About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 91
|
|
Horn v Biljon (A264/2005) [2006] ZAFSHC 91 (17 August 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. : A264/2005
In
die appèl van:
DEBORA
ALETHA HORN
Appellant
en
GERHARDUS
BENJAMIN VAN BILJON
Respondent
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
MILTON, Wnd R
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
14 AUGUSTUS 2006
GELEWER
OP:
17 AUGUSTUS 2006
[1] Hierdie
is ân appèl teen ân bevel wat ân skikkingsooreenkoms aangegaan
tussen die partye hiertoe, ân bevel van die landdroshof
gemaak het.
[2] Die appellant is ân
prokureur wat praktiseer te Bothaville en die respondent is ân
landdros aangestel as sulks vir die distrik
van Bothaville.
Gedurende Oktober 2002 het die respondent in die landdroshof te
Bothaville ân aksie teen die appellant ingestel
waarin hy op grond
van beweerde lasterlike bewerings deur die appellant gepubliseer, die
bedrag van R100 000,00 van die appellant
gevorder het. ân
Volledige stel pleitstukke is in die lasteraksie gewissel. In sy
besonderhede van vordering het die respondent
gesteun op drie briewe
wat deur die appellant geskryf is. In haar verweerskrif het die
appellant onder andere daarop gesteun dat
elk van hierdie drie briewe
in gepriviligieerde omstandighede gerig en ontvang is en is myns
insiens ân verweer van gekwalifiseerde
privilegie voldoende
gepleit. In ân replikasie het die respondent op sy beurt weer
onder andere ontken dat die briewe by gepriviligieerde
geleenthede
gerig en ontvang is en in die alternatief aangevoer dat die appellant
in ieder geval met ân onbehoorlike motief opgetree
het.
[3] Op
11 Maart 2005 het die partye egter ân skriftelike
skikkingsooreenkoms ten aansien van hierdie aksie aangegaan. Tydens
die
onderhandelinge wat tot die aangaan van die skikkingsooreenkoms
gelei het, was die appellant verteenwoordig deur ân prokureur en
ân
advokaat en was die respondent ook deur ân prokureur
verteenwoordig. Die terme van die skikkingsooreenkoms, wat deur elk
van die partye onderteken is, is bondig en dit is die volgende:
â
By
ooreenkoms tussen die partye:
1.
Verweerder betaal
aan Eiser die bedrag van R25 000,00 (vyf en twintig duisend rand) in
volle en finale vereffening van alle eise en
geskille tussen die
partye. Betaling om te geskied binne 14 dae na datum van
ondertekening hiervan.
2.
Eiser om sy aksie teen Verweerder
terug te trek.
3.
Elke party om sy eie kostes te dra.â
[4] Aangesien
die appellant nie die terme van die skikkingsooreenkoms nagekom het
nie, het die respondent ingevolge die bepalings
van Landroshofreël
27(9) aansoek gedoen dat die skikkingsooreenkoms ân bevel van die
hof gemaak word. Hierdie aansoek is teengestaan,
maar is toegestaan
op 12 Augustus 2005 deur Mev. C. Neyt, van die landdroshof Sasolburg.
Dit is teen hierdie bevel wat die appellant
appèl aangeteken het.
[5] In
ân wydlopende opponerende verklaring tot die gemelde aansoek het
die appellant aangevoer dat sy nie aan die skikkingsooreenkoms
gebonde is nie. Die oorgrote gedeelte van die opponerende verklaring
is heeltemal ontersaaklik. Die inhoud daarvan wat wel in oorweging
geneem moet word is slegs die volgende:
â
5.1 Ek het regsadvies na die 11de
Maart 2005 ingewin en is geadviseer, met betrekking tot die meriete
in bogenoemde saak, dat ek nie
laster gepleeg het nie.
5.2 Ek is van
voorneme om my Verweerskrif te wysig. Daarin sal gehandel word met
ân verdere verweer gebaseer op
gekwalifiseerde
privilegie.
Ek beroep myself op hierdie verweer aan die hand van die beslissing
van Yazbek versus Seymour â
2001 (3) SA 695
Oos-Kaap.
5.3 Ek was klaarblyklik voorheen
verkeerd geadviseer. Ek sou nooit tot die skikking toegestem het,
indien ek die korrekte regsadvies
ontvang het nie.
...
11.7 Soos ek alreeds aangedui het
beskou ek myself nie gebonde aan hierdie skikkingsakte nie. Ek is
van voorneme om my Verweerskrif
te wysig, ten einde meer spesifiek te
handel met die verweer van gekwalifiseerde privilegie en sal die
gelykheid kwessies soos toepaslik
blyk te wees daarin behandel word,
alternatiewelik sal dit behandel word voor die relevante forum.â
[6] Dit
is duidelik dat die appellant nie enigsins in dwaling verkeer het
aangaande die aard en inhoud van die skikkingsooreenkoms
nie.
Daaroor was daar klaarblyklik wel wilsooreenstemming tussen die
partye. Wat die appellant sê, is dat sy verkeerdelik geadviseer
is
dat sy nie ân verweer het teen die respondent se aksie nie, in
besonder wat betref gekwalifiseerde privilegie, en dat indien
sy
korrek geadviseer was sy nie die skikkingsooreenkoms sou aangegaan
het nie. Sonder om enigsins so te beslis, aanvaar ek vir doeleindes
hiervan wat die appellant aanvoer. Die vraag is egter of dit wat die
appellant aanvoer haar regtens van die skikkingsooreenkoms
verlos.
[7] Die
afdwingbaarheid van ân skikkingsooreenkoms of
transactio
kan in beginsel aangeveg word op enige grond van waarop die
afdwingbaarheid van enige kontrak regtens aangeveg sou kon word,
insluitende
dwaling. By die beoordeling van verweer dat ân persoon
as gevolg van dwaling nie aan ân skikkingsooreenkoms gebonde is
nie,
moet natuurlik gelet word op die besondere aard van ân
skikkingsooreenkoms, naamlik om ân einde te maak aan onsekerhede en
dispute.
Sien
BLOU
BUL BOORKONTRAKTEURS v McLACHLAN
1991 (4) SA 283
(T) en
GOLLACH
& GOMPERTS (1967) (PTY) LTD v UNIVERSAL MILLS & PRODUCE CO.
(PTY) LTD AND OTHERS
1978 (1) SA 914
(A) op 923 C â D.
[8] In
die onderhawige geval steun die appellant geensins op enige
wanvoorstelling aan die kant van die respondent nie. Hier is
klaarblyklik
ook geen sprake hoegenaamd van ân gemeenskaplike
foutiewe veronderstelling wat boonop deur die partye tot die
skikkingsooreenkoms
as ân stilswyende voorwaarde vir die gelding
daarvan gestel is nie. Die appellant steun op ân eensydige dwaling
ten aansien
van niks anders nie dan die beredenering of motivering
insluitende die meriete van die lasteraksie, wat gelei het tot
aangaan van
die skikking. So ân dwaling (in die beweegrede) word
nie deur die reg erken as vermydingsgrond vir ân kontrak nie, omdat
dit
nie wilsooreenstemming uitsluit nie of negativeer nie. Sien
DIEDERICKS
v MINISTER OF LANDS
1964 (1) SA 49
(N) op 56;
GOLLACH
& GOMPERTS (1967) (PTY) LTD v UNIVERSAL MILLS & PRODUCE CO.
(PTY) LTD AND OTHERS,
supra
op 922 H;
WILSON
BAYLY HOLMES (PTY) LTD v MAEYANE & OTHERS
1995 (4) SA 340
(T) op 343 H en verder;
LAWSA,
Volume 5, Deel 1
,
pagina 229, par. 142.
[9] Selfs
al sou die fout waarop die appellant steun beskou moet word as ân
relevante of wesenlike een (wat soos reeds gesê ek
meen dit nie is
nie) en gevolglik aanvaar word dat die appellant kan steun op ân
sogenaamde
iustus
error
,
is ek geensins tevrede dat aangetoon is dat die fout ân redelike
een was nie. Die respondent het nie die fout (as dit een was)
veroorsaak nie en daar is geen inligting voor ons tot die effek dat
die respondent bewus was van ân fout aan die kant van die appellant
nie. Alles dui daarop dat die respondent te goede trou van mening
was dat sy aksie behoort te slaag. Die appellant as prokureur
het of
moes redelikerwys besef het dat regsadvies in die omstandighede van
die betrokke aksie nie absoluut kon wees nie en dat die
risiko
bestaan het dat dit mag blyk nie korrek te gewees het nie. Nogtans
het die appellant na volledige geleentheid om so te doen,
ân oorwoë
besluit geneem om die aksie teen haar by wyse van die
skikkingsooreenkoms tot ân einde te bring. In hierdie
omstandighede
is die fout waarop gesteun word na my oordeel in ieder
geval nie redelik of verskoonbaar nie. Sien die beredenering in
DIEDERICKS
v MINISTER OF LANDS
,
supra
op
56 H tot 57 G en
GOLLACH
& GOMPERTS (1967) (PTY) LTD v UNIVERSAL MILLS & PRODUCE CO.
(PTY) LTD AND OTHERS,
supra
op 926 F â 927 F. Sien ook
SONAP
PETROLEUM (SA) (PTY) LTD v PAPPADOGIANIS
[1992] ZASCA 56
;
1992 (3) SA 234
(A) op 239 and
LAWSA
supra,
pagina
230, par. 143.
[10] Dit
volg dat die verhoorlanddros korrek was om die skikkingsooreenkoms te
bekragtig en dat die appèl nie kan slaag nie.
[11] Gevolglik
word die appèl afgewys met koste.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
________________
D. MILTON, Wnd R
Namens
die appellant: Adv. Z. Eloff
In opdrag van:
Bock-Van
Es-Nikamanzi
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. N.G. Laubscher
In opdrag van:
Hill, McHardy &
Herbst Ing.
BLOEMFONTEIN
/em