S v Leburu and Others (1096/2006) [2006] ZAFSHC 162 (2 November 2006)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — First offenders — Sentencing of first offenders for possession of dagga — Accused found in possession of 21.3 kg of dagga — Sentences of nine months' imprisonment deemed inappropriate — Sentences replaced with nine months' imprisonment, six months suspended for three years on condition of no further offences under relevant legislation. The accused, aged 20, 21, and 22, were convicted of possession of dagga and sentenced to nine months' imprisonment. They were first offenders, presented personal circumstances indicating unemployment and family responsibilities, and had been in custody for over two months prior to sentencing. The legal issue concerned the appropriateness of the sentences given the quantity of dagga involved and the status of the accused as first offenders. The court held that the original sentences were inappropriate and replaced them with a modified sentence, suspending part of the imprisonment on certain conditions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 162
|

|

S v Leburu and Others (1096/2006) [2006] ZAFSHC 162 (2 November 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 1096/2006
In die hersiening van:
DIE STAAT
versus
THABANG LEBURU EN
TWEE ANDER
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT
R
et
H.M. MUSI R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
2
NOVEMBER 2006
_____________________________________________________
[1]
Die beskuldigdes, onderskeidelik 20, 21 en 22 jaar oud, is skuldig
bevind aan die oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van
1992, te
wete, besit van dagga (21,3 kg) en is al drie gevonnis tot nege
maande gevangenisstraf.
[2] Al drie beskuldigdes
is eerste oortreders en het besonderhede van hul persoonlike
omstandighede verskaf. Beskuldigde nr. 1 het
vermeld dat hy werkloos
is en klere verkoop en dat hy getroud is met een kind wat in Lesotho
woon. Beskuldigde nr. 2 het ook getuig
dat hy werkloos is en een
kind het in Welkom wat by sy moeder bly. Hy het geen geld vir ‘n
boete nie. Beskuldigde nr. 3 het ook
vermeld dat hy werkloos is en
getroud is met geen kinders nie. Hy het ‘n buite straf versoek.
[3] Gewoonlik word eerste
oortreders van hierdie ouderdom normaalweg tot ‘n boete gevonnis
met alternatiewe gevangenisstraf. Somtyds
word ‘n algehele
opgeskorte vonnis bygevoeg. Wat verswarend in hierdie saak is, is
die feit dat ‘n relatiewe groot hoeveelheid
dagga betrokke is, te
wete 21,3 kilogram, en dat dit ‘n oortreding is wat dikwels in die
betrokke hof se regsgebied voorkom. Die
landdros het in sy redes
vermeld dat Zastron geleë is in die sogenaamde dagga roete vanaf
Lesotho en die Transkei en dat dit onrusbarend
is dat jongmense en
selfs kinders van so jonk as veertien jaar voor die hof verskyn vir
die besit van dagga. Aan die anderkant van
die skaal is die feit dat
die beskuldigdes taamlik jeugdige eerste oortreders is.
[4] Dit blyk in elk geval
dat die beskuldigdes nou reeds vanaf datum van vonnis, ongeveer twee
maande, in hegtenis is en voor dit
ook in aanhouding was vir meer as
‘n maand vanaf inhegtenisname.
[5] Myns
insiens, is die vonnisse sodanig onvanpas dat daarmee ingemeng
behoort te word en sal die ondervermelde vonnis reg laat geskied
aan
bogemelde faktore en al die ander aspekte wat uit die oorkonde blyk.
[6] Bygevolg word die
skuldigbevindings bekragtig, maar die vonnisse tersyde gestel en
vervang met die vonnisse soos hieronder uiteengesit
(ten aansien van
al drie beskuldigdes):
Nege maande
gevangenisstraf waarvan ses maande gevangenisstraf vir ‘n tydperk
van drie jaar opgeskort word op voorwaarde dat beskuldigdes
nie
skuldig bevind word aan die oortreding van artikels 4(b) of 5(b) van
Wet 140 van 1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie.
Die vonnisse moet geag
word opgelê te gewees het op 28 Augustus 2006.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
___________
H.M.
MUSI, R
/sp