S v Botha (A141/06) [2006] ZANCHC 77 (1 January 2006)

57 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Culpable homicide — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of culpable homicide following a fatal motor vehicle collision — Appellant's vehicle crossed into oncoming traffic, resulting in the deaths of two occupants of another vehicle — Appellant's argument centered on alleged negligence of passenger — Court found no merit in the argument as no evidence supported the claim of passenger's involvement in the accident — Conviction upheld as appellant failed to provide sufficient evidence to rebut inference of negligence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 77
|

|

S v Botha (A141/06) [2006] ZANCHC 77 (1 January 2006)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Oranje Vrystaatste
Provinsiale Afdeling)
Saakno: / Case
number:
A141/06
Datum verhoor: / Date
heard:
27/11/2006
Datum
gelewer: / Date delivered:
…/…/2006
In
die appèl:
BOTHA,
LOUIS
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Majiedt R et Lacock R
UITSPRAAK OP APPÈL
MAJIEDT
R
et
LACOCK
R:
Die appellant, ‘n 36
jarige man, is op 25 Januarie 2006 in die Streekhof, Ficksburg,
skuldig bevind aan strafbare manslag, en
is op 6 April 2006 gevonnis
tot 6 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar gevangenisstraf
voorwaardelik opgeskort is vir ‘n periode
van 5 jaar. Met verlof
van die verhoorhof kom die appellant nou in hoër beroep teen sy
skuldigbevinding en die vonnis hom opgelê.
Ad skuldigbevinding
Die skuldigbevinding
van die appellant spruit voort uit ‘n grusame motorbotsing wat
plaasgevind het op 6 Februarie 2004 op die
verbindingspad tussen
Ficksburg en Fouriesburg tussen ‘n BMW X5 motorvoertuig wat deur
die appellant bestuur was, en ‘n Isuzu
bakkie waarvan wyle mnr. en
mev. Landman die insittendes was. Die Landman egpaar is noodlottig
in die botsing beseer en het op
die ongelukstoneel gesterf. Die
appellant en sy passasier, mnr. MC De Jager, was beseer maar beide
het die botsing oorleef.
Die volgende feite
bevindinge van die streekhoflanddros was óf gemeensaak óf is nie
op appèl – en na ons mening tereg so –
voor ons aangeval nie:
Voor die botsing was
die appellant en mnr. De Jager op pad in die rigting vanaf
Fouriesburg na Ficksburg. Die Landmans was op pad
in die
teenoorgestelde rigting, dit wil sê vanaf Ficksburg na Fouriesburg.
Die botsing tussen die
voormelde BMW en die Isuzu het plaasgevind op ‘n reguit gedeelte
van die pad. Die oppervlak van die tersaaklike
pad was geteer en dit
was droog. Die botsing het helder oordag plaasgevind terwyl die sig
goed was.
Ongeveer 67 meter voor
die punt van botsing was die BMW in die regterkantse baan van die
pad (dit wil sê aan die verkeerde kant
van die rybaan vir verkeer
vanaf Fouriesburg na Ficksburg). Vanuit hierdie (verkeerde) baan
het die BMW geswenk terug na en oor
die linkerbaan, het dit aan die
linkerkant van die teeroppervlak van die pad die pad verlaat en op
die gruisskouer van die pad
beweeg, en van waar dit weer na regs
beweeg het oor die linkerkantse baan van die pad na die regterkantse
baan tot by die punt
van botsing.
Die voertuie het met
mekaar gebots in die baan van verkeer vir voertuie vanaf Ficksburg na
Fouriesburg, dit wil sê in die korrekte
baan van die Isuzu en in die
verkeerde baan van die BMW.
Die voertuie het
mekaar reg van voor getref, maar meer aan die linker voorkant van
elkeen.
Mnr. en mev. Landman,
die insittendes van die Isuzu, het beide op die toneel van botsing
gesterf aan beserings opgedoen tydens die
botsing.
Mnr. De Jager, die
passasier in die BMW, was saam met die appellant aangekla en
verhoor. Die rede hiervoor blyk onder andere uit
die volgende
tersaaklike bewoording van die bylae tot die klagstaat, nl.
“(dat)
beskuldigde 2 (De Jager) te alle relevante tye die passasier in die
linker voorste passasierskant was en beskuldigde 2
onmiddellik na
die botsing blaam vir die ongeluk op homself geneem het
.
”
Een van die
staatsgetuies, mnr. Liebenberg, het dan ook getuig dat, nadat hy op
die toneel waar die botsing plaasgevind het, aangekom
het, hy die
appellant en De Jager aangetref het langs die pad waar beide gelê
het nadat hulle uit die BMW verwyder is. De Jager
was duidelik in
pyn, het voortdurend gevra vir hulp en het soms hard gevloek. Terwyl
Liebenberg aldaar met hom gepraat het, het
De Jager onder andere
gesê,
“Sorry
boys, dit is my skuld.”
Na sluiting van die
Staatsaak, is die sake vir beide beskuldigdes gesluit sonder dat
enigeen van hulle getuig het, en sonder dat
enige getuienis namens
hulle aangebied was. De Jager is onskuldig bevind en ontslaan, maar
is die appellant skuldig bevind aan
strafbare manslag, deurdat
bevind is dat hy
“grof
nalatig bestuur het wat gelei het tot die veroorsaking van die dood
van die oorledenes
.
”
Adv. Van Zyl SC en wat
saam met adv. Van Niekerk namens die appellant voor ons verskyn het,
val die skuldigbevinding van die appellant
slegs op een grond aan.
Hy argumenteer dat die landdros fouteer het deur te bevind dat,
omdat die botsing in die ryvlak van die
aankomende Isuzu voertuig
plaasgevind het en nie toegeskryf kon word aan enige meganiese
gebreke of ander eksterne faktore nie,
die botsing slegs veroorsaak
is deur die wyse waarop die appellant die voertuig bestuur het. In
die afwesigheid van enige verduideliking
aan die kant van die
appellant, is die noodwendige afleiding, aldus die landdros, dat die
appellant nalatiglik die botsing veroorsaak
het deurdat hy versuim
het om sy voertuig behoorlik te beheer.
Mnr. Van Zyl
argumenteer dat, weggedink die voormelde getuienis van mnr.
Liebenberg, die landdros geregverdig sou wees om op grond
van die
res
ipsa loquitur
beginsel
die appellant skuldig te bevind. Op grond egter van die opmerking
van De Jager naamlik
“Sorry
boys, dit is my skuld”
,
was die landdros – aldus mnr. Van Zyl – nie geregverdig om die
res
ipsa loquitur
beginsel toe te pas nie, en moes hy bevind het dat een of ander
handeling van De Jager oorsaaklik was tot die plaasvind van die
botsing.
Hierdie handeling van De Jager, so argumenteer mnr. Van
Zyl, kon daarin bestaan het dat De Jager wat kort voor die botsing –
aldus
die getuienis van die getuies Mnr. en Mev. Van Zyl – agter in
die BMW gesit het, na die voorste sitplek (en waar hy na die botsing
gevind is) oorgeklim het en in die proses aan die stuurwiel gevat het
wat daartoe gelei het dat die appellant die voertuig moes terugswaai
en beheer oor die voertuig verloor het.
Ons is van mening dat
daar geen meriete in hierdie argument van mnr. Van Zyl steek nie.
Op geen stadium
gedurende die verhoor is enigsins geopenbaar dat die voormelde die
verweer van die appellant was nie. Soos mnr.
Pretorius namens die
Staat aan ons uitgewys het, was die appellant en De Jager deurgaans
deur dieselfde stel regsverteenwoordigers
verteenwoordig. Indien
die voorgaande scenario die verweer van die appellant sou wees, sou
verwag gewees het dat die regsverteenwoordigers
weens ‘n belange
botsing vir die een of die ander beskuldigde sou onttrek. Dit het
nie gebeur nie.
As moontlike rede
waarom die appellant nie van meet af hierdie weergawe aan sy
regsverteenwoordigers openbaar het nie argumenteer
mnr. Van Zyl dat
hy aan geheueverlies kon gely het na die botsing. Hy grond sy
argument daarop dat die appellant onmiddellik na
die botsing aan
persone op die toneel gesê het dat hy nie weet wat gebeur het nie,
bedoelende wat die oorsaak van die botsing
was nie. Mnr. Van Zyl
betoog terselfdertyd dat, omdat die appellant nie geweet het wat die
botsing veroorsaak het nie, is die
uitspraak van die Konstitusionele
Hof in
S
v Boesak, 2001(1) SASV 1 (CC)
en waar die volgende te
11d
tot f
gesê is,
“An
arrested person is entitled to remain silent and may not be
compelled to make any confession or admission that could be used
in
evidence against that person. It arises again at the trial stage
when an accused has the right to be presumed innocent, to
remain
silent, and not to testify during the proceedings. The fact that an
accused person is under no obligation to testify does
not mean that
there are no consequences attaching to a decision to remain silent
during the trial. If there is evidence calling
for an answer, and an
accused person chooses to remain silent in the face of such
evidence, a court may well be entitled to conclude
that the evidence
is sufficient in the absence of an explanation to prove the guilt of
the accused”
,
nie op hierdie saak toepaslik nie. Hierdie argument het niks om die
lyf nie. Eerstens het geeneen van die psigiaters of die
kriminoloog
wat vir vonnisdoeleindes namens die appellant getuig het, getuig of
selfs gesuggereer dat die appellant na die botsing
aan geheueverlies
gely het nie. Tweedens het ook die moeder van die appellant
geensins melding gemaak daarvan dat die appellant
na die botsing aan
geheueverlies gely het nie. Derdens het dit geblyk dat die
appellant op die toneel van botsing navraag gedoen
het van wat van
die blou Isuzu geword het. Dit dui op die afwesigheid van
geheueverlies. Vierdens; die laaste verhoordag waarop
getuienis in
die hof
a
quo
aangebied was, was 19 Oktober 2005. Dr. Weyers, die een kliniese
sielkundige, het die appellant gesien op 15 November 2005, dit
wil
sê 27 dae daarna, en waartydens die appellant die voormelde
gebeure aan hom oorgedra het. Afgesien daarvan dat dit minstens
verdag voorkom dat die appellant toevallig binne hierdie kort
tydsbestek sy geheue sou herwin, sou ek verwag het dat dr. Weyers
dit sou vermeld het indien die appellant aan geheueverlies gely het.
In elk geval is die appellant eers op 25 Januarie 2006 gevonnis,
en
is geen poging aangewend om sy saak te heropen en hierdie weergawe
voor die hof te plaas nie.
Die voormelde
opmerking van De Jager is na ons mening nie noodwendig aanduidend
daarvan dat hy verwys het na ‘n handeling wat
aanleiding gegee het
daartoe dat die appellant beheer oor die BMW verloor het nie.
Eerstens is geen nadere ondersoek deur Liebenberg
of enige ander
getuie gedoen om vas te stel wat De Jager met die opmerking bedoel
het nie. Tweedens kon hy net so wel bedoel het
dat dit sy skuld was
omdat hy voor die botsing verantwoordelik was daarvoor dat die
appellant bier gedrink het of dagga gerook
het (soos later na
skuldigbevinding geblyk het) of dat die appellant weg gekyk het van
die pad af of op een of ander wyse konsentrasie
verloor het.
Derdens: Selfs al sou gesê kan word dat De Jager aan die stuurwiel
gevat het, is daar steeds geen getuienis wat
die aard en effek van
hierdie aanraak van die stuurmeganisme was nie, en waarom die
appellant nie daarna die voertuig onder beheer
gebring het voor die
botsing nie. Hierdie onbeantwoorde vrae laat die Hof steeds alleen
met spekulasies, en het dit steeds na
ons mening ‘n verduideliking
van die appellant geverg. Die volgende aanhaling uit
Arthur
v Bezuidenhout and Mieny, 1962(2) SA 566 (A) te 574 H
en verder is na ons mening in
casu
ewe toepaslik:
“
As
appears from the above general statement from Wigmore, and as is
reflected in any specific statement of the res ipsa loquitur maxim,
once the plaintiff proves the occurrence giving rise to the inference
of negligence on the part of the defendant, the latter must
adduce
evidence to the contrary. He must tell the remainder of the story, or
take the risk of judgment being given against him. How
far the
defendant's evidence need go to displace the inference of negligence
arising from proof of the occurrence complained of by
the plaintiff
depends upon the facts of the particular case.” … “Mere
theories or hypothetical suggestions will, of course,
not avail the
defendant. As it was put by CURLEWIS, J.A., in his dissenting
judgment in Hamilton v MacKinnon, supra, and adopted
by STRATFORD,
C.J., in Naude's case, supra at p. 399, defendant's explanation must
be based on fact, not on fancy; 'there must be
some substantial
foundation in fact for the explanation'. The defendant must, again
to cite from the judgment of STRATFORD, C.J.,
in Naude's case, supra
at p. 399, 'produce evidence sufficient to destroy the probability of
negligence presumed to be present prior
to the testimony adduced by
him'.”
Sien ook
Stacey
v Kent, 1992(4) SA 495 (K).
“
Reasonable
drivers drive on the correct side of the road, and in the normal
course of events, if a driver driving on the incorrect
side causes a
collision with another driving on his correct side, that fact would
be proof of negligence. The errant driver cannot
escape
responsibility by suggesting fanciful and hypothetical possibilities
which the plaintiff has not eliminated.”
(te
499 B
)
Hierdie beginsel is ook
toepaslik in strafregtelike aangeleenthede van hierdie aard (
S
v Paulsen, 1995(1) SASV 518 (K) te 522 f
).
Sien ook die uitspraak van
Hancke
R
in
S v
Maqashalala, 1992(1) SASV 620 (Tk) te 623 b tot g
.
Die verdere argument
van mnr. Van Zyl naamlik dat die Staat self die mening toegedaan was
dat De Jager skuld het aan die veroorsaking
van die botsing op grond
van die voormelde formulering van die bylae tot die klagstaat, neem
die saak nie verder nie. Die Staat
het met die opstel van die
klagstaat nie kon weet wat die beskuldigdes sou getuig nie, en het
duidelik om versigtigheidsredes De
Jager ook aangekla na aanleiding
van sy gewraakte opmerking. Indien bevind sou word dat De Jager
bydraend nalatig was en dat sy
bydraende nalatigheid bygedra het tot
die dood van die oorledenes kon hy steeds skuldig bevind gewees het
aan strafbare manslag.
Op grond van die
voorgaande is ons oortuig daarvan dat die landdros die reg behoorlik
toegepas het, en kan die appèl teen skuldigbevinding
gevolglik nie
slaag nie.
Die bevinding van
growwe nalatigheid
Die landdros het,
klaarblyklik slegs vir doeleindes van vonnis, die volgende bevinding
in sy uitspraak op skuldigbevinding gemaak.
“
As
gevolg van die bevindings deur hierdie Hof hierbo gemaak bring dit
een onweerstaanbare afleiding na vore dat beskuldig no 1 die
BMW op
so ‘n wyse bestuur het dat hy die beheer oor die voertuig verloor
het, waarskynlik as gevolg van’ n buitengewoon hoë
spoed terwyl hy
‘n onbekende hoeveelheid alkoholiese drank ingehad het. Hierdie
totale optrede kom op minstens growwe, verontagsaming
van die regte
van ander padverbruikers neer wat kan neerkom op roekeloosheid.”
Aangesien hierdie
bevinding alleen relevant is tot die vonnis die appellant opgelê, en
aangesien die landdros inderdaad hierdie bevinding
as strafverswarend
teen die appellant in ag geneem het, is dit nodig om kortliks daarmee
te handel.
Hierdie bevinding van
die landdros is gegrond op die getuienis van mnr. en mev. Van Zyl
wat getuig het dat hulle op pad tussen Fouriesburg
en Ficksburg by
die beskuldigdes verby gery het waar hulle langs die pad buite die
BMW gestaan en bier drink het en dat die BMW
daarna teen ‘n hoë
snelheid by hulle voertuig verby is; dat twee leë bierbottels na
die botsing in die BMW gevind is; dat die
botsing tussen die twee
voertuie vir die getuie Van der Westhuizen soos ‘n ontploffing
geklink het; en dat mnr. Grobbelaar, ‘n
meganiese ingenieur,
getuig het dat die BMW vinniger as die Isuzu beweeg het ten tye van
die botsing.
Soos toegegee deur mnr.
Pretorius regverdig die voormelde getuienis geensins die afleiding as
die enigste redelike afleiding dat die
appellant beheer oor die
voertuig verloor het
“waarskynlik
as gevolg van ‘n buitengewone hoë spoed (en) terwyl hy ‘n
onbekende hoeveelheid alkoholiese drank ingehad het”
nie.
Selfs al sou aanvaar
word dat, soos getuig deur mnr. en mev. Van Zyl, die appellant teen
ongeveer 160 kilometer per uur of selfs
180 kilometer per uur by
hulle verby is, regverdig dit nie die afleiding dat die spoed van
die BMW steeds so hoog was ten tye
van die botsing nie. Die
appellant kon spoed verminder het. Voorts is daar geen getuienis
wat daarop dui dat die appellant
beheer oor die BMW verloor het as
gevolg van ‘n hoë snelheid nie. Trouens, die getuienis van die
Van Zyl’s was juis dat
die appellant die BMW goed beheer het teen
die spoed waarteen hy gery het.
Mnr. Grobbelaar wat
die posisie van die voertuie met impak rekonstrueer het, was nie
bereid om te spekuleer oor die spoed van
die voertuie tydens die
botsing nie.
Mnr. Van der
Westhuizen het nie enigeen van die voertuie voor die botsing sien
beweeg nie, en het slegs die botsing hoor plaasvind.
Die feit dat die BMW
vinniger as die Isuzu beweeg het, regverdig nie ‘n afleiding dat
die BMW teen ‘n hoë snelheid beweeg
het nie, aangesien niemand
weet teen watter spoed die Isuzu beweeg het nie.
Die feit dat die
appellant voor die plaasvind van die botsing bier gedrink het,
regverdig nie die afleiding dat hy beheer oor
sy voertuig verloor
het as gevolg van die inname van alkohol nie. Daar is eenvoudig
geen getuienis wat aanduidend is daarvan
dat daar ’n oorsaaklike
verband bestaan tussen die mate van intoksikasie van die appellant
en die verloor van beheer oor sy
voertuig nie.
Indien aanvaar word
dat die appellant sy voertuig goed beheer het kort voor die botsing
en dat hy daarna beheer daaroor verloor
het, kan dit eweneens
toegeskryf word aan ‘n nalatige (in teenstelling met ‘n
roekelose of growwe nalatige) oordeelsfout wat
begaan is in ‘n
onbewaakte oomblik van onoplettendheid of gebrek aan konsentrasie.
Hierdie bevinding van
die landdros stel vervolgens ‘n mistasting daar, en was hy nie
geregverdig om dit vir doeleindes van vonnis
teen die appellant in ag
te neem nie.
Ad Vonnis
Die oorweging van ‘n
gepaste vonnis is, as ‘n reël, by verre die moeilikste deel van
‘n strafsaak. In die onderhawige geval
word hierdie taak soveel
verder bemoeilik deur die appellant se unieke persoonlike
omstandighede soos voorgehou deur verskeie deskundige
getuies na wie
se getuienis aanstons verwys sal word, die aard van die misdryf van
strafbare manslag self sowel as die omstandighede
waaronder dit
gepleeg is en die belange van die breë gemeenskap.
In
S
v Naidoo and others 2003(1) SASV 347 (HHA)
te par. 45 (361 H – 362 B) som Marais AR die kompleksiteit
van vonnisoplegging by sekere tipe strafbare manslagsake soos
die
onderhawige treffend as volg op:
“
The
circumstances in which the crime of culpable homicide may be
committed range across a wide spectrum. At one end is the case where
a momentary lapse in concentration on the task at hand has a tragic
result. Neither the lapse nor the failure to foresee the consequences
of it is deliberate. Yet they have resulted in a loss of life. They
could just as easily not have had that result.
Sentencing
fairly and appropriately in such a case is one of the law's most
difficult tasks.
The culpa may have been slight but the result stirs an understandable
call from society at large (and a fortiori from those close
to the
deceased) for the sentence to visit tangible retribution upon the
culprit. Balancing the need for a sentence that, on the
one hand,
will not appear to rate the loss of a life with all the attendant
trauma to those to whom the deceased was near and dear
as not too
serious against, on the other, the need to calibrate the degree to
which the accused's conduct deviated from the standard
of care
expected of a reasonable person and, if it is found to be slight,
also to reflect that adequately in the sentence to be imposed,
is
inherently difficult. The outcome will often satisfy neither those
close to the deceased nor those close to the accused, being
too
lenient in the eyes of the former and too severe in the eyes of the
latter. But that does not absolve a court from its duty to
strive as
best it can to achieve a proper balance between those objectives.”
(Ons
eie beklemtoning)
In dieselfde trant is
die
dictum
van
FH Grosskopf AR in
S
v Naicker 1996(2) SASV 557 (A)
te
560 F-H as volg:
“
The magistrate was fully
justified in considering the tragic consequences of the appellant's
negligence and to take it into account
for purposes of sentence. See
S v Ngcobo 19
62 (2) SA 333
(N) at 337A-B. Miller J however pointed
out in that case at 336H that the magnitude of the tragedy resulting
from negligence should
never be allowed to obscure the true nature of
an accused's crime or culpability. The learned Judge then concluded
at 336H-337A:
'Whatever
the result of the negligent act or omission, the fact remains that
what the accused person in such a case is guilty of is
negligence -
the failure to take reasonable and proper care in given
circumstances. His negligence may be slight and yet may have
the most
calamitous consequences, or it may be gross and yet be almost
providentially harmless in the result. I venture to suggest
that the
basic measure for determining fit punishment for a negligent motorist
must be the degree of his culpability or blameworthiness.
'”
Ons haal juis ter
aanvang van hierdie gedeelte van die uitspraak die bovermelde
gewysdes aan, omrede dit pertinent aanwending vind
in die
onderhawige geval. Daar is naamlik hoegenaamd geen twyfel by ons
nie dat die opgelegde vonnis van ses jaar gevangenisstraf
waarvan
twee jaar voorwaardelik opgeskort is, skokkend onvanpas is.
Bowendien en in elk geval het die verhoorlanddros sy bevinding
van
die appellant se optrede as growwe nalatigheid/roekeloosheid
aangewend as straf-verswarende faktor wat die opgelegde vonnis
motiveer. Gegewe die bevinding vroeër hierin dat die
verhoorlanddros in dié verband gefouteer het, moet hierdie Hof op
appél
opnuut besin oor ‘n gepaste vonnis.
Namens die appellant
is verskeie deskundiges se getuienis aangebied en is hullle
deskundige verslae ook ingehandig as bewysstukke
by die verhoorhof.
Hierdie getuienis en verslae bied ‘n uitstekende blik op die
appellant as persoon en bied ook tot ‘n mate
insig in sy bepaalde
optrede dié betrokke dag.
Die getuienis van
Prof. Almero Weyers, ‘n dosent aan die Universiteit van die
Vrystaat (UV) en kliniese sielkundige, Me. Helma
Foster, ‘n
kriminoloog aan die UV, Me Jacoba Prinsloo, ‘n maatskaplike werker
by Departement Korrektiewe Dienste en Me Alison
Potgieter, ‘n
kliniese sielkundige, is aangebied as deskundige getuienis ter
strafversagting namens die appellant. Sy moeder,
Me Van
Blommenstein, het ook namens hom getuig.
Wanneer die getuienis
van die deskundiges en die appellant se moeder saamgevat word, dan
blyk die appellant se volgende persoonlike
omstandighede daaruit:
Hy is gebore op 6
Junie 1970 en is tans 36 jaar oud. Hy was ten tyde van
vonnisoplegging 35 jaar oud.
Hy is ongetroud
sonder enige afhanklikes.
Hy het ‘n
N2-kwalifikasie behaal.
Hy is woonagtig by sy
moeder op ‘n plaas in die Clocolan-distrik en sy betaal aan hom
‘n salaris van R2000.00 per maand.
Hy het geen vorige
veroordelings nie.
Wanneer die deskundige
getuienis, wat tot ‘n groot mate oorvleuel aangaande die appellant
se sielkundige- en persoonlikheid-samestelling,
saamgevat word, dan
blyk die volgende:
Alhoewel die
appellant oor ‘n gemiddelde intellektuele kapasiteit beskik, is
hy wat verbale vermoë aanbetref in die kategorie
grensgraad
verstandelik gestremd, terwyl sy praktiese vermoë bogemiddeld is.
Hy is dus meer prakties as akademies georiënteerd.
Die appellant het ‘n
duidelike gebrek aan insig en is maklik vatbaar vir uitbuiting en
beïnvloeding deur andere.
Die appellant het ‘n
beduidende onvermoë om stres te hanteer, is ‘n onassertiewe
persoon met ‘n gebrek aan selfvertroue
wat eerder van ander sal
verwag om belangrike besluite vir hom te neem en wat nie self
verantwoordelikheid kan aanvaar nie.
Sy optrede word gekenmerk
deur onderdanigheid en nederigheid.
Die appellant se
persoonlike samestelling, gebrek aan insig en gebrekkige
funksionering maak hom nie geskik vir gevangenisstraf
nie.
Gevangesetting sal
die appellant aan omstandighede in die gevangenis blootstel waarin
hy gemanipuleer sal word en waar verdere
uitbuiting van sy naïewe
oordeelsvermoë deur medegevangenes sal plaasvind.
Gevangesetting sal
verder ook die appellant ontneem van die geleentheid om intensiewe
sielkundige terapie te ontvang ten einde
sy probleme wat aanleiding
gegee het tot die oortreding aan te spreek. Gevangesetting sal ook
nie die appellant ‘n geleentheid
bied op rehabilitasie nie.
Alhoewel die
korrektiewe beampte, Me Prinsloo, nie ‘n bepaalde aanbeveling
gemaak het nie vanweë gebrekkige inligting aangaande
die misdryf
en die omstandighede daarvan, het sy bevind dat die appellant ‘n
geskikte kandidaat is vir die oplegging van korrektiewe
toesig.
Die appellant het
skuldgevoelens en berou aangaande die ongeluk wat herhaaldelik
tydens kliniese sielkundige sessies gemanifesteer
het, aldus die
sielkundige Me Potgieter. Die appellant het ook ‘n begeerte om
aan die twee kinders wat wees gelaat is as gevolg
van die ongeluk
te verduidelik en sy berou oor te dra.
Die appellant het ‘n
negatiewe selfbeeld, het ‘n gebrek aan lewensvaardighede en het
ook ‘n gebrek aan selfvertroue en koester
gevoelens van
minderwaardigheid.
Volgens die kliniese
sielkundige, Me Potgieter, verg die appellant se toestand
intensiewe terapeutiese behandeling oor ‘n lang
termyn, naamlik
oor ‘n periode van meer as twee jaar.
Uit die bovermelde
blyk dit duidelik dat daar hoogs strafversagtende faktore in
appellant se persoonlikheids- en sielkundige samestelling
te vinde
is, aldus die onderskeie deskundiges wat namens die appellant getuig
het en wie se getuienis grootliks onweerspreek staan.
Daarbenewens
blyk dit uit die appellant se moeder se getuienis as volg:
Die appellant het ‘n
ouer broer en suster wat getroud is en elders in die land woon
(onderskeidelik Secunda en Kaapstad).
Die appellant het ook
‘n jonger suster wat verstandelik vertraag is en wie se
verstandelike vermoëns dié van ‘n 8-jarige
kind is,
nieteenstaande die feit dat sy tans 32 jaar oud is.
Die appellant sowel
as sy moeder en jonger suster woon op ‘n plaas waar appellant
fisies die boerdery behartig en verantwoordelik
is vir die
sekuriteit op die plaas en by hulle woning.
Die appellant se
verstandelik vertraagde jonger suster sal dit hoegenaamd nie kan
hanteer indien die appellant gevangenisstraf
moet ondergaan nie.
In die geval dat
gevangenisstraf wel die appellant opgelê sou word, sou sy moeder
noodgedwonge die plaas moet verkoop, aangesien
sy nie alleen daar
verder sou kon aangaan nie.
Ons het alreeds vroeër
hierin daarop gewys dat die vonnis wat die verhoorlanddros opgelê
het skokkend onvanpas is en in elk geval
inmenging regverdig op
grond van die bevinding dat die verhoorlanddros gefouteer het deur
te bevind dat die appellant dié betrokke
dag grof nalatig/roekeloos
opgetree het. In
S
v Nyathi 2005(2) SACR 273 (SCA)
het Conradie AR die vergrootglas geplaas op vonnisse vir strafbare
manslag in ernstige verkeersongeluk sake wat in die laaste dekade
beslis is. Na bespreking van die verskeie sake kom die geleerde
Appélregter tot die slotsom dat die vonnis in
S
v De Bruin 1991(2) SACR 158 (W)
die
swaarste vonnis van gevangesetting is (selfs waar dit deur die Hof
van Appél verminder is tot 3 jaar gevangenisstraf in teenstelling
met die verhoorhof se 4 jaar gevangenisstraf) wat hy van weet wat
opgelê is vir strafbare manslag in die konteks van
verkeersongelukke
– sien 279 B-C.
In die
Nyathi
-saak
waarop die verhoorlanddros in sy uitspraak en Mnr Pretorius namens
die Staat voor ons baie sterk gesteun het, het dit gegaan
oor ‘n
bestuurder wat op ‘n blinde hoogte oor ‘n dubbele sperstreep in
beperkte uitsig ‘n voertuig verbygesteek het en
toe in ‘n
minibus taxi vasgery het, as gevolg waarvan die minibus omgeslaan
het wat daartoe gelei het dat 6 passasiers daarin
gesterf het en
andere beseer is. In dié verband sê Conradie AR die volgende te
277 A-B:
“
Overtaking on a barrier line,
and especially on a double barrier line where a motorist should
realise that his inability to observe
approaching traffic is
compounded by the inability of traffic in the opposite direction to
see him is probably the most inexcusably
dangerous thing a road user
can do.”
Die appellant in
Nyathi
se saak se appèl teen die opgelegde vonnis van 5 jaar
gevangenisstraf waarvan 2 jaar voorwaardelik opgeskort is, is van die
hand
gewys deur die Hoogste Hof van Appèl.
Mnr. Van Zyl het
namens die appellant ‘n weldeurdagte en volledige betoog voorgehou
waarom die appellant nie direkte gevangenisstraf
opgelê moet word
nie. Daar is geweldig baie meriete in sy betoog. Dit is ‘n aspek
waarmee ons intens geworstel het. Die tergendste
aspek van die
oorweging van ‘n gepaste vonnis op appèl was vir ons die vraag
naamlik of die appellant ‘n vonnis ingevolge
artikel 276(1)(h) of
276(1)(i) van die Strafproseswet, 51 van 1977 (‘
die
Strafproseswet’
),
opgelê behoort te word. Die verskil tussen dié twee is natuurlik
dat in laasvermelde geval die appellant ‘n tydperk (wat
gewoonlik
een sesde van sy totale termyn van gevangenisstraf beslaan, sien
artikel 73(7) van die Wet op Korrektiewe Dienste, 111
van 1998), in
die gevangenis sal moet deurbring, alvorens die Kommissaris van
Korrektiewe Dienste daaraan oorweging kan skenk om
hom uit te plaas
op korrektiewe toesig, terwyl hy onder artikel 276(1)(h) onmiddellik
korrektiewe toesig begin uitdien. Mnr. Van
Zyl het betoog dat die
appellant duidelik op die aangebode deskundige getuienis nie ‘n
kandidaat vir die gevangenis is nie en
dat gevangesetting eerder tot
sy nadeel sou strek. Hy het verder aan die hand gedoen dat
korrektiewe toesig ingevolge artikel
276(1)(h) ‘n gepaste vonnis
sal wees inaggenome die omstandighede van hierdie geval en gegewe
die oogmerke van straf. In dié
verband het hy verwys na
S
v Keulder 1994(1) SASV 91 (A)
en
S
v Naicker
,
supra,
waar
só ‘n vonnis opgelê is vir strafbare manslag voortspruitend uit
‘n motorvoertuigongeluk.
Daar is veel te sê
vir die submissie dat die appellant vanweë sy wesenlike
persoonlikheidsgebrek en behoefte aan langtermyn intensiewe
sielkundige terapie uit die gevangenis gehou moet word. Om egter
slegs na die appellant se belange te kyk en ag te slaan op hom
as
persoon is nie voldoende of vanpas nie. Daar moet uiteraard ook
gekyk word na die ander wesenlike komponente van strafoplegging,
te
wete die belange van die gemeenskap en die erns van die misdryf.
Daarby saam meen ons ook dat die belange van die slagoffers
ook in
ag geneem moet word. In
S
v Lister 1993(2) SASV 228 (A)
te
232 g-i verklaar Nienaber AR as volg:
“
I remain unpersuaded by the
submission in counsel’s heads of argument that the court should
have adopted the opinion of Dr Sidley
that a goal sentence would
undermine the treatment to which she would have to submit herself.
Prison, one knows, is not a congenial
place and the conditions may
well be less than ideal for psychotherapy. But then, a prison is
primarily an institution of punishment,
not cure. As the Court a quo
was at pains to point out, the approach of a sentencing officer is
not the same as that of a psychiatrist.
The sentencing officer takes
account of all the recognised aims of sentencing including
retribution; the psychiatrist is concerned
with diagnosis and
rehabilitation. To focus on the well-being of the accused at the
expense of the other aims of sentencing, such
as the interests of the
community, is to distort the process and to produce, in all
likelihood, a warped sentence.”
Verder is dit van
belang om in ag te neem dat, waar gepas, gevangenisstraf wel opgelê
kan word en die Departement van Korrektiewe
Dienste versoek kan word
om, sover doenlik, sielkundige behandeling aan ‘n bepaalde
gevangene te verleen. Vergelyk in dié verband
byvoorbeeld die bevel
opgelê in
S
v R 1995(2) SASV 590 (A)
te
593 f tot g.
Die ander kant van die
munt is natuurlik dat dit algemeen bekend is dat gevangenisse
heeltemal oorvol is. Artikel 36 van die Wet
op Korrektiewe Dienste,
111 van 1998, bepaal wat betref die oogmerk van implementering van
vonnis van gevangenisstraf dat:
“…
die
implementering van ‘n vonnis van gevangenisstraf (het) die oogmerk
om die gevonnisde gevangene daartoe in staat te stel om in
die
toekoms ‘n maatskaplik verantwoordelike en misdaadvrye lewe te
lei.”
In
die praktyk is die realiteit dat daar kwalik enige
rehabilitasiemoontlikhede in ons oorvol gevangenisse bestaan.
Hiemstra, Suid-Afrikaanse
Strafproses, 6de uitgawe, deur Kriegler en
Kruger, huldig die mening te 707 dat:
“’
n
Hof wat gevangenisstraf oplê nie ‘n fiktiewe, utopiese tipe straf
oplê wat slegs in die gedagtes van idealiste bestaan nie.
Die
inhoud van ‘n vonnis van gevangenisstraf word bepaal deur dit wat
in die praktyk met die gevonnisde persoon sal gebeur en
niks anders
nie.”
In die konteks van
oorvol gevangenisse is die voormelde outeurs die mening toegedaan
dat die belangrikheid van korrektiewe toesig
nie oorbeklemtoon kan
word nie. Hulle verwys verder na
S
v R 1993(1) SASV 209 (A)
te
221 j tot 222 a waar gesê is:
“
In die besonder moet daar
ingesien word dat daar nou gevoelige straf toegemeet kan word sonder
gevangesetting, met al die bekende
nadele aan laasgenoemde verbonde
vir beide die prisonier en die breë gemeenskap. ‘n Vonnis van
korrektiewe toesig kan tewens
so saamgestel word dat dit vir die
veroordeelde meer beswaar as korttermyn gevangenisstraf – …”
Mnr. Van Zyl het dan
ook in sy betoogshoofde baie swaar gesteun op hierdie voormelde
passasie.
Die volgende
belangrike faktor wat ons onder die loep neem by oorweging van ‘n
gepaste vonnis is die aard en erns van die misdryf.
In
S
v Naidoo & Others,
supra
,
te par. 45 en 46 (361 h tot 362 e) het Marais AR uitgewys
dat strafbare manslag as misdryf oor ‘n wye kader van morele
blaamwaardigheid kan strek. Die kardinale vertrekpunt hierin is dat
die appellant, anders as wat die verhoorlanddros bevind het,
hom
bloot skuldig gemaak het daaraan dat hy op ‘n reguit en oop stuk
pad helder oordag in sy verkeerde baan gebots het teen die
oorledenes se voertuig. Geen growwe nalatigheid of roekeloosheid
kan aan die appellant toegedig word nie, vir die redes alreeds
vermeld. Die blote bewese feit dat bierbottels en dagga in die
appellant se voertuig gevind is en dat hy en sy medebeskuldigde
vroeër gesien is waar hulle bier drink, stel geensins bewys daar
dat die drank- en/of dwelm inname (indien enige) oorsaaklik verband
gehou het met die veroorsaking van die ongeluk nie. Verder is daar
geen bewys gelewer dat die appellant
ten
tyde van die botsing
teen
‘n buitengewone hoë spoed gery het nie en, indien wel, of dit die
oorsaak van die ongeluk was nie.
Op die bewese feite
het die appellant, vir een of ander onverklaarbare rede, beheer oor
sy voertuig verloor ongeveer 67 meter voor
die botsing. Sy voertuig
het, vanuit die verkeerde (regter) baan vir hom, eers na links tot
op die gruis op die skouer van die
pad en toe weer na regs tot in
die verkeerde baan geswaai waar die botsing toe plaasgevind het.
Daar is geen feitelike basis en
geen regverdiging om te spekuleer
oor die rede waarom die appellant beheer oor die voertuig verloor
het op die wyse soos voormeld
nie.
Die appellant se
morele blaamwaardigheid wat die misdryf self betref moet gevolglik
op die voormelde bewese feite aangeslaan word.
Wat ‘n
vonnisoplegger se taak aanbetref stel
Johannes
Voet: Commentarius ad Pandectas (Gane se vertaling)
dit as volg te Vol 7 te 504:
“
Thus
will it come about that steps are taken against accused persons
according
to the measure of their wrongdoing
.”
(Ons eie beklemtoning).
Die verhoorlanddros het
na ons mening grof misgetas deur te bevind, op grond van sy vroeëre
bevinding dat appellant grof nalatig
en roekeloos opgetree het, dat
hierdie geval analoog is aan die feitestel in
S
v Nyathi
,
supra
.
Vir die redes alreeds uiteengesit, is die bewese feite en
omstandighede hierin ver verwyderd van dié in
Nyathi.
Die derde wesenlike
komponent wat ons vervolgens bespreek, is die gemeenskap se belang.
Ter aanvang wys ons daarop dat in hierdie
konteks:
“…
. die gemeenskap na wie se
gevoelens gekyk moet word is die ingeligte, redelike, wetsgehoorsame
en gebalanseerde lede van die gemeenskap,
daardie lede van die
gemeenskap wat bereid is om aan alle faktore wat ‘n rol speel by
strafoplegging ‘n korrekte en ewewigtige
waarde toe te ken”,
per Van der Merwe R in
S v De
Kock 1997(2) SASV 171 (T)
te
198 a-b.
Vervolgens ontstaan
die vraag: tot welke mate moet die gevoelens van die oorledenes se
naasbestaandes in ag geneem word?
In
R
v Karg 1961(1) SA 231 (A)
is
op appél aangevoer dat die verhoorregter ontersaaklike oorweginge in
ag geneem het. Op appél bevind Schreiner AR as volg te
235 H –
236 A:
“
The circumstances, or more
properly, considerations, that were claimed to have been irregularly
taken into account are to be found
in passages in which SNYMAN, A.J.,
said (i) that the Courts should impose such sentences as will not
tempt aggrieved persons to seek
private vengeance, and (ii) that a
sentence should be imposed that would do justice not only to the
community but also to the parents
of the child who had been killed. I
do not agree with the submission that these considerations are
irrelevant.”
Die Staat het die
getuienis van Me Du Plessis, wat die oorlede Mnr Landman se suster
is, gelei. Ongelukkig is sy nie direk gevra
wat die naasbestaandes
se verwagting ten aansien van vonnis is nie. Só ’n aanduiding
sou nie noodwendig deurslaggewend wees
nie, maar sou wel hoogs
tersaaklik gewees het.
Me Du Plessis se
getuienis het wel aangedui dat die twee seuns wat wees gelaat is, ‘n
aansienlike terugslag in die algemeen en
spesifiek in hul
skolastiese vordering beleef het as gevolg van hul ouers se
doodslag. Verder het dit ook geblyk uit haar getuienis
dat die
familie maar sukkel om om te sien na die twee agtergeblewe kinders â€“
hul bejaarde paterne grootmoeder sien met groot
gesukkel om na hulle
welstand.
Dat ‘n beskuldigde
se persoonlike omstandighede nooit oorbeklemtoon mag word ten koste
van die gemeenskap se belange nie, staan
as ‘n algemene reël vas
in ons reg; sien ondermeer:
S v Botha 1998(2)
SACR 206 (SCA)
te
211 G tot 212 D.
S
v Salzwedel & Others 1999(2) SACR 586 (SCA)
te
595 D tot E.
Dit volg nie dat ‘n
“swaarder” eerder as ‘n “ligter” vonnis altyd die
gemeenskap se belange sal dien nie – die feit
van die saak is dat
daardie belange slegs gedien word deur ‘n
effektiewe
vonnis,
wat ewenwel die “ligter” vonnis mag wees in gepaste
omstandighede; Sien:
Du
Toit: Straf in Suid-Afrika
te
80;
Hiemstra
,
supra
te
685.
Per
slot van sake is dit die gemeenskap se
belange
en
nie sy
wense
nie,
wat gedien moet word:
S
v Makwanyane & another, 1995(3) SA 391 (CC)
te
par. [88] & [89], 431 C tot G.
Namens die appellant
het Mnr. van Zyl aan die hand gedoen dat die verhoorlanddros
gefouteer het deur die appellant te verkwalik
dat hy nie uit sy eie
mond sy berou aan die verhoorhof openbaar het nie, maar wel via die
deskundige getuies en sy moeder. In
dié verband het Mnr. Van Zyl
aangevoer dat hiermee uit die oog verloor is dat daar getuienis
voorgelê is aan die verhoorhof “dat
appellant verstandelik
vertraag is”.
In
S
v Seegers 1970(2) SA 506 (A)
te
511 H het Rumpff AR oor berou dit as volg gestel:
“
Remorse, as an indication that
the offence will not be committed again, is obviously an important
consideration, in suitable cases,
when the deterrent effect of a
sentence on the accused is adjudged. But, in order to be a valid
consideration, the penitence must
be sincere and the accused must
take the Court fully into his confidence. Unless that happens the
genuineness of contrition alleged
to exist cannot be determined.”
Sien ook:
S
v M 1998(1) SACR 162(W)
te
164 j tot 165 a;
S
v Gerber 1998(2) SASV 441 (NK)
te
449 g tot h.
Ons
benadering hierin is dat ons geredelik aanvaar dat die appellant wel
aan andere te kenne gegee het dat hy berou het oor sy nalatige
optrede, maar dat hierdie uitdrukking van berou minder oorredingskrag
het, gegewe die feit dat die appellant nie self die verhoorhof
in sy
vertroue geneem het en oop kaarte gespeel het nie.
‘
n
Laaste oorweging wat ons nou van naderby beskou is die oogmerke van
straftoemeting en meer bepaald vergelding aan die een kant
teenoor
hervorming en voorkoming aan die ander kant. In
S
v Khumalo & Others 1984(3) SA 327 (A)
te
330 D tot I word, met verwysing na
R
v Swanepoel
1945 AD 444
te
445, verklaar dat voorkoming die oorheersende strafoogmerk is en dat
die ander strafoogmerke aksessoor is. Dit staan verder
vas dat
vergelding hedendaags ‘n minder belangrike rol speel; sien:
R v Karg,
supra
te
236 A-B;
S
v Nkambule 1993(1) SASV 136 (A)
te 147 c-e;
S
v Makwanyane & another
,
supra
te
445 I; 446 D.
Vergelding as
strafoogmerk moet egter nie buite rekening gelaat word nie:
“
But the element of
retribution, historically important, is by no means absent from the
modern approach. It is not wrong that the natural
indignation of
interested persons and of the community at large should receive some
recognition in the sentences that Courts impose,
and it is not
irrelevant to bear in mind that if sentences for serious crimes are
too lenient, the administration of justice may
fall into disrepute
and injured persons may incline to take the law into their own
hands.”
Karg
,
supra
te
236 A-B.
Samevattend dus moet
ons nou op appèl opnuut besin oor ‘n gepaste vonnis vir ‘n
36-jarige eerste oortreder met bewese sielkundige-
en
persoonlikheidsgebreke wat nalatiglik die dood van twee mense
veroorsaak het deur op ‘n reguit stuk pad in baie gunstige

bestuursomstandighede beheer oor sy voertuig te verloor en wat toe
aan sy verkeerde kant van die pad in die oorledenes se voertuig
vasgery het.
Ons
moet só ‘n gepaste vonnis oorweeg deur ewewigtig die erkende
faktore in ag te neem met ‘n klem op voorkoming en hervorming
as
strafoogmerke, gedagtig daaraan dat die vergeldende oogmerk van
vonnis ‘n minder belangrike rol speel.
In
S
v Maritz 1996(1) SASV 405 (A)
te
417 j tot 418 a het Van den Heever AR
obiter
verklaar
dat:
“
In die gewone loop sou 'n jong
eerste oortreder wat skuldig bevind word aan strafbare manslag
spruitende uit die nalatige, selfs grof
nalatige bestuur van 'n
voertuig, nie direkte gevangenisstraf opgelê word nie. Deur middel
van onder andere opgeskorte gevangenisstraf
en korrektiewe toesig kan
positiewe verpligtings aan so 'n veroordeelde opgelê word waaruit hy
kan leer en die samelewing kan baat.”
Vergelyk ook
R
v Swanepoel,
supra
te
448 per Davis WnAR:
“
Inferentially, the case shows
that, in the absence of recklessness or some other high degree of
negligence, an unsuspended sentence
of imprisonment, without the
option of a fine, should not be imposed on a first offender.”
Ons het met groot erns
besin oor die vraag naamlik of ‘n vonnis onder artikel 276(1)(h)
of (i) hierin gepas sal wees. Daar was
dan ook aanvanklik ‘n
verskil tussen ons ten aansien van ons
prima
facie
siening
oor vonnis – een van ons het aanvanklik die houding ingeneem dat
‘n vonnis van gevangesetting vir ‘n bepaalde tydperk
onder
artikel 276(1)(i) gepas sal wees. Na sorgvuldige oorweging is ons
dit nou eens dat só ‘n vonnis eerder vergeldend as
voorkomend en
hervormend sal wees en dat dit die erns van die misdryf sou
oorbeklemtoon ten koste van die appellant se unieke versagtende
persoonlike omstandighede. Só ‘n vonnis sou ook nie as
effektiewe
vonnis
die
belange
(in
teenstelling met die
wense
)
van die gemeenskap dien nie. ‘n Vonnis van korrektiewe
gevangenisstraf onder artikel 276(1)(h) tot die maksimum tydperk
voorgeskryf
onder artikel 276A(1)(b) van die Strafproseswet,
gekoppel aan ‘n vonnis van ‘n tydperk van gevangenisstraf,
opgeskort op toepaslike
voorwaardes, beskou ons as ‘n meer
effektiewe en gepaste vonnis as gevangesetting onder artikel
276(1)(i).
Daar bestaan ‘n
algemene wanpersepsie, veral onder gewone lede van die publiek, dat
korrektiewe toesig ‘n “ligte” vonnis
is. Dit is allermins so
– vergelyk in die algemeen:
S v R,
supra
te
221
i-j;
S
v E 1992(2) SACR 625 (A)
te
633 a.
In
die onderhawige geval kan ‘n korrektiewe toesig vonnis só
saamgestel word dat dit ‘n beduidende inperkende effek op die
appellant
se bewegings- en ander vryhede kan hê, terwyl daar
terselfdertyd indringend professionele aandag bestee kan word aan sy
voorgestelde
voortgesette sielkundige behandeling.
‘
n Volledige
korrektiewe verslag moet bekom word alvorens só ‘n vonnis onder
artikel 276(1)(h) opgelê kan word (sien die bepalings
vervat in
artikel 276A(1)(a)). In só ‘n verslag sal die bepaalde
voorwaardes en bepalings van korrektiewe toesig volledig vervat
word. Dit is derhalwe aangewese om die aangeleentheid terug te
verwys na die verhoorhof vir die ontvangs van só ’n verslag,
die
aanhoor van sodanige getuienis en vir die oplegging van vonnis aan
die hand daarvan. Ons is die mening toegedaan dat ten minste
voortgesette sielkundige terapie deel moet vorm van ‘n vonnis van
korrektiewe toesig.
Ter afsluiting
beklemtoon ons dat ons slotsom ten aansien van vonnis hierin baie
deeglik verstaan moet word in die konteks van die
bepaalde unieke
omstandighede van hierdie saak.
Inaggenome:
die gebrek aan
getuienis aangaande die faktor/e wat daartoe aanleiding gegee het
dat die appellant beheer oor sy voertuig verloor
het, en
die gebrek aan
getuienis aangaande die appellant se graad van beskonkenheid (indien
enige) en/of sy bloedalkoholvlak en die kousale
verband daarvan met
die ongeluk, en
die appellant se
unieke persoonlike omstandighede, is ons die mening toegedaan dat
direkte gevangenisstraf, selfs onder artikel
276(1)(i), nie die
oogmerke van straftoemeting sal verwesenlik nie.
Die verhoorlanddros
het bykomend ook gelas dat die appellant se bestuurderslisensie
ingevolge artikel 34(1) van Wet 93 van 1996
vir ‘n tydperk van
vyf jaar opgeskort word en verder dat hy ingevolge artikel 103 van
Wet 60 van 2000 onbevoeg verklaar word
om ‘n vuurwapen te besit.
Daar kan glad nie met
die eerste voormelde bevel gekibbel word nie, tewens dit is tereg
glad nie aangeval op appél nie.
Die
tweede voormelde bevel staan egter op ‘n ander been. Ons is die
mening toegedaan dat dié bevel tersyde gestel moet word, omrede:
dit grootliks geskoei
was op die verhoorlanddros se bevinding op die meriete van growwe
nalatigheid of roekeloosheid aan die appellant
se kant, welke
bevinding ons nou op appèl mee verskil het, en
die bekommernis wat by
die vonnisstadium geregverdigd bestaan het by die verhoorhof dat die
appellant selfmoordneigings openbaar
en sielkundig onstabiel is,
blyk nou, met die voordeel van ‘n terugblik, misplaas te gewees
het.
Na ons mening bestaan
daar geen goeie rede om só ‘n bevel uit te reik nie, gedagtig
verder daaraan dat die appellant die taak het
om die plaas, sy moeder
en suster te beveilig.
Ons reik die
volgende bevel uit:
Die appèl teen
skuldigbevinding word afgewys;
Dit appèl teen
vonnis slaag. Die vonnis die appellant opgelê word tersyde
gestel.
Die saak word na
die verhoorhof terugverwys om ter voldoening aan die bepalings
vervat in artikel 276A(1)(a) van die Strafproseswet,
‘n verslag
van die proefbeampte of korrektiewe beampte in ontvangs te neem en
relevante getuienis indien enige, aan te hoor,
en om daarna opnuut
vonnis op te lê aan die hand van wat in hierdie uitspraak
uiteengesit is.
Die verhoorhof se
bevel dat die appellant se bestuurderslisensie ingevolge die
bepalings vervat in artikel 34(1) van Wet 93
van 1996 vir ‘n
tydperk van vyf jaar opgeskort word, word bekragtig.
Die verhoorhof se
bevel dat die appellant ingevolge die bepalings vervat in artikel
103 van Wet 60 van 2000 onbevoeg verklaar
word om ‘n vuurwapen
te besit, word tersyde gestel.
_______________
SA Majiedt
REGTER
Ek stem saam.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Verskyning namens die
appellant:
Adve F van
Zyl SC en J van Niekerk
Verskyning namens die
respondent:
Adv DJ
Pretorius