S v Seleteng (789/2006) [2006] ZAFSHC 96 (28 August 2006)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of dangerous weapon — Accused convicted of unlawful possession of a homemade knife — Accused's plea of guilty and subsequent explanation of possession for legitimate purpose not adequately considered — Trial magistrate failed to inform accused of the onus to prove lack of unlawful intent — Accused did not receive a fair trial — Conviction and sentence set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 96
|

|

S v Seleteng (789/2006) [2006] ZAFSHC 96 (28 August 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 789/2006
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
DIRK SAMUEL
SELETENG
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
VAN ZYL,R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
GELEWER OP:
28 AUGUSTUS 2006
[
1] Die
beskuldigde in hierdie saak is in die landdroshof aangekla van
oortreding van artikel 2(1) van Wet no. 29 van 1990, deurdat
hy
wederregtelik en opsetlik in besit was van ‘n gevaarlike wapen, te
wete ‘n selfgemaakte mes. Die beskuldigde is skuldig bevind
soos
aangekla en gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf ingevolge die
bepalings van artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, no.
51 van
1977.
[2] Wet no. 29 van 1990
heet die Wysigingswet op Gevaarlike Wapens en het kragtens artikel 2
daarvan die bepalings van artikel 2 van
die Wet op Gevaarlike Wapens,
no. 71 van 1968 vervang. Sedertdien is die bepalings van artikel
2(1) van Wet no. 71 van 1968 weer
vervang deur die Wysigingswet op
Gevaarlike Wapens no. 156 van 1993. Hieruit blyk, soos die landdros
ook by navraag bevestig, dat
die beskuldigde skuldig bevind behoort
te gewees het aan oortreding van artikel 2(1) van Wet no. 71 van
1968.
[3] Artikel
2(1) van Wet no. 71 van 1968 bepaal soos volg:
“
Iemand
wat in besit is van ‘n gevaarlike wapen, of van ‘n voorwerp wat
so na ‘n vuurwapen lyk dat, onder omstandighede soos
dié waaronder
so iemand in besit daarvan is, dit waarskynlik vir ‘n werklike
vuurwapen aangesien sou word, is aan ‘n misdryf
skuldig, tensy hy
kan bewys dat hy te gener tyd die bedoeling gehad het om sodanige
w
apen
of voorwerp vir ‘n onregmatige doel te gebruik nie, en is by
skuldigbevinding strafbaar met ‘n boete of met gevangenisstraf
vir
‘n tydperk van hoogstens 2 jaar.”
[4] Dit
blyk dus dat ingevolge hierdie wetsbepaling ‘n werklike bewyslas op
‘n beskuldigde geplaas word om te bewys dat hy nooit
die bedoeling
gehad het om die betrokke wapen vir ‘n onregmatige doel te gebruik
nie. Selfs indien dit wat die beskuldigde ingevolge
hierdie
wetsartikel moet bewys, neerkom op ‘n verweer eerder dan ‘n
element van die misdryf, kom dit my voor strydig te wees
met vermoede
van onskuld vervat in artikel 35(3)(h) van die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika. Sien
S
v COETZEE AND OTHERS
[1997] ZACC 2
;
1997
(3) SA 527
(KH) para 30 tot 44, 60, 137 en 187 tot 190. Ek gaan nie
verder hierop in nie, aangesien dit in die afwesigheid van getuienis
of
volledige argument hieromtrent onwenslik sal wees om so te doen en
aangesien ek in ieder geval, vir die redes wat volg, van oordeel
is
dat die beskuldigde nie ‘n billike verhoor gehad het nie. Hierdie
benadering kom my voor om in ooreenstemming te wees met wat
gesê is
in
ZANTSI
v COUNCIL OF STATE, CISKEI, AND OTHERS
[1995] ZACC 9
;
1995 (4) SA 615
(KH) para 2 tot 5.
[5] Die
beskuldigde het verkies om sy eie verdediging waar te neem by die
verhoor voor die landdros. Hy het op die ten laste gelegde
aanklag
skuldig gepleit. By ondervraging het hy egter gesê dat hy die
betrokke mes besit het omdat hy dit gebruik het om ‘n skaap
te
slag. As gevolg hiervan is ‘n pleit van onskuldig vir die
beskuldigde genotuleer en ‘n polisiekonstabel as ‘n getuie vir
die vervolging geroep.
[6] Gemelde staatsgetuie
het getuig dat hy op die betrokke dag saam met andere besig was met
misdaadvoorkoming as gevolg daarvan dat
daar op die vorige twee dae
probleme met bendes was. Hy het getuig dat toe die beskuldigde die
polisievoertuig gesien het, die beskuldigde
weggehardloop het. Hy
het die beskuldigde agterna gesit en hom gevang en gevind dat die
beskuldigde in besit was van ‘n selfgemaakte
mes wat voor by sy
broek ingedruk was. Hierdie mes was in totaal ongeveer 28cm lank,
gemaak van sink en by die hef toegedraai met
rubber. Hy het voorts
getuig dat die beskuldigde geen verduideliking aan hom gegee het vir
die besit van die mes nie en ook dat
dit sy mening is dat die mes nie
van ‘n tipe is wat gebruik kan word om mee te slag nie. Die
beskuldigde se kruisverhoor was kort
en nie gemik op die essensiële
aspekte van die getuie se getuienis nie.
[7] Na sluiting van die
staatsaak het die landdros die beskuldigde se regte aan hom volledig
verduidelik. Die landdros het egter
nie onder die aandag van die
beskuldigde gebring dat daar ‘n bewyslas op hom rus om te bewys dat
hy te gener tyd die bedoeling
gehad het om die mes vir ‘n
onregmatige doel te gebruik nie. Na hierdie verduideliking het die
beskuldigde verkies om homself
te verdedig, soos hy dit gestel het,
maar op die daaropvolgende vraag van die landdros of hy onder eed wil
kom getuig, ontkennend
geantwoord. Hy het by navraag deur die
landdros bevestig dat hy die verduideliking van sy regte verstaan het
en verkies om te swyg.
[8] Dit
is al herhaaldelik deur die howe bevestig dat daar ‘n plig rus op
voorsittende beamptes om sorg te dra dat onverdedigde
beskuldigdes
ten volle ingelig is en dat die versuim om so te doen in ‘n gepaste
geval daartoe kan lei dat die beskuldigde nie
‘n billike verhoor
gehad het nie. Dit is besonderlik so in gevalle waar vermoedens teen
die beskuldigde in werking kan tree en
waar ‘n bewyslas op die
beskuldigde mag rus. Sien
S
v MAGWAZA AND OTHERS
1976 (4) SA 281
(N), waar dit juis gegaan het oor die onderhawige
artikel, soos dit destyds bepaal het, en onder andere die volgende
gesê is op
282 E – F:
“
In
the present
case,
where there is or may be a statutory
onus
upon the accused, a very heavy responsibility is cast upon a judicial
officer presiding at a trial, for it is his responsibility
to ensure
that the accused is fully cognisant of the provisions of the Act, and
is fully aware of the nature of the defence which,
if he wishes to
escape conviction should put before the court.”
[9] In
die onderhawige geval bevat die klagstaat wel ‘n verwysing na die
bewyslas van die beskuldigde. Ek is egter in al die omstandighede
van hierdie geval nie tevrede dat gesê kan word dat die beskuldigde
ten volle bewus was daarvan dat ‘n bewyslas om hom gerus het
om te
bewys dat hy nie die bedoeling gehad het om die mes vir ‘n
onregmatige doel te gebruik nie. Veral in die lig van die weifeling
van die beskuldigde aangaande of hy onder eed moet getuig of nie, is
ek nie tevrede dat hy ‘n billike verhoor gehad het nie. Die
feit
dat die beskuldigde daarna tydens geleentheid om te betoog voor
uitspraak gesê dat hy van oordeel is dat hy skuldig is op die
aanklag, maak myns insiens nie ‘n verskil aan hierdie
gevolgtrekking nie. Hierdie mededeling is gemaak feitlik onmiddellik
na
die onsekerheid van die beskuldigde oor of hy moet getuig of nie
en neem nie die aangeleentheid verder as sy aanvanklike pleit van
skuldig, wat na onskuldig verander is nie.
[10] Gevolglik word die
skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem staam.
_____________
C.
VAN ZYL, R
/em