About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 84
|
|
S v Leew and Another (602/2006) [2006] ZAFSHC 84 (6 July 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr: 602/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
ISAAC
JUMBA LEEW AND ANOTHER
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT, R
et
KRUGER, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
WRIGHT, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
6 JULIE 2006
_____________________________________________________
[1] Die
twee beskuldigdes is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te
steel en diefstal en is soos volg gevonnis: Beskuldigde
1, drie jaar
gevangenisstraf.
Beskuldigde 2, twee jaar
gevangenisstraf.
Dit blyk dat hul albei
skuldig gepleit het en pleitverduidelikings verskaf het. Daarvolgens
het beskuldigde 2 na ân sekere huis
gegaan en ân sleutel gehad
wat die slot kon oopmaak. Volgens hom het beskuldigde 1 buite gewag
en die mense dopgehou. Beskuldigde
2 het die deur oopgemaak en ân
groot dra-sak geneem. Hulle het toe sekere artikels geneem. Dit
sluit onder meer in ân Sangsung
DVD waarvan die waarde as R2 000,00
aangedui is. Die beskuldigde het erken dat die waardes van die goed
R2 965,00 beloop maar kom
dit baie eienaardig voor dat so ân DVD R2
000,00 werd is terwyl die meeste van hierdie artikels gewoonlik
ongeveer R500 kos.
[2] Beskuldigde 1 was 17
jaar oud ten tyde van die voorval terwyl beskuldigde 2 21 jaar oud
is. Die landdros het onderskei tussen
die vonnis van beide
beskuldigdes en ân swaarder vonnis aan beskuldigde 1 opgelê. Ek
meen dat die landdros daardeur nie voldoende
gewig geheg het aan die
besondere jeugdigheid van die eerste beskuldigde nie asook die feit
dat beskuldigde 2 die leiding geneem
het met die pleeg van die
misdryf nie. ân Swaarder vonnis is aan beskuldigde 1 opgelê
omdat hy ân vorige veroordeling van
roof het, waarvoor hy op 19
Oktober 2005 twee jaar gevangenisstraf opgelê is wat vir 5 jaar
opgeskort is. Hierdie oorweging moet
opgeweeg word teen die
voorafgaande twee strafversagtende faktore en meen ek dat dit eerder
gepas sou gewees het om, in die lig daarvan,
beide beskuldigdes
dieselfde vonnis op te lê.
[3] Bygevolg
word die skuldigbevindings bekragtig sowel as die vonnis van
beskuldigde 2 maar word die vonnis van beskuldigde 1 ter
syde gestel
en vervang met die volgende:
2
(twee) jaar gevangenisstraf. Die vonnis moet geag word opgelê te
gewees het op 2 Mei 2006.
______________
G.F.
WRIGHT, R
Ek stem saam.
_____________
A.
KRUGER, R
/em