Booysen en 'n Ander v Eksteen (2242/2006) [2006] ZAFSHC 81 (29 June 2006)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Costs — Security for costs — Application for security for costs brought by applicants against respondent who failed to provide security as requested — Respondent acknowledged as "man of straw" with no assets — Court's inherent jurisdiction to order security must be exercised sparingly and only in exceptional cases — General principle that no litigant should be denied access to courts due to inability to pay costs — Application dismissed, with costs awarded against applicants.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 81
|

|

Booysen en 'n Ander v Eksteen (2242/2006) [2006] ZAFSHC 81 (29 June 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 2242/2006
In
die saak tussen:-
MADELEINE HEITLE
BOOYSEN
Eerste
Applikant
GEORGE
RODGER COETZEE
Tweede
Applikant
en
JOHN
PIETER CHARL EKSTEEN
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
22
JUNIE 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MILTON
WND R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
29
JUNIE 2006
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
aansoek geloods deur die appellant ooreenkomstig Hofreël 47(3) van
die Eenvormige Hofreëls ten einde die respondent
te gelas om
sekuriteit te stel in die bedrag van R155 000,00 of sodanige ander
bedrag wat deur die Griffier van die agbare Hof bepaal
mag word nadat
die respondent nie gehoor gegee het aan ‘n versoek om sekuriteit te
lewer nie.
[2] Respondent
is die eiser in die hoofaksie onder saaknommer 605/06 in bogenoemde
hof waarin respondent aksie ingestel het teen die
appellant vir
betaling van die bedrag van R180 627,00 elk plus rente en kostes op
grond van ‘n deels skriftelik en deels mondelinge
ooreenkoms. Die
appellant het in ‘n spesiale pleit gepleit asook ‘n
voorwaardelike teeneis geliasseer.
[3] Die applikante baseer
hulle aansoek en hulle
funderende
verklarings
(my onderstreping) op die volgende bewerings:
dat die respondent nie
op die kennisgewing in terme van Reël 47(1) gereageer het waar hy
opgeroep word om sekuriteit te lewer
nie, met ander woorde hy kon
nie daaraan voldoen nie;
dat die respondent geen
onroerende bates besit nie;
dat die respondent geen
roerende bates besit nie, welke blykens op beslaggelê is en op
openbare veilings verkoop is om te voldoen
aan die verskeie
hofbevele;
dat daar ongeveer vier
siviele vonnisse teen die respondent genoteer is waarvan daar nog
betaling uitstaande is;
dat die respondent se
erfenis uit sy oorlede moeder se boedel op beslaggelê is vir
gedeeltelike betaling van twee van die bogenoemde
vonnisse; en
dat die effek van die
bogenoemde is dat die respondent “a man of straw” is.
[4] Bogenoemde is gemene
saak en word deur die respondent erken. Dit is egter sy saak dat die
howe sekerlik nie net bedoel is vir
welgestelde litigante nie en in
teenstelling met die grondwetlike reg van elke individu dat hy of sy
toegang tot die howe moet kry.
REGSBEGINSELS
[5] By die toepassing van
die prosedure in terme van Reël 47, ten einde te bepaal of
sekuriteit gelas behoort te word al dan nie,
is die Hof vir die
onderhawige geval aangewese op die gemene reg.
[6] In die geval van ‘n
individu, soos die respondent, sal die algemene reël heers, naamlik
dat:
“
No person who is either
civis
municeps or incola
of this
colony, can as plaintiff, be compelled to give security for costs
whether he be rich or poor, solvent or insolvent.”
WITHAM v VENABLES
IMENZIES 291
en Herbstein and Van Winsen,
The
Civil Practice of the Supreme Court of South Africa
,
4th Edition p. 321.
[7] In
CREST
ENTERPRISES (PTY) LTD AND ANOTHER v BARNETT AND SCHLOSBERG NNO
1986 (4) SA 19
(C) op 20 B – D verklaar Berman R dat die algemene
prinsiep soos volg is:
“
The law, however, relating to the
provision by a plaintiff (or applicant) of security for the costs of
the opposing party is well-settled
in our law and may be succinctly
stated as follows, viz no hurdle should be permitted to stand in the
way of any person's access
to a court in seeking relief at its hands,
and no court should - in the case of an impecunious litigant - by
requiring him as plaintiff,
or applicant, to provide security for his
opponent's costs, lend support to the canard which likens its doors
to those of the Ritz
Hotel.”
[8] 8.1 In
RAMSAMY
NO AND OTHERS v MAARMAN NO AND ANOTHER
2002 (6) SA 159
(C) op 172 B het Thring R verklaar dat die algemene
reël soos volg is:
“
.....
mere inability of a plaintiff or applicant as the case may be, who is
an incola, to satisfy a potential costs order against
him is
insufficient in itself in a case of this kind to justify an order
that he furnish security for his opponent's costs. Something
more
than this is required before that can be done.”
In bogenoemde saak het
die geleerde Regter voortgegaan om “something” soos vermeld in
ECKER
v DEAN
1938 AD 102
op 110 te bespreek en bevind hy dat die basis vir die
toestaan van ‘n bevel om sekuriteit te lewer een van “reckless”
en
“vexatious” sal moet wees. In hierdie saak is beslis dat
selfs ‘n eiser wat insolvent is nie genoegsaam is om sekuriteit
te vereis nie en bestaan daar nie ‘n vermoede van kwelsugtigheid
nie.
[9] Selfs op die
veronderstelling dat die appellante miskien nooit daarin sal slaag om
sy kostes te herwin, sou hulle nie suksesvol
wees in die hoofaksie
nie, weeg die onvervreembare reg van ‘n enkele om hom te beroep op
die reg tot toegang tot die hof, ‘n
navolging van sy eis swaarder
en dit slegs op die basis dat hy nie die kostes van die teenparty kan
sal voor betaal nie sou hy nie
suksesvol wees in die toekomstige saak
nie. (
ECKER
v DEAN
,
supra
.)
[10] In
RAMSAMY
NO AND OTHERS v MAARMAN NO AND ANOTHER
,
(
supra
)
op 173 G is beslis dat ‘n bevel om sekuriteit te moet betaal, kan
slegs beveel word indien die hof tevrede is dat die hoofaksie:
(a) kwelsugtig of
(b) roekeloos
of
(c) neerkom
op die misbruik van die hofproses is.
[11] ‘n Kwelsugtige
aksie beteken onbewese, met ander woorde dit staan buite die gebied
van die waarskynlikheid en het die onvermoë
tot sukses. In
FITCHET
v FITCHET
1987 (1) SA 450
(E) A – F het Olivier R die volgende gesê:
“
Outside the parameters of the Act,
a vexatious action for the purposes of dismissing an action has been
equated to one standing outside
the region of probability altogether,
and which becomes vexatious because it is impossible. Court has to
be satisfied that the action
is vexatious in that it stands outside
the region of probability and is incapable of succeeding. The onus
is a stringent one and
exceptional in that the Court must be
satisfied not as on a balance of probabilities but as a certainty. In
an application for the
furnishing of security for costs, the
financial ability of the plaintiff to comply with an order to pay the
defendant's costs of
the action should it prove to be unsuccessful is
an obvious factor which should be taken into account.”
Sien ook
DAVIDSON'S
BAKERY (PTY) LTD v BURGER
1961 (1) SA 589
(O) op 593 E waar Klopper R die volgende gesê het:
“
Myns
insiens is die meriete van eiser se aksie nie altyd deurslaggewend
nie, maar slegs 'n faktor wat in oorweging geneem moet word.
Daar kan
gevalle wees waar die Hof sekuriteit stelling sal verleen al word dit
slegs bevind dat die kanse van welslae op die aksie
alleen
twyfelagtig is sonder dat dit gesê kan word dat dit geen
vooruitsigte van sukses inhou nie.”
Myns insiens behoort
bogenoemde die deurslaggewende toets te wees wanneer die meriete op
‘n hoofaksie oorweeg word.
[12] Dit is egter so dat
die hof ‘n inherente jurisdiksie het om ‘n litigant te beveel om
sekuriteit vir kostes te voorsien.
Hierdie mag wat die hof het om
die voorsiening van sekuriteit te beveel, moet egter spaarsaam en
slegs in uitsonderlike gevalle uitgeoefen
word. Sien
WESTERN
ASSURANCE CO v CALDWELL’S TRUSTEE
1918 AD 262
te 274. Dit kon tog nooit die Wetgewer se bedoeling
gewees het met Reël 37 dat “men of straw” die hofdeure geweier
word nie.
Dit sou lei tot die absurditeit dat alle litigante nie
byvoorbeeld regshulp bekom om aksies in te stel die gevaar staan dat
hul
opponente aansoeke telkens kan loods in terme van die genoemde
Reël.
Dit is nie in geskil
dat die respondent ‘n “man of straw” is nie.
Die applikant moet ‘n
sterk basis lê om aan te toon dat die respondent kwelsugtig en
roekeloos sy hofaksie voortsit en dat
sy aksie onmoontlik suksesvol
sal wees.
Die applikant maak glad
nie ‘n saak uit in sy funderende verklaring dat die appellant se
hoofaksie gebring is met kwelsugtigheid
of roekeloosheid nie. Die
applikant handel eers in repliek daarmee nadat die respondent
aangetoon het dat applikant nie die
belangrikste toets aangeraak
het nie. Die bewerings moes in applikant se funderende verklaring
voorgekom het en sou die respondent
die geleentheid gehad het om
daarop te antwoord wat hy nie nou gekry het nie.
Mnr Zietsman, namens
die applikant, het na aanleiding van die hof waarom die
kwelsugtigheid nie in die funderende verklaring vervat
is nie, die
mening toegedaan dat dit wel aangespreek is in paragrawe 6 en 7 van
die applikant se funderende verklaring. Daar
word met eerbied nie
met hom saamgestem nie. Die feite in hierdie twee paragrawe
vervat, handel met die vorige sake van die
respondent en was
ingesluit om aan te toon dat die respondent hom “uit sy bates uit
gelitigeer het”. Hy het voorts die respondent
se optrede ten
opsigte van die aansoek om tersydestelling van vonnis uitgewys as
‘n aanduiding van die respondent se hardkoppige
voortsetting van
litigasie en blykens in die lig van hopelose sukses. Ek verskil
met respek met mnr Zietsman. Die riglyne neergelê
in die
FITCHET
-saak
supra
is ooglopend duidelik dat dit die sukses van die hoofaksie is wat
betrekking het op die aansoek om sekuriteit, welke ge-evalueer
moet
word.
Indien daar na bylae
“A” tot die respondent se dagvaardings, saamgelees met die
besonderhede van vordering gekyk word, skep
dit
ex
facie
nie die indruk dat die eis kwelsugtig of op roekeloosheid neerkom
of die misbruik van die hofproses nie. Daar blyk duidelik
feitedispute te wees tussen die partye, maar vir doeleindes van
hierdie aansoek hoef die hof nie die meriete deurdringend te
oorweeg nie. Hierdie hof moet haarself net vergewis dat die
hoofaksie geensins sal water hou nie of ooglopend enige kanse van
sukses sal hê nie. Appellant probeer aantoon dat daar geen kanse
van sukses kan wees nie, aangesien die eis deur verjaring
uitgewis
is. Op die appellant se eie stukke en het mnr Zietsman toegegee
dat die datum waarop verjaring loop moontlik op die
vroegste datum,
die datum wat die erfporsies uitgekeer het op die erfgename, kan
wees naamlik 11 Januarie 2005. Ek vind dit
egter nie nodig om die
meriete van die saak enigsins verder te evalueer nie.
[13] Laastens vind ek dit
nodig om melding te maak van die applikant se aansoekstukke wat
onnodiglik beswaar was met dokumente wat
werklik nie in geskil was
nie en dat opgesom kon geword het in paragrawe sonder die aanhegting
daarvan. Indien die bewerings betwis
was, kon hulle in repliek te
voorskyn gebring word. Die aanhegting van byvoorbeeld die summiere
vonnis se beëdigde verklarings
was totaal en al onnodig. Daar was
sterk oorweging gegee om die appellant se prokureur te straf met ‘n
bevel dat hulle die uitgawes
en kostes van onnodige dokumente nie van
hulle kliënte mag verhaal nie. Met verdere oorweging en in die lig
van die uiteindelike
bevel het ek daarteen besluit.
[14] Op
die applikant se huidige aansoek kan hierdie hof nie die respondent
gelas om sekuriteit te stel nie.
[15] Die
aansoek word gevolglik van die hand gewys met kostes.
________________
D. MILTON, WND R
Namens die
appellant: Adv P Zietsman
In opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv J P Daffue
In
opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN
/sp