About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 130
|
|
Pietersen and Another v S [2006] ZAFSHC 130 (9 November 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A544/2003
In
die appèl tussen:-
ESAU
PIETERSEN
Eerste
Appellant
JOHANNES
PAPA MALOKA
Tweede
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL R
et
MILTON WND R
____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
22
MEI 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
9
NOVEMBER 2006
_____________________________________________________
[1] Appellante het as
beskuldigdes 1 en 2 onderskeidelik in die streekhof te Parys
tereggestaan op twee aanklagte, synde roof met
verswarende
omstandighede en die onwettige besit van ân vuurwapen. Ten opsigte
van aanklag 1 is dit hulle ten laste gelê dat
hulle op of omtrent 1
Oktober 2000 ene Meschak Mogkhalo beroof het van R300.00 kontant en
drie kaste bier ter waarde van R144.00,
tydens welke rooftog hulle
gebruik gemaak het van ân vuurwapen. Ten opsigte van aanklag 2 is
dit hulle ten laste gelê dat hulle
op voormelde datum in die
onwettige besit van ân .38 Special rewolwer was. Beide appellante
het op aanklag 1 onskuldig gepleit,
terwyl eerste appellant skuldig
gepleit het op aanklag 2 en tweede appellant onskuldig op aanklag 2.
Beide appellante is egter skuldig
bevind op beide aanklagte. Ten
opsigte van eerste appellant is hy op aanklag 1 tot 10 (tien) jaar
gevangenisstraf gevonnis en op
aanklag 2 tot 3 (drie) jaar
gevangenisstraf, welke gevangenisstraf samelopend uitgedien moet
word. Tweede appellant is op aanklag
1 tot 15 (vyftien) jaar
gevangenisstraf gevonnis en op aanklag 2 tot 5 (vyf) jaar
gevangenisstraf, welke gevangenisstraf ook samelopend
uitgedien moet
word.
[2] Volledigheidshalwe
word vermeld dat in die oorspronklike appèloorkonde slegs die appèl
ten opsigte van eerste appellant vervat
was. By navraag het dit
egter geblyk dat dit foutief is en vanweë ân administratiewe fout
ontstaan het, deurdat tweede appellant
inderdaad ook reeds gedurende
2004 sy Kennisgewing van Appèl en Aansoek om Kondonasie opgestel
het, welke op 21 Julie 2005 deur
die Griffier ontvang is. `n Afskrif
daarvan is voor die aanhoor van die appél aan ons verskaf. Ek meen
gevolglik dat dit inderdaad
in belang van regspleging is dat tweede
appellant se appèl ook geag word behoorlik voor hierdie Hof te wees
om saam met eerste appellant
se appèl aangehoor en afgehandel te
word. Mev. Ferreira, namens die Staat, het ook geen beswaar hierteen
gehad nie en word hierdie
appèl gevolglik geag ân appèl deur
beide appellante te wees.
[3] Beide
appellante het ân Aansoek om Kondonasie geliasseer ten opsigte van
die laat liassering van hul Kennisgewings van Appèl.
Vanweë die
gevolgtrekkings wat hierinlater gemaak word ten opsigte van die
meriete van die appellante se appèl, word beide die
Aansoeke om
Kondonasie toegestaan.
[4] By
nalees van eerste appellant se Kennisgewing van Appèl, blyk dit
aanvanklik dat sy appèl slegs gerig is teen die opgelegde
vonnisse.
Indien die inhoudelike egter nagegaan word, blyk dit dat eerste
appellant daarin beweer dat hy nie teenwoordig was toe
die rooftog
gepleeg is nie. Ek is gevolglik van mening dat eerste appellant se
appèl geag moet word ân appèl teen die skuldigbevinding
op
aanklag 1 sowel as die opgelegde vonnisse te wees. Wat tweede
appellant betref, blyk dit dat sy appèl slegs gerig is teen die
opgelegde vonnisse. Vanweë die feit dat die meriete van die appèl
in ieder geval hierin oorweeg moet word ten opsigte van eerste
appellant, word dit vanweë doelmatigheidsredes ook ten opsigte van
tweede appellant gedoen.
[5] Die
eerste staatsgetuie, Meschak Mogkhalo, het getuig dat hy gedurende
die vroeë oggendure van 1 Oktober 2000 saam met ene Papise
verkoopswerk by Mnr. Dhlengesela se taverne gedoen het. Tweede
appellant het die vertrek binnegekom en ân vuurwapen op die getuie
en sy mede-werknemer gerig en hulle in ân hoek forseer, waarna hy
geld geëis het. Eerste appellant het ook ingekom en kaste bier
na
buite gestoot na ân derde persoon wat buite was. Volgens die
getuie was daar elektriese beligting binne die vertrek en kon
hy
beide appellante duidelik sien. Beide appellante was ook voorheen
goed aan hom bekend. Tweede appellant staan aan hom as âPapaâ
bekend. Hoewel eerste appellant se gesig aanvanklik met ân t-hemp
bedek was, het die
t-hemp op ân stadium
afgeval en het eerste appellant nie weer sy gesig toegemaak nie. Die
getuie het wel geld aan tweede appellant
oorhandig en het eerste
appellant ook drie kaste bier uit die vertrek verwyder. Appellante
is toe daar weg saam met die derde persoon
wat meestal buite die
vertrek was en deurentyd `n t-hemp oor sy gesig gehad het. Die
tweede staatsgetuie, Abraham Mogkhalo, wie
die mede-verkoopsman was,
het in wese die eerste staatsgetuie se getuienis gestaaf wat tweede
appellant betref. Hy het ook vir tweede
appellant geïdentifiseer en
verduidelik dat tweede appellant aan hom baie goed bekend is. Hy was
egter nie in staat om eerste appellant
te identifiseer nie,
aangesien, volgens hom, sy gesig met ân t-hemp bedek was. Tydens
kruisverhoor het dit geblyk dat hierdie
getuie op ân stadium âagter
by die yskasteâ was en dat hy dus nie deurentyd vir eerste
appellant kon waarneem nie. Hierop
het die eienaar van die taverne
getuig dat hy later dieselfde nag deur sy twee werknemers vertel is
wat gebeur het. Hulle het toe
na die verdagtes gaan soek en by Ranch
Taverne is daar twee verdagtes deur sy werknemers uitgewys. Volgens
hierdie getuie was dit
eerste appellant en tweede appellant. Toe
tweede appellant hulle sien, het tweede appellant weggehardloop.
Hulle het egter vir
eerste appellant gevang en hom aan die polisie
oorhandig wie kort daarna op die toneel opgedaag het. Die polisie
het eerste appellant
in sy teenwoordigheid deursoek en ân vuurwapen
aan sy persoon aangetref. Dit het die staatsaak voltooi.
Eerste
appellant het onder eed getuig dat hy geensins by die rooftog
betrokke was nie. Hy het bloot die aand by ân taverne gesit
en
bier drink toe hy deur die polisie gearresteer is. Hy erken dat daar
ân vuurwapen by hom gevind is, maar het hy beweer dat
tweede
appellant vroeër die aand die vuurwapen vir hom gegee het met die
versoek om dit by hom te hou totdat tweede appellant dit
later weer
by hom sou kry. Volgens hom ken hy wel vir tweede appellant van die
skool af en het hy aanvaar dat tweede appellant oor
ân lisensie vir
die vuurwapen beskik. Tweede appellant het getuig dat hy die dag van
die voorval te Evaton by sy ma se sussie
was. Volgens hom het hy
eers weer op 5 November teruggekeer na Parys. Hy het gevolglik
ontken dat hy enigsins betrokke was by die
rooftog, ontken dat hy die
betrokke aand by Ranch Taverne was, ontken dat hy ân vuurwapen aan
eerste appellant sou gegee het en
in besonder het hy ontken dat
eerste appellant en die eerste twee staatsgetuies enigsins aan hom
bekend is. Hy is op 10 November
2000 gearresteer. Gedurende
kruisverhoor het hy egter erken dat hy bekend staan as âPapaâ,
maar kon nie ân verduideliking
gee oor waarom die eerste twee
staatsgetuies hom volgens daardie naam ken as hy nie aan hulle bekend
is, soos tweede appellant beweer
nie. Dit het die verdediging se
saak voltooi.
[6] In
ân goed gemotiveerde uitspraak van die Verhoorhof, het die
Verhoorhof sekere bevindings met betrekking tot die geloofwaardigheid
van die staatsgetuies, sowel as die betroubaarheid van hul
identifisering van die appellante, gemaak. Wat die geloofwaardigheid
betref, het die Verhoorhof onder andere as volg bevind:
â
As die hof die geloofwaardigheid
van hulle getuienis onder die vergrootglas plaas, dan is dit so dat,
alhoewel hulle getuienis sekerlik
nie vlekkeloos is nie, beide
oortuig het as eerlik en geloofwaardige getuies. Nieteenstaande die
gebeure wat hulle die betrokke
aand te beurt geval het, ooglopend
dramaties van aard moes gewees het, het hulle nietemin duidelik,
konsekwent en kronologiese beskrywings
daarvan in die hof oorgedra.
Hulle getuienis staaf mekaar oor en weer in wesenlike opsigte,
waaronder dat daar drie aanvallers was
en dat beskuldigde nr. 2, een
van die aanvallers was en ook die persoon was wie die vuurwapen
hanteer het. Hulle getuienis openbaar
ook nie inherente
onwaarskynlikhede nie. .......... Aspekte wat aanduidend is van ân
inherente eerlikheid aan die kant van die
getuies.â
(Rekord, p. 61, reël 31
â p. 62, reël 23)
Wat die betroubaarheid
van hul identifisering van appellante betref, het die Verhoorlanddros
as volg bevind:
â
Beide getuies se
uitkenningsgetuienis openbaar dan dat hoewel die voorval in die vroeë
oggendure plaasgevind het, die vertrek waarin
hulle was in die
binnekant met elektriese beligting verlig was, beide se getuienis
openbaar dat van die twee beskuldigdes van voor
die dag van die
voorval aan hulle bekend was en dit is hulle onbetwiste getuienis.
......... Die feit dat die beskuldigdes van voor
die dag van die
voorval bekend was aan die staatsgetuies, temper na die mening van
die hof, die gevaar verbonde aan ân foutiewe
uitkenning. ..........
Wat die kumulatiewe effek van die feite en omstandighede wat geheers
het ten tyde van die maak van die getuies
se waarneming in oorweging
neem, is die hof van oordeel dat daardie omstandighede voldoende
gunstig was vir die maak van betroubare
waarnemings. Die hof is
tevrede dat daar nie ân redelike moontlikheid bestaan dat die
getuies eerlik maar vergiste getuies kan
wees wat dan getuig dat die
twee beskuldigdes twee van die drie aanvallers was nie. Wat die
getuienis van Ruben Dhlengesela betref,
kan daar teen die totaliteit
van sy getuienis, geen kritiek uitgespreek word nie, daar bestaan
geen rede waarom sy getuienis in totaliteit
nie as betroubaar en
korrek aanvaar kan word nie. Van belang in sy getuienis inaggenome
die geskilpunt in die saak is dan dat hy
betreklik kort nadat hierdie
roof moes plaasgevind het, ooglopend die twee beskuldigdes in mekaar
se geselskap by Ranch Taverne gesien
het. Dat altwee voet in die
wind probeer slaan het maar dat slegs beskuldigde nr. 2 ooglopend
suksesvol was en beskuldigde nr. 1
vasgekeer is en dat ân vuurwapen
in beskuldigde nr. 1 se besit gevind is. Die hof is van oordeel dat
hierdie brokkies omstandigheidsgetuienis
tog ook stukrag verleen aan
die betroubaarheid van Meschak en Abraham Mogkhalo se
uitkenningsgetuienis.â
(Rekord, p. 63, reël 30
- p. 65, reël 13)
Hierteenoor het die
Verhoorhof ernstige kritiek teenoor die appellante se weergawes
uitgespreek. Na ân volledige ontleding van
hulle getuienis, het hy
tot die gevolgtrekking gekom dat appellante se weergawes as vals
verwerp moet word.
(Rekord,
p. 65, reël 18 - p. 68, reël 10)
[7] Na bestudering van
van die oorkonde, is ek oortuig dat daar geen kritiek uit te spreek
is teen die wyse waarop die Verhoorlanddros
die staatsgetuienis
evalueer het aan die een kant en die appellante se weergawes aan die
ander kant nie. Indien die totaliteit van
die getuienis voor die Hof
in oorweging geneem word, is ek van mening dat die Verhoorhof
heeltemal tereg bevind het dat die Staat
beide appellante se skuld
ten opsigte van beide aanklagte bo redelike twyfel bewys het. In
soverre daar dus teen die skuldigbevindings
geappelleer word, kan die
appèl na my mening nie slaag nie.
[8] Wat
die appèl teen die opgelegde vonnisse betref, is ek voornemens om
apart met die twee appellante te handel. Wat eerste appellant
se
opgelegde vonnis op aanklag 1 betref, het Mnr. Van Rensburg, namens
eerste appellant, betoog dat die opgelegde vonnis skokkend
swaar en
onvanpas is. Mev. Ferreira, namens die Staat, het reeds in haar
Betoogshoofde, en ook weer ten tyde van die beregting van
die appèl,
aangedui dat die Staat nie die opgelegde vonnis ondersteun nie en
toegegee, na my mening heeltemal tereg, dat die vonnis
inderdaad
skokkend swaar en onvanpas is en mee ingemeng behoort te word.
Eerste appellant was 16 jaar oud ten tyde van die pleging
van die
misdryf en is ek van mening dat die Verhoorhof tereg bevind het dat
die minimum vonnis voorgeskryf in artikel 51 van die
Strafregwysingswet, Wet 105 van 1997, nie in die onderhawige geval op
eerste appellant van toepassing moet wees nie. Wat eerste
appellant
se persoonlike omstandighede betref, was hy, soos reeds vermeld, baie
jeugdig ten tyde van die pleging van die misdryf
en is hy ân
algeheel eerste oortreder. Hy was in standerd 6 op skool en het nie
gewerk nie. Dit moet ook in aanmerking geneem
word dat eerste
appellant agtien maande in aanhouding was as verhoorafwagtende. Wat
die aard en erns van die misdrywe betref, is
dit, soos tereg deur die
Verhoorhof uitgewys, ernstige misdrywe. Dit het derhalwe ook tot
gevolg dat die gemeenskapsbelang na die
voorgrond tree by die
oorweging van ân gepaste vonnis. Dit is egter ook geyk dat elke
geval op sy eie meriete beoordeel moet word,
gegewe die relevante
feite en omstandighede. In die onderhawige geval het eerste
appellant duidelik ân mindere rol gespeel ten
tyde van die rooftog
en het hy nie ân vuurwapen hanteer nie. Die staatsgetuies het ook
geen ernstige beserings opgedoen nie.
Dit moet ook in ag geneem word
dat die waarde van die geroofde items nie dermate hoog is nie.
Hierteenoor moet egter wel as verswarende
faktore in aanmerking
geneem word die feit dat die misdryf, op waarskynlikhede, met ân
mate van vooraf beplanning gepaard moes
gegaan het en is dit duidelik
deur die Verhoorhof gestel dat die tipe misdrywe ân hoë voorkoms
het in die jurisdiksiegebied van
die bepaalde hof.
[9] Na
ân ewewigtige opweging van bogemelde faktore, is ek van mening dat
die opgelegde vonnis van eerste appellant ten opsigte
van aanklag 1
inderdaad skokkend swaar en onvanpas is en dat daar dus daarmee
ingemeng moet word. Wat die opgelegde vonnis van eerste
appellant
ten opsigte van aanklag 2 betref, meen ek egter dat daar geen basis
is waarop daarmee ingemeng kan word nie en kan die
appèl teen
daárdie vonnis nie slaag nie.
[10] Wat
tweede appellant betref, is die bepalings van artikel 51 van die
Strafregwysigingswet, 105 van 1997, inderdaad van toepassing
ten
opsigte van aanklag 1 en moet ân verpligte minimum vonnis van 15
(vyftien) jaar gevangenisstraf opgelê word tensy daar wesenlike
en
dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van ân mindere
vonnis regverdig. Mev. Ferreira het insgelyks ten opsigte
van
hierdie opgelegde vonnis aangedui dat die Staat nie die vonnis
ondersteun nie en toegee dat die vonnis skokkend swaar en onvanpas
is. Ek is van mening dat hierdie toegewing insgelyks weer heeltemal
tereg gemaak is. Wat die persoonlike omstandighede van tweede
appellant betref, is hy ân eerste oortreder en 20 jaar oud ten tyde
van die pleging van die misdryf, wat hom ân betreklik jeugdige
oortreder maak. Hy is ongetroud en het geen afhanklikes nie. Tweede
appellant het standerd 7 op skool geslaag, is werkloos en is
deur sy
ouers versorg. Saam met hierdie persoonlike omstandighede van tweede
appellant, moet beslis ook in aanmerking geneem word
dat tweede
appellant ook vir ân tydperk van bykans twee jaar as
verhoorafwagtende in hegtenis was. Wat die aard en erns van die
misdrywe betref, het ek reeds vermeld dat dit inderdaad ernstige
misdrywe is en dat die gemeenskapsbelang in sodanige geval na die
voorgrond tree. Die omringende omstandighede van die rooftog moet
egter ook in aanmerking geneem word. In die onderhawige geval
het
die staatsgetuies nie enige ernstige beserings opgedoen nie en is die
waarde van die geroofde items nie baie hoog nie. Anders
as in die
geval van eerste appellant, word dit egter wel as verswarende faktor
in aanmerking geneem dat tweede appellant die persoon
is wat die
vuurwapen ten tyde van die pleging van die rooftog hanteer het en
klaarblyklik die leidende rol daarin gespeel het. Dit
word ook in
aanmerking geneem, soos ten opsigte van eerste appellant, dat die
misdryf waarskynlik tot ân mate vooraf beplan moes
gewees het.
[11] Wanneer
voormelde faktore in aanmerking geneem word, meen ek dat die
kumulatiewe effek van die persoonlike omstandighede en die
versagtende faktore sodanig is dat dit wesenlike en dwingende
omstandighede daarstel wat ân afwyking van die minimum voorgeskrewe
vonnis noodsaak. Ek is van mening dat die minimum voorgeskrewe
vonnis skokkend swaar en onvanpas is in die onderhawige omstandighede
en ân ongeregtigheid teenoor tweede appellant sal geskied indien
daar nie met die opgelegde vonnis ingemeng word nie.
[12] Wat
tweede appellant se opgelegde vonnis ten opsigte van aanklag 2
betref, moes tweede appellant gevonnis word ooreenkomstig
artikel 39
van die Wet op Vuurwapens en Ammunisie, Wet 75 van 1969.
Ooreenkomstig gemelde artikel is die straf vir `n eerste oortreder
ten opsigte van hierdie misdryf ân boete van hoogstens R12 000.00
of gevangenisstraf vir ân tydperk van hoogstens 3 (drie) jaar
of
sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf. Waar die Verhoorhof
in die onderhawige geval ân vonnis van vyf jaar gevangenisstraf
opgelê het, stel die vonnis gevolglik ân onreëlmatigheid daar wat
inmenging met die opgelegde vonnis noodsaak. Gegewe die relevante
faktore waarna reeds hierbo verwys is, is ek van mening dat
gevangenisstraf vir ân tydperk van 3 (drie) jaar, soos in die geval
van eerste appellant, ân gepaste vonnis ten opsigte van aanklag 2
vir tweede appellant is. Hoewel die vuurwapen nie daadwerklik
in
tweede appellant se besit gevind is nie, blyk dit uit die
omstandighede van die rooftog dat tweede appellant die persoon was
wat
aktief die vuurwapen hanteer het. Die vuurwapen is dus gebruik
om ân ernstige misdryf te pleeg.
[13] Soos
die geleerde Verhoorhof, is ek insgelyks van mening dat die opgelegde
vonnisse samelopend uitgedien moet word ten einde
die kumulatiewe
effek van die gevangenisstraf te temper.
[14] Gevolglik
word die volgende bevele gemaak:
1. Beide appellante se
appèl teen die skuldigbevindings word van die hand gewys en die
skuldigbevindings van beide appellante op
aanklagte 1 en 2 word
bekragtig.
2. Eerste
appellant se appèl teen die opgelegde vonnis op aanklag 1 slaag, die
opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang met
een van 7 (sewe)
jaar gevangenisstraf, welke gevangenisstraf geag moet word opgelê te
gewees het op 6 September 2002.
3. Eerste
appellant se appèl teen die opgelegde vonnis op aanklag 2 word van
die hand gewys en die opgelegde vonnis word bekragtig.
4. Tweede
appellant se appèl teen die opgelegde vonnis op aanklag 1 slaag, die
opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang met
een van 10 (tien)
jaar gevangenisstraf, welke gevangenisstraf geag moet word opgelê te
gewees het op 6 September 2002.
5. Tweede
appellant se appèl teen die opgelegde vonnis op aanklag 2 slaag, die
opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang met
een van 3 (drie)
jaar gevangenisstraf, welke gevangenisstraf geag moet word opgelê te
gewees het op 6 September 2002.
6. Ten
opsigte van beide eerste appellant en tweede appellant word dit gelas
dat die gevangenisstraf opgelê op aanklag 2, samelopend
uitgedien
moet word met die gevangenisstraf opgelê op aanklag 1.
____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
________________
D. MILTON, WND R
Namens
die appellant: Adv. T.B. van Rensburg
In
opdrag van:
Regshulpraad
Fleckstraat
KROONSTAD
Namens
die respondent: Adv. A. Ferreira
In
opdrag van:
Direkteur
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp