About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 23
|
|
Seakhumuzi NM Security BK v Water (1505/2006) [2006] ZAFSHC 23 (8 September 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr.: 1505/2006
In
die saak tussen:
SEAKHUMUZI
NM SECURITY BK
Applikant
en
SEDIBENG
WATER
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN ZYL, R
AANGEHOOR
OP:
22 JUNIE 2006
_____________________________________________________
GELEWER OP:
8
SEPTEMBER 2006
[1] Applikant en
respondent het op of omtrent 22 November 2001 ân skriftelike
diensverskaffingsooreenkoms met mekaar gesluit, ân
afskrif waarvan
aangeheg is tot die funderende verklaring as Aanhangsel âSNM1â.
[2] Dit
is gemeensaak dat ooreenkomstig die bepalings van die skriftelike
ooreenkoms, die partye onder andere op die volgende tersaaklike
terme
ooreengekom het:
1. Applikant het
onderneem om sekuriteitsdienste aan respondent te lewer en opgeleide
personeel te voorsien aan respondent vir die
verrigting van die
dienste gespesifiseer in Aanhangsel âBâ tot die ooreenkoms;
2. Respondent
het onderneem om applikant te vergoed vir die sekuriteitsdienste en
wel ooreenkomstig Aanhangsel âAâ tot die ooreenkoms,
welke
kontraksprys tans die bedrag van R197 701,16 (BTW ingesluit) per
maand beloop;
3. Applikant
het respondent maandeliks in terme van klousule 4.4 van die
ooreenkoms gefaktureer en is die bedrag verskuldig deur respondent
aan applikant stiptelik betaal tot einde Oktober 2005;
3. Respondent
het in terme van klousule 4.5 van die ooreenkoms onderneem om
applikant te betaal binne vyf werksdae na datum van faktuur;
4. Die
termyn van die ooreenkoms is aanvanklik op ooreengekom as synde 5
jaar te wees, welke tydperk op 31 Oktober 2006 verstryk,
met ân
opsie aan applikant om die ooreenkoms vir ân verdere 5 jaar te
verleng;
5. Ooreenkomstig
klousule 10 van die ooreenkoms moet alle dispute wat ontstaan tussen
applikant en respondent in terme van klousules
4, 5, 7 en 9 van die
ooreenkoms, vir arbitrasie verwys word.
[3] Dit
is voorts gemeensaak dat applikant gedurende of ongeveer Junie 2004
in kennis gestel is deur die
Private Security Industry
Regulatory Authority (PSIRA)
dat applikant
aangekla word van die oortreding van sekere regulasies van PSIRA se
gedragskode deurdat applikant na bewering gedurende
Julie 2003 ene
M.S. Mokolutlo aangewend het as ân sekuriteitsbeampte terwyl hy nie
as ân sekuriteitsbeampte geregistreer was
nie en voorts dat
applikant na bewering vals inligting en/of dokumentasie sou verskaf
het aan sekuriteitsbeamptes in diens van applikant
en ook aan PSIRA
met betrekking tot die opleiding van applikant se sekuriteitsbeamptes
en die kwalifikasies behaal deur sodanige
sekuriteitspersoneel.
Aldus applikant het applikant hom nie skuldig gemaak aan hierdie
beweerde oortredings nie en het applikant
sekere verduidelikings in
die funderende stukke uiteengesit ter ondersteuning van sy onskuld
met betrekking tot die beweerde oortredings.
Applikant het egter ân
prokureur geraadpleeg met betrekking tot die aangeleentheid, waarop
applikant deur die prokureur geadviseer
is dat in die lig van die
omvang van die saak, die regskoste van applikant sodanig sal wees dat
dit meer sinvol is om die koste te
bespaar deur skuldig te pleit op
die klagtes en ân boete ten opsigte daarvan te betaal. ân Skrywe
waarin hierdie advies en verduideliking
uiteengesit is, is deur
applikant se voormelde prokureur aan respondent gerig op 18 November
2004, ân afskrif waarvan aangeheg
is tot die funderende
aansoekstukke as Aanhangsel âSNM3â. Applikant het voortspruitend
uit voormelde advies wel skuldig gepleit,
is skuldig bevind en sekere
boetes opgelê, welke deur applikant betaal is.
[4] Dit
is voortspruitend uit voormelde skuldigbevindings wat die dispuut
klaarblyklik tussen die partye ontstaan het. Respondent
ontken dat
applikant skuldig gepleit het vanweë die advies wat applikant van sy
voormelde prokureur ontvang het. Aldus respondent
was applikant
voorsien van sekere getuienis en/of bewyse met betrekking tot
applikant se wangedrag en is dit die rede waarom applikant
skuldig
gepleit het, synde dat applikant wel skuldig is en besef het dat hy
geen verweer teen die aanklagte het nie.
[5] Verder
voortspruitend uit voormelde skuldigbevindings, het respondent tot
die gevolgtrekking gekom dat hy applikant te veel betaal
het in terme
van die ooreenkoms en dat die bedrag van R806 350,08 deur applikant
aan respondent terugbetaalbaar is. Dit word deur
applikant ontken en
beweer applikant dat respondent eensydiglik tot die gevolgtrekking
gekom het. Dit is applikant se saak dat nieteenstaande
die feit dat
applikant deur middel van sy lede en ook deur middel van sy
regsverteenwoordigers verskeie vertoë aan respondent oor
die
aangeleentheid gerig het en dit ook bespreek is tydens vergaderings
gehou op 22 September 2005 en 31 Oktober 2005, respondent
eensydiglik
en strydig met die terme van die skriftelike ooreenkoms sedert die
einde van November 2005 begin het om ân bedrag van
R67 195,84 van
die ooreengekome maandelikse kontraksprys deur respondent aan
applikant verskuldig, af te trek. Hierdie bedrag is
ook maandeliks
gedurende die daaropvolgende maande aldus deur respondent van die
kontraksprys aan applikant verskuldig afgetrek en
is slegs die balans
van applikant se fakture betaal.
Hierteenoor
is dit respondent se saak dat daar gedurende die vergadering van 31
Oktober 2005 ooreengekom is tussen die partye dat
respondent die
bedrag van R806 350,08 te veel aan applikant betaal het, dat
laasgenoemde bedrag derhalwe aan respondent terugbetaalbaar
is deur
applikant en voorts dat die bedrag betaal sal word by wyse van ân
maandelikse aftrekking teen die ooreengekome kontraksprys
in die
bedrag van R67 195,84 ten einde die verskuldigheid binne twaalf
maande te delg. Aldus respondent is daar voorts tydens hierdie
vergadering ooreengekom dat respondent se prokureur ân
skulderkenning sal opstel wat deur applikant onderteken sou word en
welke
skulderkenning die terme van voormelde mondelinge ooreenkoms
sou reflekteer. Aldus respondent was daar egter ân oponthoud met
die opstel van die skulderkenning en is dit eers op 7 Februarie 2006
aan applikant verskaf, maar het applikant geweier om dit te
teken.
[6] Op
grond van voormelde feite, het applikant die volgende bewerings in
paragraaf 10 van sy funderende verklaring gemaak:
â
10.
Applikant is geadviseer dat:
10.1 respondent strydig met die
ooreenkoms optree en regtens geen basis het om eensydiglik gelde te
verreken teen dit wat respondent
aan applikant in terme van die
ooreenkoms verskuldig is nie;
10.2 in die lig van die dispuut tussen
applikant en respondent met betrekking tot die vraag of enige gelde
deur respondent aan applikant
te veel betaal is en wat die omvang van
sodanige
âoorbetalingâ
is, dit vir arbitrasie verwys moet
word ten einde ân beslissing daaroor te bekom;
10.3 die
respondent gekies het om die ooreenkoms in stand te hou en dit nie
gekanselleer het nie en dat respondent klaarblyklik kontrakbreuk
pleeg deur strydig met die skriftelike ooreenkoms nie die volle
ooreengekome kontraksprys aan applikant maandeliks oor te betaal
nie
maar eie rigting toe te pas en sonder ân beslissing deur ân
arbiter eensydiglik die bedrag vanaf die kontraksprys af te trek.â
[7] Die
regshulp wat deur applikant gevorder word, is in wese ân kombinasie
van finale en tussentydse regshulp. Die finale regshulp
wat versoek
word, is dat respondent beveel word om die bedrag van R335 979,20
deur respondent afgetrek vanaf die ooreengekome kontraksprys
aan
applikant verskuldig vir die maande November 2005, Desember 2005,
Januarie 2006, Februarie 2006 en Maart 2006 aan applikant te
betaal,
tesame met enige verdere bedrae deur respondent vanaf die
ooreengekome kontraksprys afgetrek na uitreiking van die aansoek.
Daar
is ook ân aansoek vir tussentydse regshulp, synde dat respondent
verbied word om enige verdere gelde af te trek of af te sit
teen die
ooreengekome kontraksprys, hangende die finalisering van arbitrasie
verrigtinge deur applikant teen die respondent ingestel
te word binne
60 dae na verlening van die hofbevel.
Applikant
versoek ook dat respondent gelas word om die koste van die aansoek te
betaal.
[8] Soos
reeds hierbo vermeld, is respondent se verweer tot dien effekte dat
die partye mondelings ooreengekom het dat die bedrag
van R806 350,08
te veel deur respondent aan applikant betaal is en dat applikant dit
derhalwe aan respondent moet terugbetaal, asook
dat mondelings
ooreengekom is dat voormelde terugbetalings sal geskied by wyse van
12 maandelikse paaiemente ten bedrae van R67 195,84.
In die
betoogshoofde van Mnr. Dlavane, wie namens respondent verskyn het,
word respondent se verweer egter aangepas en/of uitgebrei
as synde
een van skuldvergelyking te wees, welke verweer nie pertinent in
sodanige woorde in die opponerende stukke geopper is nie.
In die
verband lees paragraaf 5 van Mnr. Dlavane se betoogshoofde as volg:
â
At
a meeting of the 31
st
October 2005 Applicant and Respondent agreed on the said amount owing
and the need that same is to be refunded to Respondent monthly
at
R67
195,84 as a set-off against Respondentâs claim. That a set-off is
possible in such an instance vide:â
(waarna na sekere
gesag verwys word.)
[9] Gegewe
bogenoemde, is daar heeltemal tereg deur Mnr. De Wet, namens
applikant, in paragraaf 6 van sy betoogshoofde uitgewys dat
daar `n
dispuut tussen die partye bestaan met betrekking tot die vrae of:
â
6.1 applikant
enigsins oorbetaal is, en dien wel;
6.2 respondent eensydiglik die bedrag
van
R806 350,08
wat na bewering te veel aan applikant betaal
is, bepaal het;
6.3 respondent eensydiglik besluit het
om
R67 195,84
maandeliks vanaf applikant se kontraksprys af te
trek.â
Mnr.
De Wet het betoog dat bogemelde dispute tipies die dispute is
waarvoor die partye in klousule 10 van die skriftelike ooreenkoms
voorsiening gemaak het om deur arbitrasie opgelos te word.
[10] Met
betrekking tot die vraag of daar ân mondelinge ooreenkoms gesluit
is soos beweer deur respondent, al dan nie, blyk daar
op sigwaarde ân
feite dispuut ten opsigte hiervan op die aansoekstukke te bestaan.
As die bewerings met betrekking tot hierdie
beweerde mondelinge
ooreenkoms en die omliggende feite en omstandighede, van nader beskou
word, blyk die volgende egter:
1. Respondent het
duidelik aanvaar dat applikant inderdaad skuldig is aan die
dissiplinêre klagtes deur PSIRA, nieteenstaande applikant
se
verduideliking dat hy vir doelmatigheidsredes geadviseer is om
skuldig te pleit en nie omdat hy skuldig was nie, welke bewerings
van
applikant ook deur sy destydse prokureur gestaaf word.
2. Applikant
beweer dat daar ten tyde van die vergaderings gehou op 22 September
2005 en 31 Oktober 2005 besprekings was oor die beweerde
oorbetaling
wat deur respondent aan applikant gemaak is en dat daar ooreengekom
is dat respondent se interne oudit-afdeling applikant
se vertoë sal
oorweeg, die redes vir applikant se skuldig pleit in aanmerking sal
neem en dan tot ân finale beslissing sal kom.
(Funderende
verklaring, p. 13, paragrawe 8.1 en 8.2).
Hierteenoor beweer
respondent dat respondent nooit onderneem het om enige versoek gemaak
deur applikant te laat oorweeg deur respondent
se interne
oudit-afdeling nie en is daar reeds op daardie vergadering
ooreengekom dat die bedrag R806 350,08 te veel betaal is aan
applikant en dat applikant dit aan respondent sal terugbetaal in
maandelikse paaiemente van R67 195,84. (Opponerende verklaring,
p.
65 tot 66, paragraaf 2.7).
Na my mening word
applikant se weergawe egter gestaaf en respondent se weergawe
weerspreek deur die skrywe van respondent, gedateer
6 Februarie 2006,
aangeheg as Aanhangsel âSNM4â tot die funderende verklaring,
waarin daar onder andere as volg vermeld word:
â
Internal
audit has completed its investigation as agreed in the meeting dated
22 September 2005 and 31 October 2005.â
en
â
Internal
Audit recommends that the total amount of R806 350,08 (Eight Hundred
And six Thousand, Three Hundred and Fifty Eights Cents)
in respect of
over-payment made, which was contrary to service level agreement,
should be refunded back to Sedibeng Water.â
(Opponerende verklaring,
Aanhangsel âSNM4â, p. 47 tot 48.)
Die bewoording van
hierdie skrywe van respondent is duidelik tot die effek dat die
interne oudit eers op daardie stadium, synde 6
Februarie 2006, finaal
afgehandel was en dat daar eers op daardie stadium ân aanbeveling
was dat die bepaalde bedrag aan respondent
terugbetaal moes word.
Dit strook met applikant se weergawe en is nie versoenbaar met
respondent se weergawe nie.
3. Die feit dat die
skulderkenning op 7 Februarie 2006, synde een dag na laasgenoemde
skrywe, aan applikant verskaf is vir ondertekening,
is na my mening
verder bevestigend daarvan dat daar nie reeds op die vergadering van
31 Oktober 2005 enige ooreenkoms met betrekking
tot die verskuldigde
bedrag en/of die terugbetaling daarvan en/of die wyse van
terugbetaling daarvan, bereik is nie.
4. Indien applikant en
respondent wel ân ooreenkoms bereik het met betrekking tot die
beweerde verskuldigde bedrag en die terugbetaling
daarvan deur
applikant aan respondent, is daar geen verklaarbare rede waarom
applikant dan sou geweier het om die skulderkenning
te onderteken op
die stadium wat dit aan applikant vir ondertekening voorgelê was
nie. Die feit dat applikant geweier het om dit
te onderteken, is na
my mening weereens in ooreenstemming met applikant se weergawe dat
daar nie ân ooreenkoms ten opsigte van
enige verskuldigheid deur
applikant aan respondent, die bedrag daarvan of die terugbetaling
daarvan was nie.
5. Dit is voorts
onwaarskynlik dat applikant sou toestem tot die beweerde
verskuldigheid en die beweerde reëling met betrekking tot
die
terugbetaling daarvan, aangesien dit onbetwis uit die aansoekstukke
blyk dat hierdie maandelikse aftrekking applikant finansieel
sou
ruïneer. (Funderende verklaring, p. 16 â 17, paragraaf 12.1 tot
12.4; en Opponerende verklaring p. 67, paragraaf 2.10.)
6. Ten spyte daarvan dat
daar in die skriftelike ooreenkoms ân opsie ten gunste van
applikant beding is om die ooreenkoms vir ân
verdere 5 jaar te
verleng, is applikant meegedeel dat die ooreenkoms deur respondent
beëindig gaan word op 31 Oktober 2006. Hierdie
voorgenome
(eensydige) kansellasie van die ooreenkoms/nie-verlenging van die
ooreenkoms strook met die wyse waarop die maandelikse
betalingsbedrag
bereken is, synde 12 paaiemente ten bedrae van R67 195,84 wat dan
teen 31 Oktober 2006 die totale bedrag van R806
350,80 sou
teweegbring.
7. Inaggenome dat daar
verskeie senior beamptes namens respondent die vergadering op 31
Oktober 2005 bygewoon het, kom dit uiters
vreemd voor dat daar nie
behoorlike bevestigende beëdigde verklarings deur sodanige beamptes
geliasseer is nie, veral inaggenome
dat die beweerde mondelinge
ooreenkoms wat op die vergadering bereik is, die wese van respondent
se verweer daarstel. Daar is ook
nie deur respondent gepoog om enige
notule van sodanige vergadering tot die aansoekstukke aan te heg
en/of eers te beweer dat daar
nie sodanige notule bestaan nie.
[12] In die
vooropstelling is die waarskynlikhede na my mening oorweldigend ten
gunste van applikant dat daar nie ân mondelinge
ooreenkoms tussen
applikant en respondent bereik is soos deur respondent beweer nie en
dat respondent eensydiglik besluit het dat
applikant oorbetaal is,
wat die bedrag van die oorbetaling is en hoe dit terugbetaal moet
word. Na my mening is hierdie ân geval
waar respondent se weergawe
ten opsigte hiervan, ten spyte van die oënskynlike feite dispuut
daaromtrent, verwerp kan word as gevolg
van die inherente
geloofwaardigheid van applikant se feitelike bewerings en die
inherente onwaarskynlikheid van respondent se bewerings.
(Sien
PLASCON-EVANS PAINTS v VAN RIEBEECK PAINTS
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA
623
(AD) op 634 F â 635 C.)
[13] Addisioneel
tot laasgenoemde bevinding, moet daar ook op gelet word dat die
skriftelike ooreenkoms in ieder geval die volgende
terme bevat:
1. Klousule 11 van die
ooreenkoms lees as volg:
âALTERATIONS/CHANGES
TO CONTRACT
11.1
No alteration or change
or cancellation of this agreement or any of its appendices will be
valid unless it is in writing and signed
by both parties to this
agreement.â
2. Klousule
12 lees as volg:
â
TOTAL
AGREEMENT
12.1 This
agreement
as well as the appendices mentioned in this
agreement and attached to this agreement, states the total agreement
between the parties
regarding the subject of the agreement, and the
parties acknowledge that no understanding, guarantee or commitment
exist between
the parties, which is not contained in this agreement.â
Klousule 4.4 van die
ooreenkoms lees as volg:
â
4.4
The
service provider will invoice the client on a monthly basis for the
fees due as per the contract inclusive of VAT (Value Added
Tax) at
the applicable rate.â
4. Klousule 4.5 van die
ooreenkoms lees as volg:
â
4.5 The
client agrees to pay such fees to the service provider not later that
5 (five) working days of the date of the invoice.â
[14] Dit is dus duidelik
dat die beweerde mondelinge ooreenkoms waarop respondent poog om te
steun ân wysiging van beide klousules
4.4 en 4.5 van die
skriftelike ooreenkoms daarstel, deurdat dit tot gevolg sal hê dat
die volle ooreengekome en gefaktureerde bedrag
daardeur verminder
word of gelde daarteen in skuldvergelyking afgetrek word en applikant
dan vir sodanige mindere bedrag deur respondent
betaal word. Gegewe
die inhoud van klousule 12 van die skriftelike ooreenkoms, saamgelees
met klousule 11 daarvan, sal sodanige
beweerde mondelinge ooreenkoms
in ieder geval nietig en onafdwingbaar wees. In die verband is dit
nou geykte reg dat ân bepaling
in ân kontrak wat mondelinge
wysiging van die kontrak verbied (soos klousule 11 in die geval),
geldig en afdwingbaar is en tot
gevolg het dat ân daaropvolgende
mondelinge ooreenkoms ter wysiging van die skriftelike ooreenkoms,
van nul en gener waarde is.
Sien
S.A. SENTRALE
KO-OP GRAANMAATSKAPPY BEPERK v SHIFREN EN ANDERE
1964 (4) SA
760
(A) op 766 H tot 767 D:
â
Waar
partye so 'n bepaling in hul kontrak ingelyf het, d.w.s. 'n bepaling
wat nie slegs ander bedinge nie, maar ook homself teen mondelinge
wysiging heet te beveilig, kan ek geen rede vind waarom die een party
nie die ander daaraan gebonde kan hou nie. Hul klaarblyklike
doel met
so 'n bepaling is om te waak teen die geskille en bewysmoeilikhede
wat by mondelinge ooreenkomste kan ontstaan. Om albei
daarteen te
beskerm kom hulle uitdruklik ooreen dat mondelinge wysigende
ooreenkomste, ook wat die verskansende beding self betref,
al word
hul
animo
contrahendi
aangegaan, tussen hul van nul en gener waarde sal wees. Indien 'n
party, uit hoofde juis van 'n mondelinge wysiging, belet sou word
om
hom op so 'n beding te beroep, sou ons hier met 'n soort kontrak te
doen hê wat sonder meer nie deur 'n hof afgedwing word nie.
Dit sou
'n opvallende afwyking wees van die elementêre en grondliggende
algemene beginsel dat kontrakte wat vryelik en in alle erns
deur
bevoegde partye aangegaan is, in die openbare belang afgedwing
word.... Om genoemde redes moet die eerste vraag hierbo genoem,
nl.
of hierdie kontrak mondeling gewysig kan word, na my mening
ontkennend beantwoord word.â
Sien ook
HNR
PROPERTIES CC AND ANOTHER v STANDARD BANK OF SA LTD
2004 (4)
SA 471
(SCA) op 479 B â E.
[15] Wat betref
respondent se verweer van skuldvergelyking wat in die betoogshoofde
namens respondent aangespreek word, is dit ân
vereiste dat sodanige
verweer gepleit en bewys moet word op dieselfde wyse as ân verweer
van betaling. (Sien
SCHIERHOUT v UNION GOVERNMENT (MINISTER OF
JUSTICE)
1926 AD 286
op 290; sien ook
MAHOMED v NAGDEE
1952 (1) SA 410
(AD) op 416
G â H. Na my mening
het respondent in hierdie aangeleentheid nie spesifiek en pertinent
skuldvergelyking as ân verweer in sy
opponerende verklaring
openbaar nie. Selfs indien ten gunste van respondent aanvaar sou
word dat hy wel gepoog het om dit te doen
en dat daar dus geag moet
word aan hierdie prosedurele vereiste voldoen te wees, is daar steeds
sekere vereistes wat deur respondent
bewys moes word alvorens
respondent suksesvol kan wees met die verweer van skuldvergelyking.
Hierdie vereistes kan as volg saamgevat
word:
â
A
party wishing to
rely on set-off must allege and proof the following:
the indebtedness of the plaintiff to
the defendant;
that the defendantâs debt is also
due and legally payable;
that both debts are liquidated debts;
and
that the reciprocal debt was owed by
the plaintiff to the defendant.â
(Sien
AMLERâS
PRECEDENTS OF PLEADINGS,
6th Edition, HARMS, op p. 312 tot
313.)
Wat
die vereiste van likiditeit betref, moet sodanige vordering aan die
volgende voldoen:
â
For
set-off to operate the defendant must be in the position to say âthe
plaintiff owes me a debtâ, rather than âI have a claim
against
himâ. That is to say that the debt must be liquidated in the sense
described by Innes CJ in Treasurer-General v Van Vuren
1905 TS 582
589:
â
The
law requires that a debt which it is desired to oppose by way of
set-off must be of a liquidated nature. It need not be liquid
in the
sense in which that word is now used in our practice. According to
Vinnius, if not admitted by the other side it must be
capable of easy
and speedy proof. Pothier says a debt is liquidated when it is
evident that it is due, and to what amount....ââ
(Sien:
THE LAW OF
CONTRACT,
R H Christie, 4th Edition
, op p. 554.)
[16] Na
my mening voldoen respondent se beweerde skuldvergelykende vordering
teen applikant nie aan bogemelde vereistes nie, in besonder
nie aan
die vereistes dat dit ân gelikwideerde vordering moet wees nie. Of
applikant enige betaling aan respondent verskuldig
is, en indien wel,
wat die bedrag daarvan is, is juis wat in dispuut is tussen die
partye en ooreenkomstig klousule 10 van die skriftelike
ooreenkoms
vir arbitrasie verwys moet word. Gevolglik is ek van mening dat
respondent nie suksesvol kan wees met hierdie verweer
nie en nie
geregtig was om op die basis van skuldvergelyking die maandelikse
aftrekkings kon maak nie.
[17] In
die vooropstelling is ek van mening dat die maandelikse aftrekkings
wat respondent tot op hede gemaak het en klaarblyklik
voornemens is
om steeds in die toekoms te maak totdat die bedrag van R806 350,08
deur applikant aan respondent terugbetaal is, eensydige
en
onregmatige optrede daarstel aan die kant van respondent, welke
optrede `n verbreking van die terme van die skriftelike ooreenkoms
gesluit tussen die partye, daarstel. Dit is duidelik dat die dispuut
tussen die partye `n dispuut daarstel soos voorsien in klousule
10
van die skriftelike ooreenkoms en het Mnr. Dlavane ook sodanig
toegegee beide in sy betoogshoofde en ten tyde van die aanhoor
van
die aansoek. Tot tyd en wyl die dispuut tussen die partye by wyse van
arbitrasie besleg is, is applikant gevolglik in terme van
die
skriftelike ooreenkoms geregtig om maandeliks die volle ooreengekome
kontraksprys vanaf respondent te ontvang en is respondent
verplig om
dit aldus aan applikant oor te betaal.
[18] Wat
die instel van die arbitrasieverrigtinge betref, het die Kennisgewing
van Mosie verwys na arbitrasieverrigtinge wat deur
applikant teen
respondent ingestel staan te word. Die partye was dit egter eens ten
tyde van die aanhoor van die onderhawige aansoek
dat sodanige
arbitrasieverrigtinge inderdaad deur respondent ingestel sal moet
word. Gevolglik sal die bevel wat ek voornemens is
om te maak,
verwys na arbitrasieverrigtinge wat deur respondent ingestel staan te
word.
[19] Volledigheidshalwe
word vermeld dat gegewe die datum waarop hierdie uitspraak gegee
word, ek aanvaar dat bereken tot en met einde
Augustus 2006,
respondent tot op datum reeds 10 maande se aftrekkings gemaak het en
derhalwe tans die bedrag van R671 958,40 aan
applikant verskuldig is.
[20] In
die vooropstelling word die volgende bevele verleen:
Respondent word beveel
om die bedrag van
R671 958,40 (seshonderd
een en sewentig duisend negehonderd agt en vyftig rand en veertig
sent) aan applikant te betaal.
2. Hangende
die finalisering van arbitrasieverrigtinge ingestel te word deur
respondent teen applikant ooreenkomstig klousule 10 van
die
skriftelike ooreenkoms gesluit tussen die partye, gedateer 22
November 2001, welke arbitrasieverrigtinge ingestel moet word binne
60 (sestig) dae na verlening van hierdie bevel, word respondent:
2.1 beveel
om die volle kontraksprys verskuldig aan applikant in terme van en
voortspruitend uit voormelde skriftelike ooreenkoms
te betaal en wel
binne 5 (vyf) werksdae na datum van applikant se faktuur soos
ooreengekom; en
verbied om enige
verdere geld af te trek van of in skuldvergelyking te bring teen
die ooreengekome kontraksprys deur respondent
aan applikant
verskuldig in terme van die voormelde skriftelike ooreenkoms.
3. Respondent word beveel
om die koste van die aansoek te betaal.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens
die applikant: Adv. P.J.T. de Wet
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. M.A. Dlavane
In
opdrag van:
S
Silent Prokureurs
c/o
N.W. Phalatsi & Partners
BLOEMFONTEIN
/em