About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 43
|
|
S v Dakeda (857/2006) [2006] ZAFSHC 43 (19 October 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 857/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
GODFREY
DAKEDA
______________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE, R
et
VAN ZYL
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
______________________________________________________
GELEWER OP:
19
OKTOBER 2006
[1] Die beskuldigde is
daarvan aangekla dat hy afvalmateriaal van Beatrix Myn gesteel het.
Dit blyk nie uit die klagstaat wat die
aard of die waarde van die
afvalmateriaal was nie. Die beskuldigde het egter skuldig gepleit op
die aanklag. Tydens ondervraging
ingevolge Artikel 112(1)(b) van die
Strafproseswet, No. 51 van 1977, het die beskuldigde gesê dat hy die
goedere by ân skrootwerf
geneem het en dat hy dit sou verkoop vir
R21,00 ten einde hom in staat te stel om tabak te kan koop. Die
staatsaanklaer het die
aangebode pleit uitdruklik aanvaar en die
beskuldigde is dienooreenkomstig tereg skuldig bevind. Vervolgens is
die beskuldigde gevonnis
tot drie jaar gevangenisstraf.
[2] Die
beskuldigde is 43 jaar oud, ongetroud en werkloos. Soos blyk uit die
voormelde moet aanvaar word dat hy afval- materiaal
ter waarde van
ongeveer R21,00 gesteel het. Die beskuldigde was vir ongeveer twee
maande as ân verhoorafwagtende in hegtenis aangehou
voordat hy
gevonnis is.
[3] Die
beskuldigde het ân lang lys van vorige veroordelings van
soortgelyke oortredings. Hy is in 1992 en 1995 vonnis vir huisbraak
met die opset om te steel en diefstal tot 18 maande gevangenisstraf
en 2 jaar gevangenisstraf onderskeidelik. Vanaf 1997 is hy by
vier
geleenthede weens diefstal gevonnis. Gedurende 1997 is hy gevonnis
tot 8 maande gevangenisstraf waarvan 3 maande voorwaardelik
opgeskort
is, gedurende 1999 tot 36 maande gevangenisstraf, gedurende 2004 tot
R2 000,00 of 6 maande gevangenisstraf en gedurende
2005 tot R600,00
of 3 maande gevangenisstraf. Verder moet in ag geneem word dat die
landdros meld dat diefstal by die betrokke myn
ân hoë voorkoms
het.
[4] Dit
is vanselfsprekend ân beginsel van vonnisoplegging dat vonnis
opgelê moet word aan die hand van die omstandighede van elke
individuele geval. Na my oordeel is ondanks die beskuldigde se
vorige veroordelings en die vermelde hoë voorkoms van diefstal,
ân
vonnis van 3 jaar gevangenisstraf vir diefstal van afvalmateriaal ter
waarde van ongeveer R21,00, skokkend onvanpas. Die vonnis
kan dus
nie bly staan nie.
[5] In
al die omstandighede van hierdie saak is ân vonnis van direkte
gevangenisstraf egter nogtans van pas. Die oplegging van
ân boete
sou in die omstandighede in ieder geval nutteloos wees. Na my
oordeel is ân vonnis van 10 (tien) maande gevangenisstraf
gepas.
[6] Gevolglik
word die skuldigbevinding bekragtig maar die opgelegde vonnis ter
syde gestel en vervang met ân vonnis van 10 (tien)
maande
gevangenisstraf wat geag moet word opgelê te gewees het op 14 Julie
2006.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
______________
C. VAN ZYL, R
/em