About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 134
|
|
S v Pholoana (78/2006) [2006] ZAFSHC 134 (1 September 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
nr: 78/2006
In
die saak van:
DIE
STAAT
en
GEELBOOI
PHOLOANA
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
MILTON,
Wnd R
AANGEHOOR
OP:
28
AUGUSTUS 2006
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
1
SEPTEMBER 2006
AGTERGROND:
[1] U,
Mnr. Pholoana, die beskuldigde hierin, is aanvanklik twee aanklagtes
ten laste gelê, naamlik een van moord en een van aanranding
met die
opset om ernstig te beseer.
[2] Voor
aanvang van die verhoor is die klagte ten opsigte van die aanranding
teruggetrek teen u deur die Staat.
[3]
AANKLAG
1
Die
aanklag op moord het soos volg gelees:
â
Deurdat die
beskuldigde op of omtrent die 20 Augustus 2005 te Glen in die distrik
van Bloemfontein wederregtelik vir Novelakhe Alina
Ntsane ân 26 â
jarige vrou gedood het.â
[4] U
is deur Adv. Bezuidenhout verteenwoordig en het skuldig gepleit op ân
klag van moord en ân skriftelike pleitverduideliking
ingehandig in
terme van artikel 112(2), Wet no. 51 van 1977 gemerk Aanhangsel âAâ.
[5] U
verklaring in terme van Artikel 112(2) lees soos volg:
â
1.
1.1 Ek is ân meerderjarige man
(geboorte datum: 18 Desember 1975) en die beskuldigde in bogenoemde
saak.
1.2 Ek
lê hierdie verklaring vrywillig af terwyl ek by my volle positiewe
is en nie onbehoorlik daartoe beïnvloed is nie.
2.
Ek pleit hiermee skuldig aan die
aanklag een, naamlik moord en erken dat ek op Saterdag, 20 Augustus
2005 te Glen in die distrik van
Bloemfontein wederregtelik en
opsetlik vir Novelakhe Alina Ntsane ân ses-en-twintigjarige vrou
gedood het.
3.
3.1 Ek en Novelakhe Alina Ntsane
(hierna verwys as die âoorledeneâ) was in ân saamwoon
verhouding vir ongeveer ân jaar en
twee maande.
3.2 Ek
het sedert die jaar 2003 gewerk te âTwo-bob-a-dayâ, ân winkel
wat geleë is te Glen.
3.3 Op
die betrokke dag, naamlik Saterdag, 20 Augustus 2005 het ek gewerk en
het deur die loop van die dag vyf sorgumbier gedrink
alvorens ek teen
ongeveer 14:00 van diens af gekom het.
3.4 Ek het die oorledene by gemelde
winkel aangetref. Ek het terwyl ons by die winkel vertoef het 12 x
340 ml Black Label kannetjies
bier gedrink en drie sopies Klipfontein
brandewyn. Ek het op ân stadium gemerk dat die oorledene besig was
om ân man wie aan
my bekend was as ene âRussianâ te liefkoos.
Ek het ook gesien dat Russian ân kaart met beltyd vir ân selfoon
gekoop het.
Ek het op daardie stadium nie geweet waarom hy die
beltyd gekoop het nie. Dit dien vermeld te word dat die oorledene op
ân stadium
voor gemelde dag aan my te kenne gegee het dat sy by
Russian se ouerhuis wou gaan woon en ons verhouding wou beeïndig.
Sy het egter
steeds saam met my aan huis gewoon en het ek aanvaar dat
die probleem uitgesorteer was.
3.5 Ek
en die oorledene het die winkel verlaat. Op pad na ons woning het ek
die oorledene gekonfronteer oor die beltyd wat Russian
gekoop het.
Ons het in ân woordewisseling betrokke geraak. EK het oorledene se
handsak deursoek en op die kaart met beltyd afgekom.
3.6 Ons
het in ân hewige woordewisseling betrokke geraak oor die beltyd en
of sy en Russian ân verhouding gehad het. Ek het tydens
die
woordewisseling vir ene Bahedile geskakel vanaf my selfoon en haar
versoek om haar kind wat ons op daardie stadium vergesel het
te kom
haal omrede ek en die oorledene baklei het.
3.7 Ek
was woedend vir die oorledene en het in my woedebui my sakmes geneem
en haar herhaaldelike kere op haar liggaam daarmee gesteek.
3.8 Bahedile
het later daar opgedaag en het gedreig dat sy die polisie gaan bel.
Ek het vir haar gesê dat sy maar die polisie kon
bel. Bahedile het
die polisie gebel en is toe met die kind daar weg.
3.9 Ek
was steeds woedend. Op ân stadium het ene Johannes Mohlaki daar
verby geloop en ek het om nader geroep. Ek het hom vertel
wat gebeur
het. Ek het ook aan hom gesê dat ek nou gaan klaarmaak; betekende
vir haar en myself. Ek sou die oorledene se keel
afsny met die mes
waarna ek myself sou gaan ophang. Johannes is toe daar weg.
3.10 Ek
het die oorledene se keel afgesny. Ek het daarna na die oorledene se
pa se huis gegaan waar ek ân tou wou kry om myself
op te hang.
Alvorens ek myself kon ophang het die polisie daar opgedaag en was ek
gearresteer
4.
Hoewel ek daardie dag ontsettend kwaad
was vir die oorledene en ek geïntoksikeerd was, kon ek onderskei
tussen reg en verkeerd en
het ek ook die vermoë beskik om my
handelinge dienooreenkomstig in te rig en geweet dat my handeling
verkeerd is. Ek het geweet
dat my optrede die oorledene se dood kon
meebring en het ek steeds met my optrede voortgegaan ten spyte van
hierdie besef, en ten
spyte van Johannes en Bahedile se versoeke dat
ek nie met my optrede moet voortgaan nie.
5.
Ek
wens ook om die volgende formeel te erken:
5.1 Die
identiteit van die oorledene, naamlik Novelakhe Alina Ntsane;
5.2 Dat
die oorledene geen verdere beserings opgedoen het vandat haar liggaam
vanaf die toneel verwyder is tot en met die hou van
die lykskouing
deur Dokter H B Burbu;
5.3 Die
inhoud en korrektheid van die lykskouingsverslag soos saamgestel deur
Dokter Burbu.
5.4 Dat
die oorledene beswyk het as gevolg van snywonde aan haar nek.
6.
Ek besef dat my optrede verkeerd was
en het opregte berou daaroor.â
[6] Die hof is tevrede
dat u al die elemente van die misdryf erken het asook die ketting
getuienis en is gevolglik skuldig bevind
aan moord.
[7] Die Staat het daarna
die lykskouingsverslag ingehandig as Aanhangsel âBâ waarby
ingesluit is ân reeks fotoâs van die oorledene
se lyk welke
duidelik veelvuldige beserings op die oorledene se lyf aantoon.
[8] Die Staat het daarna
vorige veroordelings teen u bewys welke deur u ook erken is. Volgens
u vorige veroordelings is u op 4 Maart
1998 skuldig bevind aan vier
klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer, twee
aanklagtes van huisbraak met op die
opset om aan te rand en aan twee
klagtes van diefstal. Die klagtes is almal saam geneem vir
doeleindes van vonnis en is u 18 maande
korrektiewe toesig opgelê.
[9] Voordat die
verdediging en die Staat hulle betoë voorgelê het, het die hof ân
versoek aan hulle gerig om die hof toe te spreek
of die misdryf van
moord waaraan u skuldig bevind is, ân misdryf is soos bedoel in
terme van artikel 51(1)(a) of artikel 51(2)(a)(i)
van die
Strafwysigingswet 105 van 1997.
[10] Die wetgewer het
duidelik verskil tussen moord wat beplan en voorbedag is soos omskryf
in Bylae 2, Deel 1 van genoemde wet en
moord onder omstandighede
omskryf in Bylae 2, Deel II gemaak.
[11] Dit is van uiterste
belang om te bepaal onder welke artikel die misdryf van moord
ressorteer, aangesien dit die minimum straf
affekteer wat die hof
moet oplê indien die hof geen wesenlike of dwingende omstandighede
bevind soos bedoel in artikel 3(a) van
dieselfde wet.
[12] Na oorweging van die
betoë van u verteenwoordiger en die Staat en die regspraak wat
voorgelê is, waarvoor die hof hulle dank
verskuldig is, is ek
oortuig dat die misdryf van moord waaraan u skuldig bevind is, nie
onder artikel 51(1)(a) ressorteer nie en
moet u in terme van artikel
51(2)(a)(i) gestraf word. Hierdie hof is dus verplig om in terme van
hierdie genoemde artikel, ân
minimum vonnis op te lê.
[13] Die
hof se diskresionêre funksie word hierdeur egter ingekort en mag die
hof slegs daarvan afwyk indien die hof uit die feite
wat voor die hof
geplaas is wesenlike of dwingende omstandighede vind wat ân mindere
vonnis sal regverdig.
VONNIS
[14] Daar is drie basiese
elemente wat die hof moet oorweeg met die oplê van ân vonnis,
naamlik:
i. Die
ernstigheid van die misdryf;
ii. U,
die beskuldigde;
iii. Die belange van die
gemeenskap.
Sien
S
v ZINN
1969 (2) SA 537
A op 540 G.
14.1
Ernstigheid
van die misdyf
Dat
moord ân ernstige misdryf is, verg weinig motivering. Die
oorledene, ân weerlose slagoffer, is wreedaardig en koelbloedig
aangeval en 42 keer oor haar hele liggaam met ân mes gesteek
voordat haar keel afgesny is soos ân dier. Die aanval op die
oorledene
moes ân redelike tyd geduur het wat nie alleen
vreesaanjaend moes gewees het nie, maar ook uiters pynlik. Die
oorledene het duidelik
probeer keer om haarself te beskerm, wat blyk
uit die wonde op haar regter hand en op albei van haar arms by die
polse soos aangetoon
op die lykskouingsverslag. Die neem van ân
mens se lewe word verafsku en kan en behoort dit nie in ân
beskaafde gemeenskap geduld
te word nie destemeer binne in
gesinsverhouding soos hier van toepassing is.
14.2
Die
beskuldigde
14.2.1 U,
het u persoonlike omstandighede onder eed op rekord geplaas, naamlik
dat u 31 jaar oud is, ongetroud en geen kinders het
nie. U hoogste
skolastiese vlak is Standerd 5. U het ten tye van die misdryf gewerk
vir ân R1 000,00 per maand waarmee u die
oorledene en u oorlede
suster se twee klein kinders onderhou het. U was reeds 14 maande in
ân saambly verhouding met die oorledene
voor haar dood. U het
getuig dat u berou het aan die daad en is skaam vir wat u gedoen het
veral teenoor die oorledene se familie
wat in die hof verteenwoordig
was. U het ook erken dat u hierdie betrokke dag enorme hoeveelheid
van ân verskeidenheid alkoholiese
drank ingeneem het. Ten spyte
van die feit dat u al die beweerde drank ingeneem het was die hof
oortuig dat u al die elemente van
die misdryf behoorlik erken het en
aanspreeklik is vir die ten las gelegde misdryf.
Al u
persoonlike faktore moet in ag geneem word aangesien elke beskuldigde
ân unieke mens is. Sien
S
v DU TOIT
1979 (3) SA 846
A op 857 H â 858 A en
S
v DE KOCK
1997 (2) SASV 171 T op 183 h â j.
14.2.2 Verder
moet daar oorweging geskenk word aan die rede of motief wat
aanleiding gegee het tot die sinnelose en wrede moord.
Hierdie blyk
ân tipiese geval van ân âpassion crimeâ en die motief blykens
provokasie te wees wat voortgespruit het uit jaloesie.
Provokasie
kan nooit skuld uitsluitend wees nie maar kan wel in ag geneem ter
strafversagtend. Sien verder ook
S
v VAN VUUREN
1983 (1) SA 12
A op 20 d â e, en sien ook verder
S
v CALITZ
1990 (1) SASV 119 (A) en
S
v HENRY
1999 (1) SASV 13 A 20 d â e.
14.2.3 Die
hof kan nie ignoreer dat u nie onbekend is met geweld nie wat
duidelik blyk uit u vorige veroordelings en waar, uitgesluit
twee
misdrywe, almal geweld by betrokke was. Hierdie kan aanduidend wees
dat u ân gewelddadige karakter mag hê, maar nie noodwendig
nie.
Sien
S
v JACK
1982 (4) SA 736
(A). U is dus nie ân eerste oortreder voor die hof
vandag wat ân geweldsmisdaad aanbetref nie.
14.3
Die
belang van die gemeenskap
Die
belang van die gemeenskap weeg deesdae baie swaar met betrekking tot
geweld in die algemeen en veral geweld wat voortspruit uit
gesins- of
liefdesverbintenisse. Hierdie hof sal sy plig versuim indien daar
nie ferm ten hierdie tipe van oortreders opgetree word
nie om die
boodskap duidelik te laat uitgaan dat die plaag van geweld en
minagting vir ân mens se lewe nie meer geduld sal of kan
word nie.
Op 10 Mei 2006 was daar ân koerantberig wat in die Volksblad
verskyn het waarin daar berig was daar in die vorige drie
maande 13
gevalle van moorde gerapporteer was op vrouens. Skokkend om die
minste te sê en dra u nou by tot die statistiek. ân
Vrou is
swakker as ân man en staan weerloos teen enige geweld wat deur ân
man toegepas word hetsy met of sonder ân wapen.
Dit is ook duidelik dat
die wetgewer met die bepalings wat tans van toepassing is vir die
minimum strawwe, ân boodskap oordra dat
onbeheerste doellose geweld
swaar gestraf moet word.
[15] U
is nie ân eerste oortreder voor die hof vandag nie, soos reeds gesê
en alhoewel u die hof meegedeel het dat die vorige veroordelings
op
verskeie dae gepleeg was toon die misdrywe asof dit op een dag
gepleeg was en waarvoor een vonnis opgelê is.
[16] Die
hof is dus verplig om ân minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
op te lê in terme van artikel 52(2)(b)(i) maar het
die hof ân
diskresie om ân swaarder straf op te lê indien die hof van mening
is dat ân swaarder straf regverdig is. Aan die
ander kant kan die
hof ook gevangenisstraf oplê wat minder is as 15 jaar indien die hof
oortuig is dat daar wesenlike en dwingende
omstandighede bestaan wat
die oplegging van die mindere vonnis voorgeskryf regverdig. Sien
S
v MALGAS
2001 (2) SA 1222
(SCA).
[17] Daar
is geen bewyslas op die beskuldigde om wesenlike en dwingende
omstandighede te bewys nie maar moet die beskuldigde sulke
omstandighede voor die hof plaas vir oorweging. Sien
S
v ROSLEE
2006 (1) SASV 537 op 545 e â f. Namens u is betoog dat u ân
eerste oortreder is wat moord aanbetref, en dat u skuldig gepleit
het
en dat u inderdaad berou toon en dat u reeds ân jaar in gevangenis
deurgebring het terwyl u verhoorafwagtend was en dat u ten
tye van
die pleging van die misdryf ân inkomste genererende burger was.
Verder dat drank ân groot rol gespeel het in u oordeelsvermoë
en
dat u opgetree het as gevolg van provokasie voortspruitend uit
jaloesie.
[18] Die
hof het noukeurig aandag gegee aan u persoonlike en individuele
omstandighede maar beskou hulle nie voldoende om te kwalifiseer
as
wesenlik en dwingend nie. Inteendeel om in hierdie geval ân
mindere straf op te lê sal die toepassing van geregtigheid tot
minagting bring. Sien
S
v MATOMA
1981 (3) SA 838
A op 842 H â 843 A.
[19] Op die
weersinwekkende feite wat betrekking het op die saak moet die hof
beoordeel of lewenslange gevangenisstraf nie dalk die
enigste gepaste
vonnis sal wees nie. Die versagtende faktore deur u voorgelê,
teenoor die verswarende faktore teenwoordig moet
opgemeet word,
terwyl die oogmerke van vonnis nie uit die oog verloor moet word nie,
naamlik afskrikking, voorkoming, hervorming
en vergelding.
Die
swaarste element wat teen u weeg is die afskuwelike en aanstootlike
misdryf wat deur u gepleeg is en verg dit ân welverdiende
straf.
Sien
S
v NKAMBULE
1993 (1) SASV 136 A op 147 g â i.
Die
gemeenskapsbelange weeg dus in hierdie geval sterker as u, die
beskuldigde.
[20] Nietemin
is die hof bereid om u persoonlike omstandighede in ag te neem wat ân
balans sal verseker en nie die gemeenskap se
belang oorbeklemtoon
nie. Sien
S
v QUANDU EN ANDER
1989 (1) SA 517
(AA).
[21] Gevolglik
word u gevonnis soos volg:
Klagte 1: 25 jaar
gevangenisstraf.
________________
D.
MILTON, Wnd R
/em