About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 123
|
|
S v Majola (856/2006) [2006] ZAFSHC 123 (19 October 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 856/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
CHARLIE
POQO MAJOLA
______________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE, R
et
VAN ZYL, R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
______________________________________________________
GELEWER
OP:
19
OKTOBER 2006
[1] Die
beskuldigde is op 29 Junie 2006 op summiere wyse in die landdroshof
ingevolge die bepalings van Artikel 108 van die Wet op
Landroshowe,
Nr. 32 van 1944 gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf weens
minagting van die hof gepleeg gedurende die sitting daarvan.
By
navraag bevestig die landdros dat die opgelegde vonnis onbevoeg is
aangesien dit die maksimum vonnis van gevangenisstraf van
6 maande
waarvoor voorsiening gemaak word in Artikel 108 van Wet Nr. 32 van
1944, oorskry. Die vonnis moet dus ter syde gestel word.
[2] Die rekord voor ons
vertel ân eienaardige en onverkwiklike verhaal. Dit blyk dat die
beskuldigde sedert 12 Augustus 2005 reeds
in hegtenis aangehou word
op ân aanklag van ongelisensieerde besit van ân .22 rewolwer.
Vir een of ander rede het die beskuldigde
daarop aangedring om in die
streekhof verhoor te word. Daar is egter besluit dat die vervolging
in die landdroshof moet voortgaan.
Op 15 Maart 2006 is die aanklag
toe deur die staatsaanklaer in die landdroshof aan die beskuldigde
gestel. Hierop het die beskuldigde
op erg minagtende wyse geweier om
in die landdroshof verhoor te word. Die beskuldigde is gevolglik op
daardie datum op summiere
wyse gevonnis weens minagting van die hof
tot 6 maande gevangenisstraf en hierdie vonnis is op hersiening
ingevolge die bepalings
van Artikel 108(2) van Wet Nr. 32 van 1944,
bekragtig.
[3] Hierna is die saak by
etlike geleenthede uitgestel ten einde die beskuldigde in staat te
stel om ân prokureur te verkry. Uiteindelik,
op 29 Junie 2006, het
die landdros bevind dat die saak nie verder uitgestel kan word nie.
Hierna het die beskuldigde obstruktief
begin optree en ondanks
herhaalde versoeke daartoe, geweier om in die beskuldigdebank in te
gaan. Dit het gelei tot die oplegging
van die onderhawige vonnis.
Ek mag meld dat hierna ân praktiese benadering gevolg is en die
saak toe wel vir verhoor in die streekhof
verwys is. Met inagneming
van die al die omstandighede van hierdie saak is ek bereid om te
voldoen aan die versoek van die landdros
dat die beskuldigde gevonnis
word tot 6 maande gevangenisstraf weens minagting van die hof gepleeg
gedurende die sitting van die
landdroshof op 29 Junie 2006.
[4] Gevolglik
word die vonnis van 12 (twaalf) maande gevangenisstraf wat die
beskuldigde opgelê is op 29 Junie 2006, ter syde gestel
en vervang
met ân vonnis van 6 (ses) maande gevangenisstraf wat geag moet word
opgelê te gewees het op 29 Junie 2006.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
_____________
C.
VAN ZYL, R
/em