding in die streekhof is dus, in effek, 'n voorlopige
skuldigbevinding
wat finaal word indien dit aanvaar word of bekragtig
word deur die Hoë Hof. Met ander woorde die Strafregwysigingswet
het
'n spesiale prosedure geskep ingevolge waarvan die verhoor van 'n
beskuldigde in die streekhof begin en in die Hoë Hof afgehandel

kan word.”
As I pointed out at the inception
of this judgment only appellant (Mr de Klerk) has appealed. I
therefore see no basis on which
we can intervene or interfere with
the sentence imposed on accused 3 (Ms Morwe) and accused 4 (Mr Mabe)
as
Lacock J
suggests in his judgment. However, even if we were entitled to
review the decisions I can see no reason why we have to refer
back
their case to the Regional Court for sentence as we are competent
and in a good position to do so.
To sum up then:
If a jurisdictional factor is
present for the committal of an accused or accused persons, to whom
the minimum sentences provisions
are applicable, to the High Court
it is preferable that Regional Magistrates transfer all the accused
to High Court for sentencing;
It is not irregular or
unprocedural or incompetent for a judge to sentence co-accused who
are not affected by the minimum sentences
provisions, in the
situation described in para 15.2 (above) because there is no
prohibition in the legislation against doing
so. See paras 13.1
and 13.2 (above);
There is no basis to review the
sentences of accused 3 and 4 who have not appealed.
As far as the appellant, Mr de
Klerk’s, sentence is concerned I agree with Lacock J for the
reasons advanced by him, that the
Life Imprisonment sentence be set
aside and be replaced with a sentence of: 20 (twenty) years
imprisonment.
________________________
F D KGOMO
JUDGE PRESIDENT
NORTHERN CAPE DIVISION