About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 75
|
|
Pegma Thirteen Investments (Pty) Ltd v Free State Development Corporation (2399/06) [2006] ZAFSHC 75 (12 June 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoeknommer : 2399/06
In
die aansoek tussen:
PEGMA
THIRTEEN INVESTMENTS (PTY) LTD
Applikant
en
THE
FREE STATE DEVELOPMENT CORPORATION
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
8
JUNIE 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
JUNIE 2006
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ân
dringende aansoek vir kondonasie in terme van artikel 3(4) van die
Wet op die Instel van Regsgedinge teen Sekere
Staatsorgane, Nr. 40
van 2002 (hierinlater na verwys as âdie Wetâ). Die respondent
het nie ân opponerende beëdigde verklaring
liasseer nie, maar
verkies om sekere punte te argumenteer op die basis van die
funderende aansoekstukke soos dit tans staan.
[2] Applikant se
voorgenome aksie teen respondent spruit voort uit respondent se
beweerde onregmatige beheer en daaropvolgende beslaglegging
van
sekere bates van applikant wat gedurende 2003 op die
besigheidsperseel van ân entiteit bekend as Pegma 21 (Edms) Bpk,
h/a Worldwide
Wood, te Harrismith, was. Hierdie bates was bates wat
onderhewig was aan sekere afbetalingsverkoopsooreenkomste gesluit
tussen applikant
en BOE Bank (welke bank daaropvolgend oorgeneem is
deur Nedkor Bank) en welke bates met die toestemming van BOE
Bank/Nedkor aan gemelde
Worldwide Wood verhuur was. Respondent se
beweerde onregmatige beheer en beslaglegging van die bates het
voortgespruit uit Worldwide
Wood se likwidasie op 12 Mei 2003, waarna
respondent applikant verhoed het om die bates vanaf die perseel te
verwyder. Op 30 Mei
2003 het respondent op
ex
parte
basis ân dringende beslagleggingsbevel ten opsigte van die bates
verkry, welke hofbevel op 20 Junie 2003 op applikant beteken was.
Nadat die aansoek geopponeer is en BOE Bank/Nedkor toegetree het, is
die beslagleggingsbevel opgehef op 2 Julie 2003. Respondent
het
egter versuim om die bates los te laat en is dit eers op 10 Julie
2003 weer tot applikant se beskikking gestel.
[3] Sedert die voorlopige
likwidasiebevel op 12 Mei 2003 tot en met 10 Julie 2003, was
applikant derhalwe nie in staat om met die
goedere te handel nie,
hoewel applikant moes voortgaan om die paaiemente ten opsigte daarvan
aan BOE Bank/Nedkor te betaal. Dit
het gevolglik vir applikant
genoodsaak om die bates te verkoop. Op 3 Junie 2003, en terwyl die
bates nog onder beslaglegging was,
het applikant ân waarborgskrywe
vanaf afslaers ontvang waarin gewaarborg is dat die verkoping van die
bates, uitgesluit sekere
items, ân minimum van R1 802 850,00 op ân
veiling sou behaal, mits die veiling plaasvind voor einde Junie 2003.
Dit is applikant
se saak dat vanweë die beslaglegging hy nie die
bates tydig beskikbaar kon maak vir die veiling nie. Gevolglik was
applikant, volgens
sy weergawe, verplig om die bates broksgewys en
stuksgewys te verkoop. Sonder om enige besonderhede of datums van
hierdie verkopings
te gee, maak applikant dan bloot die bewering in
paragraaf 26 van die aansoekstukke dat vanweë die feit dat hy nie
die voormelde
gewaarborgde aanbod kon aanvaar nie, het hy skade gely
in die bedrag van R1 497 304,78. Verdermeer en weereens sonder om na
enige
datums te verwys, beweer applikant in paragrawe 27 en 28 van
die aansoekstukke dat hy ân aanbod gehad het van ene Tekwani Saw
Mills
(Edms) Bpk om ân sekere houtwerkmasjien in vennootskap met
hulle te bedryf, maar aangesien die masjien ook onder beslaglegging
was, kon applikant nie die aanbod aanvaar nie en het hy verdere skade
gely ten opsigte van die verlies aan wins daaruit in die bedrag
van
R448 995,00.
[4] Dit is dan applikant
se saak dat op voormelde feite sy vordering teen respondent sal
verjaar teen einde Junie 2006. Volgens applikant
kon hy nie die
voorgenome aksie vroeër instel nie, aangesien hy eers op 19 Mei 2006
die finale bedrag aan BOE Bank/Nedkor voortspruitend
uit die
afbetalingsverkoopsooreenkomste betaal het en dus nie vroeër sy eis
teen respondent kon kwantifiseer nie. Dit is dan volgens
applikant
ook die rede waarom hy nie vroeër ân kennisgewing in terme van die
Wet aan respondent gelewer het nie. Applikant maak
egter voorts in
paragraaf 33 van sy aansoekstukke die bewering dat hy in ieder geval
eers na 19 Mei 2006 die instel van ân aksie
teen respondent oorweeg
het, aangesien hy voor dit te besig was om die verskuldigheid ten
opsigte van BOE Bank/Nedkor af te los om
enige aandag van die
moontlikheid van ân aksie teen respondent te oorweeg. Gevolglik
beweer applikant dat hy genoodsaak is om
die onderhawige aansoek op
ân dringende basis te loods gegewe die bewering dat sy vordering
teen respondent teen einde Junie 2006
sal verjaar.
[5] Hy het daaropvolgend
op 22 Mei 2006 regsadvies by ân prokureur en advokaat ingewin,
waarop ân kennisgewing vir doeleindes
van die Wet voorberei is en
op 24 Mei 2006 per faksimilee aan respondent se kantore te Qwa Qwa
versend is. ân Afskrif van die
kennisgewing is aangeheg as
aanhangsel âGâ tot die aansoekstukke. By nalees van die skrywe
blyk dit dat applikant van respondent
versoek het om voor sluiting
van besigheid op 25 Mei 2006 te bevestig dat respondent nie applikant
se versuim om behoorlik ooreenkomstig
die Wet kennis van die
voorgenome aksie te gee, sal opper nie. Daar word dan verder vermeld
dat applikant andersins geen ander opsie
sal hê as om ân dringende
aansoek vir kondonasie ten opsigte van applikant se versuim om
behoorlik aldus kennis te gee, te loods
nie.
[6] Die laaste paragraaf
van die funderende verklaring, paragraaf 36, lees dan as volg:
To date there has been no response
from the Respondent and the Respondent has not consented to the
institution of the action and I
can only assume that the Respondent
will raise the issue of the Applicantâs failure to give notice in
terms of Act 40 of 2002.
In the circumstances, I submit that this
matter is sufficiently urgent that the Applicant be granted leave to
institute the action
for the losses it has suffered.â
[7] Mnr. Gilliland,
namens applikant, het betoog dat applikant ân behoorlike saak
uitgemaak het en dat die aangevraagde regshulp
verleen behoort te
word. Met betrekking tot die dringendheid van die aansoek, het hy
aan die hand gedoen dat die beginsel van âsubstance
over formâ
toepassing behoort te vind en dat aangesien die onderhawige aansoek
in substansie dringend is, dit as sodanig aangehoor
en bereg behoort
te word.
[8] Mnr. Claasen, namens
respondent, daarenteen, het sekere argumente teen die verlening van
die aangevraagde regshulp geopper. Die
eerste hiervan is ân punt
in
limine
tot dien effekte dat applikant se beweerde gronde van dringendheid
sonder meriete en weersprekend is en in ieder geval aanduidend
is
daarvan dat applikant self die dringendheid van die aansoek
veroorsaak het en dat die aansoek gevolglik bloot vanweë hierdie
redes reeds, nie suksesvol kan of behoort te wees nie.
[9] Wanneer applikant se
aansoekstukke van naderby bestudeer word, blyk dit aan die een kant
dat dit applikant se saak is dat hy nie
vroeër aksie teen respondent
kon instel nie, aangesien hy eers op 19 Mei 2006 sy skade finaal kon
kwantifiseer. (Verklaring, p.
9 â 10, paragrawe 31, 32 en 33) Aan
die ander kant is dit juis applikant se saak dat die aansoek dringend
is deurdat sy voorgenome
vordering teen respondent teen einde Junie
2006 gaan verjaar. (Verklaring, p. 9, paragraaf 30) Op sigwaarde
blyk hierdie bewerings
teenstrydig met mekaar te wees. Hoe dit ook
al sy, gegewe die feit dat dit applikant se saak is dat sy voorgenome
vordering einde
Junie 2006 verjaar, is dit duidelik dat hy toegee dat
sy voorgenome vordering reeds ongeveer drie jaar gelede opeisbaar en
betaalbaar
geword het. Met verwysing na die bepalings van artikel
3(2)(a) in terme waarvan ân kennisgewing binne ses maande vanaf die
datum
waarop die skuld opeisbaar geword het, aan respondent beteken
moes word, het dit by implikasie tot gevolg dat applikant toegee dat
sodanige kennisgewing reeds teen einde 2003 aldus beteken moes gewees
het.
[10] Gevolglik blyk dit
dat applikant poog om sy beweerde onvermoë om vroeër die voorgenome
vordering te kwantifiseer voor te hou
as die rede waarom daar nie
vroeër kennis gegee is ooreenkomstig die Wet nie en nie vroeër
aksie ingestel is nie. Dit is na my
mening gevolglik nodig om te let
op die aard, inhoud en geldigheid van die bewerings wat applikant
maak ter ondersteuning van sy
bewering dat hy nie vroeër sy
vordering kon kwantifiseer nie:
Applikant het reeds so
vroeg as 3 Junie 2003 geweet wat die gewaarborgde waarde van die
bates (met uitsluiting van sekeres daarvan)
sou wees indien dit
vervreem sou word voor einde Junie 2003. Geen verduideliking word
egter deur applikant gegee waarom die
waardes na Junie 2003 anders
sou wees en/of waarom die bates nie gedurende Julie 2003 op
soortgelyke wyse op ân soortgelyke
veiling teen ân soortgelyke
prys verkoop sou kon word nie. By gebrek aan sodanige
verduideliking, maak dit nie regtig sin
waarom applikant nie reeds
op daardie stadium in staat was om sy eis te kwantifiseer nie.
Hoewel applikant beweer
dat hy genoodsaak was om die bates dus broksgewys en stuksgewys te
verkoop, verskaf hy geen datums en/of
verdere besonderhede met
betrekking tot hierdie verkopings en wanneer dit na bewering
gefinaliseer sou wees nie.
Applikant verwys na die
beweerde skade wat hy ten opsigte van die aanbod deur Tekwani sou
gely het, maar weereens sonder om enige
datums ten opsigte daarvan
te vermeld as aanduidend wanneer hierdie vordering dus
kwantifiseerbaar geword het nie.
Hoewel applikant beweer
dat hy eers na die finale betaling aan BOE Bank/Nedkor op 19 Mei
2006 in staat was om sy voorgenome vordering
te kwantifiseer, word
geen verduideliking of basis vir hierdie bewering gegee nie.
[11] Indien bogemelde
inaggeneem word, is ek van mening dat applikant geensins eers ân
prima
facie
saak uitgemaak het dat sy vordering nie voor 19 Mei 2006
kwantifiseerbaar was en dat dit dus ân geldige rede of verskoning
daarstel
waarom hy nie vroeër die kennisgewing aan respondent kon
beteken het en vroeër aksie kon ingestel het nie. Dit kan gevolglik
nie
as rede of verskoning gebruik word waarom die aansoek nou eers,
met ander woorde so kort tydperk voor die intrede van verjaring,
geloods is nie.
[12] Selfs indien ek
verkeerd sou wees in my gevolgtrekking dat applikant sy voorgenome
vordering vroeër kon kwantifiseer, het en
moes dit nog nie in
applikant se weg gestaan het om die vereiste kennisgewing tydig, of
dan op ân vroeër stadium dan 24 Mei 2006,
aan respondent te
verskaf het nie. Artikel 3(2)(b) bepaal welke inligting in sodanige
kennisgewing vervat moet wees, synde:
â(b)
bondig uiteensit â
die feite wat tot die skuld
aanleiding gegee het; en
die besonderhede van sodanige skuld
waarvan die skuldeiser kennis dra.â
Hoewel daar na die beste
van my wete en volgens die naleeswerk deur my gedoen nog nie
gerapporteerde regspraak ten opsigte van hierdie
artikel bestaan nie,
is die bewoording egter soortgelyk aan die bewoording van wetgewing
en/of ordonnansies wat die huidige Wet voorafgegaan
het. Uit
regspraak ten opsigte van sodanige voorganger bepalings is dit
duidelik dat dit die doel van sodanige kennisgewing is om
die
betrokke skuldenaar vroegtydig kennis te gee van die voorgenome
regsgeding met voldoende besonderhede om hom in staat te stel
om die
bewerings te ondersoek. Dit blyk egter nie ân vereiste te wees dat
die voorgenome vordering se kwantum met presisie vermeld
hoef te word
nie. (Sien
COETZEE
v STADSRAAD VAN PARYS
1986 (2) SA 33
(O) op 36 C â E;
AVEX
AIR (PTY) LTD v BOROUGH OF VRYHEID
1973 (1) SA 617
(AD).)
[13] Voormelde siening
word gestaaf deur die feit dat artikel 3(2)(a) bepaal dat sodanige
kennisgewing binne ses maande vanaf die
datum waarop die skuld
âopeisbaarâ (âdueâ) geword het, gegee moet word, terwyl skuld
inderdaad opeisbaar kan word sonder
dat die skade noodwendig al
gekwantifiseer is. (Sien
MUNNIKHUIS
v MELAMED NO
1998 (3) SA 873
(WLD) op 888 I.)
Addisioneel
tot voormelde bepaal artikel 3(2)(b)(ii) dat die skuldeiser slegs die
besonderhede van die skuld hoef uiteen te sit âwaarvan
die
skuldeiser kennis draâ. As die presiese kwantum van die skuld
derhalwe nog nie binne applikant se kennis geval het voor 19
Mei 2006
nie, het dit steeds nie in sy pad gestaan om ân kennisgewing te
beteken wat voldoen aan die vereistes van die Wet nie.
[14] Gevolglik is ek van
mening dat hetsy applikant in staat was om voor 19 Mei om die kwantum
van sy vordering te kwantifiseer, aldan
nie, die kwantifisering van
sy vordering nie as ân geldige rede of verskoning gebruik kan word
waarom die vereiste kennisgewing
nie op ân vroeër stadium gegee is
nie.
[15] By
nog verdere ontleding van die bewerings gemaak in die aansoekstukke,
blyk dit vir my dat die ware en werklike rede waarom
die kennisgewing
nie vroeër gegee is nie en dus veroorsaak het dat die onderhawige
aansoek nou op dringende basis enkele dae voor
die vordering gaan
verjaar, geloods moes word, geleë is in die volgende bewerings in
paragraaf 33 van die verklaring:
â
.....
(met verwysing na 19 Mei 2006)
it
was only after that date that I considered any form of action against
the Respondent. I was too busy seeking to discharge the
indebtedness
to BOE Bank Limited/Nedcor Bank Limited to have much regard to
instituting action against the respondent.â
My interpretasie van
hierdie bewering en woorde is dat applikant bloot deur sy eie
versuim, agtelosigheid en nalatigheid die dringendheid
van die
onderhawige aansoek teweeggebring het. Hy het bloot nie vroeër
enige aandag aan die instel van die potensiële vordering
geskenk nie
en is dit ân klassieke geval van sogenaamde âself-created
urgencyâ. In dié verband is as volg beslis in die
locus
classicus
ten opsigte van self-geskepte dringendheid in
SCHWEIZER
RENEKE VLEISMAATSKAPPY (EDMS) BPK v DIE MINISTER VAN LANDBOU EN
ANDERE
1971 (1) PH F11 (T) op F 11 â 12:
â
Volgens
die gegewens voor die hof wil dit vir my voorkom dat die applikant
alreeds vir meer as ân maand weet van die toedrag van
sake waarteen
daar nou beswaar gemaak word. Die aangeleentheid het slegs dringend
geword omdat die applikant getalm het en omdat
die tweede respondent,
soos die applikant lankal geweet het, of moes geweet het, van die
besigheid in Schweizer-Reneke geopen het.
Die applikant mag gewag
het vir inligting van die eerste respondent soos in die skrywe
aangevra maar dit was geensins nodig vir
die doeleindes van hierdie
aansoek, wat op die nie-nakoming van die audi alteram partem-reël
gebaseer is, om so lank te wag om die
hof te nader nie. Al hierdie
omstandighede inaggenome is ek nie tevrede dat die applikant
voldoende gronde aangevoer het waarom
die hof op hierdie stadium as
ân saak van dringendheid moet ingryp nie. Ek is dus, in die
omstandigheid, nie bereid nie om af
te sien van die gewone
voorskrifte van Reël 6.â
[16] In die onderhawige
geval is die applikant die outeur van sy eie ondergang. As hy vroeër
aandag aan die saak gegee het en vroeër
die kennisgewing laat
beteken het, selfs al was dit nie binne die voorgeskrewe tydperk van
ses maande nie, kon die onderhawige aansoek
in die gewone loop van
hofprosedure geloods en bereg word. Dit is uitsluitlik aan die
applikant se eie versuim en skuld te wyte
dat daar nou slegs enkele
dae oor is voor die aksie, op applikant se weergawe, verjaar, welke
verjaring die enigste en uitsluitlike
rede vir die dringendheid van
die aansoek is. (Duidelikheidshalwe word vermeld dat gegewe my
gevolgtrekkings in hierdie aansoek,
is dit nie vir my nodig om die
aspek van verjaring te besleg nie en word die verwysings na verjaring
bloot gedoen op die basis van
applikant se eie saak.) In sodanige
geval kom applikant se optrede op misbruik van die hofproses neer en
kan ek nie my diskresie
ten gunste van die applikant uitoefen om dit
te kondoneer nie.
[17] Gegewe my bevinding
met betrekking tot die dringendheid van die aansoek, is dit nie vir
my nodig om enige van die ander aspekte
wat deur Mnr. Claasen ter
opponering van die aansoek geopper is, aan te spreek of te bereg nie.
Sonder om derhalwe ân bevinding
daaromtrent te maak, wens ek egter
te vermeld dat ek meen die onderhawige aansoek in ieder geval
waarskynlik prematuur geloods is.
Gegewe die 30 dae tydperk waarvoor
voorsiening gemaak word in artikel 5(2) van die Wet, het respondent
tans nog tyd om op die kennisgewing
te reageer. Na my mening kan
hierdie tydperk nie regsgeldiglik van die respondent ontneem word net
omdat applikant in die skrywe
ân korter tydperk gestipuleer het
nie. Artikel 3(4) van die Wet bepaal spesifiek dat ân kondonasie
aansoek gedoen kan word âindien
ân Staatsorgaan steun op ân
skuldeiser se versuimâ om die kennisgewing ooreenkomstig die
wetsbepalings te beteken. Op hierdie
stadium steun respondent nog nie
op applikant se nie-nakoming van die vereiste kennisgewing nie en was
respondent tot op hede ook
nog onder geen verpligting om aan te dui
of hy daarop gaan steun of nie. Die feit dat die 30 dae tydperk in
die onderhawige geval
eers gaan uitloop ân week voor die tydstip
wat applikant beweer sy vordering gaan verjaar, met die gepaardgaande
tydsbeperkings
wat dit sal oplewer om op daardie stadium ân aansoek
om kondonasie te loods, is egter ongelukkig weereens ân probleem
wat applikant
bloot vir homself en deur sy eie toedoen veroorsaak
het.
[18] Die enigste aspek
wat oorbly, is die vraag wat met die aansoek moet gebeur inaggenome
my bevinding dat ek nie bereid is om kondonasie
te verleen vir die
nie-nakoming van die Hofreëls en die aansoek op ân dringende basis
aan te hoor nie. Hoewel aansoeke in die
verlede onder sodanige
omstandighede dikwels afgewys is met koste, blyk dit uit ân
onlangse ongerapporteerde beslissing van die
Hoogste Hof van Appèl
in
THE
COMMISSIONER FOR THE SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE EN HAWKER AIR
SERVICES (PTY) LTD
,
saaknommer 379/2005, gelewer op 31 Maart 2006, paragraaf 7 daarvan,
dat dit aangewese is om onder sodanige omstandighede die aansoek
van
die rol te verwyder, aangesien dit in die eerste plek dan nie
behoorlik en ooreenkomstig die Hofreëls op die Hofrol is nie.
[19] In
die vooropstelling word die volgende bevele verleen:
Die aansoek word van
die rol verwyder.
Applikant word gelas om
die koste van die aansoek te betaal.
____________
C. VAN ZYL, R
Namens
die applikant: Adv. J.G. Gilliland
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. J.Y. Claasen
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp