S v Khoarane (809/2006) [2006] ZAFSHC 122 (19 October 2006)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Assault — Conviction for assault with intent to cause grievous bodily harm — Accused found guilty of assault after altercation with complainant — Complainant's testimony contradicted by accused's version, which presented a reasonable possibility of innocence — Court found insufficient evidence to support intent to cause serious injury — Conviction amended to common assault with a suspended sentence deemed appropriate given the circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 122
|

|

S v Khoarane (809/2006) [2006] ZAFSHC 122 (19 October 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 809/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
MOKOTO
AARON KHOARANE
______________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE, R
et
MOLEMELA,
Wnd R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
______________________________________________________
GELEWER
OP:
19
OKTOBER 2006
[1] Die
beskuldigde is skuldig bevind op ‘n aanklag van aanranding met die
opset om ernstig te beseer en is gevonnis tot 24 maande
gevangenisstraf wat in geheel voorwaardelik opgeskort is vir 5 jaar.
[2] Slegs die klaer en
die beskuldigde het by die verhoor getuienis afgelê. Die klaer se
weergawe was dat die beskuldigde hom met
die lem van ‘n skaapskêr
op die skouer gesteek het. Die beskuldigde daarenteen het getuig dat
hy slegs vir die klaer van hom
af weggestamp het as gevolg waarvan
die klaer teen ‘n draadheining geval het.
[3] Dit
is onduidelik uit die landdros se
ex
tempore
uitspraak sowel as sy redes verskaf ingevolge die bepalings van
artikel 304(2)(a) van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977, of die
verhoorhof die weergawe van die beskuldigde verwerp het as bo
redelike twyfel vals, of nie. Na my oordeel is die getuienis van die
beskuldigde minstens redelik moontlik waar. Die klaer was ‘n enkel
getuie. Sy getuienis dat hy twee wonde aan die agterkant van
sy
liggaam opgedoen het, is baie onbevredigend. Dit is waar dat die
beskuldigde nie besonderhede van die klaer se weergawe in
kruisverhoor
in twyfel getrek het nie, maar in die lig daarvan dat
die beskuldigde onverdedig was, kan in die omstandighede van hierdie
saak nie
veel daarvan gemaak word nie. Die beskuldigde het sy
weergawe ondubbelsinnig op rekord geplaas tydens pleitverduideliking.
[4] In die omstandighede
is dit dus ‘n redelike moontlikheid dat die beskuldigde vir die
klaer gestamp het en dat laasgenoemde geringe
beserings opgedoen het
toe hy as gevolg van die stamp teen ‘n draadheining geval het. Die
beskuldigde is op sy eie weergawe skuldig
aan gewone aanranding
aangesien hy vir die klaer gestamp het sonder dat die klaer hom
enigsins bedreig het. Geen bedoeling om ernstig
te beseer kan in die
omstandighede afgelei word nie. Die beskuldigde se skuldigbevinding
moet derhalwe gewysig word na een van aanranding
gewoon.
[5] Alhoewel die
beskuldigde vorige veroordelings ten opsigte van geweldsmisdrywe het,
is die oortreding waaraan die beskuldigde nou
skuldig bevind word,
glad nie ernstig van aard nie. Die beskuldigde is 30 jaar oud,
ongetroud en werkloos. ‘n Boete met alternatiewe
gevangenisstraf
wat in die geheel opgeskort word, is na my oordeel gepas in al die
omstandighede van hierdie saak.
[6] Gevolglik
word die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel en vervang met ‘n
skuldigbevinding aan aanranding gewoon en ‘n
vonnis van R600,00 of
60 dae gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir 5 jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig
bevind word aan aanranding
of aanranding met die opset om ernstig te beseer gepleeg gedurende
die opskortingstydperk nie.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
_____________________
M.A. MOLEMELA, Wnd R
/em