Griekwaland Wes Korporatiewe Beperk v Stock owners Kooperatief Beperk (in likwidasie) en Andere (2835/2006) [2006] ZAFSHC 87 (10 August 2006)

40 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Procedure — Joinder — Application for leave to join as a party in main application — Applicant lacking direct and substantial interest in the subject matter of the main application — Financial interest insufficient to establish legal standing — Application dismissed. The applicant sought leave to be joined as a third respondent in a main application concerning the alleged statutory lien over cattle in possession of a third party. The applicant claimed to be a creditor of the second respondent but did not assert any direct claim to the cattle. The legal issue was whether the applicant had the necessary legal interest to justify joinder in the main application. The court held that the applicant did not possess a direct and substantial interest in the matter, as their interest was merely financial and indirect, leading to the dismissal of the application.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 87
|

|

Griekwaland Wes Korporatiewe Beperk v Stock owners Kooperatief Beperk (in likwidasie) en Andere (2835/2006) [2006] ZAFSHC 87 (10 August 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. 2835/2006
In
die saak tussen:
GRIEKWALAND
WES KORPORATIEF BEPERK
Applikant
en
STOCK
OWNERS KOöPERATIEF BEPERK
1ste Respondent
(IN
LIKWIDASIE)
HERMANUS
WILHELMUS WESSELS
2de Respondent
HERMANUS
WILHELMUS WESSELS N.O.
3de Respondent
KIM
WESSELS N.O.
4de
Respondent
BOSCH
VALLEY FARMS (PTY) LTD
5de Respondent
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR
OP:
27 JULIE 2006
______________________________________________________
GELEWER
OP:
10 AUGUSTUS 2006
[1] In
hierdie aansoek vra die applikant verlof om as die derde respondent
gevoeg te word tot aansoek nommer 1846/2006 in hierdie
hof (“die
hoofaansoek”). Die applikant se aansoek word nie teengestaan nie.
[2] Die eerste respondent
is die applikant in die hoofaansoek en die tweede en derde
respondente is die huidige respondente in die
hoofaansoek. In die
hoofaansoek vra die eerste respondent ‘n bevel dat sy beweerde
statutêre pandreg ingevolge die bepalings
van artikel 173 van die
Koöperasiewet, no. 91 van 1981 sogenaamd geperfekteer word deur die
beslaglegging van 236 beeste in die
besit van die derde respondent.
‘n Interim bevel tot daardie effek is verleen. Die eerste
respondent beweer verder in die hoofaansoek
dat die gemelde beeste
die eiendom is van die tweede respondent maar dat dit in die besit is
van die derde respondent kragtens ‘n
huurkontrak ten aansien van
die beeste aangegaan tussen die tweede respondent en die derde
respondent.
[3] In
die stawende beëdigde verklaring namens die applikant in hierdie
aansoek, word geen melding gemaak van enige aanspraak van
die
applikant op enige reg op die betrokke beeste nie. Wat wel gemeld
word is dat die applikant ‘n krediteur is van die tweede
respondent
uit hoofde daarvan dat die tweede respondent hom skriftelik as borg
teenoor die applikant verbind het vir die nakoming
van die
verpligtinge van die Parkhurst Beef Trust IT192/1996, Parkhurst
Enterprises (Edms) Beperk en die Hawee Wessels Trust TMP1618.
Dit
word verder vermeld dat die applikant nie saamstem met die bewering
in die hoofaansoek dat die Hawee Wessels Trust en die Parkhurst
Beef
Trust elk bloot ’n
alter
ego
van
die tweede respondent is nie en dat dit daarom van die grootste
belang is om te bepaal wie die eienaar van die betrokke beeste
is.
Namens die applikant is verder beweer dat indien die hoofaansoek
toegestaan sou word, die betrokke beeste te gelde gemaak sal
word
slegs tot voordeel van die eerste respondent en dat ander skuldeisers
van die tweede respondent, insluitende die applikant,
gevolglik nie
in die opbrengs daarvan sal kan deel nie. Die applikant voer
derhalwe aan dat die toestaan van die aangevraagde bevel
in die
hoofaansoek ‘n “onmiddellike negatiewe effek” op die applikant
sal hê. Kortom, die applikant wil probeer verhoed dat
die eerste
respondent in die hoofaansoek slaag, omdat die applikant meen dat dit
hom finansieel sal benadeel.
[4] Hofreël
6(14) het die bepalings van Hofreël 12 van toepassing gemaak op
aansoeke. Hofreël 12 bepaal soos volg:
“
Iemand
wat geregtig is om as mede-eiser op te tree of blootstaan aan voeging
as verweerder in ‘n aksie, kan na kennisgewing aan
alle partye in
enige stadium van die verrigtinge aansoek doen om verlof om as ‘n
eiser of ‘n verweerder toe te tree. Die hof
kan op so ‘n aansoek
na goeddunke ‘n bevel gee, ook wat koste betref, en die verdere
prosedure van die aksie voorskryf.”
[5] Ek
aanvaar dat ‘n eiser of applikant wat voldoen aan die bepalings van
Hofreël 10(1), iemand is wat geregtig is om as mede-eiser
of
mede-applikant op te tree soos bedoel in Hofreël 12. Sien
VITORAKIS
v WOLF
1973 (3) SA 928
(W) op 930 B – 931 E. Hierdie grondslag vir
toetrede is egter nie hier van toepassing nie, aangesien dit duidelik
is dat die applikant
nie voornemens is om in die hoofaansoek enige
eis of vordering in te stel of af te dwing teen enige van die partye
tot die hoofaansoek
nie.
[6] Na
my oordeel is slegs ‘n party wat ‘n direkte en wesenlike belang
in ‘n geding het, iemand wat blootstaan aan voeging as
verweerder
in ‘n aksie of respondent in ‘n aansoek soos bedoel in Hofreël
12. Sien
UNITED
WATCH & DIAMOND CO (PTY) LTD AND OTHERS v DISA HOTELS LTD AND
ANOTHER
1972 (4) SA 409
(K) op 416 A – C. In die beslissing van
HENRI
VILJOEN (PTY) LTD v AWERBUCH BROTHERS
1953 (2) SA 151
(O), ‘n volbank-beslissing van hierdie Hof, is ‘n
volledige ondersoek gedoen en bevinding gemaak aangaande wat sodanige
direkte
en wesenlike belang in ‘n geding of die uitslag daarvan
beteken en behels. Hierdie beslissing is nagevolg in talle
beslissings.
Sien byvoorbeeld
AQUATUR
TOUR (PTY) LTD v SACKS AND OTHERS
1989
(1) SA 56
(A) 62 A – G. Sodanige direkte en wesenlike belang is ‘n
regsbelang (“legal interest”) in die reg wat die onderwerp vorm
van die litigasie en welke belang nadelig deur die uitspraak geraak
kan word, maar nie ‘n blote finansiële of kommersiële belang
nie
aangesien dit slegs ‘n indirekte belang in die litigasie is.
Gevolglik is ook daarop gewys dat ‘n onderhuurder geen regsbelang
het in ‘n aksie ingestel deur die verhuurder teen die huurder nie,
ondanks die feit dat die onderhuurder ‘n baie substansiële
finansiële of kommersiële belang mag hê wat nadelig deur die
uitspraak geraak mag word. Sien
HENRI
VILJOEN (PTY) LTD v AWERBUCH BROTHERS,
supra
op 167 D – H, 169 H en 170 H. Sien ook
BRAUER
v CAPE LIQUOR LICENSING BOARD
1953 (3) SA 752
(K) op 760.
[7] In
die onderhawige geval het die applikant na my oordeel geen regsbelang
in die reg wat die onderwerp vorm van die hoofaansoek
nie, te wete
die beweerde statutêre pandreg oor beeste in besit van die derde
respondent. Na my oordeel het die applikant duidelik
slegs ‘n
finansiële of kommersiële belang wat alhoewel dit substansïeel mag
wees, slegs ‘n indirekte belang is.
[8] Gevolglik
word die aansoek van die hand gewys.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Namens
die applikant: Adv. F.W.A. Danzfuss SC
In
opdrag van:
Schoeman Maree
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/em