S v Sefali and Another (947/2006) [2006] ZAFSHC 124 (2 November 2006)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Youth offenders — Appellants, aged 18, convicted of robbery of a cellphone valued at R2 000, with no prior convictions and satisfactory home circumstances — Original sentences of 30 months imprisonment deemed inappropriate for rehabilitation — Sentences replaced with wholly suspended terms of 12 and 18 months respectively, conditional on no further convictions for robbery during the suspension period.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 124
|

|

S v Sefali and Another (947/2006) [2006] ZAFSHC 124 (2 November 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 947/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
HAROLD
MOETI SEFALI
Beskuldigde 1
LEHLOHONOLO
JONAS CHRISJAAR
Beskuldigde 2
______________________________________________________
CORAM:
CILLIé,
R
et
VAN
DER MERWE, R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
______________________________________________________
GELEWER
OP:
2
NOVEMBER 2006
[1] Die
beskuldigdes is elkeen tereg skuldig bevind op ‘n aanklag van roof
van ‘n selfoon ter waarde van R2 000,00. Hulle is
vervolgens elk
gevonnis tot 30 maande gevangenisstraf.
[2] Dit
blyk uit die onweerspreekte getuienis van die klaagster, wat 15 jaar
oud was, dat sy op die betrokke middag oppad was na haar
ouerhuis toe
sy gemerk het dat sy deur die beskuldigdes gevolg word. Beskuldigde
2, wat groter gebou is as beskuldigde 1, het die
klaagster van agter
gegryp en haar gepootjie sodat sy geval het. Beskuldigde 2 het die
arms van die klaagster vasgedruk waarop beskuldigde
1 in opdrag van
beskuldigde 2 die selfoon uit die klaagster se broeksak geneem het.
As gevolg van die moedige optrede van die klaagster
om beskuldigde 1
te agtervolg, is hy deur lede van die publiek aangekeer. Die
volgende dag is beskuldigde 2 in besit gevind van
die selfoon. Die
selfoon is in ‘n werkende toestand teruggegee aan die klaagster.
Die klaagster het geen beserings opgedoen nie.
[3] Die
beskuldigdes was elkeen 18 jaar oud ten tye van die voorval. Elkeen
het geen vorige veroordelings nie en was op daardie stadium
skoolgaande in graad 10. In ‘n gemotiveerde voorvonnisverslag ten
aansien van elk van die beskuldigdes is aanbeveel dat aan elk
‘n
opgeskorte vonnis opgelê word. Alhoewel die beskuldigdes onskuldig
gepleit het, het hulle nie die staatsgetuienis weerspreek
nie en elk
aan die proefbeampte erken dat hulle die misdaad gepleeg het. Dit
blyk uit die gemelde verslag dat beide bevredigende
huislike
omstandighede het in die omstandighede, gereeld skool bywoon en daar
bevredigend vorder.
[4] Dit is so dat roof ‘n
ernstige tipe misdryf is. Ek aanvaar ook dat dit ‘n misdryf is wat
toeneem in die landdros se jurisdiksie-gebied.
Elke saak moet egter
op sy eie meriete beoordeel word. In besonder moet by
vonnisoplegging ten aansien van skoolgaande jeugdiges
klem gelê word
op rehabilitasie. Die rehabilitasie van die onderhawige beskuldigdes
sal waarskynlik deur direkte gevangenisstraf
verongeluk word.
[5] In
al die omstandighede van hierdie saak is die opgelegde vonnisse myns
insiens nie ooreenkomstig die reg nie en moet dit vervang
word met
opgeskorte vonnisse. In die omstandighede moet die vonnis van
beskuldigde 2, na my oordeel, swaarder wees dan die van beskuldigde
1.
[6] Gevolglik
word die opgelegde vonnisse van elk van die beskuldigdes ter syde
gestel en vervang met die volgende:
Beskuldigde 1: 12
(twaalf) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir 5
(vyf) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word
aan roof gepleeg gedurende die opskortingstermyn nie.
Beskuldigde
2: 18 (agtien) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word
vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind
word aan roof gepleeg gedurende die opskortingstermyn nie.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
______________
C. B. CILLIé, R
/em