S v Mienies (CA&R163/05) [2006] ZANCHC 4 (1 January 2006)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of indecent assault and sentenced to 15 years imprisonment — Appellant's version of consensual sexual encounter accepted as reasonably possible — Significant contradictions in complainant's testimony and that of his sister — State failed to prove guilt beyond reasonable doubt — Conviction and sentence set aside, appellant ordered to be released immediately.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 4
|

|

S v Mienies (CA&R163/05) [2006] ZANCHC 4 (1 January 2006)

Verslagwaardig: Ja /
Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: CA&R163/05
Landdros Saaknr:
RC120/04
Datum gelewer:
BRIAN
GERRIT MIENIES APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK R
REDES
VIR UITSPRAAK OP APPÉL
MAJIEDT
R
et
LACOCK R:
Die
appellant is op 6 April 2005 in die Streekhof, Upington, skuldig
bevind aan onsedelike aanranding en gevonnis tot 15 jaar
gevangenisstraf.
Op appél teen sy skuldigbevinding en vonnis het
hierdie Hof op 2 Maart 2006 ‘n bevel verleen ingevolge waarvan die
skuldigbevinding
en vonnis ter syde gestel is, en gelas is dat die
appellant onmiddellik vrygelaat moes word. Ten tye van die
verlening van die
voormelde bevel, het ons aangedui dat die redes
vir die bevel later sou volg. Hierdie is die redes vir die bevel
alreeds verleen:
Die
getuienis namens die Staat aangebied en waarop die Streeklanddros
die appellant skuldig bevind het, kan as volg saamgevat word.
Die
nag van 24 April 2004 was die klaer, Mnr. Mark van Wyk en sy suster,
Janine Swartz, alleen by hul woning in Diedericksweg Woonstelle,
Upington.
Op ‘n stadium
gedurende die nag is Mnr. Van Wyk na buite waar hy water teen ‘n
muur afgeslaan het. Terwyl hy aldaar gestaan
het, het die appellant
hom van agter gegryp, sy penis vasgegryp met sy een hand en dit
getrek terwyl hy hom om die nek vasgehou
het met die ander arm. Die
appellant se broek was toe reeds uitgetrek, en het hy per anum
gemeenskap met die klaer gehou sonder
die toestemming van
laasgenoemde.
Die
appellant daarenteen het getuig dat hy en die klaer reeds by ‘n
vorige geleentheid seks gehad het nadat die klaer hom daartoe
uitgelok het, en het die klaer hom ook met sigarette, koeldrank en
R20.00 daarvoor vergoed. Die tersaaklike aand van die voorval
was
die appellant, die klaer en nog twee van hul vriende, Godfrey en
Carlos, saam by ‘n afskeidsgeselligheid. Later die aand
was hulle
op pad terug na hul wonings. Terwyl die appellant gestap het, is hy
in die straat voor die woning van die klaer deur
‘n derde persoon
gekonfronteer en is hy ook deur hierdie persoon met ‘n vuurwapen
gedreig. Die appellant het homself uit die
voete gemaak en oor die
muur, wat ook die heining vorm van die woning van die klaer se
ouers, gespring. Die klaer was aan die
agterkant van hierdie muur,
en daar het hy weer ‘n uitnodiging aan die appellant gerig om met
hom seks te hê. Die appellant
is egter van daar na ‘n vriendin
se huis waar hy bier gedrink en vir ‘n rukkie geslaap het. Later
die nag het hy hierdie huis
verlaat, en op pad na sy woning het hy
weer die klaer raakgeloop en het hulle met toestemming van die klaer
en nadat die klaer
‘n kondoom gaan haal het, weer seks gehad.
Dit was gemeensaak
tussen die Staat en die Verdediging dat Mnr. Van Wyk by meerdere
geleenthede vrywillige anale gemeenskap met
mans gehad het, en ook
dat hy vir ‘n periode ‘n homoseksuele verhouding met ‘n ander
man gehad het.
Wat beantwoording verg
is naamlik of die Staat die skuld van die appellant bo redelike
twyfel bewys het, en of die weergawe van
die appellant nie redelik
moontlik waar is nie. Na my mening moet die eerste vraag ontkennend
beantwoord word, en die tweede bevestigend.
Hoewel die verhoorhof
bevind het dat die klaer ‘n bevredigende getuie was, is daar ‘n
aantal onversoenbare botsings in sy weergawe
en díé van sy suster,
Mej. Swartz, ten opsigte van die gebeure na die beweerde aanranding.
Mej. Swartz getuig dat nadat die
klaer die huis binne gekom het,
het hy haar meegedeel dat die appellant ‘n mes teen sy keel gehou
het, en hom sodoende gedwing
het om met hom seks te hê. Die klaer
self het geensins getuig dat hy met ‘n mes aldus gedreig was nie.
In die tweede plek
getuig Mej. Swartz dat die klaer aanvanklik die
polisie geskakel het en eers daarna hul ouers. Dit is direk
teenstrydig met die
getuienis van die klaer dat hy slegs sy ouers
geskakel het.
Die
Landdros het groot gewag gemaak van die feit dat die klaer sy ouers
geskakel het, en dit onwaarskynlik gevind indien hy vrywillig
seks
met die appellant sou hê. Indien dit nie was vir die voormelde
teenstrydighede in die getuienis van die klaer en sy suster
nie, sou
die Landdros moontlik geregverdig gewees het om soveel gewig aan
hierdie getuienis te heg. Die teenstrydighede in die
getuienis van
die klaer en sy suster laat egter die vraag ontstaan of daar nie ‘n
ander rede is waarom die ouers geskakel is
nie, soos byvoorbeeld dat
die suster nie gediend was met die klaer se sekskapades en die ouers
toe geskakel is nie. Hierdie moontlikheid
word deur die volgende
versterk: Die suster het daarop aangedring dat die onderbroek van
die klaer in ‘n kas gebêre moes word
– klaarblyklik om as
getuienis aangewend te word dat seks met die klaer gehou is. Daar
is egter geen getuienis dat hierdie onderbroek
aan die Polisie
oorhandig is nie. Dit regverdig ‘n afleiding dat die suster dit
bloot as bewys vir haar ouers gebêre het.
Voorts het die Staat
versuim om die moeder van die klaer vir wie hy geskakel het, as
getuie te roep. Sy was by uitstek die persoon
wat kon getuig oor
die inhoud en rede vir die oproep van die klaer.
Ek
vind niks onwaarskynliks in die weergawe van die appellant nie. Die
Landdros het ook nie bevind dat die appellant ‘n leuenagtige
of
onbevredigende getuie was nie. Trouens, dit wil blyk uit die
oorkonde dat die appellant volhard het in sy weergawe soos aan
die
Hof voorgehou, dat hy hom in geen wesenlike opsig weerspreek het
nie, en dat sy weergawe – gesien die seksuele gedrag van
die klaer
– geensins vergesog of selfs onwaarskynlik is nie. Na my mening
moes die Landdros die weergawe van die appellant as
redelik moontlik
waar aanvaar het. Op sy weergawe het hy geen misdryf gepleeg nie.
Uit hoofde van die
voorafgaande moes die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel
word, en het ons die bevel gemaak soos verleen
op 2 Maart 2006.
_______________
SA
MAJIEDT
REGTER
______________
HJ
LACOCK
REGTER