Pax Oil Verkope CC v Harringtons Ingelyf and Another (A220/2005) [2006] ZAFSHC 28 (21 September 2006)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Breach of contract — Obligation to pay proceeds of property sale — Appellant sought recovery of R139,227.86 from first respondent after proceeds from property sale were not paid to appellant as agreed — First respondent, appointed to facilitate transfer of property, issued a cheque for the proceeds but did not ensure payment to appellant — Court found first respondent had contractual obligation to pay proceeds to appellant, which was not fulfilled — Appellant's claim against first respondent succeeded, while claim against second respondent was dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 28
|

|

Pax Oil Verkope CC v Harringtons Ingelyf and Another (A220/2005) [2006] ZAFSHC 28 (21 September 2006)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. : A220/2005
In
die appèl tussen:
PAX
OIL VERKOPE CC
Appellant
(Registrasienommer:
87/01578/23)
en
HARRINGTONS
INGELYF
1ste Respondent
(Registrasienommer:
77/01990/21)
JOHAN
HEINRICH SCHöNKEN
2de Respondent
CORAM:
HATTINGH,
R et VAN DER MERWE, R
et
VAN ZYL, R
AANGEHOOR
OP:
7 AUGUSTUS 2006
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
GELEWER
OP:
21 SEPTEMBER 2006
[1] Hierdie
appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant
se vorderings teen beide die eerste respondent en
die tweede
respondent deur die Verhoorhof. Die Verhoorhof het verlof tot appèl
toegestaan.
[2] Die
eerste respondent is ‘n maatskappy wat sake doen as prokureurs en
transportbesorgers te Bethlehem. Te alle tye tersaaklik
hiertoe was
die tweede respondent ‘n praktiserende prokureur. Tot aan die
einde van September 2000 was hy as sulks verbonde aan
die eerste
respondent, maar het hy onmiddellik daarna sy eie prokureurspraktyk
bedryf, ook te Bethlehem. Vanaf 1987 tot 1993 was
Mnr. Alexandros
Paxinos en Mnr. Jan Davel De Wet op gelyke grondslag die lede van die
appellant. Sedert 1993 was Mnr. Paxinos egter
die enigste lid van
die appellant.
[3] Slegs
Mnr. Paxinos het by die verhoor getuienis afgelê. Uit sy
getuienis en uit dit wat gemeensaak tussen die partye was,
blyk die
relevante feite en omstandighede wat hierna vermeld word. Gedurende
1988 het die appellant die geregistreerde eienaar geword
van vaste
eiendom bekend as erf 482, Kestell (“die eiendom”). Die eiendom
is verbeter met ‘n woonhuis en is geleë te
Wesselsstraat 12,
Kestell. Ondanks sy uittrede as lid van die appellant was gemelde
Mnr. J. D. de Wet en sy gesin toegelaat om die
eiendom te bly bewoon.
In ruil vir hierdie vergunning het Mnr. De Wet die paaiemente op die
verbandlening op die eiendom sowel as
die belastings en heffings ten
opsigte daarvan betaal. Op ‘n stadium het hierdie
verbandpaaiemente agterstallig geraak, as gevolg
waarvan Mnr. Paxinos
blykbaar uit sy persoonlike fondse die bedrag van R12 000,00 op die
verbandlening op die eiendom afbetaal het.
[4] Ingevolge
‘n skriftelike koopkontrak wat op 4 April 2000 tot stand gekom het,
het die appellant, verteenwoordig deur Mnr. Paxinos,
die eiendom
verkoop. Die verkoping het geskied met die kennis en instemming van
Mnr. J. D. de Wet en sy eggenote; trouens Mev.
De Wet het bykans
alle reëlings in verband daarmee getref. Mnr. Paxinos het
getuig dat hy met Mnr. J. D. de Wet en sy eggenote
‘n jarelange
goeie verhouding gehad het, dat hulle finansieel in swak
omstandighede was asook verbeterings aan die eiendom aangebring
het
en dat hy daarom oorweeg het of van plan was om behalwe vir die
voormelde bedrag van R12 000,00 die netto opbrengs van die verkoping
aan hul te laat toekom. Hy het egter in sy getuienis volgehou dat
die netto opbrengs van die verkoping van die eiendom eers aan
die
appellant uitbetaal moes word.
[5] In
die omstandighede wat hierna meer volledig vermeld word, het die
eerste respondent die oordrag van die eiendom namens die appellant
aan die kopers behartig. Ingevolge die gemelde skriftelike
koopkontrak moes die koopprys aan die eerste respondent betaal word
en
is dit inderdaad gedoen. Die netto opbrengs van die verkoping, na
aflossing van die verband oor die eiendom, het die bedrag van
R139
227,86 beloop. Op 5 Oktober 2000 het die eerste respondent ‘n tjek
in daardie bedrag ten gunste van die appellant getrek.
Hierdie tjek
is egter nie aan die appellant betaal nie maar is op ‘n wyse wat
nie in die getuienis verklaar is nie op 6 Oktober
2000 inbetaal in
die trustrekening van die tweede respondent. Dat die tjek aldus
inbetaal is, was reeds op die pleitstukke erken.
Die tweede
respondent het in opdrag van Mnr. Daniel Stephanus de Wet, seun van
die voormelde Mnr. en Mev. J. D. De Wet, die hele
bedrag van R139
227,86 ten behoewe van gemelde Mnr. D. S. de Wet aangewend deur
betalings te maak aan skuldeisers van Mnr. D. S.
de Wet en deur ander
uitgawes en verskuldigheid van Mnr. D. S. de Wet af te los.
Gevolglik is geen gedeelte van die netto opbrengs
van die verkoping
van die eiendom aan die eienaar en die verkoper daarvan, te wete die
appellant, uitbetaal nie.
[6] Ten
gevolge hiervan het die appellant die bedrag van R139 227,86 in die
onderhawige aksie gevorder van die eerste respondent,
alternatiewelik
die tweede respondent. In sy besonderhede van vordering het die
appellant teenoor die eerste respondent gesteun
op ‘n
hoofskuldoorsaak en ‘n alternatiewe skuldoorsaak. Die
hoofskuldoorsaak teen die eerste respondent was dat as gevolg van
die
benoeming van die eerste respondent deur die appellant om die oordrag
van die eiendom te bewerkstellig, welke benoeming die eerste
respondent aanvaar het, ‘n kontrak tussen die appellant en die
eerste respondent tot stand gekom het waarvan dit onder andere ‘n
stilswyende of geïmpliseerde term was dat die eerste verweerder
verplig sou wees om die netto opbrengs van die verkoping van
die
eiendom aan die appellant te betaal, maar dat die eerste respondent
dit nie gedoen het nie. In die alternatief hiertoe is ten
opsigte
van die eerste respondent beweer dat dit opsetlik of nalatig versuim
het om ooreenkomstig ‘n regsplig die netto opbrengs
van die
verkoping aan die appellant te betaal. Na abandonering van ‘n
skuldoorsaak teen die tweede respondent is in die alternatief
teen
die tweede respondent beweer dat hy strydig met ‘n beweerde
regsplig vir die appellant ontneem het van die tjek van 5 Oktober
2000 en die opbrengs daarvan en dus vir die appellant skade berokken
het in die bedrag van die tjek.
[7] Ek handel vervolgens
met die appellant se hoofskuldoorsaak teen die eerste respondent.
Klousule 16 van die koopkontrak ten opsigte
van die eiendom het soos
volg bepaal:
“
Die VERKOPER verklaar hiermee
uitdruklik dat hy bewus is van sy reg om ‘n prokureur te benoem wat
die transportbesorging namens
hom van die gemelde eiendom ten gunste
van die gemelde KOPER sal behartig. Die VERKOPER verklaar hiermee
dat hy sodanige reg uitoefen
en dat hy die Prokureursfirma
HARRINGTONS ING, Lindleystraat 29, BETHLEHEM, hiermee benoem om
sodanige transportbesorging namens
hom waar te neem.”
Dit
was reeds op die pleitstukke gemeensaak tussen die partye dat by wyse
van die voormelde klousule die appellant vir die eerste
respondent
aangewys het om die oordrag van die eiendom ingevolge die bepalings
van die koopkontrak namens die appellant te bewerkstellig
en dat die
eerste respondent daardie benoeming aanvaar het. Gevolglik het deur
die gee en aanvaarding van ‘n mandaat ‘n kontraktuele
verbintenis
tussen die appellant en eerste respondent tot stand gekom. Ek is
daarvan oortuig dat dit ‘n stilswyende of regtens
inbegrepe term
van hierdie ooreenkoms tussen die appellant en die eerste respondent
was dat die eerste respondent verplig was om
die netto opbrengs van
die verkoping aan die appellant uit te betaal, tensy anders
ooreengekom is.
[8] Die
Verhoorhof het inderdaad bevind dat daar ‘n verpligting op die
eerste respondent gerus het om die netto opbrengs van die
verkoping
aan die appellant te betaal. Die Verhoorhof het egter bevind dat die
eerste respondent hierdie kontraksverpligting nagekom
het deur die
tjek van 5 Oktober 2000 ten gunste van die appellant te trek, ongeag
wat daarna van die tjek geword het. Met laasgemelde
gevolgtrekking
kan ek nie saamstem nie. In die eerste plek kan die blote trek van
‘n tjek nie gelykgestel word aan betaling nie
en tweedens, was dit
op geen stadium die respondente se saak dat die eerste respondent sy
verpligting teenoor die appellant nagekom
het deur aan die appellant
te betaal nie. Indien die eerste respondent aldus betaling gepleit
het sou die bewyslas ten opsigte daarvan
natuurlik op die eerste
respondent gerus het.
[9] Wat
die respondente inderdaad gepleit het, is die volgende:
“
8.2 Verweerders pleit dat by die
aangaan van Aanhangsel “A”, die partye mondeling ooreengekom het,
te Bethlehem, dat die vrye
oorskot aan mnr Daniel Stephanus de Wet
betaal wou word, alternatiewelik dat dit aangewend kon word om sy
skulde teenoor derdes af
te los.
8.3 Mnr Daniel Stephanus de Wet het
namens eiser opgetree en het 2e verweerder namens verweerders
opgetree toe voormelde mondelinge
ooreenkoms aangegaan is.”
Aanhangsel
“A” in die aanhaling verwys na die koopkontrak ten opsigte van
die eiendom gedateer 4 April 2000. Die respondente
se saak te alle
tye was dus dat die opbrengs aan of ten behoewe van Mnr. D. S. De Wet
betaal was omdat so met die appellant ooreengekom
is.
[10] Die
appellant kon hierdie verweer ontmoet deur te bewys dat Mnr. D. S. de
Wet nie gemagtig was om namens die appellant in hierdie
verband of
enigsins op te tree nie en/of dat geen ooreenkoms met die appellant
bereik is ingevolge waarvan die netto opbrengs van
die verkoping aan
Mnr. D. S. de Wet betaal sou word nie. Volgens die duidelike en
ondubbelsinnige onweerspreekte getuienis van Mnr.
Paxinos in hierdie
verband, het hy op geen stadium ‘n mandaat aan Mnr. D. S. de Wet
verleen om namens die appellant op te tree
nie en is daar op geen
stadium of wyse ooreengekom dat die netto opbrengs van die verkoping
aan of ten behoewe van Mnr. D. S. de
Wet betaal kon word nie.
[11] Die
resultaat is dat die eerste respondent nie die netto opbrengs van die
verkoping aan die appellant oorbetaal het soos wat
dit kontraktueel
verplig was om te doen nie. Gevolglik moes die appellant se
vordering gebaseer op kontrak teen die eerste verweerder
in die
Verhoorhof geslaag het. Ten opsigte van die eerste respondent moet
koste in die Verhoorhof en op appèl hierdie resultaat
volg.
[12] Dit
is onnodig om daarop in te gaan of die oorblywende skuldoorsaak teen
die tweede respondent regtens of feitelik houdbaar
kan wees. Bloot
as gevolg daarvan dat die vordering van die appellant teen die eerste
respondent moet slaag, moet die alternatiewe
vordering teen die
tweede respondent misluk. Die appellant het egter in sy kennisgewing
van appèl en voor ons volhard met
die vordering teen die
tweede respondent. Na my oordeel is daar geen rede waarom die tweede
respondent, as suksesvolle party, sy
koste van appèl ontneem
moet word nie.
[13] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
1. Ten opsigte van die
eerste respondent:
Die appèl slaag
met koste en die bevel van die Verhoorhof word ter syde gestel en
vervang met die volgende:
“
Vonnis word ten
gunste van die eiser teen die eerste verweerder verleen vir betaling
van die bedrag van R139 227,86, (eenhonderd nege
en dertig duisend
tweehonderd sewe en twintig rand en ses en tagtig sent) tesame met
rente daarop bereken
a tempore morae
en koste van geding.”
2. Ten opsigte van die
tweede respondent:
Die appèl word
afgewys met koste.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
________________
G.A.
HATTINGH, R
Ek stem saam.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens
die appellant: Adv. B. Knoetze SC
In opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. P. Zietsman
In opdrag van:
Phatsoane
Henney Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/em