About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 49
|
|
S v Nkala and Another (1305/2006) [2006] ZAFSHC 49 (24 November 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.:
1305/2006
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
SHADRACK
MORENA NKALA
JOSEPH
NTSIEKITSIKI MAKHONGA
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY, R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
24
NOVEMBER 2006
[1] Beskuldigdes het in
die landdroshof, Odendaalsrus, tereggestaan op ân aanklag van
diefstal gelees met die bepalings van die
Wet op Veediefstal, 57 van
1959, synde dat hulle op of omtrent 2 Oktober 2006 in die distrik van
Odendaalsrus wederregtelik en opsetlik
drie lewendige hoenders ter
waarde van R120,00 van ene Elisa Malaku gesteel het.
[2] Beide
beskuldigdes het verkies om hul eie verdediging te behartig. Hulle
het beide skuldig gepleit op voormelde aanklag, maar
ten tyde van die
ondervraging ooreenkomstig die bepalings van artikel 112(1)(b) van
die Strafproseswet, 51 van 1977, het dit geblyk
dat hulle slegs skuld
beken op die diefstal van twee hoenders, waarop die beskuldigdes
heeltemal tereg skuldig bevind is aan die
diefstal van twee hoenders.
Hulle is daarop op 6 Oktober 2006 beide gevonnis tot 12 maande
gevangenisstraf, die helfte waarvan opgeskort
is vir ân periode van
5 jaar op sekere voorwaardes.
[3] Die
aangeleentheid het daarna op outomatiese hersiening voor hierdie hof
gedien. Na bestudering van die oorkonde, is dit duidelik
dat die
opgelegde vonnis skokkend swaar en onvanpas is. Die beskuldigdes is
26 en 23 jaar oud onderskeidelik. Beide het skuldig
gepleit. Op die
staat se eie weergawe kan die waarde van die twee hoenders hoogstens
R80,00 beloop en boonop is die een hoender
teruggevind en terugbesorg
aan die klaagster. Dit blyk ook uit die artikel 112(1)(b)
ondervraging dat beskuldigdes die hoenders
gesteel het uit
hongernood. Beide beskuldigdes se persoonlike omstandighede is ook
op rekord geplaas, welke persoonlike omstandighede
aanduidend is van
die sukkelbestaan wat deur hulle gevoer word.
[4] Indien
bogemelde feite en omstandighede in ag geneem word, is ek van mening
dat die opgelegde vonnis ân skokkende onreg teenoor
die
beskuldigdes daarstel. Vanweë hier feit, asook vanweë die feit dat
die beskuldigdes reeds sedert 4 Oktober 2006 in hegtenis
is, is ek
van mening dat daar ân wesenlike onreg teen die beskuldigdes
gepleeg sal word indien daar nie onmiddellik met die opgelegde
vonnis
ingemeng word en die beskuldigdes onmiddellik uit die gevangenis
vrygelaat word nie. Die opgelegde vonnis is nie ooreenkomstig
die
reg nie en is ek van mening dat die beskuldigdes verder benadeel gaan
word indien daar eers ân navraag aan die voorsittende
landdros
gerig word. Ek is gevolglik oortuig dat hierdie aangeleentheid binne
die voorbehoud soos omskryf in artikel 304(2)(a) van
die
Strafproseswet val en word die aangeleentheid derhalwe afgehandel
sonder dat daar enige navraag aan die voorsittende landdros
gerig
word.
[5] Gegewe
die feite en omstandighede van hierdie saak, is ek van mening dat ân
algeheel opgeskorte vonnis ân gepaste vonnis is.
[6] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
1. Die skuldigbevinding
van beide beskuldigdes word bekragtig.
2. Die
opgelegde vonnis ten opsigte van beide beskuldigdes word ter syde
gestel en ten opsigte van beide beskuldigdes vervang met
een van 3
(drie) maande gevangenisstraf, welke gevangenisstraf in geheel
opgeskort word vir 3 (drie) jaar op voorwaarde dat beskuldigde
nie
weer skuldig bevind word aan veediefstal gepleeg binne die tydperk
van opskorting nie.
3. Beide
beskuldigdes moet onverwyld uit die gevangenis vrygelaat word.
_____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
________________
A.P.
BECKLEY, R
/em