About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 47
|
|
ABSA Technology Finance Solutions (Pty) Ltd voorheen bekend as Union Finance holdings (Pty) Limited v Ed-u-College (Welkom) and Another (2457/2003) [2006] ZAFSHC 47 (23 November 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. 2457/2003
In
die saak tussen:
ABSA
TECHNOLOGY FINANCE SOLUTIONS (PTY) LTD voorheen bekend as
UNION
FINANCE
HOLDINGS
(PTY) LIMITED
Eiser
en
ED-U-COLLEGE
(WELKOM)
1ste Verweerder
K
VENTER
2de Verweerder
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR
OP:
15, 16 en 18 AUGUSTUS 2006
______________________________________________________
GELEWER OP:
23 NOVEMBER 2006
[1] Die
eiser is ân finansieringsmaatskappy. Ten aansien van
kantoortoerusting soos wat betrokke is hierdie saak, is die eiser
se
finansiering gestruktureer deur ân huurooreenkoms aangegaan tussen
die eiser en die klant met betrekking tot toerusting wat
deur die
leweransier direk aan die klant gelewer is teen betaling van die
koopprys daarvan deur die eiser aan die leweransier. Die
eerste
verweerder is ân maatskappy geïnkorporeer kragtens artikel 21 van
die Maatskappyewet, nr. 61 van 1973. Te alle tersaaklike
tye hiertoe
het die eerste verweerder ân privaatskool bedryf in Welkom en was
die direkteure van die eerste verweerder ân egpaar
D.V. en J. C.
Reynolds. Die tweede verweerder was nooit ân direkteur of
werknemer van die eerste verweerder nie. Die tweede verweerder
het
in persoon voor my verskyn.
[2] Die
eiser vorder van die eerste verweerder en tweede verweerder
gesamentlik en afsonderlik die bedrag van R608 962,02 tesame met
rente daarop, synde die ge-eskaleerde uitstaande huurgeld kragtens ân
skriftelike huurooreenkoms ten aansien van kantoortoerusting
wat die
eiser beweer op 31 Mei 2002 met die eerste verweerder aangegaan is en
ingevolge waarvan die tweede verweerder hom as borg
en
mede-hoofskuldenaar vir die verpligtinge van die eerste verweerder
teenoor die eiser verbind het. Die verweerders ontken
aanspreeklikheid
teenoor die eiser op ân verskeidenheid van gronde.
Die gronde is essensieel dat ân afdwingbare huurooreenkoms nooit
tot stand
gekom het nie, dat indien dit wel tot stand gekom het die
eiser nie geregtig is om die uitstaande huurgeld te vorder sonder om
die
toerusting in die huurkontrak vermeld aan die eerste verweerder
te tender nie en dat in ieder geval die eiser se vordering ân
strafbeding
daarstel en onderworpe is aan vermindering. Die eerste
verweerder het ook ân teeneis teen die eiser ingestel vir
terugbetaling
van paaiemente ingevolge die huurooreenkoms aan die
eiser betaal terwyl dit volgens die eerste verweerder nie verskuldig
of betaalbaar
was nie.
[3] Dit
is gemeensaak dat die huurooreenkoms deur die tweede verweerder
onderteken is terwyl hy op die gesig daarvan voorgegee het
dat hy
namens die eerste verweerder opgetree het en wel as ân direkteur
van eerste verweerder. Beide verweerders ontken dat die
tweede
verweerder in werklikheid gemagtig was om die eerste verweerder
kontraktueel tot die huurooreenkoms te verbind. Die eerste
vraag is
gevolglik of die eiser hom van die bewyslas gekwyt het om aan te toon
dat die tweede verweerder in werklikheid of feitelik
gemagtig was om
die eerste verweerder tot die huurooreenkoms te verbind. Indien nie,
moet vervolgens oorweeg word of die eerste
verweerder desondanks op
grond van die beginsels van estoppel aan die huurooreenkoms gebonde
gehou moet word.
[4] Namens
die eiser het Mnre. D. C. Mouton en J. Vermeulen getuienis afgelê.
Geen getuienis is deur die eerste verweerder aangebied
nie. Die
tweede verweerder het getuienis afgelê.
[5] Mnr.
Mouton was gedurende die betrokke tydperk in diens van die eiser te
Johannesburg in die hoedanigheid van besigheidsontwikkelingsbeampte.
Sy basiese plig as sulks was om die dokumentasie wat benodig was om
ân finansieringstransaksie soos die onderhawige goedgekeur
en
deurgevoer te kry, te versamel en tesame met ân aanbeveling aan die
eiser se goedkeuringsraad voor te lê. In die proses het
hy
hoofsaaklik geskakel met die leweransier van die betrokke toerusting.
In die onderhawige geval het hy gewerk met ene Mnr. Hendrik
Burger
van Gestetner in Bloemfontein. Ten opsigte van die onderhawige
transaksie het hy die dokumentasie ontvang vanaf Gestetner
Bloemfontein of Burger, meestal per faks. Hierdie dokumentasie het
ingesluit ân aansoekvorm vir die finansiering sowel as finansiële
state van die eerste verweerder vir die jaar geëindig 31 Desember
2001. In beide hierdie dokumente is slegs die tweede verweerder
aangegee as direkteur van die eerste verweerder. Ook is ontvang die
huurooreenkoms deur die tweede verweerder onderteken. Daar
is
navraag gedoen, as deel van standaard prosedure van die eiser, ten
aansien van die eerste verweerder se besonderhede in die register
van
maatskappye. Dit het gevolglik geblyk dat tweede verweerder nie ân
direkteur van die eerste verweerder is nie en dat die direkteure
inderdaad die egpaar Reynolds is. Na navraag hieroor deur Mnr.
Mouton by Burger, het hy per faks ontvang vanaf Burger ân dokument
wat voorgee ân volmag te wees wat deur Mnr. en Mev. Reynolds aan
die tweede verweerder gegee is om namens die eerste verweerder
op te
tree. Aangesien daar ân suspisie of onduidelikheid was met
betrekking tot die datum op hierdie dokument is ân verdere
volmag
deur Mnr. Mouton ontvang, weer eens per faks vanaf Burger, met ân
aanvaarbare datum. Ek handel hieronder met die besonderhede
van
hierdie dokumente. Ook is op die bogemelde wyse deur Mnr. Mouton
namens die eiser ontvang, ân dokument wat voorgee ân briefhoof
te
wees van die eerste verweerder waarop ân afdruk van ân blanko
tjek van die eerste verweerder voorkom. Die verkryging van
bevestiging van bankbesonderhede van die voormelde huurder is ook
standaard prosedure van die eiser. Mnr. Mouton het geen kontak
met
Mnr. en Mev. Reynolds gehad nie. Nadat alle dokumentasie tot
bevrediging van Mnr. Mouton en die eiser ontvang is, is die
transaksie
deur die eiser goedgekeur en is die koopprys van die
onderhawige kantoortoerusting per tjek gedateer 31 Mei 2002 deur die
eiser aan
Gestetner Bloemfontein betaal. Die huurooreenkomsdokument
wat reeds deur die tweede verweerder onderteken was, is ook op 31 Mei
2002 namens die eiser onderteken.
[6] Dit
is gemeensaak dat die onderhawige goedere nie by die eerste
verweerder se besigheidsplek te Welkom afgelewer is nie maar wel
te
die adres van die tweede verweerder, naamlik Kraalstraat 22,
Ooseinde, Bloemfontein. Dit is ook by laasgenoemde adres waar die
eiser die goedere in herbesit geneem is op of omtrent 20 Maart 2003,
op grond van wanbetaling van die huurpaaiement. Volgens die
getuienis sou egter as standaard praktyk ân sogenaamde
verwelkomingsbrief met ân kopie van die huurooreenkoms deur die
eiser
gerig gewees het aan die eerste verweerder en sou
belastingfakture en rekeningstate na daardie adres versend gewees
het. Die debietorder
vir betaling van die maandelikse huurpaaiemente
is natuurlik ook teen die rekening van die eerste verweerder
aangebied vir betaling.
[7] Die
kwessie van skriftelike volmag, hierbo vermeld, is natuurlik sentraal
tot die onderhawige geskilpunt. Dit is deur die eerste
verweerder op
die pleitstukke erken dat ân volmag deur Mnr. en Mev. Reynolds
namens die eerste verweerder aan die tweede verweerder
gegee is.
Hierdie volmag is op ân briefhoof van die eerste verweerder gegee
soos volg:
â
31
Augustus 2001
VOLMAG
Hiermee gee ons,
DONALD VINCENT REYNOLDS
I.D.
420710 5018 08 6
en
JOHANNA
CATHARINA REYNOLDS
I.D.
420408 0018 08 2
volmag aan
KENNETH VENTER
I.D.
610302 5094 08 3
om
namens die Direksie van Ed-U-College, Welkom onderhandelinge en
kontrakte te beding om finansiering te bekom.
Geteken
op 31 Augustus 2001 te Welkom.
__(geteken)_____
___(geteken)_______
D.V. REYNOLDS J.T.
REYNOLDS (Me)
DIREKTEUR
DIREKTEUR â
[8] Verskeie
variasies van hierdie dokument vorm egter deel van die getuienis voor
my. Ek verwys geriefshalwe na hierdie dokumente
by wyse hul
bewysstuknommers voor my. Die bogemelde erkende volmag is bewysstuk
âA5â. Die variasies van âA5â verskil van
âA5â slegs in
die opsigte wat ek meld. âA204â gee voor dat dit geteken is op 3
Mei 2001 en in die liggaam daarvan verskyn
die woordjie âomâ in
die tweede reël en nie in die eerste reël na die woordjie âbedingâ
nie. âA7â gee voor geteken
te wees op 3 Mei 2002 en begin ook in
die tweede reël van die liggaam daarvan met die woordjie âomâ.
âA8â is dieselfde
as âA7â behalwe dat daarop voorkom aan die
linkerkant onder, klaarblyklik by wyse van ân stempel, ân
sertifikaat van ân
Kommissaris van Ede wat sertifiseer dat dit ân
ware kopie van die oorspronklike dokument is. Die stempel bevat ook
ân handtekening
wat voorgee dié van die Kommissaris van Ede te
wees. Aan die regterkant onder op âA8â ook klaarblyklik
aangebring deur ân
stempel, verskyn die naam en adres van Calculus
College, 22 Kraalstraat, Ooseinde, Bloemfontein. âA7â is ân
faksafdruk. âA8â
is ân afdruk of kopie gemaak van bewysstuk
âBâ. Op bewysstuk âBâ is die twee stempels en die
handtekening by die stempel
van die Kommissaris van Ede klaarblyklik
oorspronklik. Dit blyk nie uit die getuienis waarvandaan bewysstuk
âBâ afkomstig is
nie.
[9] Dit
blyk uit die getuienis wat Mnr. Mouton gedurende kruisondervraging
afgelê het, wat ek moet aanvaar, dat hy aanvanklik âA204â
ontvang het, toe navraag by Burger gerig het as gevolg van die datum
3 Mei 2001 daarop en gevolglik vanaf Burger of Gestetner Bloemfontein
âA7â, met die datum 3 Mei 2002, ontvang het. Dit mag wees dat
âA8â ook deur die eiser vanaf Burger of Gestetner Bloemfontein
ontvang is. Ek aanvaar dat die gemelde dokumente ontvang is voor
ondertekening van die huurooreenkoms op 31 Mei 2002. Dit is dus
duidelik dat nie bevind kan word dat die erkende volmag, (âA5â)
deur die eiser ontvang is nie en dat daar geen getuienis is dat
die
volmagdokumente wat wel ontvang is, vanaf die eerste verweerder
ontvang of afkomstig is nie.
[10] Dit
is vervolgens nodig om te verwys na die getuienis van die tweede
verweerder in hierdie verband. Volgens die tweede verweerder
was hy
betrokke by privaatskole, besonderlik Calculus College onder welke
naam hy handel gedryf het te Bloemfontein. Hy het toe
ân taamlik
grootse en windmakerige plan bedink ingevolge waarvan hy deur middel
van ân oorhoofse maatskappy wat genoem sou word
Calculus
Educational Institute, in beheer sou staan van ân hele aantal
privaatskole, insluitende ân sport- en sangakademie.
Omdat beoog
is dat ook te Welkom geopereer sou word, het hy kennis geneem van die
eerste verweerder en kontak gemaak met die egpaar
Reynolds. Daar is
ân aanbod gemaak om die eerste verweerder vanaf Mnr. en Mev.
Reynolds te bekom, die presiese besonderhede waarvan
nie uit die
getuienis blyk nie, welke aanbod ook deur hul aanvaar is. Op hierdie
wyse was dus beplan dat die eerste verweerder of
sy skool ook deel
sou wees van die beoogde oorhoofse maatskappy. Vir die uitvoering
van hierdie plan het die tweede verweerder finansiering
van tussen
R45 en R50 miljoen benodig. Hierdie finansiering sou ook gebruik
word om die eerste verweerder of die skool daarvan te
bekom. Die
tweede verweerder het toe ân besigheidsplan opgestel vir doeleindes
vir die verkryging van die gemelde finansiering.
Die besigheidsplan
is vervat in ân bundel dokumente. Hierdie dokumente het onder
andere ingesluit die maatskappydokumente, finansiële
state en ân
kort oorsig van elke skool wat deel sou wees van die projek.
Gevolglik is sodanige dokumente van die eerste verweerder
ook
ingesluit. Volgens die tweede verweerder het een van die finansiers
by wie aansoek gedoen is om finansiering of sou word versoek
dat
bevestiging voorgelê word dat die tweede verweerder gemagtig is
namens die entiteite wat deel sou vorm van die hele projek,
dit wil
sê insluitende die eerste verweerder, te onderhandel. As gevolg
hiervan is die volmag âA5â opgestel en ook in die bundel
geplaas.
Hierdie volmag het slegs te doen gehad met die verkryging van die
gemelde finansiering en het niks te doen gehad met fotostaatmasjiene
of drukkers nie. Hy dra geen kennis van die voormelde variasies van
âA5â nie. Die bundel het ook ân briefhoof en ân fotostaat
van ân blanko tjek van die eerste verweerder bevat. Van die
verkryging van die eerste verweerder of die skool daarvan en die hele
grootse plan het op die ou end niks gekom nie.
[11] Intussen
het die tweede verweerder egter voortgegaan om die toerusting vir die
hele projek benodig, insluitende dié vermeld
in die huurooreenkoms,
te verkry. Die res is deur Sasfin gefinansier. Vir hierdie
doeleindes het kontak plaasgevind met Burger
van Gestetner in
Bloemfontein. Die tweede verweerder het dit aan Burger oorgelaat om
al die nodige dokumente te voltooi, welke hy
in blanko geteken het,
insluitende die huurooreenkoms. Vir doeleindes hiervan het hy die
hele voormelde bundel aan Burger oorhandig.
Volgens die tweede
verweerder moes die huurkontrak met Calculus College gesluit gewees
het en het hy inderdaad ân dienskontrak
ten aansien van die
onderhawige toerusting gesluit met Gestetner in die naam van Calculus
Educational Institute. Na ân tydperk
is hy deur Mnr. Reynolds
geskakel, wie by hom navraag gedoen het oor dokumente wat deur eerste
verweerder vanaf die eiser ontvang
is, insluitende ân kopie van die
huurkontrak en aangaande paaiemente ingevolge die huurkontrak wat
foutiewelik en sonder magtiging
per debietorder uit die eerste
verweerder se bankrekening aan die eiser betaal is. Volgens die
tweede verweerder het hy aan Mnr.
Reynolds gesê dat dit nie korrek
is nie en dat hy dit sou opvolg. Hy het Mnr. Reynolds egter
geadviseer om die debietorder te laat
staak. Die tweede verweerder
het toe vir Burger gekontak. Burger het gesê dat dit ân fout is
en hy het onderneem om die aangeleentheid
reg te stel en om die
kontrak te verander van die naam van eerste verweerder na Calculus
College. Burger het egter, soos later sou
blyk, nie so gedoen nie.
Dit het onder andere daartoe gelei dat Mnr. Reynolds ân kriminele
klagte teen die tweede verweerder gelê
het. Die implikasie van die
tweede verweerder se getuienis is dat Burger alleen daarvoor
verantwoordelik is dat die aansoek om finansiering
vir die
onderhawige kantoortoerusting foutiewelik in die naam van die eerste
verweerder gedoen is en dat dokumentasie van die eerste
verweerder
derhalwe aan die eiser voorgelê is.
[12] Dit
kom onwaarskynlik voor dat Burger enigsins of alleen daarvoor
verantwoordelik sou wees dat voorgegee is dat die tweede verweerder
namens die eerste verweerder opgetree het ten opsigte van die
huurooreenkoms. Die huurooreenkoms kom nie voor so ân groot of
winsgewende
transaksie vir Burger of Gestetner te gewees het dat
Burger dit ten alle koste sou wou deurvoer nie of die risiko sou neem
om bewustelik
valshede daaromtrent te verkondig nie. Dit is die
tweede verweerder wat die toerusting benodig het en inderdaad ontvang
en gebruik
het. Daar is ook bewys daarvan dat die tweede verweerder
valslik voorgegee het dat hy namens die eerste verweerder handel.
Dit
is onbetwis dat die finansiële state van die eerste verweerder
wat in die tweede verweerder se besigheidsplan en bundel vervat is,
valslik aandui dat die tweede verweerder die enigste direkteur van
die eerste verweerder is. Daar is dus minstens rede om te glo
dat
die tweede verweerder inderdaad voorgegee het of meegewerk het
daaraan om voor te gee dat hy namens die eerste verweerder optree
spesifiek ook met betrekking tot die onderhawige transaksie en hy dit
dus valslik in getuienis ontken het.
[13] Daar
is egter na my oordeel geen rede om sy getuienis voor my dat die
volmag âA5â en die briefhoof en afdruk van ân tjek
van die
eerste verweerder gegee is uitsluitlik vir die doel van die
verkryging van gemelde oorhoofse finansiering en dat die eerste
verweerder nooit magtiging gegee het of bedoel het om te gee daarvoor
dat die tweede verweerder kantoortoerusting namens die eerste
verweerder mag verkry nie, te verwerp nie. Op die totaliteit van die
getuienis is dit ân waarskynlikheid dat die tweede verweerder,
moontlik in voortvarende optimisme dat sy grootse plan tot voleinding
deurgevoer sou word, valslik voorgegee het dat hy gemagtig
was om
namens die eerste verweerder op te tree. Dat tweede verweerder
ongemagtig namens die eerste verweerder opgetree het is minstens
net
so waarskynlik as dat hy inderdaad aldus gemagtig was. Namens die
eiser is aangevoer dat ân nadelige afleiding gemaak moet
word van
die versuim van die eerste verweerder om getuienis aan te bied. Ek
meen nie dat dit in hierdie geval gedoen kan word nie.
Soos gemeld
het die eiser nie direkte getuienis aangebied dat die eerste
verweerder vir die tweede verweerder gemagtig het om die
huurooreenkoms aan te gaan nie. Trouens, Mnr. Mouton het uitdruklik
gesê dat hy nie kan ontken dat die tweede verweerder inderdaad
nie
so gemagtig was nie. Dit kan ook aanvaar word dat die eerste
verweerder bewus was daarvan dat die tweede verweerder onder eed
sou
getuig dat hy nie gemagtig was nie.Dit volg dat na my oordeel die
eiser nie op ân oorwig van waarskynlikhede bewys het dat
die tweede
verweerder werklik magtiging gehad het om die huurooreenkoms namens
die eerste verweerder te sluit nie.
[14] Dit is ân
kernvereiste vir ân suksesvolle beroep op estoppel dat die party
wat op estoppel staatmaak, moet bewys dat hy of
sy mislei is deur die
party wat hy of sy op grond van estoppel aanspreeklik wil hou. In
die onderhawige geval moet derhalwe op ân
oorwig van
waarskynlikhede bewys word dat die eiser mislei is deur ân
wanvoorstelling deur of namens die eerste verweerder tot
die effek
dat die tweede verweerder gemagtig sou wees om namens die eerste
verweerder die huurkontrak te sluit. Daar kan nie in
hierdie verband
gesteun word op skynverwekking of wanvoorstelling gemaak deur die
persoon, hier die tweede verweerder, wat juis nie
gemagtig was om
namens die eerste verweerder op te tree nie. Sien
DICKS v SA
MUTUAL FIRE AND GENERAL INSURANCE COMPANY
1963 (4) SA 501
(N)
op 506 H â tot 507 A,
VOLKSKAS BANK BEPERK v BONITAS MEDICAL
AID FUND
1993 (3) SA 779A
op 789H â J en Rabie Sonnekus,
The Law of Estoppel in South Africa,
2de Uitgawe,
pagina 51.
[15] Soos blyk uit die
voormelde, kan nie bevind word dat die eerste verweerder self enige
voorstelling aan die eiser gemaak het nie.
Dit sal onthou word dat
nie bevind kan word dat die volmag wat die eerste verweerder wel aan
die tweede verweerder gegee het (âA5â),
by eiser uitgekom het
nie. Dus selfs indien âA5â op een of ander wyse beskou kan word
as valse voorstelling teenoor die algemene
publiek dat die tweede
verweerder gemagtig sou wees om namens die eerste verweerder op te
tree, het daardie voorstelling nie die
eiser bereik nie. In ieder
geval sou daar na my mening ook nie op ân oorwig van
waarskynlikhede bevind kon word dat die eerste
verweerder in hierdie
verband nalatig was nie. Sien
SAAMBOU-NASIONALE BOUVERENIGING
v FRIEDMAN
1979 (3) SA 978
(A) op 1003. Die beroep op
estoppel moet dus ook faal.
[16] Dit
volg dat eiser se vordering teen eerste verweerder en derhalwe ook
teen die tweede verweerder as borg en mede- hoofskuldenaar,
nie kan
slaag nie. Dit is gevolglik ook onnodig om te handel met die verdere
verwere wat geopper is.
[17] Wat oorbly vir
beslissing is die eerste verweerder se teeneis. Die eiser het erken
dat die eerste verweerder die bedrag van
R47 411,12 gedurende die
tydperk 10 Julie 2002 tot 11 November 2002 aan die eiser betaal het
deurdat die eiser daardie totale bedrag
per debietorder gevorder het
as betaling van huurpaaiemente ingevolge die huurooreenkoms. Ek het
hierbo bevind dat die eiser nie
daarin geslaag het om te bewys dat
die eerste verweerder aan die huurkontrak gebonde is nie. Hieruit
volg in die omstandighede van
die onderhawige geval en in die
afwesigheid van enige getuienis namens die eerste verweerder geensins
noodwendig dat die eerste verweerder
dit ten aansien van die teeneis
van die bewyslas gekwyt het om te bewys dat die gemelde bedrag
onverskuldig of
sine causa
betaal is nie. Ek sal egter vir
doeleindes hiervan aanvaar dat dit wel die geval is.
[18] Die
eerste verweerder dra egter steeds die bewyslas om te bewys dat dit
inderdaad in die gemelde bedrag verarm is. Namens die
eiser is
tydens argument gevra vir ân wysiging van die verweerskrif tot die
teeneis ten einde die kwessie van verarming spesifiek
in geskil te
plaas. Na my oordeel is hierdie wysiging onnodig aangesien in die
verweerskrif tot teeneis die bewering dat die eerste
verweerder
verarm is in die bedrag van R47 411,12, ontken is. Die tweede
verweerder het in getuienis gesê dat nadat hy vir Burger
daarmee
gekonfronteer het dat die eerste verweerder verkeerdelik as die
huurder ten aansien van die onderhawige goedere aangedui
is en dat
die debietorder dus verkeerdelik teen die eerste verweerder se
bankrekening aangebied is en Burger onderneem het om dit
reg te stel,
Burger ook onderneem het om die betrokke bedrag aan die eerste
verweerder terug te betaal. Volgens die tweede verweerder
het Burger
op ân latere stadium bevestig dat die debietorders wat aldus
gevorder is, terugbetaal is en het Mnr. Reynolds dit ook
teenoor die
tweede verweerder bevestig. Hierdie getuienis is heeltemal onbetwis
en daar is geen rede waarom dit verwerp moet word
nie. Selfs al sou
die eiser deur die betaling van die gemelde bedrag verryk gewees het,
kan ek gevolglik nie op ân oorwig van
waarskynlikhede bevind dat
die eerste verweerder inderdaad verarm is nie. Die teeneis moet dus
misluk.
[19] Gevolglik
word absolusie van die instansie met koste beveel op die hoofeis en
die teeneis.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Namens
die eiser: Adv. P. van der Berg
In
opdrag van:
E G Cooper &
Seuns
BLOEMFONTEIN
Namens
die eerste verweerder: Adv. C. A. Human
In
opdrag van:
Wessels
& Smith
BLOEMFONTEIN
Namens
die tweede verweerder: In persoon
/em