Holtzhausen v Absa Bank Beperk (2951/2005) [2006] ZAFSHC 92 (17 August 2006)

65 Reportability

Brief Summary

Negligence — Misrepresentation — Claim for pure economic loss — Plaintiff alleged bank manager's negligent misstatement regarding cheque clearance led to financial loss — Court held that the bank owed a duty of care to the plaintiff and was liable for damages resulting from the negligent misrepresentation. The plaintiff, Holtzhausen, engaged in a transaction involving the sale of diamonds, relying on assurances from the bank's manager, Kitching, that a cheque for R500,000 was cleared. After proceeding with the transaction based on this information, the cheque was later dishonoured, resulting in financial loss for the plaintiff. The court examined the nature of the misrepresentation and the bank's duty of care in the context of the plaintiff's claim for economic loss due to negligence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 92
|

|

Holtzhausen v Absa Bank Beperk (2951/2005) [2006] ZAFSHC 92 (17 August 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 2951/2000
In
die saak tussen:-
F
F HOLTZHAUSEN
Eiser
en
ABSA
BANK BEPERK
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
4,
5 EN 7 MAART 2003
6
EN 7 SEPTEMBER 2005
31
JULIE, 1 EN 2 AUGUSTUS 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
17
AUGUSTUS 2006
_____________________________________________________
[1] Dagvaarding was
uitgereik op 12 September 2000. Die pleitstukke was reeds in
November 2000 gesluit en die verhoor sou aanvanklik
begin op 22
Januarie 2002. Die saak was egter by ooreenkoms van die rol verwyder
en later vir verhoor op 4 en 5 Junie 2002 geplaas.
Op 4 Junie 2002 was die
verhoor egter by ooreenkoms uitgestel
sine
die
en
verder gelas dat die koste “vir latere beregting oorstaan”.
4,
5 en 7 Maart 2003 was die datums waarop die verhoor in alle erns in
aanvang geneem het.
[2] In die verhoor was al
die geskilpunte, met uitsluiting van die omvang van eiser se
gevorderde skade, aan die orde.
Na sluiting vir eiser se
saak op die geskilpunte vir beregting voorgelê op daardie stadium,
het verweerder aansoek gedoen om absolusie
van die instansie; ‘n
aansoek wat grootliks baseer was op regsgronde.
Op
20 Maart 2003 was die volgende bevel deur my verleen:
“1. Verweerder
word verlos van die instansie.
2. Eiser om verweerder se koste tot
en met betekening van die verweerskrif te betaal.”
[3] Met verlof het eiser
na die Hoogste Hof van Appèl teen voormelde bevel geappelleer. Op
17 September 2004 was die Hoogste Hof
van Appèl se eenparige bevel
die volgende:
“[15] The
appeal is allowed with costs. The order of the court below is set
aside and the following order substituted:
The application for absolution from
the instance is dismissed with costs.”
[4] Die effek van
voormelde is dat die verhoor voortgesit was op 6 en 7 September 2005
en 31 Julie, asook 1 en 2 Augustus 2006.
[5] Die
basis van eiser se skuldoorsaak, soos in die besonderhede van eis
uiteengesit, word in paragraaf [3] van die uitspraak van
die Hoogste
Hof van Appèl in saaknommer 280/2003 as volg verduidelik:
“[3] The
basis of the plaintiff’s pleaded claim is not clear. The plaintiff
alleged that the bank manager undertook to and did,
have the cheque
cleared. The plaintiff also alleged the bank manager was under a
legal obligation not to make a misrepresentation
to him and that the
bank manager did do so by representing that the cheque had been
honoured, whereas it had not. One thing is,
however, clear from the
pleadings and the evidence and that is that the plaintiff did not
rely on the breach of any contract between
himself and the bank as
constituting negligence for a claim based in delict. In this court
the plaintiff’s counsel nailed his
colours to the mast by
disavowing any reliance on a claim based in contract, and advancing
only a claim in delict for pure economic
loss suffered in consequence
of a negligent misstatement.”
Aan die einde van die
verhoor het eiser se advokaat, net soos in die Hoogste Hof van Appèl,
enige vordering
ex
contractu
ontken
en uitsluitlik
ex
delicto
vir vermoënskade op grond van ‘n nalatige wanbewering gevorder.
Die besonderhede van
vordering sover ter sake, verwoord die skuldoorsaak dan ook as volg:
“4.
Gemelde
MOLOMO
sou per tjek die koopsom betaal waarop eiser kommissie ten bedrae van
R20 000,00
aan
MOLOMO
sou oorhandig.
5.
5.1 Op ongeveer
5
Augustus 1998
en te
verweerder se plek van besigheid te Maitlandstraat, BLOEMFONTEIN het
eiser by ‘n amptenaar in diens van verweerder, Mnr
KITCHING
navraag gedoen aangaande
die vermoë van die voornemende koper om die koopprys te betaal en is
gemelde Mnr
KITCHING
versoek om klaring van die betrokke tjek te bekom.
5.2 Gemelde
Mnr
KITCHING
het voorgegee dat die tjek van ‘n derde in die bedrag van
R500
000,00
gehonoreer is, in
die
alternatief
gehonoreer sal word.
5.3 Verweerder
het te alle tersaaklike tye hiertoe opgetree as eiser se bankier en
het op eiser se spesiale aandrang en versoek klaring
van die betrokke
tjek bekom.
6.
Gemelde Mnr
KITCHING
was te alle tersaaklike tye hiertoe bewus van die voornemende
kooptransaksie tussen eiser en gemelde
MOLOMO
en was bewus daarvan dat
eiser handel ooreenkomstig die adviese en beweringe wat deur gemelde
KITCHING
aan eiser oorgedra is.
7.
Gemelde adviese en beweringe van
KITCHING
het direk aanleiding gegee tot die daaropvolgende sluiting van die
koopkontrak tussen eiser en gemelde
MOLOMO
waarop eiser die diamante aan
MOLOMO
oorhandig het en die tjek ten bedrae van
R500
000,00
in eiser se rekening
by verweerder inbetaal is.
8.
Eiser het, handelende op die adviese
en beweringe van gemelde Mnr
KITCHING
,
‘n tjek ten bedrae van
R20
000,00
aan gemelde
MOLOMO
betaal, synde kommissie op die transaksie.
9.
Op of ongeveer
7
Augustus 1998
is eiser deur
verweerder meegedeel dat die tjek dishonoreer is.
10.
Verweerder was nalatig deurdat
wanbewerings deur gemelde Mnr
KITCHING
finansiële verlies vir eiser veroorsaak het en was verweerder
nalatig deurdat:
Gemelde Mnr
KITCHING
nie eiser volledig ingelig het aangaande al die omstandighede nie.
Verweerder nie die nodige en
redelike voorsorg getref het wat van ‘n redelike bankier verwag
word nie.
Verweerder het versuim en/of
nagelaat om redelike sorg en vaardigheid uit te oefen ten einde te
verhoed dat ‘n kliënt meer
besonder die eiser, skade ly.
Verweerder het nie die nodige sorg
en vaardigheid uitgeoefen om die korrektheid van sy beweringe aan
eiser vas te stel nie.
11.
Daar het in die besondere
omstandighede ‘n regsplig op verweerder gerus om nie ‘n
wanbewering teenoor eiser te maak nie.
12.
Die voorstelling wat verweerder by
monde van gemelde Mnr
KITCHING
aan eiser gemaak het, was vals deurdat die tjek ter betaling van die
diamante nie gehonoreer is nie.”
[6] Verweerder se
antwoord op die wesenlike feitelike bewerings is en was ‘n algehele
ontkenning daarvan.
[7] Met die uitspraak in
ADMINISTRATEUR,
NATAL v TRUST BANK VAN AFRIKA BPK
1979 (3) SA 824
(A) is aanspreeklikheid
ex
lege aquilia
uitgebrei
om ook ‘n vordering op grond van ‘n inkorrekte bewering (‘n
wanbewering genoem) nalatiglik gemaak waaruit vermoënskade
vloei, te
erken.
Die vertrekpunt in ‘n
aksie gegrond op ‘n wanbewering nalatiglik gemaak, is die
wanbewering self. Die feite van elke saak sal
bepaal of so ‘n
wanbewering inderdaad gemaak was.
[8] Oor
wat die gewraakte bewering aan die eiser was en die omstandighede
waaronder dit gemaak was, het en kon slegs eiser persoonlik
en mnr
Kitching, verweerder se destydse kredietbestuurder van die tak te
Maitlandstraat, Bloemfontein, getuig.
[9] In
die uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl word die getuienis van
eiser opgesom soos volg:
“
(2) The
factual background of the claim, as testified by the plaintiff, was
the following. The plaintiff proposed delivering a quantity
of cut
diamonds which he owed to a person whom he had met casually as the
agent of an unidentified purchaser, who would pay R500
000,00 for
them. The plaintiff undertook to pay the agent a commission of R20
000,00 if the transaction was concluded. In due course
the agent
advised the plaintiff that the amount of R500 000,00 had been paid
into a Johannesburg bank for the credit of the plaintiff’s
bank
account. He provided the plaintiff with three telephone numbers
to
verify the information. The plaintiff obtained a copy of his bank
statement, which showed that such an amount had indeed been
credited
to his account. He assumed (correctly as he transpired) that the
deposit in the Johannesburg bank had been by cheque.
He then
approached the manager of the defendant bank where he kept his
account, to ascertain whether he could safely proceed with
the
transaction and hand over the diamonds. The manager was apprised of
the reason for the enquiry. The plaintiff furnished the
manager with
the three telephone numbers given to him. Although the plaintiff’s
evidence was not always consistent on this point,
there are passages
in his evidence where he said that after making several telephone
calls, the manager gave him the assurance that
the money was safe and
that he could indeed proceed with the transaction. The manager also
personally authorised the withdrawal
by the plaintiff of the R20
000,00 commission payable to the agent. It subsequently transpired
that the full loan be perpetrated
and the credit to the plaintiff
bank account was reversed.”
[10] Die getuienis van
mnr Kitching was dat eiser hom op 5 Augustus 1998 telefonies gekontak
het en meegedeel het dat hy sy diamante
verkoop het, dat die geld
inbetaal is en versoek het dat die bedrag van R500 000,00 wat
inbetaal is “losgemaak” word sodat hy
dit kon onttrek. Hy was
egter nie bereid om aan die versoek te voldoen nie, maar het nadat
eiser aan hom die telefoonnommer van
die bank waarteen die tjek
getrek was asook die tjek- en rekeningnommer van die trekker verskaf
het, die betrokke telefoonnommer
geskakel. Die persoon met wie hy
gepraat het, het aan hom meegedeel dat daar voldoende fondse in die
rekening was en dat die tjek
nie gestop was nie. Hy het hierdie
inligting aan die eiser oorgedra, maar hom meegedeel dat die
mededelings nie vir hom voldoende
was om die geld “los” te maak
nie, en hy skriftelike bevestiging van die betrokke bank in gemelde
verband wou kry. Hy het egter
toestemming verleen dat eiser R20
000,00 wat eiser dringend sou benodig, kon onttrek.
[11] Feit is dat dit
later geblyk het dat die tjek wat op eiser se rekening inbetaal was,
‘n gesteelde een was.
[12] Geen getuienis was
aangebied dat op die stadium toe Kitching aan eiser meegedeel het dat
daar voldoende fondse in die trekker
se rekening was en dat die tjek
nie gestop was nie, die betrokke mededeling nie waar was nie.
Dit was ook nie eiser se
getuienis dat die mededeling met betrekking tot die beskikbaarheid
van fondse in die trekker se rekening
en dat die tjek nie gestop was
nie, nie gemaak was nie.
Eiser
se getuienis wat heftig deur Kitching ontken was, was dat hy van
Kitching ‘n spesiale verrekening van die tjek aangevra en
verkry
het.
[13] Dit was die
getuienis van sowel Kitching as Botha, eiser se deskundige getuie,
dat spesiale verrekening (clearance) van ‘n
tjek nie verkry kan
word as die betrokke tjek reeds gedeponeer is en nie in die fisiese
besit van die bank wat die spesiale verrekening
aanvra, is nie. Die
getuienis van eiser sowel as Kitching was dat die tjek reeds op 5
Augustus 1998 by Allied Bank te Johannesburg
inbetaal was. Spesiale
verrekening van die spesifieke tjek was dus vir Kitching weens
bankpraktyk ‘n saak van onmoontlikheid.
Kitching se getuienis
is, weens die voorafgaande wat die gesprek tussen hom en eiser oor
die verrekening of spesiale verrekening
van die tjek betref, op die
waarskynlikhede oorweldigend.
[14] As getuie het eiser
my nie beïndruk nie; trouens hy het die indruk gelaat dat hy
doelbewus moontlike getuienis byvoorbaat as
ongeloofwaardig wou
afkraak.
Voor die kruisverhoor
van die getuie Renison, sy gewese vrou, het eiser opdrag gegee dat
uitstel gevra moet word sodat mediese getuienis
ingewin kan word ter
bevestiging van haar geheue-inkorting inkorting as gevolg van ‘n
motorongeluk.
Die
pertinente stelling van eiser word weerspreek deur mev Renison se
getuienis en die wyse waarop sy haar getuienis afgelê het
en ironies
ook deur eiser se getuienis self omtrent haar geheue. In
kruisverhoor van die eiser (oorkonde p. 195 reëls 9 – 10)
word die
vraag aan eiser en sy antwoord daarop as volg aangeteken:
“
Is
u op 17 Februarie 1990 met Isabel Britz (gebore Odendaal) getroud?
--- Dit kan korrek wees.”
Dit gaan verder op p. 195
reëls 25 tot p. 126 reël 2:
“
Het julle op Oujaarsdag van 1989,
dit wil sê 31 Desember 1989 verloof geraak? --- Ek sal nie so
presies kan wees nie, maar as sy
so gesê het, dan sal dit so wees.
Aanvaar u dat dit ... (tussenbei)? ---
Ja, dan aanvaar ek dit, ja.”
Uit bostaande is dit
minstens duidelik dat eiser reeds in sy kruisverhoor te kenne gegee
het dat sy eggenote, mev Renison, se geheue
beter is as syne en maak
dit sy bewering dat haar getuienis konsuis onjuis sou wees weens ‘n
geheue inkorting as gevolg van ‘n
ongeluk, geheel en al onsin.
Die getuie, Smit, se
getuienis maak eiser af as versinsel omdat Smit volgens hom vanaf 1
tot 7 Augustus nie by hom was nie. Hy getuig
aldus (p. 215 reëls 14
– 24):
“
So dit is moontlik dat hy dalk in
daardie week in die begin van Augustus daar by Klaradynstraat by u
gebly het? --- Ek glo nie, hy
was nie, ek sou onthou het as hy in die
week van die, as hy in Julie by my was die laaste van die maand sal
ek dit onthou en as hy
in die week by my was van die 1ste tot 7de,
sou ek dit ook geonthou het.
Hoekom?
--- En toe was hy nie by nie.
Hoekom? --- Want net ‘n rukkie
voordat hulle die tjek, hulle die tjek inbetaal het in my rekening,
né, sou ek geweet het as hy
daar gewees het, want daar was nie mense
by my nie. Want toe die mense by my die oggend kom om vir my te sê
dat daar is fondse
in my bank, was ek alleen.”
Voormelde getuienis, om
Smit as moontlike getuie te elimineer, moet egter gelees word en
beoordeel word teen eiser se getuienis kort
vantevore ten opsigte van
Smit se teenwoordigheid op 5 Augustus 1998. Hy getuig (p. 204 reëls
12 tot p. 250 reël 19) as volg:
“
MNR. VAN LOGGERENBERG
: Mnr. Holtzhausen, het u op 5 Augustus 1998 toe u nou vir Grand Prix
Motors vir die tweedehandse Audi betaal het, ook klere by Awerbachs
gaan koop? --- Dit kan wees, want ek het toe, ja ek dink ek was by
Awerbachs en ek het klere gekoop.
En
u het vir u self en vir Deon Britz, die aangenome seun klere gekoop,
nie waar nie? --- Ja, dit kan wees.
En u het onder andere sweetpakke vir
julle gekoop, nie waar nie? --- Ja.
En
het u nie dalk met tjeknommer 5259 Awerbachs betaal nie? --- Ek sal
nie weet nie.
U
sien dit lyk net vir my logies, want u het die kontanttjek volgens u
getuienis, die R20 000,00 se tjek vroeër by die bank gewissel.
---
Nee, dit is reg.
En
later op 5/8 het u Grand Prix Motors betaal, nou as daar ‘n tjek
tussenin kort dan lyk dit vir my dat dit Awerbachs se tjek is.
---
Dit kan wees.
U
sal dit nie betwis nie? --- Nee, ek sal nie.
Nou was daar nog iemand by u toe u by
Awerbachs klere gaan koop het? --- Ek kan nie onthou nie.
Dink maar ‘n bietjie mooi, mnr.
Holtzhausen. --- Ek is nie seker nie.
So
u sal nie kan betwis as mnr. Koos Smit kom getuig dat hy saam met u
by Awerbachs was toe u vir julle klere gekoop het nie, is dit
korrek?
--- Koos Smit?
Ja,
Mnr. Koos Smit. --- Van waar is hy?
Van
Trompsburg. --- Dit kan korrek wees, want hy was op ‘n stadium ‘n
rukkie by my.
So
hy was saam met u toe julle gaan klere koop het by Awerbachs? --- Dit
kan wees, ja.
En
u het vir hom ook ‘n sweetpak gekoop, nie waar nie? --- As hy saam
was en hy het gevra daarvoor, dan sou ek dit seker gedoen
het.
En
u het vir hom ‘n langbroek ook gekoop, nie waar nie? --- Dit kan
wees.”
Eiser se pertinente
latere getuienis dat Smit nie die week van 1 – 7 Augustus 1998 by
hom was nie, is weens die onmiddellik voorafgaande,
uiters verdag.
Dit is so dat Smit nie ‘n goeie getuie was nie, maar sy getuienis
dat hy wel die dag van 5 Augustus 1989 saam met
eiser was, word nie
slegs deur eiser se aanvanklike getuienis of erkenning bevestig nie,
maar word ook onderskraag deur Kitching
se getuienis dat eiser tydens
sy besoek die aand wel vergesel was van ‘n persoon wat in die motor
bly sit het.
As
Smit nie die dag van 5 Augustus 1989 saam met eiser was nie, is dit
in elk geval verstommend dat Smit soveel detail van eiser se
bewegings die betrokke dag sou weet.
Ek
glo Smit se getuienis dat hy die betrokke dag saam met eiser was en
verwerp eiser se getuienis tot die teendeel.
[15] Die resultaat van
die voorafgaande is dat ek Kitching se getuienis aangaande die
gebeure op die dag van 5 Augustus 1989 aanvaar
en die getuienis van
eiser wat daarmee strydig is, verwerp.
[16] Dit volg uit die
voorafgaande dat eiser nie bewys het dat op die stadium toe Kitching
navraag gedoen het en die mededeling aan
eiser gemaak het dat daar
voldoende fondse in die trekker se rekening was en dat die tjek op
daardie tyd nie gestop was nie, ‘n
wanbewering was nie.
Dit
is gevolglik nie nodig om te oorweeg of Kitching nalatig was nie.
[17] Eiser
se vordering kan nie slaag nie en koste behoort die resultaat te
volg.
Die
volgende bevel word gemaak:
Eiser
se eis word afgewys met koste ingesluit die koste van 4 Junie 2002.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens die eiser: Adv.
C.A. Human
In opdrag van:
Azar
& Havenga Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die
verweerder: Adv. D. van Loggerenberg
In opdrag van:
Israel
Sackstein Matsepe Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/sp