S v Pieterse (439/2006) [2006] ZAFSHC 86 (14 July 2006)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Jurisdiction of magistrate — Accused convicted of contravening the Domestic Violence Act and common assault — Sentencing magistrate imposed a combined sentence exceeding jurisdictional limits — Court held that sentences for separate charges arising from a single incident cannot exceed the maximum for the lesser offence — Original sentence set aside and replaced with appropriate sentences within jurisdictional limits.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 86
|

|

S v Pieterse (439/2006) [2006] ZAFSHC 86 (14 July 2006)

IN
THE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr:
439/2006
In die saak tussen:
DIE
STAAT
en
ARRIE PIETERSE
_____________________________________________________
HERSIENINGSUITSPRAAK
_____________________________________________________
CORAM
: KRUGER,
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
: KRUGER,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP
: 14
JULIE 2006
_____________________________________________________
[1] Die
beskuldigde is in die landdroshof Philippolis skuldig bevind aan:
(1) ‘n oortreding van
artikel 17 gelees met artikel 6 van die Wet op Gesinsgeweld 116 van
1998, en
(2) aanranding gewoon.
Die klagtes is saamgeneem
vir doeleindes van vonnis, en 5 jaar gevangenisstraf is opgelê.
[2] My
ampsbroer Cillié R het ‘n navraag aan die landdros gestuur:
(1) Is daar enige
getuienis voor die hof dat daar ‘n bestaande gesinsgeweld interdik
teen die beskuldigde van krag was toe die voorval
plaasgevind het?
Indien nie, op welke getuienis het die landdros dan die beskuldigde
aan klagte 1 skuldig bevind?
(2) Die
opgelegde vonnis oorskry die landdros se jurisdiksieperk. Ek is
onder die indruk dat die saamneem van skuldigbevindings vir
doeleindes van vonnis
nie
die landdros magtig om sy jurisdiksieperk te oorskry nie. Vgl:
S
v VAN ZYL
1974 (1) SA 113
(T)
S
v LEITH
1972 (4) SA 262
(K)
[3] In
sy antwoord verwys die landdros na
S
v HAYMAN
1988 (1) SA 831
(NK) waar Wessels Wn R. te bladsy 832 I – 833 A sê
dat alhoewel ‘n landdros klagtes kan saamneem vir doeleindes van
vonnis,
is hy nie bevoeg om ‘n vonnis wat ten opsigte van een
misdryf geoorloof is en ten opsigte van ‘n ander misdaad
ongeoorloof is,
op te lê ten opsigte van die twee tesame nie. So ‘n
vonnis is
de
jure
‘n nulliteit en moet reggestel word (
S
v NTULI
1975 (1) 429 (A) op 435C.) Die argument sluit aan by
S
v LEITH
(supra)
.
[4] Wat
die eerste navraag betref, sê die landdros dat die beskuldigde in sy
pleitverduideliking nie die bestaan van die beskermingsbevel
aangeteken het nie, en dit is as erkenning aangeteken. Die landdros
het die getikte notule dienooreenkomstig gewysig. In
kruisondervraging
veg beskuldigde nie klaagster se bewering dat hy
van die interdik weet, aan nie.
[5] Wat
klagte 1 betref, gee Artikel 17 van die Wet op Gesinsgeweld die
landdros strafjurisdiksie van 5 jaar gevangenisstraf waar
‘n
beskermingsbevel verbreek word. Wat klagte 2 betref is die landdros
egter beperk tot 3 jaar. Die twee klagtes kan dus nie
saamgevoeg
word vir doeleindes van ‘n 5 jaar vonnis nie.
[6] In die lig van
bovermelde vra die landdros dat die opgelegde vonnis ter syde gestel
word en vervang word met die volgende:
Aanklag 1: Ingevolge
artikel 276(1)(b) Wet 51 van 1977 – 5 (vyf) jaar gevangenisstraf.
Aanklag
2: Ingevolge artikel 276(1)(b) Wet 51 van 1977 – 6 (ses) maande
gevangenisstraf.
Die
hof gelas dat ingevolge artikel 280(2) Wet 51 van 1977 die vonnis op
aanklag 1 en 2 samelopend uitgedien word.
[7] Die
twee klagtes spruit uit een insident. Ek meen dat ‘n vonnis van 5
jaar gevangenisstraf skokkend onvanpas is. Die gepaste
vonnis is
myns insiens 3 jaar gevangenisstraf.
[8] Die
volgende bevel word gemaak:
1. Die vonnisse word ter
syde gestel en vervang met:
Klagte 1: 3 jaar
gevangenisstraf
Klagte
2: 1 jaar gevangenisstraf
Dit word ingevolge
artikel 280(2) van Wet 51 van 1977 gelas dat die vonnisse samelopend
uitgedien word.
2. Hierdie
vonnisse moet geag wees opgelê te gewees het op 28 Februarie 2006.
_______________
A.
KRUGER, R
/em