About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 161
|
|
Free State Buying Association (Pty) Ltd v Nichas Mirkin BK (2773/2006) [2006] ZAFSHC 161 (27 October 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 2773/2006
In
die saak tussen:
FREE
STATE BUYING ASSOCIATION LTD
Eiser
en
NICHAS
MIRKIN BK
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
26
OKTOBER 2006
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
OKTOBER 2006
_____________________________________________________
[1] Hierdie
is ân aansoek om summiere vonnis waar die verweerder besluit het om
eerder sekuriteit te verskaf as om sy verweer onder
eed te openbaar.
[2] Eiser
het op 10 Augustus 2006 aansoek om summiere vonnis gedoen. Op
versoek van die verweerder is die saak op 10 Augustus 2006
uitgestel
en verweerder is gelas om die verspilde koste te betaal. Op 24
Augustus 2006 is die saak
sine
die
uitgestel en moes verweerder weer die koste van daardie dag betaal.
[3] Op 24 Augustus 2006
het verweerder ân sekuriteitsakte geliasseer. Daarin het die bank
onderneem om, by voorlegging van ân
hofbevel, R417 932,73 plus
koste te betaal, op voorwaarde dat die totale bedrag betaalbaar nie
R500 000,00 oorskry nie (klousule
3). In klousule 4(iii) bied die
bank aan om die getakseerde koste te betaal mits dit nie die bedrag
van R82 067,27 oorskry nie.
Die geldigheidsduur van die waarborg is
tot een jaar beperk (klousule 12).
[4] Die
waarborg was nie vir eiser aanvaarbaar nie, en hy het die summiere
vonnis aansoek ter rolle geplaas.
[5] Op
15 September 2006 het verweerder se prokureur ân opponerende
eedsverklaring geliasseer waarin onder meer die volgende vermeld
word:
â
5.
Due to considerations which are not
relevant for purposes of this affidavit, Respondent chose to resist
the summary judgment application
by setting security as
aforementioned in terms of the Rule.
6.
To this end Defendant supplied the
Plaintiff with a draft letter of guarantee from Investec Bank.
........
9.
Investec Private
Bank issued a letter of guarantee in favour of the Plaintiff in the
sum of
R417,932.73
in respect of any judgment which may be awarded to the Plaintiff,
which award must be made an order of the High Court of South Africa
and undertakes to pay the Plaintiff an amount not exceeding
R417,932.73
plus cost, subject to terms and conditions stated below and provided
that the total amount payable in terms of the guarantee is limited
to
the amount of
R500,000.00.
........
11.
Plaintiffâs
attorneys is of the opinion that the letter of guarantee is not a
guarantee in terms of Rule of Court 32(3)(a) for
âany
judgment including costs with may be givenâ
and therefore re-enrolled the application for summary judgment.
12.
Defendant is of the
opinion that it has given security to the Plaintiff to the
satisfaction of the Registrar for any judgment including
cost which
may be given in as far as the Registrar has accepted the security,
alternatively
the Registrar has to date not given Defendant any indication that the
security given by the Defendant via Investec Private Bank is
not to
the Registrarâs satisfaction.
13.
Defendant therefore respectfully
submits that leave to defend shall be given and the action should
proceed as if no application for
summary judgment had been made.
Defendant also submits that the application for summary judgment
should be dismissed with a special
cost order.
14.
Alternatively
and if the Honourable Court finds that Defendant has not given
Plaintiff security to the satisfaction of the Registrar or that the
security given is not in accordance with the provisions of Rule of
Court 32 then and in that instance Defendant tenders to give security
for Plaintiff to the satisfaction of the Registrar in accordance with
such conditions as the Honourable Court will direct with regards
to
the security.
15.
In the event that
the Honourable Court holds that the security given does not comply
with the requirements of Rule of Court 32 Defendant
will seek a
postponement to give security in accordance with the conditions and
directives of the above Honourable Court and will
in that instance
request that the matter be postponed in order to enable it to comply
with the above Honourable Courtâs conditions,
alternatively
to file a further supplementary opposing affidavit wherein it will
disclose fully the nature and grounds of its
bona
fide
defence to the Plaintiffâs action.â
[6] Die
aansoek om summiere vonnis is op 21 September 2006 aangehoor. Op
daardie dag het C.J. Musi R die volgende bevel gemaak:
â1. Die
saak word uitgestel tot 12 Oktober 2006.
2. Die verweerder moet voor of op 5
Oktober 2006 die sekuriteit ingevolge die hofreëls verskaf.
3. Die
verweerder moet vandag se koste op ân basis van party en party
betaal."
[7] Op 2 Oktober is ân
afskrif van ân ander sekuriteitsakte verskaf. (Ek mag vermeld dat
daar geen oorspronklike sekuriteitsakte
in die hoflêer is nie; nie
ten opsigte van die eerste of die tweede nie. Die tweede is trouens
byna ân onleesbare faks afskrif.)
In die tweede sekuriteitsakte
gedateer 2 Oktober 2006 sê die verweerder in par. 5 daarvan die
volgende:
â
5.
Payment
in terms of this guarantee in total is limited to an amount not
exceeding
R500
000
(Five hundred thousand rand)
plus
interest which have accrued on the amount of R500 000 (Five hundred
thousand rand) held in an account with Investec by the Defendant.â
[8] Ingevolge
par. 14 daarvan is dit beperk tot vyf jaar. Behalwe dat die
geldigheidsduur van die waarborgakte na vyf jaar verleng
is, bly die
beswaar dat die bedrag beperk word tot R500 000,00. Dis prakties
ongewysig.
[9] Mnr.
Reinders, namens verweerder, het aangevoer dat die sekuriteit
voldoende is omdat dit die kapitaal dek en waarskynlik ook
die koste
sal dek. Hy het verwys na die beslissing van
SPRING
& VAN DEN BERG CONSTRUCTION (PTY) LTD v BANFREVAN PROPERTIES
(PTY) LTD
1968 (1) SA 326
(D). In daardie geval het die verweerder aanvanklik
op ân eedsverklaring gesteun maar daarna sekuriteit aangebied. Die
saak was
toe uitgestel sodat sekuriteit gestel kon word. Dit is
opvallend dat die regter daar vermeld dat die verweerder geregtig is
om sekuriteit
te stel ook om die volgende redes soos vermeld op 328 D
â E:
â
I
am fortified in this view because I feel that the tone of letters
written on behalf of the defendant to the plaintiff indicates
a
readiness to pay what is shown to be owing, and give the impression
that they are completely
bona
fide
and straightforward.â
[10] Mens
kan ongelukkig nie dieselfde van die huidige verweerder sê nie. Na
aanleiding van eiser se besware, het verweerder op
14 Augustus 2006
reeds, voor die tweede sekuriteitsakte aangebied is, ân konsep aan
eiser voorgelê wat eiser se besware besweer
het. Daardie voorstelle
is nie vervat in die tweede sekuriteitsakte nie. Die eiser sukkel
nou reeds nagenoeg drie maande om ân
behoorlike sekuriteitsakte uit
die verweerder te kry en het dit nog steeds nie gekry nie. Die
verweerder wil ook nie aandui wat
sy verweer is behalwe (soos reeds
hierbo aangehaal) om te sê dat vir redes wat nie tans relevant is
die verweer nie geopenbaar word
nie. Waarom daardie redes nie
vermeld kan word nie, is nie duidelik nie.
[11] Sekuriteit
ingevolge Reël 32(3)(a) moet op ân behoorlike basis bepaal word
(vergelyk
MERVIS
BROTHERS v SCHMIDT t/a PROGRAMMED LANGUAGE COURSE
1991 (1) SA 313
(W) op 315 J). Die griffier kan nie sekuriteit
verleen vir ân mindere bedrag as eiser se eis nie (
CINEMARK
(PTY) LTD v ALFETTA TUNE-UP CENTRE
1979 (4) SA 802
(W) op 803 G â H). Die doel van sekuriteitstelling
ingevolge Reël 32(3)(a) is om afdoende sekerheid aan die eiser te
verskaf
vir enige vonnis en kostebevel wat deur hom in die aksie
verhaal mag word (
SMIT
v HOFFMAN EN âN ANDER
1977 (4) SA 610
(O) op 614 F â 615 C).
Dit
moet in gedagte gehou word dat eiser in hierdie geval koste op die
skaal soos tussen prokureur en eie kliënt versoek (klousule
14.2.4
van die kontrak waarop eiser steun), en sekuriteit moet verskaf word
op die basis dat so ân bevel moontlik gemaak sal word
[12] Dit
is duidelik dat die griffier ân diskresie het met betrekking tot
die bepaling van sekuriteit. Mev. Mostert, die assistent-griffier
wat met hierdie aangeleentheid gehandel het, se aantekening in die
hoflêer lees soos volg:
â
Security
be set for the amount prayed for in the summons, interest and costs
as may be ordered by the High Court or Supreme Court
of Appeal. On
or before the
5.10.06
the final security report must be filed at the court as ordered on 21
September 2006.â
Daardie
inskrywing is deur haar onderteken op 2 Oktober 2006 kennelik nadat
die tweede sekuriteitsakte verkry is. Geen verdere sekuriteitsakte
soos deur haar bedoel is voor of op 5 Oktober 2006, of daarna,
geliasseer of aangebied nie.
[13] Die tweede
sekuriteitsakte is nie onbeperk nie. Dit verskaf nie sekuriteit vir
die vonnis en kostes nie.
[14] Ek het tydens betoog
die moontlikheid geopper dat verlof om te verdedig verleen kan word
op voorwaarde dat aan die eiser verlof
verleen word om later weer die
Hof te nader om die tydperk te verleng of die bedrag te vergroot. In
antwoord hierop, nadat ân
verdaging geneem is, het Mnr. Van Rooyen,
namens eiser, my meegedeel dat die verweerder ân beslote korporasie
is; dat hy nie te
goeder trou opgetree het tot dusver nie en dat hy
moontlik net ân dop kan word binne enkele dae. Dit sou dus nie
help om sodanige
bevel te maak nie.
[15] Die
kwessie van goeie trou is van belang by summiere vonnis aansoeke. In
die aansoek om summiere vonnis beweer die eiser altyd
dat die
verweerder na sy mening geen
bona
fide
verweer het nie, soos bedoel in Reël 32(2). In
BREITENBACH
v FIAT SA (EDMS) BPK
1976 (2) SA 226
(T) op 227 G â 228 B behandel die Hof die kwessie
van
bona
fides
.
Dit slaan op die verweer (
SILVERLEAF
PASTRY & CONFECTIONERY CO (PTY) LTD v JOUBERT AND ANOTHER, NNO
1972 (1) SA 125
(K) op 129 B â C). ân Tender om voldoende
sekuriteit te verskaf dui goeie trou aan (
SPRING
-saak,
supra
).
In hierdie geval het die eiser ân onvoldoende sekuriteitsakte tot
ân totale bedrag van R500 000,00 aangebied op die eerste
geleentheid. Hy het dit ingeklee as ân eisbedrag en ân bedrag
wat die kostes beperk het. Toe hy meegedeel is dat dit nie
aanvaarbaar
is nie, het hy die syfers anders gerangskik en weer ân
totale bedrag van R500 000,00 aangebied en gesê dit is vir kapitaal
en
koste. Daar is eintlik geen verandering nie. Die gevolg van die
hofbeslissing op 21 September 2006 is dat daardie sekuriteitsakte
onvoldoende was. Dit is nie moontlik vir ân volgende Hof om nou te
bevind dat daardie Hof gefouteer het want hierdie Hof sit nie
op
appèl op daardie uitspraak nie.
[16] Soos
wat die verweerder in par. 14 en 15 van sy prokureur se
eedsverklaring, hierbo aangehaal, versoek het, het die Hof per Musi
R
op 21 September 2006 beslis dat die verweerder die geleentheid gegee
word om ân sekuriteitsakte, soos vereis deur die Hofreëls,
te
liasseer. Die verweerder het versuim om dit te doen.
[17] Uit
korrespondensie wat by die stukke aangeheg is, blyk dat eiser se
prokureur aan verweerder se prokureur uitgewys het wat sy
besware
teen die eerste sekuriteitsakte is. Verweerder se prokureur het toe
'n gewysigde sekuriteitsakte opgestel waarop die wysigings
aangedui
is en aan eiser se prokureur gestuur. In die voorgestelde gewysigde
sekuriteitsakte was die beperking op die bedrag sowel
as tyd
uitgehaal. Eiser se prokureur het teruggeskryf dat die voorgestelde
gewysigde sekuriteitsakte vir hom aanvaarbaar was. 'n
Sekuriteitsakte wat lees soos die voorgestelde en aanvaarde gewysigde
konsep is nooit aangebied nie.
[18] Die
tweede sekuriteitsakte verskil slegs kosmeties van die eerste.
Behalwe dat die geldigheidsduur vyf jaar in plaas van een
jaar is, is
die totale sekuriteit steeds beperk tot R500 000. Uit die griffier
se nota in die hoflêer is dit duidelik dat sy nie
tevrede was met
die eerste sekuriteitsakte nie. Sy het dit nie beskou as sekuriteit
vir enige vonnis insluitende koste wat gegee
kon word nie. Veral in
die lig van die feit dat mens hier met 'n eis vir koste op die skaal
soos tussen prokureur en eie kliënt
te doen het, kan mens nie
daardie uitoefening van die griffier se diskresie bevraagteken nie.
Die eerste sekuriteitsakte was nie
'n totale skadeloosstelling nie.
Die besware wat die griffier teen die eerste sekuriteitsakte geopper
het, bly staan ten opsigte
van die tweede sekuriteitsakte.
Sekuriteit tot bevrediging van die griffier soos bedoel in reël
32(3)(a) is nie verskaf nie. Objektief
gesproke was die griffier dus
korrek.
[19] Uit
eedsverklarings blyk dat die eiser se prokureurs nie bereid was om
die eerste sekuriteitsakte aan verweerder se prokureur
terug te lewer
nie. Dit is skynbaar die rede waarom die oorspronklike tweede
sekuriteitsakte nooit aan eiser se prokureur gelewer
is nie. Die
feit dat die tweede sekuriteitsakte nie gelewer is nie, maak nie veel
verskil in die lig van die feit dat die twee sekuriteitsaktes
prakties nie verskil nie.
[20] Die eerste
sekuriteitsakte was op 21 September 2006 voor die Hof. Op daardie
dag het die Hof gelas dat sekuriteit ingevolge
die Hofreëls gegee
moet word. Daardie hofbeslissing van CJ Musi R impliseer dat die
gelewerde sekuriteit nie aan die Hofreëls
voldoen nie. Die tweede
sekuriteitsakte verskil nie in wese van die eerste nie. Die besware
teen die eerste bly staan. Dus is
daar steeds geen sekuriteit soos
vereis deur Hofreël 32(3)(a) nie.
[21] Hofreël 32(5) gee
aan die Hof 'n diskresie om summiere vonnis toe te staan of nie.
Daardie diskresie moet regtens uitgeoefen
word. In die lig van die
geskiedenis van hierdie saak en die feit dat verweerder, ten spyte
daarvan dat hy bewus was van die besware
teen die sekuriteitsakte,
reeds sedert 2 Oktober weier of versuim om 'n verbeterde
sekuriteitsakte te lewer, is daar geen rede om
die verweerder
tegemoet te kom nie.
[22] Mnr. Reinders het in
die alternatief gevra dat as die Hof nie tevrede is met die tweede
sekuriteitsakte nie, dat die saak uitgestel
word sodat verweerder 'n
eedsverklaring kan liasseer wat sy verweer uiteensit. Die verweerder
het sy keuse uitgeoefen. Reeds sedert
2 Oktober 2006 weet hy dat die
griffier nie tevrede is met die aangebode sekuriteit nie omdat dit
nie 'n ongekwalifiseerde aanspreeklikheid
vir enige moontlike vonnis
en kostebevel daarstel nie. Geen stappe is sedert daardie dag gedoen
om of die sekuriteit te verbeter,
of 'n eedsverklaring te liasseer
wat sy verweer openbaar nie. Daar is geen basis om 'n diskresie ten
gunste van die verweerder uit
te oefen nie.
[23] Summiere vonnis word
dus verleen in die volgende terme:
1. Die verweerder word
gelas om die bedrag van R417 932,73 te betaal.
2. Rente
op voormelde bedrag teen 15% per jaar vanaf 1 Junie 2006 tot datum
van betaling.
3. Betaling
van eiser se koste soos tussen prokureur en eie klient.
____________
KRUGER, R
Namens
die eiser: Adv. P.C.F. van Rooyen SC
In opdrag van:
Hill
McHardy & Herbst Ing
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van:
Mpobole
& Ismail
BLOEMFONTEIN
/sp