S v Mandlasi (308/86) [1987] ZASCA 21; [1987] 2 All SA 169 (A) (26 March 1987)

57 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction — Appellant convicted of murder of a minor — Appellant's confessions to witnesses regarding the murder — Absence of medical evidence on cause of death — Sufficient corroborative evidence supporting confessions — Appeal against conviction dismissed; however, refusal to refer appellant for mental observation set aside due to reasonable possibility of mental illness at the time of the offense.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 21
|

|

S v Mandlasi (308/86) [1987] ZASCA 21; [1987] 2 All SA 169 (A) (26 March 1987)

Saakncmmer 308/86 WHN
SIPHO MANDLASI
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT
, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPËLAFDELING)
In die saak tussen:
SIPHO MANDLASI
Appellant
en
DIE
STAAT
. Respondent
Coram
: JOUBERT, BOTHA et GROSSKOPF ARR.
Datum van Verhoor
: 13 Maart 1987
Datum van Uitspraak
: 26 Maart
1987
UITSPRAAK
JOUBERT
, AR :
/Op
2
Op 12 Maart 1986 is die appellant in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling voor HUMAN Wn R en twee assessore aangekla van moord
deurdat
hy op Donderdag 31 Januarie 1985 Sipho Mokoena (die
„oorledene"),
'n Swartseun, te of naby Uitspanning No 9 in die distrik
Moutse vermoor het. Hy het onskuldig gepleit. Hy is verhoor en skuldig bevind
aan moord sonder versagtende omstandighede sodat die doodvonnis hom opgelê
is. Met verlof ingevolge art 316(8)(c)(ii) van die
Strafproses= wet No 51 van
1977 (die „Wet") kom die appellant na hierdie Hof in hoër beroep teen
sy skuldigbevinding aan
moord asook teen die weiering van die hof a
quo
om hom
/ingevolge
3
ingevolge die bepalings van art 79 van die Wet vir ondersoek en
waarneming te verwys.
Volgens die onbetwiste getuienis was die oorledene
ongeveer 5 na 7 jaar oud. Hy was 'n dwerg van ongeveer
1½ voet lengte. Langs die huis van die oorledene se
ouers het die appellant wat 22 jaar oud was,ingewoon.
Die appellant was goed bevriend met die oorledene. Hy
het die gewoonte
gehad om lekkers vir die oorledene en
ander kinders te koop en te gee. Omstreeks 12 vm op
Donderdag 31 Januarie 1985 het Maria Mokoena, die oor=
ledene se moeder, die oorledene vermis. Die volgende
/dag
4
dag, Vrydag 1 Februarie 1985, het sy die verdwyning
van die
oorledene by die polisiestasie te Dennilton aan= gegee. Eers Sondag 3 Februarie
1985 het Isaac Mosehla, gelei deur die sterk
reuk van iets vrot, op die lyk van
die corledene afgekom waar dit onder 'n bos naby
'n spruit versteek was. Dit is al bos in die omgewing. Die lyk het op sy maag
gelê en n plastiese sak wat oor die kop was, was
in die omgewing van die
nek vasgemaak. Volgens hom het die lyk 'n kort broekie aangehad. Die polisie is
ont= bied en na die toneel
geneem waar fotograaf Liebenberg foto's geneem het
van die ruig gras en biesies waar die lyk gelê het. Sy getuienis oor die
toestand van die
/lyk
5
lyk stem in hooftrekke ooreen met Isaac Mosehla se getuienis.
Op 13 Februarie 1985 het dr Steyn, die distriksgeneesheer, 'n nadoodse
ondersoek
op die oor= ledene se lyk uitgevoer. Dog weens die gevorderde stadium van
ontbinding van die lyk was hy nie in staat om
die oorsaak van dood te bepaal
nie. Alle sagte weefsels was afwesig : "Behalwe die benige gedeeltes is die
nekorgane, die hart, die
longe, die buikorgane alles afwesig. Die penis is
teenwoordig. Beide testes is afwesig. Die onderbene is ongeskaad. Die enigste
kledingstuk
was 'n sakdoek om die nek". Volgens sy herinnering was daar geen
bloed aan die vuil sakdoek nie.
/Die
6
Die nekwerwels sonder nekweefsels was teenwoordig maar hy kon
geen aanduidings vind dat die keel afgesny is nie. Daardie tyd van die
jaar sou
die proses van ontbinding van 'n blootgestelde lyk binne 24 uur begin.
Die Staat se saak het baie sterk gesteun op die mondelinge bekentenisse wat
die appellant op Vrydag 1 Pebruarie 1985 gemaak het voordat
dit bekend was dat
die oorledene vermis word en voordat die lyk van die oorledene gevind is.
1. Volgens diaken Isaac Maselela het die appellant hom die
middag van Vrydag 1 Februarie 1985 genader om met hom
oor iets te praat wat die appellant kwel. Op daardie
/stadium ....
7
stadium was die appellant onbekend aan hom maar hy het later
die register van die Zioniste Kerk geraadpleeg en vasgestel dat die appellant
drie weke vantevore gedoop is. Die appellant het aan hom verduidelik dat hy
Woensdag (30 Januarie 1985) twee sent aan 'n baie klein
seun gegee het om
lekkers by die winkel te gaan koop. Die naam van die seuntjie is Sipho. Hy het
laasgenoemde by die bos ingewag
toe hy van die winkel terugkeer en hom dieper in
die bos ingeneem. Hy het die seuntjie gegryp, sy keel met 'n mes afgesny en sy
lyk
versteek. Hy het vir Masele.la met sy hand die omgewing aangedui waar hy die
seuntjie gedood het nl. 'n bos langs 'n spruit.
/Die
8
Die appellant het hom verder vertel dat hy daarna die
gegil
van die seuntjie in sy ore hoor. Toe hy 'n tee=
pakkie afkomstig van die kerk
neem om tee te maak, het
hy die beeld van biskop Lekganyane in die teeblare
gesien.
Die biskop het hom vertel om 'n pastoor te soek en sy skuld
aan hom te beken. Hy het die seuntjie se stem in sy ore
gehoor en die beeld van die biskop het hom toe begin wurg.
Maselela het die appellant geneem na pastoor Mokoena aan
wie die appellant
in sy teenwoordigheid sy relaas herhaal
het. In kruisondervraging het Maselela ontken dat die
appellant aan hom vertel het dat hy op 'n lyk in die bos
afgekom het.
/2. Volgens
9.
2.
Volgens pastoor Mokoena se
getuienis het Maselela die appellant na hom gebring waar die appellant sy
verhaal herhaal het in die teenwoordigheid
van Maselela. Aan hom het die
appellant gesê die seuntjie wat hy Woensdag met 'n mes doodgemaak het se
naam is Sipho Mokoena.
In kruisondervraging het Mokoena ontken dat die appellant
aan hom gesê het dat hy op 'n lyk in die bos afgekom
het.
3.
Maselela en Mokoena het daarna die
appellant na die huis van hoofpastoor John Motshweni geneem waar hulle
buite
by 'n tafel gesit het. Die appellant het sy
relaas her= haal. volgens Motshweni het die appellant hom vertel dat hy die
seuntjie se
keel afgesny het, die lyk versteek
/het
10.
het en die mes daar weggegooi het. Die appellant het vir hom die
omgewing aangewys waar hy die lyk weggesteek het nl. in die omgewing
van die
spruit. Die appellant het hom vertel dat hy die seuntjie se lyk in 'n
plastieksak van Cash en Carry toegedraai het waar hy
die lyk wegge= steek het.
Dit was die eerste keer wat Motshweni die appellant gesien het. Die appellant
het hom meegedeel dat hy
nie meer kon slaap nie omdat die seuntjie hom pla. Iets
het vir hom gesê om die seuntjie dood te maak en hy het dit gedoen.
Hy het
die appellant gesê dat al manier om hom te help, is om die polisie in
kennis te stel. Hy het in sy huis gegaan en die
polisie getelefoneer.
/Die
11.
Die appellant het egter oor n betonmuur gespring
en
op die vlug geslaan. In kruisondervraging het Motshweni ontken dat die
appellant aan hom gesê het dat hy op die oorledene se
lyk in 'n bos
afgekom het.
Die appellant het getuig dat toe hy die Vry=
dagmiddag 1 Februarie 1985 in die bos gegaan het om na
sy vangstrikke te kyk, hy die lyk van die oorledene
ontdek het. Die lyk was bedek gewees maar aan daardie
gedeelte van die lyk wat „gedeeltelik uitgekom het" het
hy dit herken as die oorledene se lyk. Hy het toe ,
agtereenvolgens vir Maselela, Mokoena en Motshweni van sy
vonds vertel. Hulle het hom gesê dat hulle die polisie
/sou
12
sou gaan verwittig. Hy het normaalweg van hulle weggestap. Na
sy arrestasie het hy 'n verklaring aan
'n landdros afgelê waarin hy
verklaar hetdat hy op die oorledene se lyk in 'n bos afgekom het. Opvrae van die
Verhoorregter
het hy ontken dat hy die beeld van biskop Lekganyane gesien het
wat hom wou verwurg. Hy het ook ontken dat hy die oorledene in sy
ore hoor gil
het.
Die verhoorhof het bevind dat Maselela, Mokoena en Motshweni indrukwekkende
getuies was wie se getuienis bo alle redelike twyfel aanvaar
is. Daarenteen was
die
/appellant ..
13
appellant glad nie 'n indrukwekkende getuie nie en was hy bowendien
leuenagtig.
Namens die appellant is daar ook in hierdie Hof ewe-as in die hof
a
quo
betoog dat die bekente= nisse van die appellant aan Maselela, Mokoena en
Motshweni nie in 'n wesenlike opsig bevestig word soos art
209 van die Wet
vereis nie. In die afwesigheid van mediese getuienis oor die oorsaak van dood is
dit nie bewys dat die oorledene
inderdaad vermoor is nie. Na my oordeel is daar
egter wel voldoende stawing van die bekentenisse in wesenlike opsigte deur
getuienis
aliunde
, te wete :
/1. die
14
1. die oorledene is vermis
2. sy lyk is versteek gevind in 'n bos naby 'n spruit
3. sy lyk was
gedeeltelik bedek deur 'n plastieksak
4. die appellant het die omgewing waar
hy die lyk
gevind het aangedui as synde 'n bos naby 'n spruit geleë 5. die pad
vanaf die oorledene se woonplek na die naaste winkel gaan
verby die bos.
Na oorweging van al die getuienis oor die meriete in die onderhawige geval is
ek van oordeel dat die ver= hoorhof geensins fouteer
het in sy bevinding nie dat
die Staat bo redelike twyfel aan die hand van die beskikbare
/getuienis
15
bewys het dat die appellant skuldig aan moord op die oorledene
is. Die appellant se skúldigbevinding aan moord op die oorledene
bly
derhalwe staan.
Dit bring my by die tweede aspek waaroor die appèl gaan. Nadat die
appellant deur die verhoorhof aan moord skuldig bevind is
en daar nog nie
oorgegaan is om vas te stel of daar versagtende omstandighede aanwesig is nie
het advokaat Potgieter 'n aansoek tot
die verhoorhof gerig om die appellant
ingevolge die be= palings van art 79 van die Wet vir ondersoek en waar= neming
te verwys. Dit
het hier nie gegaan oor die vraag of die appellant vanweë
geestesongesteldheid nie
/oor
16
oor die vermoe beskik om die verrigtinge te begryp ten einde
sy verdediging na behore te kan voer nie. Die appellant het immers reeds
gepleit
en selfs getuig. Wat die verdediging voor oë gehad het,was om die aansoek
op art 78(2) van die Wet te baseer deur te
beweer dat die appellant vanweë
geestesongesteldheid of geestesge= brek nie strafregtelik toerekenbaar was toe
hy die moord
gepleeg het nie. Weliswaar was daar nie mediese ge= tuienis
beskikbaar om hierdie aansoek te ondersteun nie. 'n Distriksgeneesheer
het die
appellant daardie oggend gespreek en was van mening dat die appellant normaal
is. Hy kon geen oordeel vorm oor die appellant
se geestes= toestand toe die
moord gepleeg is nie. Al getuienis
/wat
17
wat voorhande was, was leke-getuienis oor die beeld van biskop
Lekganyane en die gegil van die oorledene waarna ek reeds
supra
verwys
het en wat deur die appel= lant ontken is. Daar is ook getuienis van die appel=
lant se vader Albert Mandlasi voorgelê
waarvolgens die appellant vir hom
gedurende September en Oktober 1984 as mal voorgekom het maar gedurende Januarie
1985 was die appellant
se toestand „reg". Na my oordeel het die verhoorhof
egter fouteer om die aansoek van die hand te wys omdat daar aan die hand
van die
beskikbare inlig= ting voor die vernoórhof 'n redelike moontlikheid
bestaan dat die appellant geestesongesteld was
of aan 'n geestes= gebrek gely
het toe hy die moord gepleeg het. Daar
/is
18
is die verdere belangrike aspek dat die moord vir n
onverklaarbare rede of motief gepleeg is veral in die lig van die feit dat die
appellant goed bevriend met die oorledene was en soms vir hom lekkers gegee
het.
Die resultaat is dan soos volg :
1.
Die appèl teen die
skuldigbevinding aan moord word afgewys.
2.
Die verhoorhof se afwysing van die aansoek van die. appellant om hom
te verwys vir ondersoek en waarneming word tersyde
gestel.
3. Die verhoorhof se bevinding dat daar geen
versagtende
omstandighede is nie word tersyde gestel met die oog
op
paragraaf 4 hiervan.
/4. Die ..,
19
4. Die verhoorhof word beveel om die nodige stappe oor=
eenkomstig art 79 van die Strafproseswet No 51 van 1977 te doen om die
appellant vir doeleindes van ondersoek en verslag ingevolge
art 78(2) te verwys
en om,nadat sodanige verslag bekom is,die verhoorverrigtinge teen die appellant
voort te sit.
C.P. JOUBERT AR.
BOTHA AR )
Stem saam. GROSSKOPF AR)