About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 100
|
|
S v Nkwanyana (106/85) [1986] ZASCA 100 (22 September 1986)
BUSAYENA NKWANYANA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPELAFDELING
) In die
saak tussen:
BUSAYENA NKWANYANA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
: Jansen, Joubert, ARR et Boshoff, Wn AR
Verhoor
: 12 September 1986
Gelewer
: 22 September 1986
UITSPRAAK BOSHOFF, Wn AR
:
Die appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding aan moord en
besit van 'n ongelisensieerde
vuurwapen ./2
-2-vuurwapen deur Flemming R en twee assessore in die
Witwa-tersrandse Plaaslike Afdeling wesenlik op die grond dat die getuienis
die
appellant nie bevredigend en genoegsaam verbind met die pleeg van die moord op
die oorledene Charlie Mkhize nie, dat die staat
se saak afhang van die
onbevredigende uitkenning van die appellant deur 'n enkele getuie en dat daar
ten opsigte van sy uitkenning
gevolglik 'n
bona fide
fout kon ingetree
het.
Dit is gemene saak dat die oorledene op nuwe-jaarsdag 1 Januarie 1985 tussen
08h00 en 09h00 op die sypaadjie voor die deur van die
Diplomat Hotel in
Klein-straat in Johannesburg vermoor is deurdat hy met 'n vuur-wapen agter in
die nek en onder in die rug geskiet
is
terwyl /3
-3-terwyl hy van suid na noord op die sypaadjie beweeg het.
Die staat se saak steun in hoofsaak op die getuienis van ene Johan Powers wat
al heelwat ondervinding gehad het van speurwerk, veiligheidsake
en die
uitkenning van persone (twaalf iaar in Engeland én drie jaar in die
Republiek.) Hy het die betrokke oggend met sy motorfiets
van oos na wes in
Pleinstraat gery en by die verkeersligte by die kruisweg van Kleinstraat
stilgehou. Terwyl hy daar gewag het vir
die verkeersligte om te verander, het hy
links, d w s suid in Kleinstraat ingekyk en gesien dat twee Swartes 'n derde
Swarte probeer
in die hande kry. Hulle was op die sypaadjie sowat 60 treë
van Pleinstraat af aan die oostekant van Kleinstraat voor
die /4
-4-die Diplomat Hotel en het in 'n noordelike rigting beweeg, d w s
na Powers se kant toe. Die voorste een (uiteindelik die oorledene
in hierdie
saak) het van die agterste twee probeer wegkom. Die langste van die twee het met
sy linkerhand probeer om die oorledene
om sy nek voor aan sy klere beet te kry.
Hy het toe sy regterarm gelig tot die hoogte van sy oë en 'n skoot het
afgegaan. Powers
het die vonk van die skoot tussen sy hand en die oorledene
gesien. Op daardie stadium het die ander Swarte nog nie aan die oorledene
geraak
nie. Powers het 'n verdere skoot gehoor en die oorledene het geval.
Powers is
onder die indruk dat hy 'n derde skoot ook gehoor het. Hy het nie ander persone
in die omgewing
van /5
-5-van die toneel van die moord gesien nie. Toe die ver-keersligte
verander het hy suid in Kleinstraat ingedraai. In die tussentyd
het die twee
Swartes omgedraai en ook suid in die rigting van Breestraat geloop. Die voordeur
van die Diplomat Hotel is ongeveer
35 treë van Breëstraat af en toe
Powers by die kruising kom was hulle besig om oor Breëstraat te steek en in
'n oostelike
rigting te beweeg na Delversstraat wat die eerste straat oos van
Kleinstraat is en parallel met Kleinstraat loop. Hulle was besig
om al vinniger
te loop en toe hulle in Delvers-straat kom en verder suid beweeg,het hulle begin
hardloop. Powers het hulle by hierdie
tyd al ingehaal gehad en op-gemerk dat
hulle aanhou omkyk na hom. Hy het al by die
toneel /6
-6-toneel van die moord opgelet dat die Swarte wat die
vuur-wapen gehad het toe die skoot afgegaan het 'n bruin baadjie aangehad het.
Toe die bruin baadjie in die helder son kom, kon hy sien dat daar fyn wit
strepies op.die baadjie is. Die kortere een het 'n swart
baadjie aan-gehad. Op
een stadium gedurende die agtervolging van die twee Swartes het die een met die
swart baadjie omgedraai en
gehandel asof hy 'n vuurwapen by hom het. Powers het
toe 'n bietjie eenkant toe getrek met sy motorfiets maar nogtans kort agter
hulle gebly, ongeveer 15 tot 20 treë en soms miskien 'n bietjie verder. Die
eerste kruisstraat na Breëstraat is Jeppestraat.
Die twee Swartes het bymekaar gebly tot
by
hierdie /7
-7-hierdie kruising en toe het
hulle van mekaar geskei. Die een met die swartbaadiie het skuins oor die
kruising en in 'n oostelike
rigting in Jeppestraat gehardloop. Die een met die
bruinbaadjie het oor Jeppestraat gehardloop en met die trappe van die
Sanlamsentrum
aan die westekant van Delversstraat opgegaan na die voordeur toe.
Omdat Powers gesien het dat hy die persoon is wat die vuurwapen
afge-vuur het
toe die oorledene geskiet is, het hy besluit om liewers vir hom te volg. Daar is
struike en blomme langs en by die
Sanlamsentrum en Powers het gevoel dat dit
on-veilig sou wees om hom verder met die trappe op te volg. Terwyl hierdie
Swarte met
die trappe opgegaan het,het hy aanhoudend omgekyk en saam met die
ander vele kere toe
hy /7
-8-
hy omgekyk het, het Powers 'n goeie geleentheid gehad om sy
gesig
duidelik te sien. Powers het 'n bietjie daar in die
straat vertoef en toe besluit om na die volgende kruising
te gaan waar
Pritchardstraat Delversstraat kruis ingeval
die Swarte miskien om
Sanlamsentrum, wat 'n hele blok be-
slaan, hardloop. Op pad na die kruising
het hy vir Jacob
Alberts, 'n sekuriteitsbeampte van die Sanlamsentrum,
verby
gegaan. Hy het af van die sypaadjie tussen die struike
deur ook in
die rigting van die kruising gegaan. Powers
het vir hom gewaarsku dat die
Swarte 'n vuurwapen het.
By die kruising, aan die anderkant van
Pritchardstraat,
het Powers sy motorfiets neergesit. Hy het vir die
Swarte met die bruin baadjie sien aangehardloop kom van
die /9
-9-
die anderkant van die Sanlamsentrum af gevolg deur Matthews Sikhakhana, 'n
swart sekuriteitsbeampte van Sanlamsentrum. Hy moes dus
met Von Wiellighstraat
aan die westekant van die Sanlamsentrum omgekom het om daar uit te kom. Powers
het hom dadelik herken en voor-gekeer
en gevang. Hy is daarna aan die polisie
oorhandig. Alberts en Sikhakhana was by toe Powers die appellant vang. Dit was
gemene saak
dat die appellant die bruin baadjie met die wit strepies die oggend
aangehad het en dat hy dit aangehad het tot hy deur Powers gevang
is.
Powers is seker dat die appellant die Swarte is wat die bruin baadjie by die
toneel van die moord aan-gehad het. Hy het hom herken
aan die baadjie, sy
gesig
wat /10
-10-wat hy verskeie kere van naby gesien het terwyl hy hom
agtervolg het en ook sy postuur. Hy het hom van naby gesien oor 'n betreklike
lang afstand en nie uit die oog verloor nie totdat hy by die trappe van
Sanlamsentrum opgekom het, kort daarna het hy hom weer in
Pritchard-straat
gesien waar hy hom voorgekeer en gevang het. Vandat hy uit Powers se gesig
verdwyn het, was hy onder die oë
van die swart sekuriteitsbeampte
Sikhakhana tot-dat Powers hom weer gesien het.
Ria Swanepoel, die bestuurderes van die Diplomat Hotel, het by die
ontvangstoonbank gestaan en het deur die voorruit en deur 'n beperkte
uitsig na
buite gehad. Sy het 'n slag gehoor en gedog dat dit 'n klapper was.
Sy /11
-11-
Sy het daarna weer 'n slag gehoor en kort daarna het sy 'n persoon voor die
deur sien verby hardloop van suid na noord. Hy was gevolg
deur 'n tweede persoon
wat hom om die nek gegryp het. Laasgenoemde het 'n vuurwapen in sy regterhand
gehad en dit naby of by die
ander een se nek gehad. Sy het geskrik en agter die
toonbank in-geduik. Daarna het sy weer 'n skoot gehoor. Toe sy agter die
toonbank
uitkom het die oorledene voor die deur gelê en sy aanvaller was
weg. Sy het gesien dat die persoon wat die vuurwapen gehad
het 'n bruinerige
baadjie en 'n wit hemp aangehad het. Daarna het die polisie die appellant na die
toneel van die moord gebring en
sy het hom herken aan sy baadjie, hemp en bou as
die
persoon /12
-12-persoon wat die oorledene beet gehad het.
Daar was kritiek teen haar getuienis omdat sy in die eerste instansie in haar
verklaring aan die polisie beweer het dat sy nie die
aanvaller se kleredrag
opge-merk het nie. Sy het in die verhoorhof egter 'n verduide-liking
daarvoorgegee wat aanvaar is. Die verhoorhof
het haar 'n bevredigende getuie
gevind en haar getuienis aanvaar. Haar getuienis, alhoewel skraal, bied stawing
vir die getuienis
van Powers oor die aard van die aanval op die oorledene en die
feit dat die aanvaller 'n bruin baadjie aangehad het.
Die saak van die appellant daarenteen is dat hy die oggend vroeg klaar gewerk
het en op pad na die
Johannesburgse..../13
-13-Johannesburgse stasie was om met die trein huis toe te ry. Hy het van
suid na noord in Delversstraat gestap tot by die kruising
van Breëstraat en
toe in 'n westelike rigting op die noordelike sypaadjie van Breëstraat
ge-stap in die rigting van die
stasie. Toe hy by die hoek van Kleinstraat kom
het hy 'n skoot gehoor. Hy het omstrent 4 mense omstrent 16 meter van die hoek
af
in Kleinstraat gesien. Een het 'n voorwerp wat soos 'n vuurwapen gelyk het,
gehad. Hy kan nie sê hoeveel skote hy gehoor het
nie. Toe hy die skoot
hoor het hy teruggehardloop in Breëstraat en nog 'n skoot gehoor. Hy weet
nie of iemand raakgeskiet is
nie en het nie weer gesien wat van die mense geword
het nie. Hy het wegge-
hardloop /14
-14-hardloop omdat hy bang was dat hy kon seerkry as mense
daar weghardloop. Hy het oor Breëstraat gehardloop na Delversstraat
en
omgekyk en gesien dat iemand in sy rigting na Breëstraat hardloop. Hy het
suid in Delvers-straat gehardloop en toe hy oor
Jeppestraat is het hy omgekyk en
niks agter hom opgemerk nie. Hy het met die trappe opgegaan by die Sanlamsentrum
en weer omgekyk
en weer niks agter hom gesien nie. 'n Sekuriteitsbeampte het by
hom gekom en gevra hoekom hy daar staan. Appellant het weggestap
en langs
Delversstraat geloop tot by Pritchardstraat waar hy gevang is deur Powers.
Volgens hom het Alberts en Sikhakhana kort daarna
daar opgedaag.
Appellant betwis die getuienis van die
sekuri-
teitsbeampte /15
-15-teitsbeampte Sikhakhana. Volgens laasgenoemde het hy
by die venster in
die Sanlamsentrum gestaan en die appel-lant vanuit die rigting van Jeppestraat
gesien met die trappe ophardloop.
Hy het by 'n pilaar op die hoek van die gebou
naby die hoek van Delvers- en Jeppestraat gaan staan. Dit was ongeveer 5
treë
van Sikhakhana af. Sikhakhana het uitgegaan en hom gaan vra of hy hom
met enigiets kan help. Hy het nie geantwoord nie en Sik-hakhana
het die indruk
gekry dat hy wegkruip. Hy het sy vraag herhaal en die appellant het begin
agteruit loop en toe omgedraai en weggehardloop
in die rigting van Jeppestraat.
Sikhakhana het hom probeer pootjie en self geval. Hy het opgespring en hom weer
agterna gesit.
Die /16
-16-
Die appellant het toe in die rigting van Von Wielligh-straat
gehardloop. Sikhakhana het hom weer gepootjie en laat val en met sy voet
probeer
vastrap. Hy het opgespring en hom probeer steek met 'n voorwerp wat hy uit sy
sak geneem het en wat later 'n sleutel blyk
te gewees het. Sikhakhana het sy arm
vasgegryp maar weer toegelaat dat hy loskom omdat hyself nie 'n wapen gehad het
nie. Sikhakhana
het 'n baksteen in die hande gekry en terselfdertyd gemerk dat
die sekuriteitsbeamptes insluitende Alberts ook agterna kom. Hy het
toe aan
hulle beduie om anderkant die gebou om te gaan, d w s langs Delversstraat. Hy
self het die appellant in Von Wielligh-straat
gevolg tot waar hy oos in
Pritchardstraat ingedraai
het /17
-17-het. Hulle is oor Pritchardstraat en op die hoek van Delvers-
en Pritchardstraat het Powers vir die appellant gevang en vasgedruk.
Daar was teenstrydighede in sy getuienis en die getuienis van Alberts.
Alberts was 'n swak getuie en het telkemale gesê dat
hy nie meer kan
onthou wat gebeur het nie. Die verhoorhof het Sikhakhana 'n beter getuie as
Alberts bevind en sy getuienis as bevredigend
aanvaar. Powers staaf hom dat die
appellant langs Von Wiellighstraat om die Sanlamsentrum en met Pritchard-straat
van wes na oos
gehardloop het voordat hy gevang is.
Die verhoorhof het bevind dat Powers 'n eerlike en geloofwaardige getuie is.
Mnr Strydom, wat namens
die /18
-18-
die appellant verskyn en in die verhoorhof ook namens hom verskyn het, gee
toe dat Powers nie 'n ongeloofwaardige getuie was nie maar
betoog nou
hoofsaaklik dat Powers wel die moordenaar kon agtervolg het tot waar hy by die
Sanlamsentrum se trappe op is en dat hy
hom daar kon ver-loor het en nou as
gevolg van 'n
bona fide
foút die appel-lant met die misdaad
verbind omdat die appellant ook die oggend met sy wegvlug van die toneel waar hy
die skoot
gehoor het, die trappe van die Sanlamsentrum opgestap het.
Hierdie betoog moet in die lig van die volgende feite beoordeel word. Volgens
appellant se relaas was hy op pad stasie toe. Net bloot
die hoor van die skoot
en die sien van 'n vuurwapen sit hom op die vlug
in /19
-19-
in 'n rigting weg van die stasie af. Ondanks die feit dat hy nie
agtervolgword nie en ophou om te vlug hou hy aan om in 'n rigting
te stap weg
van die stasie af. By die Sanlamsentrum gebeur daar iets wat veroorsaak dat
tenminste twee sekuriteitsbeamptes uit die
gebou kom en om die gebou gaan om by
te wees waar hy deur Powers gevang word. Indiengebeur het wat hy sê by die
Sanlam-sentrum
gebeur het sou daar geen rede gewees het vir die
sekuriteits-beamptes om hulle verder aanhom te steur nie.
Dit was 'n stil nuwejaarsdagoggend en die strate was leeg. In Kleinstraat
waar die oorledene
vermoor is, was daar behalwe die oorledene net die twee Swartes wat met die
oorledene doenig was. Powers het
twee /20
-20-twee persone (wat dames kon gewees het) voor 'n rokwinkel
opgelet omtrent 10 treë van die hoek van Pleinstraat af. Hulle
was nie in
die onmiddellike omgewing van die toneel van die moord nie. Hy het opgemerk dat
die een Swarte met die vuurwapen 'n bruin
baadjie aangehad het. Hy het hierdie
twee Swartes agterna gesit en agtervolg en toe hulle in die sonlig kom in
Breëstraat kon
hy sien dat die bruin baadjie wit strepies op het soos die
baadjie wat die appellant die oggend aangehad het toe hy gevang is. Hy
het die
man wat die bruin baadjie aangehad het se gesig van naby goed en duidelik gesien
oor 'n taamlike lang afstand. Daar was geen
sprake van enige ander persoon wat
naby die twee Swartes was wat ook oor
Breë- /21
-21-Breë- en Jeppestraat of in Delversstraat in die
rigting van die Sanlamsentrum gevlug het nie. Alberts en Sik-hakhana was
in die
Sanlamsentrum en het 'n uitsig oor die trappe en die voorste gedeelte gehad.
Sikhak-hana het voor die venster gestaan en die
appellant die trappe sien
ophardloop. Hulle het niemand anders gesien nie. Dit is heeltemal onaanneemlik
dat daar nog iemand anders
as die twee Swartes was wat Powers agtervolg het wat
oor Breë- en Jeppestraat en in Delversstraat gehardloop het. Trouens die
appellant het volgens sy relaas ook nie ander persone gesien wat Powers en sy
twee vlugtelinge kon gewees het nie. Sikhakhane het
die appellant in Von
Wiellighstraat en ook in Pritchardstraat van wes na
oos /22
-22-
oos agtervolg en dit strook glad nie met die appellant se relaas nie.
Trouens sy optrede toe Sikhakhane hom bo die trappe by die Sanlamsentrum
teëgekom het strook ook nie met die van 'n persoon wat geskrik het en nodig
gehad het om veiligheid te soek nie. Hy het ook
nie aan die polisie sy penarie
waarin hy hom sou bevind het verduidelik nie indien dit sou gewees het dat hy
bloot net geskrik het
en weggehardloop het. Inderdaad is dit moeilik om te
aanvaar dat 'n persoon sou opgetree het soos die appellant indien hy bloot net
'n skoot gehoor het en iets gesien het wat soos 'n vuurwapen lyk, as hy nie eers
weet waarom die skoot afgegaan het nie en of iemand
beseer is nie.
Die /23
-23-Die betoog van Mnr Strydom hou nie steek nie en die verhoorhof
was heeltemal geregverdig om die getuienis van die appellant as
vals te verwerp
en hom aan die moord en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen skuldig te
bevind.
Die appèl kan dus nie slaag nie en word byge-volg van die hand
gewys.
BOSHOFF, WN AR
JANSEN, AR )
stem saam JOUBERT, AR )