About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 103
|
|
Ferreira and Another v Ferreira and Another (2457/2006) [2006] ZAFSHC 103 (12 June 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr.: 2457/2006
In
die aansoek van:
LOURENS
JOHANNES FERREIRA
Applikant
IN
RE:
PAULINE
GLADYS FERREIRA
Die pasiënt
(Vir
die aanstelling van ân Kurator
Bonis
oor
die persoon en goed van die pasiënt)
en
MICHELLE
GLADYS FERREIRA
1ste
Respondent
(toegetree)
THOMAS
IGNATIUS FERREIRA
2de
Respondent
(toegetree)
_____________________________________________________
CORAM:
VAN ZYL, R
AANGEHOOR
OP:
9 JUNIE 2006
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
JUNIE 2006
[1] Hierdie
is ân dringende aansoek vir die aanstelling van ân kurator
bonis
vir Pauline Gladys Ferreira, hierinlater na verwys as âdie
pasiëntâ, op die basis dat sy onbevoeg is om haar eie sake te
behartig.
Die applikant, Lourens Johannes Ferreira, is die pasiënt
se jongste (38 jaar oud) seun. Die aansoek is in die gebruiklike
vorm
vir die aanstelling van ân kurator
bonis
,
soos ook voorgeskryf deur Hofreël 57, met die gevolg dat daar eers
vir die aanstelling van ân kurator
ad
litem
gevra word as die eerste stap in die proses om eventueel ân kurator
bonis
aan te stel.
[2] Dit blyk uit die
aansoekstukke dat die pasiënt drie kinders het, synde die applikant,
ân dogter, Michelle Gladys Ferreira,
(46 jaar oud) en nog ân
seun, Thomas Ignatius Ferreira (49 jaar oud). Ten tyde van die
aanhoor van die onderhawige aansoek het
ân plaaslike advokaat, Mnr.
Greyling, verskyn en aangedui dat hy instruksies het om namens die
pasiënt se voormelde ander twee
kinders te verskyn en in terme van
Hofreël 6(4)(b) aansoek te doen vir verlof om die aansoek te
opponeer en dus by implikasie om
toe te tree as respondente. Hoewel
Hofreël 6(4)(b) ân spesifieke prosedure voorskryf wat gevolg
behoort te word by so aansoek,
het Mnr. Greyling versoek dat afgesien
word van die tersaaklike prosedure gesien in die lig van die feit dat
Mnr. Gilliland, wie
namens applikant verskyn het, geen beswaar
daarteen het dat die twee persone toetree as respondente nie. Mnr.
Gilliland het toegegee,
en na my mening heeltemal tereg, dat die
ander twee kinders van die pasiënt wel ân belang by die
aangevraagde regshulp het en
dat hy dus nie namens applikant sinvol
beswaar kan maak teen die verlening van so ân bevel nie.
[3] Gegewe
die aard van die onderhawige aansoek en gegewe die feit dat die
partye
ad
idem
is
dat so ân bevel onder die omstandighede verleen behoort te word,
het ek die volgende bevel verleen:
â
Verlof word aan Michelle Gladys
Ferreira en Thomas Ignatius Ferreira verleen om toe te tree tot die
aansoek as eerste en tweede respondente
onderskeidelik.â
[4] Hierop
het Mnr. Greyling aangetoon dat hy sekere punte
in
limine
wou opper en argumenteer. Die eerste punt wat Mnr. Greyling geopper
het, is dat die aansoek nie dringend van aard is nie deurdat
daar nie
aan die vereistes van dringendheid voldoen is nie. Hy het betoog dat
dit duidelik uit die aansoekstukke blyk dat, op applikant
se eie
weergawe, die pasiënt ten laatste reeds sedert ongeveer middel 2005
nie meer in staat was om haar eie sake te behartig nie
en dat
applikant ook reeds op daardie stadium daarvan bewus was. Gevolglik,
aldus die argument van Mnr. Greyling, is die bewerings
met betrekking
tot die onderskeie trustee ampte en direkteurs-amp wat die pasiënt
beklee, nie geldige redes vir dringendheid nie,
aangesien hierdie
situasie reeds sedert 2005 heers. Die enigste sogenaamde ânuweâ
omstandigheid wat opgeduik het, is die algemene
prokurasie gedateer 5
September 2005 wat as Aanhangsel âMâ tot die aansoekstukke
aangeheg is en welke prokurasie, op applikant
se weergawe, die eerste
keer op Vrydag, 2 Junie 2006, tot sy kennis gekom het. In terme van
hierdie algemene prokurasie het die
pasiënt eerste respondent as
haar gevolmagtigde aangestel met uiters wye magte en bevoegdhede.
Dit is applikant se saak dat dit
duidelik uit die mediese getuienis
blyk dat die pasiënt gedurende September 2005, synde die datum
waarop sy na bewering die algemene
prokurasie onderteken het, nie in
staat was om ân prokurasie te verly en te onderteken nie, omdat sy
nie kon weet wat sy doen nie.
Volgens Mnr. Greyling voldoen die
bewerings met betrekking tot die algemene prokurasie nie aan die
dringendheidsvereistes soos gestel
in Hofreël 6(12)(b) nie.
[5] Ten
spyte van Mnr. Gilliland se betoë tot die teendeel, moet ek met Mnr.
Greyling se argument saamstem. Hofreël 6(12)(b) bepaal
as volg:
â
In elke beëdigde verklaring of
petisie wat ter ondersteuning van ân aansoek ingevolge paragraaf
(a) van hierdie subreël ingedien
word, moet die applikant uitdruklik
die omstandighede vermeld wat volgens hom die aangeleentheid dringend
maak en die redes waarom
hy beweer dat hy nie mettertyd wesenlike
verhaal by gewone beregting sal kry nie.â
Na my
mening maak die blote bestaan en bewuswording van die algemene
prokurasie
per
se
nie die aansoek dringend van aard nie. Ek moet ook net vermeld dat
die bewerings met betrekking tot applikant se bewuswording van
die
bestaan van die algemene prokurasie uiters karig is, deurdat ân
mens sou verwag dat applikant sou openbaar hoe en onder watter
omstandighede die prokurasie skielik tot sy kennis gekom het. Voorts
word geen bewering deur applikant gemaak dat dit nou ook tot
sy
kennis sou gekom het dat eerste respondent byvoorbeeld haar
bevoegdhede in terme van die algemene prokurasie sedert September
2005 misbruik het of dat hy gegronde rede het om te vermoed dat sy
dit nou in die nabye toekoms gaan misbruik nie. Inteendeel, in
paragraaf 9 van die funderende verklaring maak applikant die volgende
bewering:
â
Ek
was ten volle op hoogte van die pasiënt se persoonlike en finansiële
sake
en
is steeds ten volle op hoogte daarvan
.â
(eie
onderstreping)
Desondanks
is daar geen bewering dat eerste respondent die finansiële sake van
die pasiënt tot die pasiënt se nadeel of tot eerste
respondent se
persoonlike voordeel bestuur voortspruitend uit die prokurasie nie.
Gevolglik moet ek die afleiding maak dat eerste
respondent tans nie
die prokurasie misbruik nie. Indien dit so is, blyk daar geen rede
te wees waarom die aansoek nie ooreenkomstig
die gewone prosedures en
tydsbepalings geloods kon word nie. Indien hierdie aansoek van
kommersiële aard was, sou dit beslis die
einde van applikant se
aansoek gewees het. Vanweë die aard van hierdie aansoek en
inaggenome my verdere bevindings later in hierdie
uitspraak gemaak,
meen ek egter dat dit in belang van die pasiënt en die beskerming
van die belange van die pasiënt is dat ek hierdie
wesenlike
formalistiese gebrek in die aansoek kondoneer en eerder ân
praktiese benadering volg deur wel die aansoek te bereg.
Die aansoek
is nou voor die hof, alle tersaaklike partye is voor die hof, hierdie
tipe aansoeke is tot ân mate inherent dringend
en weereens gegewe
my verdere bevindings hierin gemaak, meen ek nie dat enige party
benadeel sal word indien ek die aansoek op hierdie
stadium aanhoor en
bereg nie. Hierdie tegemoedkomende benadering moet beslis nie as ân
presedent beskou word nie en word slegs
gedoen vanweë die aard en
besondere omstandighede van hierdie betrokke aansoek.
[6] Die
tweede punt
in
limine
wat Mnr. Greyling geopper het, is dat die aansoek nie voldoen aan die
vereiste van hoogste goeie trou wat in ân
ex
parte
aansoek geld nie. In die verband het Mnr. Greyling betoog dat daar
die volgende tekortkominge in die aansoek bestaan:
1. Applikant toon nie aan
dat hy die voorgenome aansoek met eerste en tweede respondente
bespreek het alvorens hy dit geloods het
nie.
2. Applikant
dui nie aan dat eerste en tweede respondente gekant is teen die
verlening van die aangevraagde regshulp, insluitende
die aanstelling
van ân kurator
ad
litem
nie, terwyl hy klaarblyklik daarvan bewus was.
3. In
paragraaf 20 van die funderende verklaring word die bewering gemaak
dat ân bevestigende beëdigde verklaring van ene Ella
Groenewald,
synde een van die getuies tot die ondertekening van die algemene
prokurasie, aangeheg word tot die stukke, maar dit blyk
dat hoewel
dit aangeheg is, dit nie onderteken is nie.
4. Applikant
dui nie aan wat sy persoonlike belang in die aansoek is nie, want
gegewe die feit dat applikant geensins aantoon dat
die pasiënt se
sake tans wanbestuur word nie, blyk dit, aldus Mnr. Greyling se
betoog, dat applikant een of ander persoonlike belang
in die aansoek
het.
[7] Die
vereiste van hoogste goeie trou in ân
ex
parte
aansoek en die gevolge van die nie-nakoming daarvan, word as volg in
Superior
Court Practice, Erasmus
et
al
op B1-42
saamgevat:
â
Good faith is a
sine
qua on
in
ex
parte
applications. If any material facts are not disclosed, whether they
be wilfully suppressed or negligently omitted, the court may
on that
ground alone dismiss an
ex
parte
application.â
Sonder
om met elk van voormelde kritiek afsonderlik te handel, meen ek dat
hier, ten minste op nalatige wyse, sekere wesenlike tersaaklike
inligting nie openbaar is nie en sekere tekortkominge derhalwe in die
aansoek bestaan. Ek het egter ân diskresie in die verband,
welke
diskresie onder andere deur die volgende faktore beïnvloed word:
â
It seems to me
that, among the factors which the Court will take into account in the
exercise of its discretion to grant or deny relief
to a litigant who
has breached the
uberrima
fides
rule, are the extent to which the rule has been breached, the reasons
for the non-disclosure, the extent to which the Court might
have been
influenced by proper disclosure in the
ex
parte
application, the consequences, from the point of doing justice
between the parties, of denying relief to the applicant on the
ex
parte
order, and the interests of innocent third parties, such as minor
children, for whom protection was sought in the
ex
parte
application.
â
Sien
COMETAL-MOMETAL
S A R L v CORLANA ENTERPRISES (PTY) LTD
1981 (2) SA 412
(W) op 414 G â H.
[8] Daar
moet in gedagte gehou word dat Reël 57(2) in ân geval soos die
onderhawige spesifiek voorskryf dat van ân
ex
parte
prosedure gebruik gemaak moet word. Dit is derhalwe nie ân geval
waar die applikant self die keuse van ân
ex
parte
vorm van aansoek uitgeoefen het nie. Hoewel dit nie in die
aansoekstukke so openbaar of vermeld is nie, het die applikant wel
die
aansoekstukke op eerste respondent se prokureur beteken, welke
betekening juis tot gevolg gehad het dat Mnr. Greyling in die aansoek
kom verskyn het. Hoewel kennis van die aansoek nie aan tweede
respondent gegee is nie, is applikant se betekening van die
aansoekstukke
op eerste respondent, wie beslis ân belang in die
aansoek het, aanduidend daarvan dat applikant nie gepoog het om ân
bevel spreekwoordelik
te âsnatchâ nie. Verdermeer en soos meer
volledig hieronder bespreek, raak hierdie aansoek eerstens en
hoofsaaklik die belange
van die onskuldige pasiënt en nie net die
van die partye tot die aansoek nie. Dit is ân baie belangrike
faktor wat ek in oorweging
neem by die uitoefening van my diskresie.
Na ân ewewigtige opweging van al hierdie feite en faktore, is ek
voornemens om my diskresie
ten gunste van applikant uit te oefen deur
nie bloot die aansoek af te wys vanweë gemelde tekortkominge daarin
nie.
[9] Mnr.
Greyling se derde en laaste punt
in
limine
was tot dien effekte dat selfs indien ek nie die eerste twee punte
in
limine
sou handhaaf nie, die aansoek in ieder geval van die hand gewys
behoort te word deurdat applikant nie ân behoorlike saak uitgemaak
het vir die aanstelling van ân kurator
ad
litem
en/of ân kurator
bonis
nie. Volgens Mnr. Greyling se argument maak applikant nie ân saak
uit dat daar ân probleem met die behartiging van die pasiënt
se
sake bestaan wat die aanstelling van ân kurator
ad
litem
en ân kurator
bonis
regverdig nie. In die verband het hy verwys na die saak van
JUDIN
v WEDGWOOD AND ANOTHER
2003 (5) SA 472
(WLD).
By
nalees van laasgenoemde saak, is ek egter van mening dat dit nie
steun bied vir ân argument dat daar noodwendig ân probleem
met
betrekking tot die behartiging van die pasiënt se sake moet bestaan
alvorens ân kurator
ad
litem
en kurator
bonis
aangestel sal word nie. My begrip van daardie saak is dat die rede
waarom die bevel nie verleen is nie, was omdat die applikant
in
daardie saak nie voldoende mediese getuienis aangebied het om
prima
facie
aan te toon dat die pasiënt in daardie saak nie in staat is om sy
eie sake te behartig nie. In ieder geval is die feite van daardie
saak in totaliteit onderskeibaar van die feite in die onderhawige
geval.
[10] Ter
oorweging van Mnr. Greyling se voormelde derde punt
in
limine
dat daar nie ân behoorlike saak vir die aanstelling van ân
kurator
ad
litem
uitgemaak is op die huidige aansoekstukke nie, kon ek geen gesag vind
tot dien effekte dat daar enige addisionele vereiste bestaan
vir die
aanstelling van ân kurator
ad
litem
anders as dat daar
prima
facie
aangetoon moet word dat die pasiënt nie in staat is om sy eie sake
te behartig nie. Al die sake wat ek kon vind waar daar ân
bestrede
aansoek was met betrekking tot die aanstelling van ân kurator
ad
litem
en sodanige kurator
ad
litem
nie aangestel was nie, was in omstandighede waar daar nie op ân
oorwig van waarskynlikhede (laasgenoemde toets inagenome dat dit
bestrede was) aangetoon is dat die pasiënt nie in staat is om sy eie
sake te behartig nie. Gegewe die mediese getuienis in die
onderhawige geval, is ek egter wel
prima
facie
oortuig dat die pasiënt nie in staat is om haar eie belange te
behartig nie en noodsaak dit dus
prima
facie
die aanstelling van ân kurator
ad
litem
om daarna ondersoek te doen. Origens voldoen die aansoek ook aan die
neergelegde vormvereistes en beskik applikant oor die nodige
locus
standi
om die onderhawige aansoek te geloods het. Mnr. Greyling se derde
punt
in
limine
kan derhalwe na my mening ook nie slaag nie.
[11] Mnr.
Greyling het verder versoek dat indien ek nie die punte
in
limine
sou handhaaf nie, die respondente die geleentheid gegee behoort te
word om opponerende verklarings te liasseer op die meriete ten
einde
die aanstelling van die kurator
ad
litem
te opponeer. Op ân spesifieke vraag van myself of die respondente
se opponering nie meer van pas en relevant sal wees ten tyde
van die
beregting van die vraag of daar ân kurator
bonis
aangestel moet word, al dan nie, het Mnr. Greyling egter aangedui dat
dit sy spesifieke instruksies is dat respondente ook die aanstelling
van ân kurator
ad
litem
wil opponeer.
[12] Die
vraag wat derhalwe nou ontstaan, is hoe die aansoek verder hanteer
moet word. Ek het die verskillende opsies deeglik oorweeg.
Na my
mening is dit nie gewens en/of doelmatig dat respondente die
geleentheid gegee word om opponerende verklarings met betrekking
tot
die vraag of ân kurator
ad
litem
aangestel moet word, al dan nie, te liasseer nie. Nie net gaan dit
ân onnodige duplisering van koste tot gevolg hê nie (want
indien
hul opponering onsuksesvol sou wees en ân kurator
ad
litem
wel
aangestel word, gaan hulle waarskynlik verdere opponerende
verklarings wil liasseer nadat die kurator
ad
litem
se verslag beskikbaar geraak het en die vraag met betrekking tot die
aanstelling van ân kurator
bonis
bereg staan te word), maar gaan dit, inaggenome die bevindings wat ek
nou gaan maak, geen doel dien nie. Nie net is ek reeds op
hierdie
stadium
prima
facie
oortuig dat die pasiënt nie in staat is om na haar eie belange om te
sien nie, maar is ek ook van mening dat dit essensieel geword
het dat
iemand na haar en haar belange in en gedurende die beregting van die
onderhawige dispuut tussen die applikant en die respondente
omsien en
haar hierin verteenwoordig. Ek het ân inherente jurisdiksie om ân
kurator
ad
litem
aan te stel om na die belange van ân persoon om te sien in
regsgedinge indien ek van mening is dat hulle nie self in staat is om
dit te doen nie. (Sien
SANTAM
INSURANCE v BOOI
[1995] ZASCA 52
;
1995 (3) SA 301
op 313 A â C.) Die aanstelling van ân kurator
ad
litem
vir die pasiënt kan en gaan geen effek op enige bestaande regte of
belange van die respondente hê nie en kan hulle dus nie enigsins
deur so ân bevel benadeel word nie. Dit moet ook in gedagte gehou
word dat die aanstelling van ân kurator
ad
litem
in ân geval soos die onderhawige slegs ân stap in die proses vir
die aanstelling van ân kurator
bonis
daarstel. Dit is nie regshulp wat ân finale effek het nie. Die
respondente sal gevolglik steeds geregtig wees om die aanstelling
van
ân kurator
bonis
,
synde die finale regshulp, te opponeer indien hulle so sou verkies en
sal die bevel wat ek voornemens is om te maak, ook daarvoor
voorsiening maak. Sou hulle die aanstelling van ân kurator
bonis
suksesvol opponeer, sal hulle en die pasiënt waarskynlik ook een nie
enige verlies met betrekking tot koste lei nie, aangesien die
applikant in so ân geval in ieder geval waarskynlik gelas sal word
om die koste van die aansoek te betaal. Ek is gevolglik voornemens
om wel op hierdie stadium ân kurator
ad
litem
vir die pasiënt aan te stel.
[13] Wat
die magte, bevoegdhede en verpligtinge van die kurator
ad
litem
in
die onderhawige geval betref, is ek van mening dat vanweë die
besondere omstandighede van hierdie aansoek, die kurator
ad
litem
nie net aangestel behoort te word om ondersoek te doen na die vermoë
van die pasiënt om haar eie sake te behartig, al dan nie,
maar ook
om haar spesifiek te verteenwoordig in hierdie aansoek en dus om te
sien na haar en haar belange hierin.
[14] Wat
die voorgestelde kurator
ad
litem
betref, is hy, synde Advokaat J.A. Fourie, ân gerespekteerde
advokaat wie se onafhanklikheid en objektiwiteit bo verdenking is.
Ek meen gevolglik dat daar geen rede bestaan waarom ân ander
kurator
ad
litem
dan hy aangestel hoef te word nie. Hoewel die onderhawige tipe
aansoeke en die ondersoeke wat deur ân kurator
ad
litem
gedoen moet word, tot ân groot mate in ieder geval inherent
dringend is, meen ek dat die feite en omstandighede van hierdie geval
sodanig is dat ek voornemens is om die kurator
ad
litem
spesifiek te versoek om sy ondersoek en verslag so spoedig doenlik af
te handel.
[15] Volledigheidshalwe
word vermeld dat aangesien daar gedurende die argumentering van die
onderhawige aansoek sekere feite aan die
lig gekom het wat nie uit
die aansoekstukke blyk nie, maar waarna ek in hierdie uitspraak
verwys, meen ek dat dit noodsaaklik is
dat ân afskrif van hierdie
uitspraak ook aan die kurator
ad
litem
en die Meester verskaf moet word.
[16] Dit
is laastens nodig om sekere opmerkings oor koste te maak. Bede 4 van
die Kennisgewing Mosie bevat die gebruiklike bede tot
dien effekte
dat die koste van die aansoek deur die boedel van die pasiënt betaal
moet word. Gedurende die aanhoor van die argumente
in die hof, het
Mnr. Gilliland aangetoon dat gegewe voormelde gebreke in die aansoek
wat tydens argumente uitgewys is en in besonder
ten einde applikant
se
bona
fides
met die bring van die onderhawige aansoek aan te toon, applikant
voormelde bede ten opsigte van die koste abandoneer en is hy bereid
om die koste van die aansoek en van die kurator
ad
litem
betaal. Ek meen dat indien die Verhoorhof wat eventueel die
aanstelling van die kurator
bonis
gaan bereg, van oordeel sou wees dat ân kurator
bonis
vir die pasiënt aangestel moet word en dat applikant se aansoek dus
geregverdigd was, sodanige hof in die uitoefening van sy diskresie
waarskynlik sal gelas dat die koste van die aansoek, wat insluit die
koste van die kurator
ad
litem
,
in ieder geval deur die boedel van die pasiënt betaal moet word.
Dit sal egter op daardie stadium bereg word. Wat ek egter wel
meen
nou deur my bereg moet word, is die koste van die verskynings op 9
Junie 2006. Soos reeds bevind, voldoen die aansoek nie behoorlik
aan
die vereistes met betrekking tot dringendheid en
ex
parte
aansoeke nie. Die feit dat ek in die uitoefening van my diskresie
besluit het om dit te kondoneer, doen nie afbreuk daaraan dat
respondente dus op geregverdigde en gegronde basis die aansoek op 9
Junie 2006 opponeer het by wyse van die punte
in
limine
nie. Gevolglik is ek van mening dat dit reg en billik is dat
applikant gelas moet word om die koste van die verskynings op 9 Junie
2006 te betaal, wat insluit respondente se verskyning op ân
geopponeerde basis. Die koste ten opsigte van die opstel van die
aansoekstukke
as sulks, moet egter na my mening koste in die aansoek
wees, welke dan bereg sal word ten tyde van die beregting van die
aanstelling
van ân kurator
bonis
.
[17] In
die vooropstelling maak ek die volgende bevele:
1. Die applikant se
nie-nakoming van die Hofreëls met betrekking tot uitreiking en
proses word gekondoneer en die aansoek word op
ân dringende basis
aangehoor.
2. Advokaat
Jan Albert Fourie word as kurator
ad
litem
vir die pasiënt, Pauline Gladys Ferreira, aangestel, met die
volgende magte, bevoegdhede en verpligtinge:
2.1 Om
so spoedig doenlik ondersoek in te stel na die bevoegdheid, al dan
nie, van die pasiënt, Pauline Gladys Ferreira, om haar
eie sake te
behartig en na die wenslikheid, al dan nie, om ân kurator
bonis
oor haar goed en/of haar persoon aan te stel;
2.2 Om
na die belange van die pasiënt in die onderhawige aansoek om te sien
en die pasiënt in die onderhawige aansoek te verteenwoordig,
wat
insluit die bywoning van alle hofverrigtinge met betrekking tot die
onderhawige aansoek.
3. Verlof
word aan voormelde kurator
ad
litem
verleen om skriftelik aan die hof verslag te doen met betrekking tot
die aspekte 2.1 en 2.2 hierbo vermeld, en daarna sodanige aanvullende
skriftelike verslag te liasseer soos hieronder in paragraaf 8 voor
voorsiening gemaak.
4. Vir
doeleindes van die voormelde kurator
ad
litem
se uitvoering van sy verpligtinge hierin, moet ân afskrif van
hierdie uitspraak aan hom verskaf word.
5. Applikant
word gelas en beveel om sodra die kurator
ad
litem
se verslag met betrekking tot die aangeleenthede in paragraaf 2
hierbo vermeld, ter hand kom, onverwyld ân afskrif daarvan op
eerste
en tweede respondente se prokureur van rekord te beteken.
6. Eerste
en Tweede respondente word gelas en beveel om, indien hul steeds wens
die aansoek vir die aanstelling van ân kurat
or
bonis
te
opponeer, binne 5 (vyf) dae nadat die kurator
ad
litem
se verslag beteken is soos in paragraaf 5 hierbo voorsien, skriftelik
kennis te gee aan applikant se prokureur van rekord van hul
voorneme
om te opponeer en binne 7 (sewe) dae na liassering van sodanige
skriftelike kennisgewing, hulle opponerende beëdigde verklarings
te
liasseer.
7. Applikant word gelas
en beveel om daarop sy repliserende verklaring, indien enige, te
liasseer binne 7 (sewe) dae na liassering
van eerste en tweede
respondente se opponerende beëdigde verklarings.
8. Die
kurator
ad
litem
word gemagtig en gelas om, indien hy dit nodig ag na aanleiding van
die bewerings in die opponerende en repliserende beëdigde
verklarings
onderskeidelik, ân aanvullende skriftelike verslag te
liasseer binne 7 (sewe) dae na liassering van die repliserende
verklaring,
alternatiewelik binne gemelde tydperk skriftelik aan te
toon dat hy volstaan met sy aanvanklike verslag.
9. ân Afskrif van
hierdie hofbevel sowel as van al die verklarings en verslae in
hierdie aansoek geliasseer te word, moet op die
Meester beteken word
en die Meester word versoek om, om soos gebruiklik, die Hof van ân
skriftelike verslag te voorsien.
10. Die aansoek kan as
volg weer terrolle geplaas word:
10.1 Indien
geen van die respondente skriftelik kennis gee van hul voorneme om
die aansoek te opponeer binne die tydperk soos voorsien
in paragraaf
6 hierbo nie, en dan wel ooreenkomstig die toepaslike Hofreëls en/of
Praktyksreëls.
10.2 Indien
een of beide van die respondente wel die aansoek opponeer, na
liassering van die kurator
ad
litem
se aanvullende verslag of skriftelike volstaning met sy aanvanklike
verslag soos voorsien in paragraaf 8 hierbo, en dan wel ook
ooreenkomstig
die toepaslike Hofreëls en/of Praktyksreëls.
11. Applikant
word gelas en beveel om die koste van die verskynings in die
onderhawige aansoek op Vrydag, 9 Junie 2006, te betaal,
wat insluit
die eerste en tweede respondente se koste op ân bestrede basis.
12. Die
koste van die opstel van die funderende aansoekstukke, is koste in
die aansoek.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Namens
die Applikant: Adv. J.G. Gilliland
In
opdrag van:
Botha
De Jager Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens
die Respondente: Adv. P.P. Greyling
In
opdrag van:
Henry
Johnson Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/EM