About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 131
|
|
Mtambo v S [2006] ZAFSHC 131 (16 November 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : 9/2006
In
die appèl van:-
JOSEPH
MTAMBO
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
RAMPAI
R
et
VAN
ZYL R
____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
23
OKTOBER 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
16
NOVEMBER 2006
_____________________________________________________
[1] Appellant
het as beskuldigde 1 van drie beskuldigdes in die Streekhof te Parys
op 20 September 2002 skuldig gepleit aan roof met
verswarende
omstandighede en is hy as sulks skuldig bevind. Hy is op gemelde
datum tot 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf gevonnis.
[2] Appellant
kom nou in hoër beroep teen die opgelegde vonnis op die basis dat
dit skokkend swaar en onvanpas is. Dit is geykte
reg dat ân Hof
van Appèl slegs met ân opgelegde vonnis kan inmeng indien die
vonnis skokkend swaar en onvanpas is en/of indien
daar ân
onreëlmatigheid of mistasting ten tyde van die vonnisoplegging
begaan is. Sien
S
v DE JAGER AND ANOTHER
1965 (2) SA 616
(A) op 628 H â 629 A:
â
It would not
appear to be sufficiently recognised that a Court of appeal does not
have a general discretion to ameliorate the sentences
of trial
Courts. The matter is governed by principle. It is the trial Court
which has the discretion, and a Court of appeal cannot
interfere
unless the discretion was not judicially exercised, that is to say
unless the sentence is vitiated by irregularity or misdirection
or is
so severe that no reasonable court could have imposed it.â
[3] Die
feite uiteengesit in appellant se verklaring ooreenkomstig die
bepalings van artikel 112(2) van die Strafproseswet, Wet 51
van 1977,
is baie karig en beperk. Dit blyk egter daaruit dat appellant en sy
twee mede-beskuldigdes op 20 Julie 2001 ene Mnr.
en Mev. Jansen
te ân kafee te Parys van R3 000.00 beroof het deur hulle met ân
vuurwapen te dreig, welke vuurwapen deurentyd
in besit was van en
hanteer is deur beskuldigde 3. Die oortreding is op die ingewing van
die oomblik gepleeg toe appellant en die
ander twee beskuldigdes die
geld opgemerk het toe die klaers besig was om die besigheid af te
sluit vir die dag en was dit dus nie
vooraf beplan nie. Die
skuldigbevinding is op die basis van voormelde feite gemaak, welke
skuldigbevinding, na my mening, heeltemal
tereg gemaak is.
[4] Wat
betref die opgelegde vonnis waarteen geappelleer word, het die
Verhoorhof tereg daarop gewys dat die bepalings van artikel
51 van
die Strafregwysingswet, Wet 105 van 1997, in die onderhawige geval
van toepassing is en dat ân voorgeskrewe minimum vonnis
van 15
(vyftien) jaar gevangenisstraf opgelê moet word, tensy daar
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging
van ân
mindere vonnis noodsaak. Ten opsigte hiervan het die Verhoorhof as
volg ten tyde van vonnisoplegging bevind:
â
Die Hof het wat aanklag 1 betref
noukeurig gaan kyk na alle feite en omstandighede wat moontlik
relevant in die verband kan wees en
tot die gevolgtrekking gekom dat
daar nie ân enkele omstandigheid of omstandighede is wat hetsy in
isolasie van mekaar beoordeel,
hetsy kumulatief beoordeel, voldoende
gewig kan dra om aangemerk te kan word as wesenlike en dwingende
omstandighede nie.â
(Oorkonde,
p. 24, reëls 13 â 18)
[5] Ter
aanvang in sy redes vir die opgelegde vonnis, het die Verhoorhof
tereg na die elemente van strafoplegging verwys, synde die
belange
van die gemeenskap, die aard en erns van die misdryf en die
persoonlike omstandighede van appellant. By verdere nalees van
die
redes vir die vonnis, blyk dit egter, soos deur Mnr. Reyneke namens
appellant betoog, dat die Verhoorhof die aard en erns van
die misdryf
en die belange van die gemeenskap oorbeklemtoon het en nie die
persoonlike omstandighede van appellant en die strafversagtende
faktore behoorlik in oorweging geneem het nie. In laasgenoemde
proses het die Verhoorhof ook sekere onreëlmatighede, waarna ek
hieronder sal verwys, begaan.
[6] Dit is geyk dat die
Verhoorhof by die aanvaarding van ân pleit van skuldig deur die
Staat, gebonde is aan die feite uiteengesit
in sodanige artikel
112(2) verklaring, wat insluit die versagtende faktore wat daarin
vermeld mag word. Dit is pertinent in die
artikel 112(2) verklaring
vermeld dat die oortreding op die ingewing van die oomblik gepleeg is
en nie vooraf beplan was nie. Hoewel
die Verhoorhof hierna verwys as
ân versagtende faktor, blyk dit dat hy bloot lippediens gedoen het
deur daarna te verwys, aangesien
hy terselfdertyd die volgende meld:
â
Dit
is so en omdat die Staat dit so aanvaar het, is die Hof seker maar
tot ân mate daaraan gebonde dat darem gemeld is d
at
die misdryf op die ingewing van die oomblik gepleeg is. As die Hof
kyk na die totaliteit van die feite en omstandighede waarop
u skuldig
bevind is, sal die Hof egter sy gewete verkrag as hy nie op rekord
plaas dat daar ân baie sterk vermoede by die Hof is
dat hierdie nie
ân misdryf was wat op die ingewing van die oomblik gepleeg is nie.
Hoe dit ook al sy, die Hof is gebonde aan die
feite waarop die Staat
die pleit van skuldig aanvaar het.â
(Oorkonde,
p. 23, reël 22 â p. 24, reël 5)
[7] Addisioneel tot
voormelde, het die Verhoorhof klaarblyklik ook net lippediens gedoen
deur te vermeld dat hy dit as strafversagtend
in aanmerking neem dat
appellant skuldig gepleit het, aangesien hy dan in dieselfde asem
meld dat:
â
....
maar blyk dit
dat
hierdie ân saak is waar die getuienis ook maar van so ân
verdoemende aard teen u was dat u na alle waarskynlikheid weinig
van
ân keuse gehad het om skuldig te pleit ....â
(Oorkonde, p. 23, reëls
6 â 8)
Laasgenoemde opmerking
stel beslis ân onreëlmatigheid daar, want daar is geen sodanige
getuienis voor die Hof waarop hy tot hierdie
gevolgtrekking kon kom
nie.
[8] Dieselfde situasie
herhaal homself waar die Verhoorhof beweer dat hy as strafversagtend
in ag neem dat die klaers nie beseer is
nie, maar dit onmiddellik
weer negeer met die opmerking:
â
Die Hof is aan die anderkant geneig
om die Aanklaer gelyk te gee dat dit in alle waarskynlikheid maar
gewyt kan word aan die feit
dat u oormag eenvoudig te veel was vir
die klaers en hulle ook maar weinig weerstand kon bied alhoewel dit
blyk dat die klaer darem
wat beskuldigde 3 betref, op ân stadium na
hom geskiet het.â
(Oorkonde,
p. 23, reëls 16 â 21)
Daar word daagliks
rooftogte gepleeg waar daar ten spyte van oormag van die aanvallers,
steeds klaers beseer en selfs gedood word.
Die moontlike bestaan van
oormag aan die kant van appellant en die ander beskuldigdes, kan dus
nie die feit dat die klaer nie beseer
is nie, neutraliseer as ân
versagtende faktor nie. Verder word hier ook weer melding gemaak van
ân skoot of skote wat op ân
stadium op beskuldigde 3 sou gevuur
gewees het, ten opsigte waarvan daar geen getuienis voor die Hof
bestaan nie. Deur klaarblyklik
te poog om ân ongegronde rede te
soek waarom die klaers nie beseer was nie, stel in hierdie
omstandighede na my mening ook ân
onreëlmatigheid daar.
[9] Dat die misdryf
waaraan appellant skuldig bevind is ân baie ernstige misdryf
daarstel en dat die belange van die gemeenskap
vereis dat appellant
gepas swaar gevonnis moet word, ook op ân wyse wat voornemende
ander oortreders sal afskrik van soortgelyke
optrede in die toekoms,
behoef geen betoog nie. Hierteenoor moet die spesifieke
omstandighede rondom hierdie bepaalde oortreding
egter ook in ag
geneem word. Dit het tot gevolg dat dit as strafversagtend ten
gunste van appellant in ag geneem moet word dat die
rooftog nie
vooraf beplan was nie en ook dat die klaers nie beseer is nie. Wat
die persoonlike omstandighede van appellant betref,
moet dit in ag
geneem word dat hy 28 jaar oud was ten tyde van vonnisoplegging, het
hy skolasties gevorder tot standerd 6, is hy
getroud en het hy twee
afhanklike kinders, onderskeidelik 1 jaar en 3 jaar oud. Dit moet
ook strafversagtend in ag neem word dat
appellant ân algeheel
eerste oortreder is en dat hy skuldig gepleit het, waardeur hy nie
net nie die Hof se tyd gemors het nie,
maar ook geag moet word dat hy
sodoende verantwoordelikheid aanvaar en geneem het vir sy oortreding.
Die moontlikheid dat appellant
nog die potensiaal het om
rehabiliteer, kan dus na my mening ook nie uitgesluit word nie. ân
Verdere faktor wat ten gunste van
appellant in aanmerking geneem moet
word by die oorweging van ân gepaste vonnis is die feit dat
appellant reeds een jaar en twee
maande as verhoorafwagtende in
hegtenis was.
[10] By
ân behoorlike en ewewigtige opweging van bogemelde, is ek van
oordeel dat die opgelegde vonnis inderdaad skokkend swaar
en onvanpas
is wat ân onreg teenoor appellant daarstel. Die Verhoorhof het dus
na my mening misgetas deur nie te bevind dat daar
wesenlike en
dwingende omstandighede bestaan wat ân afwyking van die
voorgeskrewe minimum vonnis noodsaak nie. Dit, tesame met
voormelde
onreëlmatighede, noodsaak dus inmenging met die opgelegde vonnis.
Mev. Ferreira, namens die Staat, het dan ook heeltemal
tereg hierdie
toegewing gemaak ten tyde van die beregting van die appèl.
[11] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
2. Die appèl teen die
opgelegde vonnis slaag, die opgelegde vonnis word tersyde gestel en
vervang met een van 10 (tien) jaar gevangenisstraf,
welke
gevangenisstraf geag moet word opgelê te gewees het op 20 September
2002.
____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
______________
M.H. RAMPAI, R
Namens
die appellant: Mnr. J.D. Reyneke
In
opdrag van:
Bloemfontein
Regsentrum
St.
Andrewstraat
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. A. Ferreira
In
opdrag van:
Direkteur
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp