About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 128
|
|
S v Mokoena (1265/2006) [2006] ZAFSHC 128 (9 November 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Spesiale
Hersiening Nr.: 1265/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
LETSHABO
ABEL MOKOENA
_____________________________________________________
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
9
NOVEMBER 2006
[1] Beskuldigde
het te Kroonstad landdroshof verskyn voortspruitend uit ân
Skriftelike Kennisgewing om in die Hof te verskyn, uitgereik
ooreenkomstig die bepalings van artikel 56 van die Strafproseswet,
Wet Nr. 51 van 1977.
[2] Op 26 September 2006
het hy skuldig gepleit op ân aanklag wat bedoel was om te wees dat
beskuldigde ân motorvoertuig op ân
openbare pad bestuur het
sonder ân geldige bestuurderslisensie. Hy is skuldig bevind en op
3 Oktober 2006 gevonnis tot R600,00
of 30 dae gevangenisstraf
opgeskort op sekere voorwaardes.
[3] Die
aangeleentheid is op spesiale hersiening ooreenkomstig die bepalings
van artikel 304(4) van die Strafproseswet na hierdie
hof gestuur met
die volgende opmerkings deur die landdros:
â
1. Beskuldigde is foutiewelik
skuldig bevind aan Reg.36(1) in plaas van Artikel 12(a) van Wet
93/1996.
2. Die
saak word derhalwe op spesiale hersiening gestuur vir
tersydestelling.â
[4] Voormelde
skriftelike kennisgewing het die aanklag omskryf as
â
Act.
93/1996
Reg.36(i) Driving without a licence.â
Dit
is op hierdie aanklag waarop die beskuldigde skuldig bevind is.
Volledigheidshalwe word ook vermeld dat selfs die
opskortingsvoorwaardes
met betrekking tot die opgelegde vonnis bepaal
dat die straf opgeskort word vir ân tydperk van 3 jaar op
voorwaarde dat beskuldigde
nie weer binne die tydperk van opskorting
skuldig bevind word aan
âoortreding
van Reg.36(1) van Wet 93/1996â
gepleeg binne die tydperk van opskorting nie.
[5] Dit
blyk duidelik uit die verdere omskrywing van die beweerde misdryf wat
op die skriftelike kennisgewing verskyn dat dit die
bedoeling was om
beskuldigde aan te kla daarvan dat hy ân motorvoertuig bestuur het
sonder dat hy in besit is van ân geldige
bestuurderslisensie.
Regulasie 36(1) waarna verwys word in die aanklag handel egter met
die wyse waarop ân lisensieskyf of ân
lisensie- en
padwaardigheidsertifikaatskyf op ân voertuig vertoon moet word.
Dit is dus duidelik dat Regulasie 36(1) geensins
betrekking het op
die oortreding van ân motorvoertuig bestuur sonder ân geldige
bestuurderslisensie nie. In ieder geval is die
bewoording van
Regulasie 36(1) sodanig dat dit, opsigself gelees, geensins enige
misdryf daarstel nie. Dit is dus duidelik dat beskuldigde
aangekla
moes gewees het van ân oortreding van Artikel 12(a) van die
Nasionale Padverkeerswet, Wet Nr. 93 van 1996, saamgelees
met die
bepalings van Artikel 89(1) en Artikel 89(6) van gemelde Wet,
laasgenoemde synde die relevante misdryf- en strafbepalings
waarsonder die aanklag nie ân behoorlike misdryf daar sal stel nie.
(Sien
R
v CARTO
1917 EDL 87
op 95).
[6] Die
aanklag soos beskryf in die skriftelike kennisgewing stel derhalwe
nie ân misdryf daar nie en is die aanklag derhalwe onreëlmatig
en
nietig. Gevolglik is die skuldigbevinding en opgelegde vonnis ook
onreëlmatig en nietig.
[7] In
die vooropstelling word die skuldigbevinding en opgelegde vonnis
tersyde gestel.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
_________________________
C.
H. G. VAN DER MERWE, R
/em