About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 121
|
|
Ralph v S [2006] ZAFSHC 121 (31 August 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. : A33/2005
In
die appèl tussen:
NORMAN
PETER RALPH
Applikant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
CILLIé, R
et
EBRAHIM, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
CILLIé, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
14 AUGUSTUS 2006
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
31 AUGUSTUS 2006
_____________________________________________________
[1] Die
appellant het in die Streekhof tereggestaan op ân hoofklagte van
oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957 met
ân
alternatiewe klagte van onsedelike aanranding. Die streeklanddros
het die appellant skuldig bevind aan die alternatiewe klagte.
In die
uitspraak word geen redes vermeld waarom die hoofklagte verbygegaan
was nie. Trouens dit is duidelik uit die uitspraak dat
die vraag of
die hoofklagte bewese is nooit oorweeg was nie. Dit is regtens
foutief. ân Alternatiewe klagte kom juis eers onder
oorweging na
ân bevinding dat die hoofklagte nie bewese is nie. Dit is die hele
doel van die stel van klagtes in die alternatief.
(Vergelyk artikel
83 van Wet 51 van 1977.) Die advokate wat namens die appellant en
die Staat verskyn het was dit eens dat as die
hoofklagte wel deur die
getuienis bewese was die skuldigbevinding aan die alternatiewe klagte
om hierdie rede alreeds nie regtens
korrek is nie. Wat egter meer
is, is dat die advokate dit eweneens eens is dat die getuienis, al
word dit aanvaar, in elk geval
nie ân skuldigbevinding op die
alternatiewe klagte bewys nie. Dit is oorweldigend duidelik uit die
getuienis dat die klaer op
sy eie weergawe reeds deurgaans ân
gewillige deelnemer was aan die beweerde seksuele dade waarna weldra
verwys sal word. Daar
is dus van onsedelike aanranding met al die
elemente wat daarvoor vereis word, geen sprake nie. Mnr. Botha,
namens die Staat het
gevolglik versoek dat die skuldigbevinding
verander moet word na een van oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet
23 van 1957 synde
die hoofklagte. Sou die getuienis gemelde
oortreding bewys is so ân werkswyse op appèl natuurlik geoorloof.
Vergelyk artikel
304(2)(c)(1) gelees met artikel 309(3) van Wet 51
van 1977,
S
v DU TOIT
1966 (4) SA 627
(A), Hiemstra
S.A.
STRAFPROSES
,
6de Uitgawe, bladsy 238.
[2] Mnr.
Snellenburg, namens die appellant voer egter aan dat die getuienis
selfs nie ân oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet
23 van 1957
bewys nie en wel omdat daar twyfel moet wees of die beweerde dade wat
die klagte sou daarstel ooit plaasgevind het.
Dit maak dit nodig om
in meer besonderhede na die inhoud van die klagstaat sowel as die
getuienis te verwys.
[3] Die beweringe teen
die appellant, soos vervat in die klagstaat, is dat hy vir ân
periode strekkende vanaf 1997 tot 2004 ân
reeks onsedelike dade met
die klaer, ân seun onder die ouderdom van 19 jaar, gepleeg het.
Dit is nie nodig om die presiese aard
daarvan weer te gee nie. Dit
is duidelik en deur almal so aanvaar dat die beweerde dade
kwalifiseer as onsedelike dade wat voldoende
sou wees vir ân
oortreding van artikel 14(1)(b) voormeld.
[4] Die klaer was tydens
die verhoor 14 jaar oud. Sy getuienis was dat vanaf ongeveer
7-jarige ouderdom die appellant, wat ân aangetroude
familielid was,
hierdie dade met hom gepleeg het. Dit blyk uit die oorkonde dat die
appellant op daardie stadium ongeveer 30 jaar
oud was. Die getuienis
van die klaer laat min twyfel dat daar oor hierdie periode wat bes as
ân homoseksuele verhouding beskryf
kan word, tussen die appellant
en die klaer bestaan het. Die klaer self het getuig dat die
appellant dikwels geskenke aan hom gegee
het. Dit is duidelik dat
dit die klaer welgeval het. Hulle het saam op visvanguitstappies
gegaan en ander vermaaklikheid bygewoon.
Hierdie verhouding het
volgens die klaer soos seker in alle verhoudinge goeie en slegte tye
beleef.
[5] Dit blyk uit die
getuienis van die klaer se moeder dat sy eendag ân pornografiese
tydskrif in die klaer se sportsak ontdek het.
Toe sy hom hieroor
konfronteer het die klaer verduidelik dat hy dit by ân vriend, ene
Pieter, sou gekry het. Op haar versoek
dat hulle na Pieter se ouers
moet gaan sodat sy hulle daarvan kan inlig sê die klaer toe dat hy
dit by die appellant gekry het.
Na verdere druk op die klaer deur
die vader en moeder het die klaer gebieg en alles onthul. ân
Klagte is toe by die Polisie teen
die appellant gelê.
[6] ân
âForensic nurseâ het die klaer daarna ondersoek. Al van belang
wat sy gevind het was ân rooierige verkleuring om en
tregtervorming
van die anus. Volgens haar dui dit op kroniese penetrasie van die
anus.
[7] As deel van die Staat
se saak op die meriete is die ongewone gedoen om die getuienis van ân
maatskaplike werkster aan te bied.
Hierdie maatskaplike werkster het
met die klaer ân onderhoud gevoer en ân volledige verslag
opgestel. Dit is as bewysstuk ingehandig
as deel van die Staat se
saak op die meriete. Hierin verhaal die maatskaplike werkster in
groot besonderhede watter effek die gebeure
op die klaer gehad het.
Dit is duidelik uit haar getuienis dat sy van die standpunt uitgaan
dat die gebeure wel plaasgevind het.
Hierdie getuienis is natuurlik
ontoelaatbaar op die meriete van die saak. Dit is onbegryplik hoe so
ân onreëlmatigheid in ân
streekhof kon plaasvind. Mnr. Botha
namens die Staat het ook tereg toegegee dat daardie getuienis van die
maatskaplike werkster
vir soverre dit beoog om te dien as getuienis
van die gebeure self, ontoelaatbaar is. Ek meen dat hierdie
getuienis in die geheel
ter oorweging van die meriete van die
aangeleentheid buite rekening gelaat moet word.
[8] Die appellant het in
sy getuienis ontken dat daar enige onsedelike dade tussen hom en die
klaer plaasgevind het. Sy verduideliking
is dat dit bloot ân
platoniese vriendskap was en dat die klaer se familie hom wil
benadeel met valse beweringe omdat daar nooit
ân goeie verhouding
tussen hulle was nie.
[9] Mnr. Snellenburg,
namens die appellant het in ân sterk betoog gewys op verskeie
weersprekings en onwaarskynlikhede in die klaer
se getuienis. Hy
betoog voorts dat die klaer in effek eintlik ân enkel getuie is vir
wie se getuienis daar weinig, indien enige,
stawing is. Hy
beklemtoon verder dat die âforensic nurseâ nie tekens van ân
beweerde onsedelike daad wat volgens die klaer
enkele dae voor haar
ondersoek plaasgevind het gevind het nie. Mnr. Snellenburg het ook
bedenkinge oor die deskundigheid van die
âforensic nurseâ
geopper.
[10] Ek het oorweging
gegee aan hierdie betoog van Mnr. Snellenburg. Nieteenstaande die
geldigheid van sekere fasette van die kritiek
geopper teen die Staat
se saak laat die oorweging van die geheel van die toelaatbare
getuienis werklik geen ander gevolgtrekking
nie as dat hier oor ân
lang tydperk ân homoseksuele verhouding tussen die klaer en die
appellant was. Nog minder kan daar twyfel
wees dat tydens hierdie
verhouding die dade inderdaad plaasgevind het waaroor die klaer
getuig het. Dit is duidelik uit die getuienis
dat daar selfs tydens
die verhoor nog ân sterk emosionele band tussen die klaer en die
appellant bestaan het. So byvoorbeeld
getuig die appellant self op
vrae as volg:
â
...ek
het op daardie stadium baie
lief,
baie vir daardie kind begin te omgee. Ek het dit wel, ek het wel vir
hom omgegee, baie omgegee.â
Vergelyk
oorkonde, bladsy 128 reël 8 en verder.
Die
appellant en die klaer het volgens die getuienis vir weke lank saam
weggegaan. So ook het die klaer vir tye alleen by die appellant
in
sy woonplek gebly. Dit is ook duidelik dat die klaer aanvanklik erg
huiwerig was om die appellant te inkrimineer. Dit was alleen
na druk
op hom van sy ouers en onderhoude met die maatskaplike werkster dat
hy sover gekry was om ân klagte te lê en getuienis
teen die
appellant af te lê. Dit alles spreek teen ân sameswering van die
familie en die klaer om die appellant valslik te betrek
so as wat die
appellant te kenne wou gee.
[11] Die
gebeure wat die grondslag lê vir ân skuldigbevinding aan
oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957 is dus bewese.
Die skuldigbevinding behoort dienooreenkomstig verander te word.
[12] Vonnis:
Die appellant is gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf. Hy kom in
hoër beroep ook teen die opgelegde vonnis. ân Skuldigbevinding
aan oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957 voorsien ân
maksimum van 6 jaar gevangenisstraf met of sonder ân boete
van
hoogstens R6 000. Die opgelegde vonnis oorskry dit natuurlik en kan
om daardie rede alleen nie gehandhaaf word nie. Die appellant
is
klaarblyklik ân begaafde en talentvolle persoon. Hy het ân BA
graad en daarna ân BTh (teologie) voltooi. Tydens die gebeure
was
hy ân pastorale hulp by ân NG Gemeente en tydens die verhoor in
diens by die Church of God of
Prophecy.
Hy gee ook musieklesse. ân Ervare maatskaplike werker van
Korrektiewe Dienste het op versoek van die Staat ân
voorvonnisverslag
opgestel en getuienis aangebied. Volgens die
getuie is die appellant âgoed afgerondâ en baie professioneel.
Hy het ân baie
positiewe en gunstige indruk op die betrokke getuie
gemaak. Volgens die getuie is die appellant ân geskikte persoon
vir korrektiewe
toesig. Dit sou volgens die verslag die appellant in
staat stel om deel te hê in spesiale behandelingsprogramme. Die
maatskaplike
werker het egter op grond van die volgende oorweging nie
korrektiewe toesig aanbeveel nie:
â
It is also important that the
sentence must be in line with the seriousness of the crime. This
crime is very serious and the community
has an outcry against crime
of a sexual nature with children as the victims. The crime was
committed over a period of seven years,
which makes it even more
serious. There is also a very strong movement towards evaluating anal
intercourse with a male person as
rape. It is therefore obvious that
the sentence of correctional supervision will not be in line with the
seriousness of the crime.
Such a sentence will send the wrong
message to the community, a message that sexual offences against
children are not seen in a
serious light.â
Die
verslag sluit dan af met die volgende:
â
This office is of the opinion that
the sentence of direct imprisonment in terms of section 27(6)(1)(b)
of the Criminal Procedure Act
would be the most suitable sentence.
This is because of the serious nature of the crime and the interest
of the community. It is
however possible to administer a sentence of
correctional supervision upon the accused and if the court is of the
opinion that such
a sentence would be the most suitable sentence in
this case it can indeed be imposed.â
In mondelinge getuienis
het die besondere getuie as volg getuig:
â
...
he
is not a hard type of person, he is not a person that has a
personality that will handle imprisonment positively. His
personality
is of such a manner that imprisonment will be a great
shock to him as a person, imprisonment will break him down as a
person for
sure. The fact that he has been convicted of a sexual
offence even more so, because of the fact that prisoners know what
crimes
a person was convicted of when he enters the prison and the
moment that itâs sexual offences against children, our experience
is
that prisoners are even more harsh on that person.â
Vergelyk
oorkonde bladsy 191, reël 9 â 18.
Mnr.
Botha, namens die Staat het in betoog daarop gewys dat die appellant
die vertroue wat die klaer in hom gehad het geskend het.
Hy het ook
uitgewys dat die appellant valslik volstaan by ân ontkenning van
die voorvalle. Ek het deeglik oorweging gegee aan
al bogemelde. Die
vraag na ân gepaste vonnis in hierdie besondere omstandighede het
my werklik heelwat nadenke besorg. Hierdie
is nie die gewone tipe
gevalle van ân beskuldigde wat rondloop en jong kinders molesteer
soos wat ongelukkig te dikwels aangetref
word nie. Vergelyk
S
v K
1995 (2) SASV 555 (O) en
S
v R
1995 (2) SASV 590 (A). Die onderhawige feite val veel eerder in die
kategorie van
S
v R
1993 (1) SASV 209 (A) en
S
v V
1993 (1) SASV 736 (O).
Dit is duidelik dat hier
ân âliefdesverhoudingâ oor ân lang periode tussen die klaer
en die appellant ontwikkel het met sterk
emosionele bande tussen
hulle. Die feit dat die klaer eventueel teen hom gedraai het onder
druk van sy ouers soos die appellant
dit gesien het, was duidelik vir
hom erg traumaties. Eweneens so vir die klaer. Die getuienis dui
aan dat die klaer nadat die gebeure
op die lappe gekom het
sielkundige behandeling moes ondergaan. Andersyds is daar begrip vir
die klaer se moeder se verontwaardiging
oor wat die appellant haar
jong seun aangedoen het. Dit kom my voor asof die geregverdigde eis
dat appellant deeglik gestraf moet
word enersyds, en die daarstel van
ân geleentheid vir die appellant om onder korrektiewe toesig
behandeling te ondergaan en te
rehabiliteer andersyds, met mekaar
versoen kan word deur aan die appellant gevangenisstraf op te lê
waaruit hy op die gepaste tydstip
na goeddunke van die gesaghebbers
by Korrektiewe Dienste onder korrektiewe toesig ontslaan kan word.
Artikel 276(1)(i) van Wet 51
van 1977 is juis ontwerp vir sulke
gevalle. Dit sal meebring dat die appellant wel vir ân periode
gevangenisstraf moet ondergaan.
Ek sou dit graag wou vermy maar het
tot die gevolgtrekking gekom dat, hoe jammer ookal, die appellant nie
na behore gestraf sal
word sonder dat hy ân periode gevangenisstraf
moet uitdien nie.
[13] Die skuldigbevinding
en vonnis word gevolglik tersyde gestel en vervang met die volgende:
Skuldig aan die
hoofklagte, oortreding van artikel 14(1)(b) van Wet 23 van 1957.
Vier (4) jaar
gevangenisstraf opgelê ingevolge artikel 276(1)(i) van Wet 51 van
1977.
____________
C.B.
CILLIé, R
Ek
stem saam.
______________
S.
EBRAHIM, R
Namens
die appellant: Adv. N. Snellenburg
In
opdrag van:
Schoeman
Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. J. Botha
In
opdrag van:
Kantoor
van die Direkteur:
Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/EM