About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 15
|
|
Carshagen NO v Van Zyl (1842/2006) [2006] ZAFSHC 15 (8 June 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 1842/2006
In
die saak tussen:
HEINE HEINRICH
CARSHAGEN N.O
Applikant
en
JOHANNES CORNELIUS
VAN ZYL
Respondent
AANGEHOOR OP:
25
MEI 2006
UITSPRAAK
DEUR:
C.J. MUSI R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
8
JUNIE 2006
[1] Hierdie is ân
aansoek om wysiging van applikant (eiser) se besonderhede van
vordering. Die applikant vra die volgende regshulp:
â
1. Dat verlof aan applikant (eiser)
verleen word om sy besonderhede van vordering onder saaknommer
3422/2004 te wysig ingevolge sy
kennisgewing van voorgenome wysiging
afgelewer op 10 April 2006.
In die alternatief tot paragraaf 1
dat:
2.1 verlof aan die applikant (eiser)
verleen word om sy besonderhede van vordering onder saaknommer
3422/2004 te wysig ingevolge sy
kennisgewing van voorgenome wysiging
afgelewer op 10 April 2006; en
verlof aan die applikant (eiser)
verleen word om bylae âAâ tot sy besonderhede van vordering
voormeld, te vervang met bylae
âAâ hiertoe.
Dat respondent (verweerder) gelas
word om die koste van hierdie aansoek te betaal.â
[2] Die applikant (eiser)
het in sy hoedanigheid as likwidateur in die boedel van Boer 2000
Veevoere BK (Boer 2000) aksie ingestel
teen die verweerder
(respondent) vir onder andere die nietig verklaring van sekere
vervreemdings deur Boer 2000 aan die respondent
gemaak. Die
dagvaarding is op 7 Oktober 2004 uitgereik.
[3] In die besonderhede
van vordering het die applikant / eiser onder andere beweer dat:
â
3.1 Gedurende die tydperk 14 Junie
2001 tot 13 September 2001 het BOER 2000 landbouprodukte van BKB
Groothandel, ân Divisie van
BKB BPK aangekoop vir ân totale
koopsom van R810 418,54.
Aangeheg hierby as BYLAE
A
is
ân staat waarop aangetoon word, onder andere, die datums ongeveer
waarop elke aankope plaasgevind het en die bedrag van elke
sodanige
aankope.
3.2 Op of ongeveer elk van die datums
waarna verwys word op BYLAE
A
het BOER 2000 die
landbouprodukte wat as sodanig aangekoop is aan die verweerder, wat
indertyd sake gedryf het onder die naam TRIO
MEULE, vervreem.
3.3 Die vervreemding het geskied
sonder teenwaardeâ¦
5.1 BOER 2000 en die verweerder het
met mekaar saamgespan om die bedoelde goedere wat aan BOER 2000
behoort het te vervreem aan die
verweerder of ân anderâ¦â
[4] In smeekbede 1 vra
die applikant / eiser vir:
ââ
n Bevel ingevolge waarvan die
vervreemding(s) van die landbouprodukte wat BOER 2000 op of ongeveer
die datums vermeld in AANHANGSEL
A
hiertoe aangekoop het, tot
niet gemaak wordâ
[5] Bylae âAâ waarna
daar in die besonderhede van vordering verwys word is ân staat wat
ex facie aandui dat Boer 2000 ân bedrag
van R810 418,54 verskuldig
is aan BKB Groothandel Divisie van BKB Beperk.
[6] Die verweerder /
respondent het sy verweerskrif op 2 Desember 2004 geliaseer. Daarin
het die verweerder pertinent ontken dat
hy kennis dra van enige
sodanige aankope soos beweer op bylae âAâ tussen BKB Groothandel
en Boer 2000 nie.
[7] Op 5 April 2005
versoek eiser/applikant verhoorbesonderhede van verweerder. Daarin
vra eiser pertinent of verweerder
â
ontken dat die tersaaklike
landbouprodukte aan Boer 2000 deur BKB Groothandel verkoop en gelewer
is of beweer die verweerder bloot
dat hy nie kennis van die relevante
feite dra nie?â
Die verweerder se
antwoord op hierdie vraag was as volg:
â
verweerder ontken dat hy kennis dra
van die tersaaklike landbouprodukte aan Boer 2000 deur BKB
Groothandel verkoop en gelewer (soos
per Bylae A tot eiser se
Besonderhede van Vordering en verwys in die onderhawige paragraaf
onder behandeling in verweerder se verweerskrif
vervat).â
Dit dien vermeld te word
dat die verweerder deurgaans in sy antwoorde verwys het na bylae A en
ontken het dat daar vervreemdings tussen
BKB Groothandel en Boer 2000
geskied het sonder teenwaarde.
[8] Op 16 Februarie 2005
het die verweerder blootgelegde belastingsfakture vanaf eiser
ontvang. Daarvolgens blyk dit dat Billsons
â Coutts (Edms) Bpk
goedere aan Boer 2000 verkoop het. Die datums bedrae en faktuur
nommers van hierdie fakture stem wesenlik
ooreen met die gegewens op
bylae A.
[9] Die verhoor was vir 2
Mei 2006 geplaas. Op 10 April 2006 lewer applikant / eiser ân
kennisgewing van voorneme om sy besonderhede
van vordering te wysig.
Die applikant wou die volgende wysiging bewerkstellig:
â
1. Deur die vervanging van die
woorde âvan BKB Groothandel. ân divisie van BKB Bpkâ waar dit
in paragraaf 3.1 voorkom, met die
woorde âvan Billsons Coutts
(Edms)Bpk.
2. Deur die invoeging van die woorde
â; alternatiewelik die opbrengs daarvanâ tussen die woorde
âaangekoop isâ en âaan die
verweerderâ in reel 3 van
paragraaf 3.2 daarvan.
3. Deur die invoeging van die woorde
â; alternatiewelik die opbrengs daarvanâ tussen die woorde
âbehoort hetâ en âteâ
in reel 2 van paragraaf 5.1 daarvan.
4. Deur die invoeging van die woorde
âalternatiewelik die opbrengs daarvan, aan die verweerder,â
tussen die woorde âaangekoop
hetâ en âtot nietâ in reel 3 van
smeekbede 1.â
[10] Op 25 April 2006
teken die respondent / verweerder beswaar aan teen die voorgenome
wysiging en baseer sy beswaar hoofsaaklik
daarop dat die voorgenome
wysiging die effek sal hê dat die eiser / applikant se besonderhede
van vordering vaag en verswarrend
sal wees aangesien bylae A steeds
sal verwys na BKB Groothandel terwyl die nuwe bewering sal wees dat
Billsons Coutts (Edms) Bpk
goedere aan die verweerder / respondent
verkoop het. Die aksie is uitgestel en daar is beveel dat koste moet
oorstaan vir latere
beregtiging.
[11] Die applikant het
toe hierdie aansoek geloods. Die aansoek is heftig geopponeer.
Tydens betoog het Mnr Burger, namens respondent,
toegegee dat bede 2
van die kennisgewing van mosie ontvanklik is maar dat bede 1 steeds
die effek sal hê dat die eiser / applikant
se besonderhede van
vordering vaag en verswarend sal wees. Hy het versoek dat ek die
applikant moet gelas om die koste van hierdie
aansoek te betaal. Mnr
Van der Walt namens applikant het geargumenteer dat die respondent /
verweerder gelas moet word om die koste
te betaal aangesien die
opposisie onnodig was en dat dit die aansoek genoodsaak het. Sy
argument is dat daar vanweë die respondent
se besondere kennis van
verkope en transaksies tussen Boer 2000 en Billson Coutts geen
verwarring kan wees nie aangesien die respondent
van meet af geweet
het van die verkope.
[12] Dit is geykte reg
dat ek ân wye diskresie het om ân aansoek om wysiging toe te
staan al dan nie. Ek moet egter dusdanige
diskresie op ân
regterlike wyse uitoefen.
Caxton Ltd v Reeva Foreman
(Pty)
Ltd
[1990] ZASCA 47
;
1990 (3) SA 547
(A) te 565 G. Ek moet ook, by die uitoefening
van my diskresie, sekere basiese beginsels en algemene reëls wat by
aansoeke soos
hierdie geld, in aanmerking neem. In
Devonia
Shipping Ltd v MV Luis (Yeoman Shipping Co. Ltd intervening)
1994
(2) SA 363
te 369 E het Rose Innes R die algemene reël as volg
saamgevat:
â
The general rule is that an
amendment of a notice of motion, as in the case of a summons or
pleading in an action, will always be
allowed unless the application
to amend is mala fide or unless the amendment would cause an
injustice or prejudice to the other side
which cannot be compensated
by an order for costs or, in other words, unless the parties cannot
be put back for the purposes of justice
in the same position as they
were when the notice of motion which it is sought to amend was
filed.â
â
n Aansoek om wysiging
wat die pleitstukke vatbaar sal maak vir ân eksepsie sal nie
toegestaan word nie. Sien
Trans Drakensberg Bank Ltd (Under
Judicial Management) v Combined Engineering (Pty) Ltd and Another
1967 (3) SA 632
D te 641 A;
Caxton v Reeva Foreman
supra
te 565 G â I.
[13] Alhoewel die aansoek
ân casu in bona fide aansoek is en daar wel ân âtriable issueâ
was, was die beswaar sowel as die
opposisie geregverdig. Die
applikant was deurgaans in besit van die belasting fakture waarop
daar duidelik staan dat Billson Coutts
sekere goedere aan Boer 2000
gelewer het. ân Vergelyking van daardie fakture en bylae A moes
die eiser / applikant tot die besef
gebring het dat iets nie pluis is
nie.
[14] Die eiser /
applikant het dit eers opgemerk terwyl hy besig was om vir verhoor
voor te berei; wanneer presies is onbekend. Die
verweerskrif van die
verweerder is ook ân duidelike ontkenning van enige transaksies
tussen hom en BKB Groothandel. Applikant
verduidelik glad nie waarom
sy besonderhede van vordering foutiewelik voorberei was nie. Die
applikant verduidelik ook nie waarom
hierdie ooglopende fout nie
vroeër ontdek was nie, ten minste na die verweerskrif geliaseer was
nie. So verduidelik die applikant
ook nie waarom hy volhard met bede
1 van sy kennisgewing van mosie nie. Mr van der Walt se betoog dat
bylae A slegs die datums en
faktuur nommers aantoon gaan nie op nie.
Daardie dokument, soos wat dit op bylae A daarna uitsien, toon
duidelik aan dat Boer 2000
die bedrae daarin vermeld aan BKB
Groothandel verskuldig is. Applikant verduidelik ook nie waarom hy
nie die alternatiewe regshulp
wat hy in sy kennisgewing van mosie
vra, nie in sy kennisgewing van voorgenome wysiging vervat is nie.
Onder hierdie omstandighede
het die respondent geen keuse gehad as om
die aansoek te opponeer nie.
[15] Na my mening was die
beswaar teen die kennisgewing van voorgenome wysiging sowel as die
opponering van hierdie aansoek redelik.
Dit was myns insiens nie
ligsinnig of kwelsugtig nie. Sien
Mutsi v Santam Versekerings
maatskappy en ân Ander
1963 (3) SA 11
(O) te 20 E â G. Dit
is vir my duidelik dat daar nie gesê kan word dat die respondent die
koste, deur die opposisie, onredelik
verhoog het nie. Ek is van
mening dat die applikant â wat in elk geval vir ân vergunning vra
â die koste van respondent, wat
hy aangegaan het ter opponering van
hierdie aansoek, moet betaal. Inaggenome die feite van hierdie saak
is dit die mees billike
bevel. Sien
Cganga v AA Mutual Insurance
Association Ltd
1979 (3) SA 320
(ECD) te 330 A â D.
[16]
In die
omstandighede word die volgende bevel gemaak:
(a) Bede 2.1 en 2.2
van die kennisgewing van mosie word toegestaan.
(b) Die applikant word
gelas om die koste van die aansoek te betaal.
____________
C.J. MUSI, R
Namens
die applikant: Adv. J. D. Van der Walt
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. A. H. Burger
In
opdrag van:
McIntyre
& Van Der Post
BLOEMFONTEIN
/ms