About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 41
|
|
Booysen v Upstream Global Communication Strategists (Edms) Bpk (3548/2006) [2006] ZAFSHC 41 (12 October 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 3548/2006
In
die saak tussen:
HENDRIK RUDOLPH
GERHARDUS BOOYSEN
Eiser
en
UPSTREAM GLOBAL
COMMUNICATION
Verweerder
STRATEGISTS (EDMS)
BPK
______________________________________________________
CORAM:
HATTINGH,
R
GELEWER OP:
12
OKTOBER 2006
[1] Eiser
dagvaar die verweerder vir die betaling van die bedrag van R3 miljoen
tesame met rente daarop teen 15% per jaar vanaf 1
Junie 2006 tot
datum van betaling.
[2] Eiser
se aanspraak op voorlopige vonnis teen verweerder word gefundeer op
ân skulderkenning, Aanhangsel âAâ, tot die voorlopige
vonnis
dagvaarding. Eiser beweer dat die skulderkenning ân likwiede
dokument is; verweerder betwis dit.
[3] Wanneer
ân skulderkenning aan die volgende vereistes voldoen is dit ân
likwiede dokument:
Die dokument moet ân
erkenning van skuld daarstel; en
Die erkenning van skuld
moet onvoorwaardelik wees; en
Die erkenning van skuld
moet vir ân bepaalde geldsom wees.
[4] Die
ratio
onderliggend aan voorlopige vonnis is:
â
It
is granted on the presumption of the genuineness and the legal
validity of the documents produced to the court. The court is
provisionally
satisfied that the creditor will succeed in the
principal suit. The debt disclosed in the document must therefore be
unconditional
and liquid (zuiwer en klaar of liquid).â
Wanneer
ân dokument,
âupon a proper
construction thereof, evidences by its terms, and without resort to
evidence extrinsic thereto, ... an unconditional
acknowledgement of
indebtedness in an ascertained amount of money, the payment of which
is due to the creditorâ
is ân dokument
waarop
voorlopige vonnis toegestaan kan word. (
HARROWSMITH
v CERES FLATS (PTY) LTD
1979 (2) SA 722
(T) op 728 C; en
RICH
v LAGERBEY
1974
(4) SA 748
(A) op 754 H.)
Geyk is dit in die reg
dat ân likwiede dokument nie nodig het om die onderliggende
causa
debiti
te beliggaam nie.
[5] Wanneer ân
verweerder voorlopige vonnis wil ontduik, moet hy, op ân oorwig van
waarskynlikhede, aantoon dat die gevorderde
skuld nie deur hom
betaalbaar is nie. Wanneer ân
causa debiti
duidelik in ân
skulderkenning beliggaam word (wat nie ân voorvereiste daarvan is
nie) is die verweerder geregtig om die voorlopige
vonnis op grond van
die spesifieke vermelde
causa debiti
af te weer. (
WUSTROW
v WUSTROW
1980 (2) SA 308
(W).
[6] In paragraaf 1 van
die skulderkenning word die
causa debiti
as volg uiteengesit:
â
BEDRAG
VERSKULDIG:
Die debiteur erken hiermee dat hy
waarlik en wettiglik die bedrag van R3 000 000,00 (DRIE MILJOEN RAND)
aan Hendrik Rudolph Gerhardus
Booysen ..... (hierna die krediteur
genoem) verskuldig is ten opsigte van die terugbetaling van die
koopprys van R2 000 000,00 (TWEE
MILJOEN RAND) ten opsigte van
aandele deur die debiteur aan die krediteur verkoop maar nie aan hom
gelewer nie asook die bedrag van
R1 000 000,00 (EEN MILJOEN RAND) ten
opsigte van ooreengekome verlies aan verhoging van waarde van aandele
welke verlies die krediteur
ly weens die debiteer (verweerder) se
versuim voormeld. Die debiteur (verweerder) onderneem voorts om
maandeliks met ingang vanaf
1 Julie 2006 ân verdere bedrag van R100
000,00 (EENHONDERD DUISEND RAND) aan die krediteur as verdere
ooreengekome verlies van
aandeelwaarde-verhoging te betaal totdat die
voormelde bedrag van R3 000 000,00 (DRIE MILJOEN RAND) en rente soos
hierna vermeld
aan die krediteur ten volle vereffen is.â
[7] Die bewering in die
skulderkenning
âten opsigte van aandele deur die debiteur
aan die krediteur verkoop maar nie aan hom gelewer nieâ
is fundamenteel foutief en onwaar. Die eiser self bevestig onder eed
dat die aandeelsertifikaat inderdaad deur hom ontvang is op
11 Julie
2006 en tender, in sy repliserende verklaring, onvoorwaardelik die
aandele terug teen betaling van die gevorderde bedrag.
[8] Die bedrag van R1 000
000,00 (EEN MILJOEN RAND) ten opsigte van die ooreengekome verlies
aan verhoging van die waarde van die
aandele, welke verlies die eiser
ly weens die verweerder se versuim om die aandele te lewer is
duidelik onwaar en sinneloos en word
die hele wese van die
skulderkenning met sy onderliggende
causa
debiti
uitgewis. Buitendien is die eiser te
alle saaklike tye in besit van die aandele gewees en het die bewering
âân ooreengekome verlies aan die verhoging van waarde van
die aandeleâ
geen regskrag nie omdat die aandele te
alle relevante tye in die boedel van die eiser was of is.
[9] Die skade bedrae wat
gevorder word val binne die definisie van ân strafbedrag kragtens
die Wet op Strafbedinge, Wet Nr. 15 van
1962. Dit word gevorder as
gelikwideerde skadevergoeding vanweë die verweerder se beweerde
versuim om die aandeelsertifikaat te
lewer. In
DU PLESSIS v
ORIBI ESTATES (PTY ) LTD AND OTHERS
1972 (3) SA 75
(N) op 78
E is gesê:
â
It
appears to me to be open to question whether a summons for
provisional sentence can, in the light of sec. 3, ever be an
appropriate
or, indeed, a permissible procedure for the recovery of a
penalty, however clear as to purpose and definite as to amount the
written
undertaking to pay such penalty may be. The overriding power
of the Court, conferred by sec. 3, in relation to the amount to which
the plaintiff is entitled as a penalty, has an impact on the
liquidity of the claim; it is a claim for an amount of which the
document,
though on the face of it it appears to do so, may not in
truth provide âliquid proofâ. The agreed amount of the penalty
is variable
by the Court according to the circumstances of the case
which may require elucidation by extrinsic evidence.â
[10] Wat verder gevorder
word deur die eiser, is die waarde van die item wat hy gekoop het wat
nie aan hom gelewer is nie asook die
skadevergoedingsbedrag wat
hierdie item in die handelswêreld sou mee vermeerder het. ân
Bedrag wat gevorder word vir die waarde
van ân artikel wat nie
gelewer is nie is inderdaad ook ân eis vir skadevergoeding.
(
BESTWAY AGENCIES (PTY) LTD AND ANOTHER v WESTERN CREDIT BANK
LTD
1968 (3) SA 400
(P) op 404E.)
[11] Sodra die Wet op
Strafbedinge van toepassing is het die hof diskresie om die bedrag
wat gevorder word te verminder. So verklaar
Christie:
The Law
of Contract
, (4th Edition), pagina 650:
â
Section
3, which provides that âthe court may reduce the penalty to such
extent as it may consider equitable in the circumstancesâ,
confers
on the court an equitable jurisdiction, not merely in the form of a
discretion, but in the form of a power coupled with a
duty. The
court is therefore obliged to investigate the relationship between
the penalty and the prejudice suffered by the creditor
mero
motu
,
especially in an undefended matter, and if from the papers it forms a
prima
facie
view adverse to the plaintiff it will give him the opportunity of
leading evidence to show that the prejudice suffered by him is
greater than appears from the papers. Because this duty rests on the
court summary judgment proceedings are totally inappropriate
for
recovering a penalty, and it is open to question whether provisional
sentence proceedings can ever be appropriate or even permissible.â
Die
advokate was dit eens dat die Wet op Strafbedinge (die âWetâ) op
die onderhawige skulderkenning van toepassing is. Meer
in besonder
artikel 3 daarvan.
[12] In
PREMIER
FINANCE CORPORATION (PTY) LTD v STEENKAMP AND OTHERS
1974 (3)
SA (N) 141 op 144B word gesê:
â
In
my opinion summary judgment proceedings are totally inappropriate for
deciding whether a penalty is out of proportion to the prejudice
suffered, or for determining the extent of which a penalty should be
reduced. I agree with Mr. Gordon that in this case the application
for summary judgment was bound to fail once the question of the
penalty was raised.â
[13] Die bedrae wat
eiser vorder is klaarblyklik uitsluitlik ân strafbedrag en buite
verhouding tot die daadwerklike skade of beweerde
verhoging van die
aandele se waarde. Dit is bykans gemeensaak dat die betrokke
maatskappy ân dop is sonder enige waarde en slaan
hierdie
âooreengekome verlies aan waarde van aandeleâ
op ân stadium wat hierdie maatskappy nog gladnie eers besigheid
gedoen het nie.
[14] Gevolglik
bestaan daar in my oordeel geen werklike rede waarom die ratio wat
verkondig is in die gesag aangaande summiere vonnis
verrigtinge nie
ook op voorlopige vonnis verrigtinge van toepassing gemaak kan word
nie in die gevalle waar die âWetâ van toepassing
is. Al is
summiere vonnis ân meer gestrenge remedie as voorlopige vonnis is
laasgenoemde steeds ân buitengewone regsmiddel wat
daarop bereken
is om ân skuldeiser wat ân likwiede bewys van sy eis het in staat
te stel om spoedige vonnis daarvoor te kry maar
dan moet dit vasstaan
dat die dokument waarop hy steun inderdaad likwied is.
[15] Op
verweerder berus die bewyslas om te bewys dat die vooruitsig om in
die prinsipale saak te slaag in verweerder se guns is.
Verweerder
het daarin geslaag.
[16] In
LESOTHO
DIAMOND WORKS (1973) (PTY) LTD v LURIE
1975 (2) SA 142
(O) is
beslis dat waar ân hof bevind dat ân verweerder daarin geslaag
het om op ân oorwig van waarskynlikhede te bewys dat
sy verweer sal
slaag, die hof ân diskresie het kragtens sy inherente bevoegdheid
om voorlopige vonnis of te weier of uit te stel
afhangende van die
feite en omstandighede van elke besondere geval. In hierdie geval
moet die aansoek geweier word. Dit is nie
nodig om met ander
verweersgronde geopper deur Mnr. Claasen te handel nie.
[17] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
(a) Die aansoek om
voorlopige vonnis word met koste afgewys.
(b) Verweerder
moet sy verweerskrif liasseer binne 20 (twintig) dae gereken vanaf 12
Oktober 2006.
________________
G.A. HATTINGH, R
Namens die Eiser: Adv.
P. J. T. de Wet
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die Verweerder: Adv. J. Y. Claasen
In
opdrag van:
Schoeman
Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/em