Von M Schimper v Monastery Diamond Mining Corporation Ltd (551/2006) [2006] ZAFSHC 13 (1 June 2006)

70 Reportability
Commercial Law

Brief Summary

Arbitration — Enforcement of arbitration award — Applicant sought payment of R204 000.00 from respondent following an arbitration award — Respondent opposed payment, claiming it was contingent upon the validity of a servitude agreement — Court held that the arbitration award was clear and enforceable, and the respondent's obligation to pay was not dependent on the servitude's validity — Award confirmed and payment ordered.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 13
|

|

Von M Schimper v Monastery Diamond Mining Corporation Ltd (551/2006) [2006] ZAFSHC 13 (1 June 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 551/2006
In
die saak tussen:
F.J. VON M
SCHIMPER
Applikant
en
MONASTERY DIAMOND
MINING
CORPORATION
LTD
Respondent
AANGEHOOR OP:
25
MEI 2006
UITSPRAAK
DEUR:
C.J. MUSI R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
1
JUNIE 2006
[1] Die applikant vra, in
sy kennisgewing van mosie, vir die volgende regshulp:
“1. Betaling
van die bedrag van 204 000.00.
Rente teen 15.5% per jaar op die
bogenoemde bedrag
bereken vanaf 1 Maart 2005 tot datum
van betaling.
Koste van die aansoek.
4. Verdere en/of alternatiewe
regshulp.”
[2] In die funderende
verklaring verklaar die applikant se prokureur dat die aansoek
geloods word in terme van artikel 31 (1) van
die Arbietrasiewet, 42
van 1965 soos gewysig (die Wet).
[3] Die respondent,
Monastery Diamond Mining Corporation (Pty) Ltd, ‘n maatskappy wat
behoorlik geregistreer is ingevolge die maatskappy
wette van die
Republike van Suid Afrika, opponeer die aansoek.
[4] Alvorens ek met die
aansoek handel, handel ek eers met die punt in limine. Mnr Vlok
namens respondent het aangevoer dat die kennisgewing
van mosie
gebrekkig is aangesien daar nie daarin gevra word vir ‘n bevel in
terme van artikel 31 (1) van die Wet nie. Hy het voorts
aangevoer
dat daar in die funderende eedsverklaring ook nie ‘n saak uitgemaak
is vir regshulp kragtens daardie artikel nie. Mnr
Danzfuss SC
namens die applikant het toegegee dat die kennisgewing van mosie nie
in die beste moontlike terme geformuleer is nie
maar het aangevoer
dat dit in wese en in samehang met die funderende verklaring wel
duidelik is. Voorts het hy aangevoer dat aanhangsel
R1 tot die
applikant se repliserende beëdigde verklaring dit duidelik stel dat
die aansoek ‘n aansoek is om ‘n toekenning van
‘n arbiter ‘n
hofbevel te maak.
[5] Alhoewel die
kennisgewing van mosie nie elegant opgestel is nie is ek van mening
dat regshulp wel verleen kan word onder die bede
verdere en/of
alternatiewe regshulp. Hierdie regshulp kan toegestaan word indien
dit in wese ooreenstem met die substantiewe regshulp
en waar daar ‘n
basis in die stukke gelê is en waar beide partye die geleentheid
gegun was om alle aspekte volledig en breedvoering
aan te spreek.
Sien
Tsosane and Others v Minister of Prisons
1982 (2) SA 55
(K) te 63 E –F;
Port Nolloth Municipality v Xhalisa and Others
1991(3) SA 98 (K) te 112 D – E.
Na my mening het die
partye hierin al die wesenlike aspekte rakende hierdie aangeleentheid
volledig aangespreek. Meneer Vlok gee
ook toe dat indien ek regshulp
aan die applikant toestaan dit wel onder hierdie bede toegestaan kan
word. Die toegewing is na my
mening sinvol en wys.
[6] Op 17 Julie 1989 het
die Registrateur van Aktes, Bloemfontein ‘n Notariële
serwituutakte geregistreer onder verwysing K697/189.
Daarvolgens het
die applikant, as eienaar, aan die respondent, as mynhuurder, die reg
verleen on sekere onroerende eiendom bekend
as die plaas The
Monastery Nr. 237 geleë in die distrik Marquard ( ongeveer 630
hektaar groot) te betrek, en prospekteerbedrywighede
daarop te
beoefen, asook die reg om verdere uitbreidings op die bestaande
mynaanleg aan te bring.
Die relevante klousules
van die serwituutakte lees as volg:
“4. Die
vergoeding vir die lening van die voormelde
serwituutregte wat aan die Eienaars
betaalbaar was en wat nog betaalbaar sal wees, word bereken en betaal
in paaiemente vyfjaarlik
vooruit op die volgende wyse:…
5. Nieteenstaande enigiets strydigs
hierin uiteengesit, sal sowel die Eienaars as die Mynhuurder die reg
besit om, te enige tyd na
die vertryking van ‘n termyn van VYF (5)
jaar, bereken vanaf die aanvangsdatum, die bedrag van die paaiement
wat by die aanvang
van die volgende termyn van VYF(5) jaar betaal
moet word, te laat bepaal deur skriftelik te versoek dat die waarde
van sodanige regte
vir die volgende termyn van VYF (5) jaar bepaal
sal word deur ‘n Arbiter aangewys deur die Nationale Raad van
Geöktrooieerde Rekenmeesters,
welke Arbiter se beslissing bepaal sal
word aan die hand van die gebruiksreg van die grond wat die Eienaars
ontsê is vir ‘n termyn
van VYF (5) jaar ten gevolge van die
uitoefening van die serwituutregte en welke beslissing as finaal en
bindend teenoor beide partye
beskou sal word vir die betrokke termyn
van VYF (5) jaar. Dit word egter bepaal dat die betrokke Arbiter as
uitgangspunt sal aanvaar
dat die gebruiksreg ten opsigte van een (1)
morg grond nooit minder mag wees dan TWEE HONDERD EN SEWENTIG RAND
(270.00) per jaar
nie.
8. Die serwituutregte hierkragtens
verleen sal gekanselleer mag word indien die volgende sou plaasvind:
8.1 Indien die Mynhuurder sou besluit
om daarvan afstand te doen deur skriftelike kennisgewing aan die
Eienaars met dien verstande
dat geen gelde wat reeds aan die Eienaars
betaal is, terugbetaalbaar sal wees in dergelike omstandighede nie en
met dien verstande
verder dat die Eienaar geregtig sal wees om alle
agterstallige gelde wat in daardie stadium aan hulle verskuldig mag
wees, van die
Mynhuurder ter vorder;
8.2 Indien die Mynhuurder sou
versuim om enige paaiement wat betaalbar mag wees, te betaal op die
datum waarop betaling hierkragtens
moet geskied, of indien die
Mynhuurder sou versuim om gevolg te gee aan die verpligtinge tot
betaling van addisionele vergoeding
soos hierintevore bepaal word,
sodra en wanneer dit betaalbaar is en in verstek sou verkeer vir ‘n
verdere termyn van DERTIG (30)
dae nadat die Mynhuurder skriftelik
deur die Eienaars aangemaan is om sodanige addisionele vergoeding te
vereffen, dan en in enige
van voormelde gevalle sal die Eienaars
geregtig wees om die reg om te kanselleer, uit te oefen, deur
skriftelike kennisgewing per
vooruitbetaalde aangetekende pos aan die
mynhuurder…”
‘n Dispuut het tussen
die patye ontstaan. Die partye het die dispuut in terme van klousule
5 na ‘n Arbiter verwys. In 2002
het die partye besluit dat
aangesien die waardebepaling wat kragtens klousule 5 gedoen sou moes
word die inagneming van deskundige
getuienis oor die waarde van die
gebruikreg van die betrokke grond sou behels, dit meer gepas sou wees
om ‘n persoon met kennis
van boerdery en boerderymetodes te gebruik
om die waardebepaling te doen. Daar is besluit dat afgetrede Regter
MDJ Steenkamp (die
Arbiter) gebruik sou word.
[7] Die partye se
regsverteenwoordigers – wat bestaan het uit ‘n senior advokaat
aan elke kant - het tot ‘n vergelyk gekom en
die Arbiter versoek om
‘n onderlinge ooreenkoms ‘n toekenning te maak. Die gewraakte
toekenning lees as volg:
“
IN
DIE ARBITRASIEVERRIGTINGE
TUSSEN
THE MONASTERY DIAMOND MINING
CORPORATION EISER
En
F J VON M SCHIMPER 1STE
VERWEERDER
TOEKENNING
DIE VOLGENDE
TOEKENNING word by ooreenkoms tussen die partye gemaak:
1. Eiser betaal aan verweerder die
totale bedrag van R404 000.00 in kontant soos volg:
(a) R100 000.00 voor of op 27
Desember 2002
(b) R100 000.00 voor of op 28
Februarie 2003
(c) R204 000.00 voor of op 1 Maart
2005
2. Gemelde betalings sal gedoen word
te verweerder se prokureurs, WEBBERS, BLOEMFONTEIN.
3. Elke party betaal sy eie koste van
die arbitrasie.
4. Hierdie ooreenkoms is in volle en
finale vereffening van al die geskille op arbitrasie.
5. Enige van die partye kan hierdie
toekenning ‘n bevel van die Hooggeregshof laat maak soos voorsien
in Artikel 31 van die Arbitrasiewet
van 1965.
__________________________
ARBITER
REGTER M.D.J. STEENKAMP
31 Oktober 2002”
[8] Die respondent het
inderdaad die eerste twee paaiemente genoem in sub (a) en (b) van
paragraaf 1 van die toekenning betaal. Hy
weier egter om die restant
te betaal. Dit is na aanleiding van daardie weiering wat hierdie
aansoek geloods is.
[9] Die respondent voer
aan dat alhoewel die toekenning bewoord is as ‘n verpligting om te
betaal was dit “baie duidelik” onderworpe
daaraan dat die
betalings gemaak sou word vir solank as wat die serwituutakte nog
geldig en afdwingbaar is vir enige toekomstige
tydperk waarop die
betrokke betaling betrekking sou hê. Voorts is dit die respondent
se saak dat dit die partye se bedoeling was
dat geen betaling aan die
applikant gemaak sou word ten opsigte van enige vyfjaartydperk wat
sou val na die beëindiging van die
serwituutakte nie. Dit,
argumenteer die respondent, was ‘n stilswyende beding van die
toekenning. Dit is gemenesaak dat die
respondent op 14 Februarie
2005 ingevolge klousule 8.1 kennis gegee het van kansellasie. Meneer
Vlok het geargumenteer dat
Coopers & Lybrand and Others v
Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
A te 768 A – E gesag is vir sy standpunt
dat ek na die konteks en agtergrond omstandighede moet kyk ten einde
die partye, se bedoelings
vas te stel. In daardie saak het Joubert
AR die volgende gesê te 768 A – E:
“
The correct approach to the
application of the ‘golden rule’ of interpretation after having
ascertained the literal meaning of
the word or phrase in question is,
broadly speaking, to have regard:
(1) to the context in which the word
or phrase is used with its interrelation to the contract as a whole,
including the nature and
purpose of the contract, as stated by Rumpff
CJ supra;
(2) to the background circumstances
which explain the genesis and purpose of the contract, i.e. to
matters probably present to the
minds of the parties when they
contracted. Delmas Milling Co Ltd v Du Plessis
1955 (3) SA 447
(A)
at 454 G – H; Van Rensburg en Andere v Taute en Andere
1975 (1) SA
279
(A) at 305 C –E; Swart’s case supra at 200 E – 201 A and
202 C; Shoprite Checkers Ltd v Blue Route Property Managers (Pty)
Ltd
and Others
1994 (2) SA 172
(c) at 180 I – J;
(3) to apply extrinsic evidence
regarding the surrounding circumstances when the language of the
document is on the face of it ambiguous,
by considering previous
negotiations and correspondence between the parties, subsequent
conduct of the parties showing the sense
in which they acted on the
document, save direct evidence of their own intentions. Delmas
Milling case at 455 A – C, Van Rensburg’s
case at 303 A – C,
Swart’s case at 201 B, Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
[1991] ZASCA 183
;
1992 (1) SA 617
(A) at 624 G, Pritchard Properties (Pty) Ltd v Koulis
1986 (2) SA 1
(A) at 10 C – D.”
[10] Meneer Danzfuss, aan
die anderkant, argumenteer dat die partye se bedoeling irrelevant en
ontoelaatbaar is. Sy argument is dat
die betekenis en bedoeling van
die toekenning helder is en dat ek derhalwe geen ekstrinsieke
getuienis in ag mag neem by die interpretasie
daarvan nie. Hy
argumenteer voorts dat die agtergronds omstandighede in teenstelling
met die omringende omstandighede ook die applikant
se saak
onderskraag.
[11] In
Firestone
South Africa (Pty) Ltd v Genticuro A. G
.
1977 SA 298
(AD) te 304
het Trollip AR die basiese beginsels wat gevolg moet word by die
interpretasie van ‘n hofbevel as volg uiteengesit:
“
First, some general observations
about the relevant rules of interpreting a court’s judgment or
order. The basic principles applicable
to construing documents also
apply to the construction of a court’s judgment or order: the
court’s intention is to be ascertained
primarily from the language
of the judgment or order as construed according to the usual,
well-known rules. See Garlick v Smartt
and Another,
1928 A.D. 82
at
p. 87; West Rand Estates Ltd. V New Zealand Insurance Co. Ltd.,
1926
A.D. 173
at p. 188. Thus, as in the case of a document, the judgment
or order and the court’s reasons for giving it must be read as a
whole
in order to ascertain its intention. If, on such a reading,
the meaning of the judgment or order is clear and unambiguous, no
extrinsic
fact or evidence is admissible to contradict, vary,
qualify, or supplement it. Indeed, it was common course that in such
a case
not even the court that gave the judgment or order can be
asked to state what its subjective intention was in giving it…”
Sien ook
Administrator
Cape and Another v Nshwaqela and Others
1990 (1) SA 705
(A) te
715 F.
[12] In
Frankel Max
Pollak Vinderine v Menell Jeck Hyman Rosenberg
[1996] ZASCA 21
;
1996 (3) SA 355
te
362 E – J word die regsposisie soos uiteengesit in
Firestone
South Africa v Genticuro
supra
met goedkeuring herhaal. In
Frankel v Manell
supra
te 363 A – C het Corbett CJ
die volgende gesê:
“
I am of the view that in general
the same principles apply to the interpretation of an arbitrator’s
award, particularly where, as
in this case, the award has been made
an order of Court (cf Friedman v Mendes (supra)). In the present
case the arbitrator did not
give any reasons for the orders which he
made in his award. Consequently the interpreter is initially
confined to the language of
the orders. If however, uncertainty as
to the meaning of the orders or one of them, emerges from a
consideration of the language
used, then recourse may be had to
extrinsic circumstances. There is a dearth of authority as to what
extrinsic circumstances may
be referred to in a situation such as
this. No relevant authority was quoted to us; and I have not found
any. On general principles
and as a matter of logic, however, it
seems to me that such extrinsic circumstances include the issues
which were submitted to the
arbitrator for adjudication and the
evidence placed before him, insofar as such evidence throws light
upon what the canvassed issues
were.”
‘
n Arbitrasie
toekenning is bindend en afdoende
1
en is elke party by die
verwysing verplig om hom in die toekenning te
berus en om dit
ooreenkomstig die bepalings daarvan na te kom. Die Wet gee ook
partye by ‘n verwysing die reg om indien hulle “ontevrede”
is,
die toekenning binne ses weke terug te verwys na die arbitrasiehof.
2
Alhoewel hierdie Hof die bevoegdheid het om ‘n toekenning aan te
suiwer is daardie bevoegheid, myns insiens, beperk.
3
_____________________________________________________
Sien Artikel 28 van die
Wet lees as volg:
“
Toekening is bindend.
– Tensy die arbitrasie- ooreenkoms anders bepaal, is toekenning,
behoudens die bepalings van hierdie Wet,
afdoende en nie aan appèl
onderhewig nie en is elke party by die verwysing verlig om hom in die
toekenning te berus en om dit ooreenkomstig
die bepalings daarvan na
te kom.”
Sien Artikel 32 wat as
volg lees:
“
Terugverwysing van
toekenning.- (1)Die partye by ‘n verwysing kan binne ses weke na
die bekendmaking van die toekenning aan hulle,
by ‘n deur hulle
ondertekende geskrif enige aangeleentheid wat na arbitrasie verwys
was, na die arbitrasiehof terugverwys vir heroorweging
en om ‘n
verdere toekenning of ‘n nuwe toekenning te maak of vir die ander
doel wat die partye in daardie geskrif vermeld.
Die hof kan, op aansoek
deur ‘n party by die verwysing na behoorlike kennisgewing aan die
ander party of partye gedoen binne
ses weke na die bekendmaking van
die toekennings aan die partye, om ‘n gegronde rede aangevoer,
enige aangeleentheid wat na
arbitrasie verwys was, na die
arbitrasiehof teerug verwys vir heroorweginf en om ‘n verdere
toekening of ‘n nuwe toekenning
te maak of vir ander doel wat die
hof gelas.
Wanneer ‘n
aangeleentheid kragtens subartikel (1) of (2) terugverwys word,
moet die arbitrasiehof, tensy die deur die partye
ondertekende
geskrif of die terugverwysingsbevel anders gelas, daardie
aangeleentheid afhandel binne drie maande na die datum
van daardie
geskrif of bevel.
Waneer in ‘n geval in
subartikel (1) of (2) bedoel die arbiter gesterf het nadat hy sy
toekenning gemaak het, kan die toekenning
terugverwys word na ‘n
nuwe arbiter aangestel, in die geval van ‘n terugverwysing
kragtens subartikel (1), deur die partye
of, in die geval van
terugverwysing kragtens subartikel (2), deur die hof.”
Artikel 31 (2) bepaal
dat:
“
Die hof by wie Aldus
aansoek gedoen word, kan ‘n skryffout of ‘n klaarblyklike fout
wat per ongeluk uit ‘n vergissing of weglating
ontstaan, in die
toekenning verbeter alvorens hy die toekenning ‘n hofbevel maak.”
[13] In casu is die
toekenning glashelder. Daar is geen gebreke of foute in die
toekenning nie. Geeneen van die partye by die verwysing
het binne
ses weke of op enige stadium die korrektheid van die toekenning
aangeval nie. Meneer Vlok het in betoog ook toegegee dat
die bevel
duidelik en ondubbelsinnig is. Daar is ook nie ‘n aansoek om
rektifikasie gebring nie.
[14] Meneer Vlok se
argument dat
Coopers & Lybrand and Others v Bryant
supra
gesag is vir sy standpunt dat ek na die konteks waarbinne die
toekenning gemaak was moet kyk sit die pot heeltemal mis. Die goue
reël van interpretasie waarna in daardie saak verwys word is om die
betekenis van ‘n word of sinsnede in ‘n bepaalde kontrak
of ander
dokument te bepaal. In daardie saak het dit gegaan om die betekenis
van “book debt” in die konteks van daardie bepaalde
kontrak. Dit
is heeltemal onderskeibaar van die situasie waarmee ek in hierdie
saak gekonfronteer is. Hier gaan dit definitief
nie om die uitleg
van ‘n bepaalde word of sinsnede in die toekenning nie. Die
toekenning is soos reeds gesê glashelder.
[15] Die respondent
beweer ook nie dat die toekennings nietig of vernietigbaar is nie.
In elk geval bly ‘n toekenning wat vernietigbaar
is geldig totdat
dit tersyde gestel word of terugverwys word na die Arbiter. Sien
Sourcecom Technology Solutions (Pty) Ltd v Klober and Another
2001 (2) 1097 (CPD) te 1114 G tot 1115 B.
[16] Die argument dat die
toekenning onbillike gevolge het dra nie gewig nie.
Billikheidsoorwegings is ‘n aspek wat ‘n Hof nie
in aanmerking
neem in hierdie tipe gevalle nie. Waar ‘n party doelbewus ‘n
ooreenkoms aangaan moet hy daaraan gebonde gehou
word. Daar is geen
ruimte vir die argument dat dit ‘n stilswyende of geimpliseerde
term van die toekenning was dat dit aan termyne
soos vervat in die
serwituutakte gekoppel sou wees nie. Hierdie is nie ‘n
interpretasie problem nie maar eerder ‘n geval waar
die respondent
by nabetraging besef het dat die toekenning baie nadelige gevolge vir
hom inhou. Sien
Olivier v National Manganese Mines (EDMS) BPK en
‘n Ander
1996 (1) SA 669
(TPA) te 672 A – F.
[17] Na my mening is die
ekstrinsieke getuienis ontoelaatbaar en irrelevant aangesien daar
geen onduidelikheid of dubbelsinnigheid
in die toekenning is nie.
Inteendeel die toekenning is duidelik dat die respondent ‘n bedrag
van R404 000.00 moet betaal. Hoe
dit betaal moet word word in
paragraaf twee van die toekenning uiteengesit. Na my mening behoort
die aansoek toegestaan te word.
[17] Daar is geen rede
waarom die koste nie die sukses moet volg nie. Die koste
teweeggebring deur die uitstelle op 2 Maart 2006
en 4 Mei 2006 moet
ook deur die respondent betaal word. Na my oordeel is hierdie nie ‘n
aangeleentheid waarin ‘n koste bevel
op ‘n hoër skaal gemaak
moet word nie. Ek stem dus nie saam met Meneer Danzfuss dat ek ‘n
koste bevel op ‘n prokureur en
klient skaal moet maak nie.
[18]
In die
omstandighede word die volgende bevel gemaak:
(a) Dat die toekenning
van die arbiter Oud Regter M D J Steenkamp waarvan ‘n afskrif
aangeheg is by die stukke as bylaag “A”
‘n bevel van hierdie
hof gemaak word.
(b) Dat die respondent
gelas word om rente aan applikant te betaal op die bedrag van R204
000.00 teen 15.5% per jaar bereken vanaf
1 Maart 2005 tot datum van
betaling
(c) Dat die respondent
die koste – insluitend die koste van 2 Maart 2006 en 4 Mei 2006
moet betaal.
____________
C.J. MUSI, R
Namens
die applikant: Adv. F.W.A Danzfuss SC
In
opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. Vlok
In
opdrag van:
Israel
Sackstein Matsepe Inc.
BLOEMFONTEIN
/ms