S v Sejane (699/2006) [2006] ZAFSHC 21 (7 September 2006)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused convicted of theft of a cellular phone valued at R900, sentenced to 18 months imprisonment — Accused a first offender, employed, and returned the phone after two weeks — Court found the sentence excessively harsh given the circumstances and replaced it with a fine of R800 or, in default, four months imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 21
|

|

S v Sejane (699/2006) [2006] ZAFSHC 21 (7 September 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 699/2006
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
TELLO
BENEDICT SEJANE
______________________________________________________
CORAM:
CILLIé, R
et
VAN DER MERWE, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
GELEWER OP:
7
SEPTEMBER 2006
[1] Die beskuldigde is
tereg op grond van sy pleit van skuldig daaraan skuldig bevind dat hy
‘n sellulêre telefoon ter waarde van
R900,00 gesteel het. Hy is
vervolgens gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf.
[2] Die
beskuldigde is 26 jaar oud en ‘n algehele eerste oortreder. Hy het
Standerd 8 geslaag, is werksaam met ‘n verdienste
van R70,00 per
dag en is getroud met een kind van 6 jaar oud. Uit die feite wat
deur die staatsaanklaer aanvaar is, blyk dit dat
die beskuldigde by
die klaagster was en toe sy geloop het sy haar selfoon aldaar
agtergelaat het. Die beskuldigde het toe die selfoon
vir homself
geneem. Soos die landdros in sy redes op navraag ook vermeld, was
die beskuldigde waarskynlik in die versoeking om die
onbewaakte
selfoon te neem. Volgens die beskuldigde het die klaagster hom so
twee weke later vasgetrap, soos hy dit gestel het,
waarop hy die
selfoon aan haar teruggegee het.
[3] In
al hierdie omstandighede is die opgelegde vonnis van 18 maande
gevangenisstraf na my oordeel buitensporig swaar en moet dit
ter syde
gestel word. Ek aanvaar die landdros se mededeling dat diefstal van
selfone in sy jurisdiksie- gebied toeneem. Vonnis
moet egter steeds
opgelê word aan die hand van die besondere omstandighede van elke
saak. In die onderhawige geval meen ek ook
nie dat direkte
gevangenisstraf gepas is nie. ‘n Boete-vonnis met alternatiewe
gevangenisstraf voldoen in die onderhawige geval
myns insiens aan al
die oogmerke van strafoplegging.
[4] Gevolglik
word die skuldigbevinding bekragtig maar word die vonnis ter syde
gestel en vervang met ‘n boete van R800,00 (agthonderd)
of by
wanbetaling 4 (vier) maande gevangenisstraf. In geval die boete nie
betaal word nie, moet die vonnis van alternatiewe gevangenisstraf
geag word opgelê te gewees het op 8 Junie 2006.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
_____________
C.B.
CILLIé, R
/em