About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 58
|
|
S v Dulaza (1223/2006) [2006] ZAFSHC 58 (14 December 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak nr: 1223/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
FRANSE
VUYISILE DULAZA
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT, R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
WRIGHT, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
14 DESEMBER 2006
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde, ân
23-jarige man, is skuldig bevind aan twee klagtes. Die eerste klagte
was ân klagte van diefstal van twee
2kg pakke hoender met ân
waarde van ongeveer R50,00. Ten opsigte van die klag is hy gevonnis
tot 6 maande gevangenisstraf. Die
tweede klag was een van diefstal
van ân skaap maar is beskuldigde slegs skuldig bevind aan poging
tot veediefstal en gevonnis tot
12 maande gevangenisstraf wat op
gepaste voorwaardes vir 4 jaar in geheel opgeskort is.
[2] Die
feite van die saak is ietwat eienaardig. Die beskuldigde het eers
skuldig gepleit maar is sy pleit nie aanvaar nie en is
daar dan
getuienis gelewer deur 2 getuies en het die beskuldigde self ook
getuig. Dit is duidelik dat hy wel die pakke hoender gevat
het maar
dat dit teruggevind is as gevolg van sy onbeholpenheid en
heelwaarskynlik ook as gevolg van sy dronkenskap. Daar is ook
vermeld dat daar ân mate van skade aan die yskas was.
[3] Wat
die tweede klag betref blyk dit dat hy die skaap geneem het en
opgetel het en blykbaar ân onsedelike daad met skaap wou
uitvoer.
Dit is in elk geval duidelik dat hy beheer oor die skaap gehad het.
Alhoewel die beskuldigde ân mes by hom gehad het,
het hy dit nie
gebruik nie en het hy nie daarin geslaag om die skaap weg te neem
nie. Hy kon dus hoogstens aan ân poging tot diefstal
skuldig
bevind word.
[4] Die
beskuldigde het wel twee vorige veroordelings. Die eerste twee is
vir aanranding en die derde een waarvoor hy in 1999 gevonnis
is, is
een van diefstal waarvoor 6 maande gevangenisstraf opgelê is. Wat
die eerste klag betref is dit ân nietige klag en as
dit nie vir die
beskuldigde se vorige skuldigbevinding aan diefstal was nie, sou ân
waarskuwing heelwaarskynlik voldoende gewees.
Ek meen in elk geval
dat hierdie vonnis sowel as die vonnis ten aansien van die tweede
klag sodanig onvanpas is dat daar ingemeng
behoort te word.
[5] Die landdros het in
sy uitspraak na vele sake verwys ondermeer die beslissing van
S
v OOSTHUIZEN EN âN ANDER
1996 (1) SASV 475 (O), welke saak
gewoonlik nie in die konteks van sy feite beoordeel word nie. In elk
geval wyk die feite van hierdie
saak sodanig af van die normale tipe
veediefstalsake betrokke sake eintlik nie relevant is nie. Ek meen
dat in elk geval hierdie
vonnis sodanig onvanpas is dat daar ingemeng
behoort te word.
[6] Bygevolg
word die skuldigbevindings bekragtig maar die vonnisse ter syde
gestel en vervang met die volgende:
1. Aanklag 1: Drie (3)
maande gevangenisstraf.
2. Aanklag
2: Ses (6) maande gevangenisstraf wat opgeskort word vir vier (4)
jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie skuldig bevind
word aan
diefstal en/of poging tot diefstal met inagneming van die bepalings
van Wet 57 van 1959 gepleeg in die tydperk van opskorting
nie.
3. Die
vonnis moet geag word opgelê te gewees het op 2 Oktober 2006.
______________
G.F.
WRIGHT, R
Ek stem saam.
______________
C.
VAN ZYL, R
/em