About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 171
|
|
Absa Bank Beperk v Bonnet [2006] ZAFSHC 171; [2006] ZAFSHC 73 (8 June 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 1135/2006
In
die saak tussen:
ABSA
BANK BEPERK
Eiser
en
MAURITZ LODEWYK
BONNET
Eerste
Verweerder
ELZABé
BONNET
Tweede
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
25
MEI 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
8
JUNIE 2006
_____________________________________________________
[1] In hierdie aksie
vorder die eiser van die verweerders gesamentlik en afsonderlik
betaling van die bedrag van R1 563 518,15 tesame
met rente daarop
bereken teen die koers van 10,5% per jaar maandeliks gekapitaliseer
vanaf 26 Januarie 2006 tot datum van betaling,
uitwinbaarverklaring
van die eiendom bekend as Erf 16551, Bloemfontein en koste van
geding. Die tweede verweerder het nie verdediging
aangeteken nie en
speel geen verdere rol in die aangeleentheid voor my nie. Teen die
eerste verweerder wat wel verdediging aangeteken
het, doen die eiser
nou aansoek om summiere vonnis ingevolge die besonderhede van
vordering.
[2] Die eerste verweerder
staan die toestaan van summiere vonnis teen op vier gronde. In die
eerste plek word aangevoer dat die wyse
waarop die dagvaarding en
besonderhede van vordering deur of namens die prokureur van die eiser
onderteken is, ân onreëlmatigheid
daarstel en dat summiere vonnis
gevolglik nie verleen kan word nie. Tweedens word aangevoer dat die
verklaring van die deponent
namens die eiser ter ondersteuning van
die aansoek om summiere vonnis, nie voldoen aan die bepalings van
Hofreël 32(2) nie. Derdens
steun die eerste verweerder daarop dat
hy in sy beëdigde verklaring ân
bona
fide
verweer teen die eiser se vordering aangetoon het en in die laaste
plek dat hy in ieder geval ook beskik oor vorderings teen die
eiser
in die bedrag van R1 miljoen in totaal en wat hy aanvoer in
berekening geneem moet word. Ek handel vervolgens met hierdie
gronde
in die volgorde waarin dit hierbo genoem is.
[3] Aan
die einde van die dagvaarding sowel as die besonderhede van vordering
is in tikskrif ân spasie gelaat vir die handtekening
van die
prokureur vir die eiser, te wete C D Pienaar, Naudes, Bloemfontein.
Aan die einde van die besonderhede van vordering is
verder ook in
tikskrif ân spasie vir die handtekening gelaat van C D Pienaar,
synde ân prokureur met verskyningsbevoegdheid in
die Hoë Hof soos
bedoel in artikel 4(2) van Wet Nr 62 van 1995. By elk van hierdie
drie spasies vir handtekeninge verskyn ân
handtekening wat deur die
letters âppâ aandui dat die handtekening aangebring is namens C D
Pienaar. Dit is gemene saak dat
hierdie handtekeninge nie die
handtekeninge van C D Pienaar is nie. In die verweerder se beëdigde
verklaring word nie aangevoer
dat die handtekeninge aangebring is
deur iemand wat nie ân prokureur is wat behoorlik toegelaat is om
in hierdie Hof te praktiseer
nie en ook nie dat die persoon nie
verskyningsbevoegdheid ingevolge artikel 4(2) van Wet 62 van 1995 het
nie. In argument het die
advokaat vir die eerste verweerder
uitdruklik aanvaar dat die persoon wat hierdie handtekeninge
aangebring het ân prokureur is
wat behoorlik toegelaat is om in
hierdie Hof te praktiseer en beklee is met verskyningsbevoegdheid in
hierdie Hof. Nogtans is aangevoer
dat in die afwesigheid van die
voorlegging van ân volmag deur mnr Pienaar aan sy kollega wat die
stukke namens hom onderteken het,
die dagvaarding en besonderhede van
vordering onreëlmatig is met die gevolg dat summiere vonnis nie op
grond daarvan toegestaan
behoort te word nie.
[4] In Herbstein and Van
Winsen,
The
Civil Practice of the Supreme Court of South Africa
,
4de Uitgawe, p 407, word op gesag van
BOWNESS
v DU PREEZ
(1889) 3 SAR 74 gesê dat een prokureur nie ân dagvaarding vir ân
ander mag onderteken tensy ân behoorlike magtiging of prokurasie
om
so te doen, voorgelê word nie. Uit die uiters kriptiese verslag van
gemelde beslissing kan nie bepaal word wat die
ratio
daarvan was nie. Met respek meen ek dat die beslissing in
ESTATE
AMOD JEEWA v KHARWA
(1911) 32 NLR 371
op 382 - 383 en 386, soos aanvaar in Harms,
Civil
Procedure in the Supreme Court
,
p B-139, verkieslik is. Hiervolgens is dit toelaatbaar dat ân
gekombineerde dagvaarding en ander pleitstukke deur ân
regspraktisyn
namens ân ander onderteken mag word. ân
Gekombineerde dagvaarding bestaan uit ân dagvaarding en
besonderhede van vordering.
In die geval van ân prokureur beteken
dit natuurlik dat die prokureur wat namens die ander onderteken, waar
van toepassing, volgens
die bepalings van artikel 20 van die Wet op
Prokureurs, Nr 53 van 1979 op die rol van prokureurs van die betrokke
Hoë Hof ingeskryf
moet wees. Hierdie benadering is, myns insiens,
in ooreenstemming met die aard en eise van die moderne regspraktyk,
in my oordeel
ân alledaagse verskynsel en doen weg met onnodige
tegnikaliteite. Ek is gevolglik van oordeel dat die dagvaarding en
besonderhede
van vordering nie onreëlmatig is in die aangevoerde
opsig nie.
[5] Die
relevante gedeelte van die beëdigde verklaring van mnr Theunes
Johannes Niemand wat ter ondersteuning van die aansoek om
summiere
vonnis namens die eiser afgelê is, lees soos volg:
â
1. The facts herein set out fall
within my personal knowledge and are true and correct.
I am a Manager of the Plaintiffâs
Wholesale Legal Recovery Services Department in this action and I am
duly authorized to depose
to this affidavit.
I have personal knowledge of the
Plaintiffâs claim against the First Defendant by virtue thereof
that I am in possession of all
files and documents relating to the
account of the First and Second Defendants and the account of the
First and Second Defendants
are (sic) under my control.
I can swear positively to the facts
herein contained and state that the First Defendant is indebted to
the Plaintiff in the amount
of R1 563 518.15 on the grounds stated
in the Summons, and I hereby verify the cause of action and the
amount claimed.â
In sy beëdigde
verklaring het die eerste verweerder aangevoer dat hy die deponent
van geen kant af ken nie en dat daarom daar geen
basis is waarop hy
persoonlike kennis van die feite van die aangeleentheid kan hê nie.
[6] Hofreël 32(2) bepaal
dat die betrokke beëdigde verklaring, indien dit nie deur die eiser
persoonlik afgelê word nie, een moet
wees van iemand wat onder eed
die feite kan bevestig. Dit moet gevolglik
prima
facie
blyk dat die onderhawige deponent so ân persoon is. Gewoonlik word
vereis dat die deponent verklaar dat die feite binne sy persoonlike
kennis val, tensy sulke kennis blyk uit ander feite wat aangedui
word, insluitende feite wat blyk uit al die dokumente wat voor die
hof dien. Daar moet ook in hierdie verband rekening gehou word met
die wyse waarop die verweerder die vereiste van kennis in geskil
plaas, asook watter feite deur die verweerder in geskil geplaas word.
Ook moet in ag geneem word dat waar die eiser ân korporatiewe
entiteit is, dit bykans onmoontlik is vir een persoon om eerstehandse
kennis te hê van elke feit wat die eiser se skuldoorsaak uitmaak
en
dat dit daarom toelaatbaar is dat gesteun word op kennis van sekere
feite wat uit rekords van die eiser waartoe die betrokke deponent
toegang het, verkry is. Op hierdie basis kan
prima
facie
aanvaar
word dat die bankbestuurder van ân tak van ân bank wat oortrokke
fasiliteite aan die verweerder toegestaan het, die feite
onder eed
kan bevestig ten opsigte van ân aksie ingevolge waarvan die
uitstaande balans van die oortrokke bankrekening gevorder
word.
Vergelyk
MAHARAJ
v BARCLAYS NATIONAL BANK LTD
1976 (1) SA 418
(A) op 423 â 424.
[7] In die onderhawige
geval vorder die eiser die volle uitstaande balans van ân lening
wat aan die verweerders gemaak is. Die
terme van die
leningsooreenkoms blyk uit ân fasiliteitsbrief wat deur die
verweerders onderteken is. Die fasiliteitsbrief sowel
as die
verbandakte ten opsigte van die eerste verband wat ter versekurering
van die lening deur die verweerders aan die eiser verleen
is oor die
gemelde Erf 16551, vorm deel van die besonderhede van vordering en
die oorspronklikes daarvan is voor my geplaas. Uit
die verbandakte
blyk dat die verweerders gesamentlike en afsonderlike
aanspreeklikheid vir die onderhawige skuld aanvaar het. Geeneen
van
hierdie bewerings word deur die eerste verweerder in sy opponerende
verklaring betwis nie. Die eiser voer aan dat die volle
uitstaande
balans van die lening opeisbaar en betaalbaar is ten minste omdat die
maandelikse paaiemente ter terugbetaling van die
lening, agterstallig
is. Die eerste verweerder erken dat hierdie paaiemente nie betaal is
nie en betwis nie die korrektheid van
die uitstaande bedrag nie, maar
voer aan, soos later sal blyk, dat betaling van die paaiemente
onmoontlik was. Dit is ân bekende
verskynsel dat ân
agterstallige rekening by ân bank of soortgelyke instelling binne
die bank of instelling oorgeplaas word na
ân invorderingsafdeling.
Die eiser se deponent verklaar dan juis dat hy ân bestuurder is van
so ân invorderingsafdeling, dat
alle lêers en dokumente met
betrekking tot die betrokke rekening sowel as die rekening self onder
sy beheer is en dat hy daarom
in staat is om die feite onder eed te
kan bevestig. So gesien, is die deponent, mnr Niemand, met
betrekking tot kennis van die aangeleentheid,
tans in die posisie
waarin die bestuurder van eiser se betrokke tak was voordat die
rekening na die invorderingsafdeling oorgeplaas
is. Op die
totaliteit van die voormelde is ek tevrede dat die betrokke beëdigde
verklaring aan Hofreël 32(2) voldoen en dat die
eerste verweerder se
betoog hieromtrent nie gehandhaaf kan word nie. Sien ook
NEDPERM
BANK LTD v VERBRI PROJECTS CC
1993 (3) SA 214
(W) op 216 â 217.
[8] Wat
betref sy verweer op die meriete, het die eerste verweerder soos volg
verklaar:
â
13. Soos reeds voormeld, is ek en
die tweede verweerder in ân egskeidingsaksie betrokke. Die eiser
het gedurende Augustus 2005,
uit hoofde van ân ongeldige lasbrief
oa een van my rekeninge gevries. Die geld in hierdie rekening is
elke maand gebruik om die
verbandpaaiement te betaal.
14. Dit
is eers toe ek gepoog het om die maandelikse verbandpaaiement in die
rekening in te betaal, dat ek agter gekom het dat die
rekening
gevries is. Ek het dadelik met die plaaslike tak van die eiser
geskakel en met oa. Mevv. Belinda Swart en Yolande van Lill
gepraat.
Ek het aan die voormelde persone verduidelik dat ek eenvoudig nie
betalings op die rekening kan maak nie, aangesien dit
lyk asof die
rekening gevries is. Aanvanklik is enige kennis van probleme met die
rekening ontken. Eers na vier dae van navraag,
het mev Van Lill dit
aan my gestel dat die rekening inderdaad gevries is en dat ek nie
verdere betalings sal kan maak nie.
15. Nodeloos
om te sê het hierdie aspek en die aanloop daartoe, die verhouding
tussen myself en die eiser erg versuur. Dit is, onder
andere, uit
hoofde hiervan dat ek die eiser gedagvaar het.
16. In
die lig van voormelde is dit duidelik dat die eiser dit vir my
onmoontlik gemaak het om enige betalings op die rekening te
doen.
Hierdie rekening is steeds gevries en is dit steeds onmoontlik om
enige betalings op hierdie rekening te maak.â
[9] Wat betref die eerste
verweerder se aangevoerde verweer op die meriete is dit nodig om ân
uiteensetting te gee van die wesenlike
terme en werking van die
fasiliteit wat by wyse van die gemelde fasiliteitsbrief verleen is.
Die bedrag van die fasiliteit van R1,5
miljoen is beskikbaar gestel
op ân leningsrekening wat by die betrokke tak van die eiser geopen
is, synde ân verbandlening ten
opsigte van Erf 16551, met die
gemelde erf as sekuriteit. Die leningsrekening moet terugbetaal word
in maandelikse paaiemente van
nie minder nie dan R18 700,00 per
maand. Onderworpe natuurlik daaraan dat die uitstaande balans op die
leningsrekening tot minder
dan R1,5 miljoen verminder word deur die
betaling van paaiemente of andersins, kan die verweerders voortdurend
weer tot die maksimum
bedrag van R1,5 miljoen op die leningsrekening
leen deur die gebruikmaking van ân afsonderlike aktiewe
tjekrekening van die verweerders
by die eiser, welke tjekrekening ân
voorwaarde van die fasiliteit is. Hiervolgens word die tjekrekening
aan die einde van elke
dag uit die leningsrekening aangesuiwer tot ân
kredietsaldo op die tjekrekening van die verweerder se keuse. Die
lening dra rente
soos uiteengesit in die fasiliteitsbrief, afhangende
van die omstandighede, maandeliks saamgestel, maar vir doeleindes van
berekening
van daardie rente word enige kredietsaldo op die
tjekrekening teen die leningsrekening verreken.
[10] Namens die eerste
verweerder is aangevoer dat die verweer op die meriete is dat in
terme van die fasiliteitsbrief dit ân term
van die ooreenkoms
tussen die partye was dat die verweerders geregtig of verplig was om
betalings van die maandelikse paaiemente
verskuldig op die
leningsrekening, te bewerkstellig deur deposito daarvan op slegs een
bankrekening en wel dat daardie bankrekening
die gemelde tjekrekening
is, asook dat dit die tjekrekening is wat âgevriesâ is, met die
gevolg dat dit onmoontlik was vir die
eerste verweerder om die
maandelikse paaiemente op die leningsrekening te betaal. Ek aanvaar
dat indien hierdie betoog gehandhaaf
sou kon word, dit ân verweer
sou kon daarstel, ten minste op die basis dat die eiser in repudiasie
van die ooreenkoms tussen die
partye sou wees en die verweerders
geregtig sou wees om hul prestasie te weerhou solank as wat die eiser
se repudiasie sou voortduur.
Sien byvoorbeeld
MOODLEY
AND ANOTHER v MOODLEY AND ANOTHER
1990 (1) SA 427
(D) op 431.
[11] Hierdie
betoog het na my oordeel egter geen feitebasis en derhalwe geen
meriete nie. Soos, myns insiens, duidelik blyk uit die
voormelde
uiteensetting, bevat die fasiliteitsbrief hoegenaamd geen
kontraksterm tot die effek dat die maandelikse paaiemente betaalbaar
op die leningsrekening nie in die leningsrekening inbetaal of
gedeponeer kan of mag word nie, maar slegs in ân enkele ander
rekening.
In ieder geval sou as gevolg van die struktuur van die
fasiliteit daardie enkele ander rekening nie die gemelde tjekrekening
kon
wees nie. Dit wat in die voorafgaande paragraaf voorgehou is, is
nie wat die eerste verweerder in sy eedsverklaring sê nie. Hy
verklaar bloot dat ân rekening waarvan die geld daarin gebruik is
om die verbandpaaiement te betaal, gevries is. Dit val ook op
in
welke vae terme die eerste verweerder verwys na die rekening wat
gevries sou wees. Hy sê dat âo.a. een van my rekeningeâ
gevries
is. Waarom dit gevolglik regtens of objektief onmoontlik sou wees om
die maandelikse paaiemente op die leningsrekening te
betaal, kan nie
uit die eedsverklaring bepaal word nie. Hierdie kritieke leemte
boesem nie vertroue in die goeie trou van die eerste
verweerder in
nie. Na my oordeel het die eerste verweerder minstens egter nie in
sy eedsverklaring feitelike bewerings gemaak wat,
indien dit later
bewys sou word, regtens ân verweer sou daarstel nie.
[12] Wat oorbly is die
kwessie van skuldvergelyking. In hierdie verband het die eerste
verweerder by sy beëdigde verklaring aangeheg
ân dagvaarding wat
hy gedurende Oktober 2005 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van
die Hoë Hof van Suid-Afrika teen die
eiser (as verweerder) laat
uitreik het. Alhoewel in gevalle van ongelikwideerde teenvorderings
wat die eiser se vordering in geheel
of gedeeltelik sou uitwis, ân
verweerder gewoonlik aandui dat hy voornemens is om van die bepalings
van Hofreël 22(4) gebruik
te maak, aanvaar ek vir doeleindes hiervan
dat die bedoeling van die eerste verweerder is om op een of ander
wyse te bewerkstellig
dat uitspraak op die eiser se onderhawige
vordering oorgehou word tot na uitspraak op sy vorderings soos vervat
in die gemelde dagvaarding
ten einde skuldvergelyking tot die bedrag
daarvan toe te pas.
[13] In die dagvaarding
na verwys, is vier eise in ân totale bedrag van R1 miljoen vervat.
Die derde eis is vir ân bedrag van
R40 000,00 wat na bewering
onregmatig en ongemagtig uit ân bankrekening van die eerste
verweerder by die eiser aan ân derde uitbetaal
is. Ingevolge die
vierde eis word ân bedrag van R460 000,00 gevorder op grond van
beweerde lasterlike bewerings wat deur personeel
van die eiser ten
opsigte van die eerste verweerder gepubliseer sou wees. Alhoewel
myns insiens ân grensgeval is dit onnodig om
na die verdere
besonderhede van hierdie vorderings te verwys, aangesien ek in die
uitoefening van my diskresie van oordeel is dat
summiere vonnis tot
die bedrag van hierdie eise, te wete R500 000,00, geweier moet word.
[14] Dieselfde
geld myns insiens nie vir die eerste en tweede eise vervat in die
besonderhede van vordering nie. Die eise word soos
volg daarin
gestel:
â
5.
AD
EIS 1:
Op of ongeveer en gedurende Augustus
2005 het die Verweerder sonder die behoorlik voorafverkreë
toestemming van die Eiser inligting
rakende die Eiser se rekening aan
derdes uitgegee welke inligting tot wesentlike nadeel van die Eiser
gely het.
6.
Voormelde uitgifte van inligting was
onregmatig en in stryd met die uitdruklik ooreengekome
alternatiewelik stilswyende terme van
die ooreenkoms tussen die Eiser
en Verweerder.
7.
As gevolg van voormelde het die Eiser
skade gely in die bedrag van R100 000.00 waarvoor die verweerder
behoorlik aangemaan is en
welke bedrag reeds opeisbaar en betaalbaar
is.
8.
AD
EIS 2:
Op of ongeveer en gedurende Augustus
2005 het die Verweerder die rekeninge van die Eiser onregmatig en
sonder die voorafverkreë
toestemming van die Eiser âgevriesâ
welke tot gevolg gehad het dat die Eiser nie toegang tot sy rekening
en/of fondse gehad het
nie.
9.
As gevolg van voormelde onregmatige
optrede welke ook in stryd was met die ooreenkoms tussen die Eiser en
Verweerder het die Eiser
skade gely in die bedrag van R400 000.00
waarvoor die Verweerder reeds aangespreek is en welke die Verweerder
en ook versuim om aan
die Eiser oor te betaal.â
[15] Na my oordeel is
hierdie twee beweerde eise so opsigtelik vaag en ontdaan van enige
besonderhede dat skaars gesê kan word dat
die bepalings van Hofreël
32(3)(b) nagekom is en dat ek geensins oortuig is daarvan dat die
eerste verweerder
bona
fide
is
met sy beweerde beoogde steun op hierdie vorderings. Dit is, myns
insiens, tereg nie betoog dat die blote feit dat die bewerings
in ân
dagvaarding vervat is, hieraan enige verskil maak nie.
[16] Ek is terdeë bewus
van die buitengewone en drastiese aard van summiere vonnis en die
gevolglike diskresie om summiere vonnis
te weier ondanks die feit dat
die eerste verweerder se beëdigde verklaring nie voldoen aan die
vereistes van Hofreël 32(3)(b) nie,
maar vind in die onderhawige
geval, behalwe ten opsigte van die bedrag van R500 000,00 hierbo
gemeld, geen grondslag waarop ek daardie
diskresie ten gunste van
eerste verweerder behoort uit te oefen nie. Sien
NEDPERM
BANK LTD v VERBRI PROJECTS CC
,
supra
op 224 C â F asook
SOIL
FUMIGATION SERVICES LOWVELD CC v CHEMFIT TECHNICAL PRODUCTS (PTY) LTD
2004 (6) SA 29
(HHA) op 35 par 11. Gevolglik moet na my mening
onderhewig aan die vermindering van die gevorderde bedrag met die
gemelde bedrag
van R500 000,00, summiere vonnis toegestaan word soos
gevorder.
[17] Gevolglik word die
volgende bevele verleen:
17.1 Summiere vonnis word
teen eerste verweerder verleen vir betaling van die bedrag van R1 063
518,15 tesame met rente daarop bereken
teen die koers van 10,5% per
jaar maandeliks gekapitaliseer vanaf 26 Januarie 2006 tot datum van
betaling asook koste van die aansoek
om summiere vonnis en die
eiendom bekend as Erf 16551, Bloemfontein word uitwinbaar verklaar.
17.2 Ten opsigte van die
balans van die eiser se vordering word aan eerste verweerder verlof
verleen om te verdedig en is koste wat
nie ingesluit is by die
voorafgaande paragraaf nie, koste in die geding.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
Namens die eiser: Adv P
Zietsman
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste
verweerder: Adv J G Gilliland
In opdrag van:
Rossouws
BLOEMFONTEIN
/sp