About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 12
|
|
Venter NO and Another v Coetzee and Others (5704/2005) [2006] ZAFSHC 12 (1 June 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 5704/2005
In
die saak tussen:
CHARL
JACOB VENTER N.O.
Eerste Applikant
JACOBUS
HENDRIKUS JANSE VAN
Tweede Applikant
RENSBURG
N.O.
en
BAREND
BURGER (BEN) COETZEE
Eerste Respondent
JACOBUS
JOHANNES (KOBIE) COETZEE
Tweede
Respondent
JOHANNES
ERNST (JOHAN) COETZEE
Derde Respondent
DIE
REGISTRATEUR VAN AKTES,
Vierde Respondent
BLOEMFONTEIN
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
18 MEI 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
1 JUNIE 2006
_____________________________________________________
I INLEIDING
[1] Die applikante vra
dat die huurkontrak ingevolge waarvan eerste respondent feitlik al sy
bates aan sy broers, tweede en derde
respondente, in hulle
hoedanigheid as vennote van die Coetzee Boerdery vennootskap verhuur
het vir ân termyn van 20 jaar met ân
opsie om nog verder te huur,
nietig en derhalwe ongeldig verklaar word.
[2] Die applikante is die
likwidateurs van BSM Marketing Management (Edms) Bpk.
[3] Eerste respondent het
as direkteur van ân maatskappy genaamd Blueskeye, wat sy naam later
na BSM Marketing Management (Edms)
Bpk verander het, ân piramide
skema bedryf.
[4] Die applikant se saak
is dat die huurkontrak aangegaan is met die doel om eerste respondent
se bates op ân bedrieglike manier
teen skuldeisers te beskerm.
Applikante sê hulle aksie is analoog aan die A
ctio Pauliana
.
II VORIGE REGSPROSESSE
Daar was vorige
litigasie waarin die partye betrokke was en ondervraging het
geskied ingevolge artikel 417 van die Maatskappyewet
61 van 1973.
In die Transvaalse
Provinsiale Afdeling onder saaknommer 6663/02 het Blueskeye Private
Equity (Edms) Bpk ân bevel teen die Registrateur
van Banke
versoek dat sy besluit dat die applikante die bedryf van ân bank
uitgeoefen het, tersyde gestel word. Van der Walt
R het daardie
aansoek op 30 Mei 2003 afgewys.
Die huidige twee
applikante het onder saaknommer 916/2003 (OPA) aansoek gedoen dat
BSM ân onwettige piramidale skema bedryf
het met die oogmerk om
die publiek te mislei. Beckley R het op 17 Junie 2004 so ân
bevel gemaak.
In Oktober 2002, na die
likwidasie van BSM, het die Meester ân kommissaris aangestel
ingevolge artikel 417 en 418 van die Maatskappyewet
om ondervraging
te doen.
III DIE GETUIENIS IN
ANDER VERRIGTINGE
[6] Die applikante steun,
veral in repliek, op uitlatings deur eerste, tweede of derde
respondent in getuienis voor die Kommissie
ingevolge artikel 417 van
die Maatskappyewet sowel as op wat in eedsverklarings in die TPA saak
663/02 en OPA saak 916 gesê is.
[7] Mnr. Danzfuss, namens
respondente, maak beswaar teen die gebruik van sodanige getuienis.
[8] ân Hof is nie
geregtig om getuienis in ander verrigtinge as getuienis in die saak
voor hom te behandel nie â
AFRICAN GUARANTEE & INDEMNITY
CO LTD v MONI
1916 AD 524
op 532
medio pagina
;
RAND
COLD STORAGE & SUPPLY CO LTD v ALLIGIANES
1968 (2) SA 122
(T) op 124 H â 125 A;
DU PLESSIS NO v OOSTHUIZEN; DU PLESSIS
NO v VAN ZYL
1995 (3) SA 604
(O) op 619 I â J.
IV DIE INSOLVENSIE
ONDERVRAGING
[9] Artikel 417(2)(b) van
die Maatskappyewet het tot 2002 bepaal dat ân antwoord as getuienis
gebruik kan word teen die persoon
wat dit gegee het. In
FERREIRA
v LEVIN NO AND OTHERS; VRYENHOEK AND OTHERS v POWELL NO AND OTHERS
1996 (1) SA 984
(KH) is verklaar dat die bepalings van artikel
417(2)(b) ongeldig is vir gebruik in strafverrigtinge (par. [157]1).
[10] In
BERNSTEIN
AND OTHERS v BESTER AND OTHERS NNO
[1996] ZACC 2
;
1996 (2) SA 751
(KH) het
die Hof spesifiek beslis dat dit nie ongrondwetlik was dat die ou
artikel 417(2)(b) (voor 2003) gemagtig het dat sulke getuienis
in
siviele sake teen so ân persoon gebruik mag word nie.
[11] Na aanleiding van
die
FERREIRA
-saak is artikel 417(2)(b) gewysig deur Wet
55 van 2002 met ingang van 17 Januarie 2003 waardeur die magtiging om
antwoorde teen ân
persoon te gebruik, weggeneem is.
[12] Mnr Danzfuss sê die
wysiging van artikel 417(2)(b) skrap die magtiging om getuienis teen
die aflegger te gebruik in hetsy sivielregtelike
hetsy strafregtelike
verrigtinge. Hy sê die nuwe artikel 417(2)(b) handel net met
strafsake, dus geld die gemene reg nou weer ten
opsigte van siviele
sake.
[13] Mnr Danzfuss sê ook
dat die huidige ondervraging gedoen is ingevolge artikel 418.
Artikel 418 maak nie die bepalings van artikel
417(2)(c) van
toepassinmg op artikel 418 verrigtinge nie.
[14] Henochsberg on the
Companies Act by artikel 418(1)(d) sê dat dit ân
casus omissus
is.
[15] Blackman
et al
,
Commentary on the Companies Act
, vol III te 14-494 wys daarop
dat, streng gesproke, daar nie iets is soos ân artikel 417
ondervraging nie. Die ondervraging staan
altyd in verband met die
likwidasie van ân maatskappy.
[16] Met verwysing na die
FERREIRA v LEVIN
-saak sê Blackman dat die
ongeldigheidsverklaring eng was. ân Persoon wat ondervra word se
antwoorde kan in siviele verriginge
teen hom gebruik word (14-490-1,
voetnoot 1). Die Hof het ingevolge artikel 3 van Wet 45 van 1988 ân
diskresie om die getuienis
toe te laat.
[17] Betreffende die
gewig wat aan die getuienis geheg moet word, moet die getuienis in sy
volle totaliteit oorweeg word. ân Hof
is nie verplig om gelyke
waardes aan elke deel van die verklaring te gee nie. Die
oortuigingskrag van elke gedeelte daarvan gemeet
aan
geloofwaardigheid, moet teenoor mekaar geweeg word en moet aan die
gedeeltes wat die verklaarder begunstig soveel gewig geheg
word as
wat die hof oordeel dit verdien (Per Olivier Wnd R in
DU
PLESSIS NO v OOSTHUIZEN EN âN ANDER
1999 (2) SA 191
(O)
(Volbank) 206 E â F.)
[18] Hattingh R het in
die 1994
DU PLESSIS NO v OOSTHUIZEN; DU PLESSIS NO v VAN ZYL
1995 (3) SA 604
(O) bevind dat die rekord van die insolvensie
ondervraging toelaatbaar is as getuienis teen die verweerder in die
verhoor (op 621
D â E). Die bewyskrag van sodanige getuienis moet
deur die Verhoorhof beoordeel word (op 612 F â G). Die oorkonde
kan gebruik
word om die geloofwaardigheid te toets. Hierdie
bevinding is deur die Volbank bekragtig
(1999 (2) SA 191).
[19] Die hele debat
rondom
FERREIRA v LEVIN
het oor inkrimering in
strafsake gehandel. Die posisie vir siviele sake bly steeds soos
uiteengesit in
DU PLESSIS NO v OOSTHUIZEN
naamlik dat
die getuienis toelaatbaar is en die hof sal die bewyskrag daarvan
bepaal.
[20] Die antwoorde by die
insolvensie ondervraging is toelaatbare getuienis, maar nie bewys van
die feite wat uit die getuienis blyk
nie -
DU PLESSIS NO v
OOSTHUIZEN
1995 (3) op 621 B â E.
V EEN PERSOON SE
GETUIENIS AS GETUIENIS TEEN âN ANDER
[21] Die algemene
beginsel is dat getuienis wat deur een persoon gegee is nie teen ân
ander gebruik kan word, tensy dit by ân
tribunaal gegee word waar
die party teen wie die getuienis aangevoer staan te word die
geleentheid het om die deponent te kruisondervra
nie -
SIMMONS
NO v GILBERT HAMER & CO LTD
1963 (1) SA 897
(N) te 918 D
â E.
VI EEDSVERKLARINGS IN
ANDER VERRIGTINGE
[22] Getuienis in vorige
verrigtinge kan nie aangevoer word om die waarheid van bewerings
daarin te bewys nie â
GUA v WILLOCK
1916 EDC 371
op
373. Die hof kan slegs waarde aan vroeëre uitlatings in
eedsverklarings heg vir soverre dit in kruisondervraging aan die
betrokke
getuie gestel is. (
SIMMONS NO
,
supra
loc cit
.)
VII BEPERKINGS IN
MOSIE-VERRIGTINGE
[23] By egte
feitegeskille is dit ongewens om te poog om die geskil by te lê
bloot op die waarskynlikhede wat blyk uit die getuienis
in die
eedsverklarings â
DA MATA v OTTO NO
1972 (3) SA 858
(A) op 865 H. Beslissings oor feite kan nie behoorlik op ân
oorweging van die waarskynlikhede gedoen word nie, tensy die hof
tevrede
is dat daar nie egte feitegeskille is of dat bewerings so
vergesog en onhoudbaar is dat hulle bloot op die stukke verwerp kan
word
â
ADMINISTRATOR, TRANSVAAL AND OTHERS v THELETSANE AND
OTHERS
[1990] ZASCA 156
;
1991 (2) SA 192
(A) op 197 A.
[24] In mosie-verrigtinge
is daar nie ân geleentheid tot kruisondervraging nie. As die
respondent se aandag in die funderende eedsverklaring
gevestig word
op ân bewering wat hy of iemand anders in ander hofstukke gemaak
het, kan die respondent daarop reageer. Dit is
dan getuienis voor
die hof waaraan die hof ân waarde kan toeken â
SIMMONS NO v
GILBERT HAMER & CO LTD
,
supra
op 494.
[25] By meerdere
respondente soos wat hier die geval is, moet mens versigtig wees om
nie getuienis wat teen een respondent toelaatbaar
is, teen ân ander
te gebruik nie. Teen die ander respondente sou dit dan hoorsê
getuienis wees -
VULCAN RUBBER WORKS (PTY) LTD v SOUTH AFRICAN
RAILWAYS AND HARBOURS
1958 (3) SA 285
(A) te 296 F.
VIII FEITE WAT
GEMEENSAAK IS
[26] Die volgende is
gemene saak of nie werklik in geskil tussen die partye nie:
Dat die applikante, in
hul hoedanigheid as likwidateurs van BSM skuldeisers van die eerste
respondent is in die bedrag van R50,410,095.00,
plus R395,298.66,
synde die getakseerde en toegelate koste in saak nr 916/2003;
Die eerste respondent se
aanspreeklikheid teenoor die applikante spruit voort uit sy deelname
aan die onwettige skema van BSM Marketing
en ingevolge die bepalings
van artikel 424(1) en artikel 423 van die Maatskappyewet, Wet Nr 61
van 1973;
Die eerste respondent
het sedert ongeveer September 1998 beleggingsfondse gewerf onder die
handelsnaam JKB Finansiële Beleggings,
waarvan die besigheid
oorgedra is en voortgesit is in Spazago Management Services BK,
waarvandaan die besigheid mettertyd oorgeneem
is in Tresso Trading
351 (Edms) Beperk, welke maatskappy se naam verander is na Blueskeye
Private Equity (Edms) Beperk en mettertyd
weer oorgeneem is in BSM,
wat nou in likwidasie is en waarvan die applikante die likwidateurs
is.
Hoewel die respondente sê
hierdie bewerings is hoorsê getuienis en daarom ontoelaatbaar, plaas
hulle dit nie in geskil nie.
Die eerste respondent
het by die entiteite in die subparagraaf direk hierbo vermeld
kommissies verdien en hy het ook winste uit
eie beleggings
gegenereer.
Respondente sê hierdie
bewerings is nooit deur tweede of derde respondent gemaak nie en dus
ontoelaatbaar teen hulle. Hulle plaas
dit nie in geskil nie.
Op 3 Julie 1996 het die
eerste tot derde respondente ân vennootskapsooreenkoms wat as
Coetzee Boerdery handelgedryf het, gesluit.
Die vennootskap is
mettertyd ontbind. ân Dispuut bestaan oor die datum van
ontbinding, waaraan later verdere aandag gegee word.
Op 16 Oktober 2001 rig
die Registrateur van Banke ân skrywe aan Blueskeye en bring onder
die eerste respondent, as direkteur van
Blueskeye, se aandag dat ân
vermoede bestaan dat Blueskeye/BSM se besigheid die Bankwet oortree.
Reeds voor 16 November
2001 het die inspekteurs verbonde aan Deloitte & Touche die
kantore van BSM te Bloemfontein besoek en
dié se sake ondersoek om
vas te stel of die besigheid van ân bank bedryf word, en wou hulle
van die eerste respondent weet waar
die geld is en hoe die geld aan
kliënte terugbetaal gaan word, welke uiteraard ook na die eerste
respondent se kommissie-verdienstes
verwys het.
Mnr Danzfuss sê hierdie
bewerings het niks met tweede en derde respondente te doen nie en kom
uit ander bronne. Die feit dat die
inspekteurs daar was, word nie
ontken nie.
Die eerste respondent
was bekommerd oor die ingryping deur die Reserwe Bank, welke kommer
reeds gedurende Oktober 2001 bestaan het.
Tweede en derde
respondente sê hierdie bewerings kan nie teen hulle gehou word nie.
Op 15 Desember 2001 het
die eerste tot derde respondente ân notariële huurkontrak geteken
in terme waarvan die eerste respondent
feitlik al sy roerende en
onroerende bates, synde vier plase en vee, met uitsluiting van
voertuie, aan die tweede en derde respondente
verhuur.
Die notariële
huurkontrak is op 18 Maart 2002 geregistreer.
Alle plase en vee
waaroor die eerste respondent beskik het, is aan die tweede en derde
respondente verhuur. Die waarde van die
verhuurde items word op
aanhangsel âKâ as nagenoeg R2 miljoen aangedui.
Selfs na verstryking van
die 20 jaar-lange notariële huurkontrak het die tweede en derde
respondente die opsie om die huurkontrak
te verleng.
Die huurgelde word nie
noodwendig aan die eerste respondent betaal nie, maar aan
verbandhouers, wat die resultaat kan hê dat selfs
huurgelde buite
die eerste respondent se boedel bly.
Die respondente swyg ten
aansien van die feit of huurgelde intussen aan die eerste respondent
uitbetaal is. Daar word slegs gepraat
van huurgelde wat âtoegekenâ
is.
[27] Die volgende aspekte
betref regspunte en regsgevolge:
(i) Applikante sê dat
eiendomsreg van die vee as gevolg van die huurkontrak op tweede en
derde respondente oorgegaan het. Mnr Danzfuss
betwis dat eiendomsreg
oorgegaan het. Feit is dat eerste respondent geen beskikkingsreg oor
die vee het nie. Hy het net ân vorderingsreg
wat hy oor 20 jaar
kan afdwing. Dan kan hy eis dat soortgelyke vee aan hom oorgedra
word.
(ii) Wat eksekusie-stappe
betref, sê applikante dat dit onderhewig sal wees aan die regte van
tweede en derde respondente ingevolge
die notariële huurkontrak.
Mnr Danzfuss sê die balju kan op die huurkontrak self beslag lê en
dit kan tot skuldeisers se voordeel
wees.
(iii) Applikante sê die
balju het op geen bates beslag gelê wat die onderwerp van die
notariële huurkontrak is nie. Mnr Danzfuss
sê die balju moes meer
gedoen het.
IX GESKILPUNTE
[28] Daar is vier primêre
geskilpunte:
[29] 1.
Die tydperk
van staking van BSM se besigheid.
1.1 Die applikante voer
aan dat, weens die aanvang van die Deloitte & Touche/Reserwe Bank
ondersoek op 16 Oktober 2001 en veral
14 November 2001, verdere
besigheid in Blueskeye, op advies van hul adviseurs, gestaak is.
1.2 Die respondente voer
aan dat die besigheid van BSM voortgesit is tot 26 Februarie 2002 toe
ân kennisgewing van die Reserwe Bank
ontvang is dat die besigheid
van BSM die bedryf van ân bank daarstel.
1.3 In die repliserende
eedsverklaring (op bl 253 par. 10.6) word verwys na hoorsê bewerings
van mnr Huisamen waarop respondent nie
reageer in dupliek nie.
Daardie bewerings moet buite rekening gelaat word.
1.4 Respondent se
weergawe oor wanneer die besigheid gestaak is, moet aanvaar word.
[30] 2.
Tydstip van en
rede vir ontbinding van die vennootskap.
2.1 Die drie respondente
het op 3 Julie 1996 ân vennootskapsooreenkoms gesluit met die doel
om handel te dryf as Coetzee Boerdery.
2.2
Applikante sê
die eerste respondent het op 15 April 1999 uit die vennootskap
getree.
2.3 Die notule waarop
applikant steun vir daardie bewering, sê dat eerste respondent
belangstel om ân nuwe besigheid te begin.
Die boerdery distansieer
homself van die nuwe besigheid. Die notule sê dan âB B Coetzee
sal nie meer genoeg tyd hê om in die
boerdery te spandeer nie en
daarom sal J J en J E Coetzee die boerdery behartigâ. Applikant sê
hierdie notule beteken dat eerste
respondent op 15 April 1999 uit die
vennootskap bedank het.
2.4 Die respondente sê
dat daar geen aanduiding is dat die vennootskap op 15 April 1999
ontbind het nie. Die eerste respondent het
toe ân rustende vennoot
geword, maar sy winsdeling het onveranderd gebly. Respondente sê
eerste respondent het as rustende vennoot
voortgegaan totdat hy op 15
Januarie 2001 kennis gegee het dat hy uittree as vennoot.
2.5 Mnr Zietsman sê
respondente se getuienis is verwerplik vir die volgende redes:
(i) Respondente het
verskeie dokumente teruggedateer, dus bestaan daar twyfel oor die
outentisiteit van die notule â02â van 15
Januarie 2001 waarin
respondent bedank.
Die respondente voer in
dupliek gronde aan waarom dié datum aanvaar moet word. Daar is nie
sprake van terugdatering nie. Die dokumente
het net terugwerkende
krag. Daar is ân verskil tussen om ân dokument terug te dateer
en om in ân dokument te bepaal dat iets
terugwerkende krag het.
Schoeman, respondente se
regsverteenwoordiger, sou ân notule verlang het ter bevestiging
van die beëindiging van die vennootskap.
Die prokureur sou nie
noodwendig sodanige notule verlang nie.
(iii) Eerste respondent
gee in saak 916/2003 te kenne dat die vennootskap op 15 April 1999
ontbind het. Hy doen dit ook in ander
hofstukke waarop applikant
steun en hy sê dat eerste respondent die einde van 2000 lankal nie
meer lid van die vennootskap was nie.
In dupliek sê die
respondente dat die datum 15 April 1999 in daardie stukke ân fout
was. Die eerste respondent dui aan dat daar
nie op daardie datum
gefokus was nie en bevestig weer dat hy op 15 Januarie 2001 eers as
vennoot uitgetree het.
(iv) Die finansiële
state van die eerste respondent vir die periode toe die vennootskap
nie meer bestaan het nie, toon vee-verkope
en vee-aankope.
In dupliek sê die
respondente dat eerste respondent vir sy eie rekening vee aangekoop
en verkoop het waarby die vennootskap nie ân
belang gehad het nie
en dat applikante bewus is daarvan. Eerste respondent het voor en na
sy uittrede uit die vennootskap sy inkomste
aangevul met ân
skeerdiens. Hierdie sakebedrywighede word in sy finansiële state
aangedui onder die hoof âVeebemarker/skeerdiensâ.
(v) Waarom sou tweede en
derde respondente hulle op 15 April 1999 distansieer van die
beleggingsbesigheid van eerste respondent?
Mnr Zietsman sê net
omdat hulle geweet het alles is nie pluis met eerste respondent se
besigheid nie.
Mnr Danzfuss argumenteer
dat daar verskeie redes voor kon gewees waarvan nie almal sinister
was nie.
2.6 Hierdie is nie ân
geval waar respondente se weergawe duidelik onhoudbaar is nie en moet
aanvaar word dat eerste respondent se
bedanking eers op 15 Januarie
2001 plaasgevind het. Dit is wel duidelik dat hy sedert 15 April
1999 (of vroeër) nie aktief aan
die besigheid van die vennootskap
deelgeneem het nie. Die eerste respondent se saak is dat hy vanaf 15
April 1999 ân rustende
vennoot was. Die vennootskap het dus
effektief reeds nie bestaan wat eerste respondent betref vanaf 15
April 1999 nie, hoewel hy
later eers bedank het, en die vennootskap
dus juridies later eers ontbind het.
[31] 3.
Die derde
geskil â verlyding van die huurkontrakte
Die respondente gee te
kenne dat die besluit om ân huurkontrak aan te gaan teweeg gebring
is deur die eerste respondent se bedanking
uit die vennootskap op 15
Januarie 2001.
Mnr Zietsman sê dat
hierdie weergawe vir die onderstaande redes verwerplik is:
As, soos deur
respondente beweer, die eerste respondent inderdaad op 15 Januarie
2001 uit die vennootskap bedank het omdat hy te
besig was met die
beleggingsbesigheid, dan bestaan daar geen logiese rede waarom hy
steeds, na die aanvang van die Reserwe Bank
ondersoek, en terwyl hy
bekommerd was oor die voortsetting van Blueskeye se besigheid,
gedurende Desember 2001 die notariële kontrak
sou verly nie. Die
waarskynlikheid sou eerder wees dat die eerste respondent weer tot
die vennootskap sou wou toetree ten einde
ân inkomste te genereer
â veral in die lig van die respondente se toegewing dat die eerste
respondent ân kleiner inkomste
as verhuurder sou ontvang as wat hy
as vennoot ontvang het.
Dit is uiters
onwaarskynlik dat bykans ân jaar sou verloop tussen die
instruksies aan die respondente se prokureur om ân notariële
huurkontrak op te stel en die uiteindelike opstel daarvan.
Op die respondente se
eie weergawe het hulle hul prokureur twee keer moes opdrag gee om
die skriftelike huurkontrak te finaliseer.
Die tydsberekening vir
die ondertekening van die notariële huurkontrak, veral met
inagneming van die Reserwe Bank ondersoek, spreek
boekdele van die
respondente se oogmerk om die eerste respondent se skuldeisers te
benadeel.
Die respondente is
broers en vertrou mekaar. Schoeman, wat ook die opdraggewende
prokureur in die TPD-aansoek was, adviseer die
respondente dat, ten
einde werking teenoor derdes te hê, die huurkontrak notarieel verly
moet word. Daardie derdes kan maar net
die eerste respondent se
krediteure gewees het.
In soverre as wat die
respondente steun op die finansiële jaarstate om aan te toon dat
geen bedrog by die verlyding van die notariële
huurkontrak ter
sprake was nie, moet daarop gelet word dat die finansiële jaarstate
lank na die einde van die betrokke finansiële
jaar eers opgestel
word. Daarbenewens is dit opmerklik dat die respondente nalaat om
aan te toon hoe die huurgelde inderdaad aan
die eerste respondent
oorbetaal is, wat daarvan aanduidend is dat die huurkontrak nie ân
armlengte transaksie was nie. Op hulle
weergawe is huurgeld slegs
âtoegekenâ.
Die notariële
huurkontrak skep in wese vir die respondente dieselfde gevolge as
die vennootskap, met uitsondering dat die vennootskapbates
vir die
eerste respondent se krediteure aanspreeklik sou wees terwyl dit nou
nie meer is nie.
Die aangaan van die
notariële huurkontrak het ook die eerste respondent se erfgrond
beskerm teen die aansprake van sy krediteure
en is dit waarskynlik
dat die tweede en derde respondente die eerste respondent uit die
vennootskap wou uitkry weens die eerste
respondent se
aanspreeklikheid, op sterkte van die onwettige piramidale
bedrywighede van BSM.
Die waarskynlikheid dat
die eerste tot derde respondente, omdat hulle broers is, geweet het
van die Reserwe Bank ondersoek, behoef
min betoog.
[32] Die applikante sê
dat die huurkontrak op 15 Desember 2001 aangegaan is. Dit is die
datum van ondertekening daarvan. Dit is
op 18 Maart 2002
geregistreer. Die effektiewe datum daarvan is 1 Maart 2001. Die
applikante sê die huurkontrak is onderteken op
15 Desember 2001 kort
nadat die Registrateur van Banke se voorlopige inspekteurs aangestel
is.
[33] Die respondente se
saak is dat kort nadat die vennootskap op 15 Januarie 2001 ontbind
het met effek van 28 Februarie 2001, het
die partye besluit om ân
huurkontrak aan te gaan. Die respondente het hul prokureur op 30
Januarie 2001 opdrag gegee om voort
te gaan met die opstel van die
huurkontrak. Toe respondente gedurende die tweede helfte van 2001
weer met die prokureur konsulteer,
het dit geblyk dat hy nie die
dokument gefinaliseer het nie. Hulle het toe âformeel opdrag aan
hom gegee om voort te gaan met
die opstel en verlyding van die
kontrakâ. Hulle is uiteindelik op 15 Desember 2001 deur hul
prokureur ingelig dat die kontrak
gereed is vir ondertekening. Die
respondente heg aanhangsel âO5â aan waaruit blyk dat aldrie
broers een derde van die wins gekry
het vir die jaar geëindig 28
Februarie 2001. Respondente sê vir die jaar 28 Februarie 2002 was
die tweede en derde respondente
die enigste vennote van die
vennootskap.
[34] Applikante se saak
is dat die huurkontrak aangegaan is toe respondente sien daar kom
probleme terwyl die respondente sê dit
was ân natuurlike
uitvloeisel van die feit dat eerste respondent uitgetree het.
Ingevolge die huurkontrak kry die eerste respondent
een derde van die
netto opbrengs.
[35] Mnr Danzfuss sê
âO2â, die notule van 15 Januarie 2001, verduidelik dat daar op
die huurkontrak besluit is op 15 Januarie
2001. Hy sê die hof sal
ook moet bevind dat prokureur Schoeman ân leuenaar en bedrieër is,
want hy staaf respondente se weergawe
onder eed.
[36] Respondente se
weergawe oor die datum van die huurkontrak moet op die stukke aanvaar
word. Dit is opvallend dat die notule van
15 Januarie 2001, toe
besluit is op die huurkontrak, nie na ân langtermyn huur verwys nie
en geen melding van registrasie daarvan
maak nie. Die feit dat
respondente te midde van die Reserwe Bank ondersoek voortgegaan het
met notariële verlyding en registrasie,
is relevant met betrekking
tot die bepaling van hulle opset, waarmee hierinlater gehandel word.
[37] 4.
Die
begrieglike oogmerk van die respondente
Die respondente ontken
dat die eerste respondent, en gevolglik tweede en derde
respondente, kommer sou hê oor die ingryping deur
die Reserwe Bank
in die besigheid van BSM.
4.2 Op die
waarskynlikhede sou eerste respondent sy vrese voortspruitend uit die
Reserwe Bank ondersoek na die sake van BSM met sy
broers, die tweede
en derde respondente bespreek het. Hulle bly bymekaar, deel
dieselfde prokureur, was vennote en is ook nou verhuurder
en
huurders.
[38] Mnr Danzfuss sê
daar is geen feite in die stukke wat teen tweede en derde respondente
aangevoer word nie. Niks verwys na hulle
nie. Ook teen eerste
respondent sê hy is daar nie getuienis nie.
[39] Die respondente se
oogmerk soos blyk uit die omstandighede word hieronder bespreek met
verwysing na die
Actio Pauliana
.
X REGSHULP : ACTIO
PAULIANA
[40]
Die regshulp
wat applikante vorder, het die
Actio Pauliana
as onderliggende
skuldoorsaak. ân Vervreemding
in fraudem creditorum
bied ân
gemeenregtelike grond vir tersydestelling van ân bedrieglike
transaksie tot nadeel van skuldeisers insluitende potensiële
skuldeisers (
SCHARFFâS TRUSTEE v SCHARFF
1915 TPD 463
op 470 en 476). Mnr Zietsman sê die enigste verskil met die
Actio
Pauliana
is dat hierdie bates wat verhuur word nie opgevorder
word nie, maar ân verklarende bevel verlang word wat die
causa
van die beswaring en vervreemding van bates tersyde stel oftewel
nietig verklaar. Mnr Danzfuss se standpunt is dat die
SCHARFFâS
TRUSTEE
beslissing verdag is. Die applikante moet staan of
val by die
Actio Pauliana
.
SCHARFFâS TRUSTEE
is met goedkeuring aangehaal in
KERBYN 178 (PTY) LTD v VAN DEN
HEEVER AND OTHERS NNO
2000 (4) SA 804
(W) op 817 H â I. In
HOCKEY NO v RIXOM NO AND SMITH
1939 SR 107 op 118 sê
Hoofregter Russell dat die
Actio Pauliana
een van die middels
is wat gebruik was teen vervreemdings in
in
fraudem
creditorum
. Applikante is dus nie beperk tot die
Actio
Pauliana
nie.
XI VEREISTES VIR DIE
ACTIO PAULIANA
[41] Die
Actio
Pauliana
is ân middel tot ân kurator se beskikking om die
vervreemding
in fraudem creditorum
ter syde te stel â
KERBYN
,
supra
op 817 H â I).
[42] Die vereistes van
die
Actio Pauliana
is die volgende met verwysing na die feite:
[43] 1. Daar moet ân
vervreemding wees -
van die skuldenaar se
bates (
HOCKEY NO v RIXOM NO AND SMITH
,
supra
op
118); of:
van regte; alle voordele
uit die transaksie is ook inbegrepe (
KERBYN
,
supra
op 818 G â 819 D).
Mnr Zietsman sê dat
hierdie huur ân sogenaamde skaapkudde-huur (sheep-lease) is
ingevolge waarvan eiendomsreg verwissel vanaf verhuurder
na huurder.
Dit is streng gesproke nie ân huur nie, maar ân
mutuum
(verbruikerleen, leen van vervangbare sake) teen geldwaardige
prestasie (Maasdorp,
The Law of Contracts
, Vol III, 9de
Uitgawe 210;
HOFFEND v ELGETI
1949 (3) SA 91
(A) te
103).
[44] Verder sê mnr
Zietsman dat applikante se vorderingsreg teenoor die huurder eers op
vroegste oor 20 twintig jaar afgedwing sal
kan word. Applikante het
ân
spes
om die vorderingsreg oor 20 jaar af te dwing. Mnr
Zietsman sê ân vorderingsreg hang saam met beskikkingsbevoegdheid
en die uitstel
van applikante se beskikkingsbevoegdheid maak die reg
minder werd.
[45] Mnr Danzfuss sê die
huurkontrak kan ân positiewe waarde hê. Uit die state blyk dat
vir die jaar geëindig 28 Februarie 2002
daar ân netto wins van
R249 145,80 was waarvan eerste respondent op een derde geregtig is
ingevolge die huurkontrak. Vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2003
toon eerste respondent se state imkomste uit huurgelde van R248
798,00. Op die grond wat verhuur word,
bly daar ân netto wins.
Mnr Danzfuss sê ân eksekusie-skuldeiser sal graag daardie inkomste
wil hê. Hy sê daar is nie getuienis
dat die huur nie markverwant
is nie. Daarom, sê hy, is hier nie getuienis dat daar ân
vermindering is van die eerste respondent
se bates of regte nie. Hy
verwys na prof Loubser se verklaring, wat sê dit is algemene gebruik
om huur van lande en selfs vee te
baseer op ân deel van die netto
of bruto opbrengs. Die professor sê dit is bykans onmoontlik om die
riglyn opbrengste te manipuleer.
Mnr Danzfuss sê daar kan op die
huurkontrak beslaggelê word. Al die regte van eerste respondent kan
verkoop word.
[46] ân Skuldeiser soek
onmiddellike betaling. Weinig skuldeisers sou bereid wees om vir 20
jaar te wag vir betaling. Die likwidateurs
(applikante) se taak is
om die boedel af te handel, nie vir 20 jaar of langer vir uitbetaling
te wag nie. Hier was ân vermindering
van die eerste respondent se
regte as gevolg van huurkontrak. Die beskikkingsbevoegdheid oor die
bates is weggeneem, vir so ân
lang tydperk dat die regte se waarde
verminder.
[47] 2. Die tweede
vereiste van die
Actio Pauliana
is dat die persoon wat ontvang
nie sy eie eiendom ontvang nie.
[48] Waar teenprestasie
nie gelewer word nie, is dit voldoende as slegs die ontvanger
bedrieglik opgetree het. Waar teenprestasie
wel gelewer word, moet
bewys word dat beide partye bedrieglik opgetree het â
KOMMISSARIS
VAN BINNELANDSE INKOMSTE EN âN ANDER v WILLERS EN ANDERE
1999 (3) SA 19
(HHA) par [21].
[49] Mnr Zietsman sê die
eerste respondent verhuur sy bates aan tweede en derde respondente
vir 20 jaar. Dus kan die verhuurder
sy vorderingsreg op die eiendom
eers oor 20 jaar uitoefen. Die huurders, tweede en derde
respondente, gee geen teenwaarde vir die
afstand doen van daardie reg
nie. Die teenwaarde het niks te doen met die huurgeld wat betaal
word nie.
[50] Die reg waaroor dit
hier gaan, is die beskikkingsreg oor eerste respondent se bates.
Deur daardie bates by wyse van ân langtermynhuurkontrak
prakties
buite bereik van sy skuldeisers te plaas en afstand te doen van sy
beskikkingsbevoegdheid daaroor, het die eerste respondent
afstand
gedoen van sy reg waarvoor die tweede en derde respondente geen
teenprestasie gegee het nie.
[51] 3. Die derde
vereiste van die
Actio Pauliana
is dat daar ân bedoeling
moes wees om te bedrieg.
[52] Dit is nie ân
vereiste dat die eerste respondent moes weet dat hy insolvent is nie.
Hy moes weet dat hy kon insolvent raak.
Sien
KERBYN
,
supra
op 818 B met verwysing na
SCHARFFâS TRUSTEE
,
supra
te 476:
â
The knowledge of the insolvent that
he would cease to be solvent by reason of the alienation is by itself
fraud.â
en te 473:
â
The cessions
were made, therefore, at a time when the insolvent could reasonably
expect a sequestration of his estate, and, even assuming
the
bona
fides
of the deed of August 24
th
,
they were not, except as to the sum of £500, made either
bona
fide
or for lawful consideration
(
Chinâs Trustees v National Bank
(1915, A.D. 353).
But for the reasons
which I have already given, I do not believe that the parties
intended this deed to be a genuine donation of
the property
mentioned.â
[53] Mnr Danzfuss sê die
eerste respondent was besig om enorme kommissies te verdien toe
hierdie huurkontrak aangegaan is. Eerste
respondent het van 31
Augustus 2000 tot 16 Maart 2002 R2 844 415,09 kommissie verdien.
Oorbetalings wat eerste respondent gemaak
het, wat kommissies moes
wees wat hy verdien het, was in die bedrag van R5 662 548,00. Die
Coetzee Boerdery vennootskap het R832
286,80 by eerste respondent
geleen.
[54] Die volgende is
belangrik om respondente se instelling te bepaal:
Respondente is broers.
Die eerste respondent
was op die stadium toe die huurkontrak geteken is reeds vir meer as
ân jaar nie by die boerdery betrokke
nie.
Daar is ân ondersoek
van die Registrateur van Banke aan die gang, en daarna word
notariële verlyding en registrasie van die huurkontrak
gedoen ten
einde beskerming teen derdes (insluitende eerste respondent se
skuldeisers) te bewerkstellig.
Die eerste respondent
het skuldeisers van nagenoeg R50 miljoen. Die balju kon nie daarin
slaag om die nagenoeg R500 000,00 waarvoor
applikante vonnis het,
uit eerste respondent te kry nie.
Alle plase en vee
waaroor die eerste respondent beskik het, is aan die tweede en derde
respondente verhuur. Die waarde van die
verhuurde items word op
aanhangsel âKâ as nagenoeg R2 miljoen aangedui.
Die buitengewoon lang
huurtermyn sowel as die opsie aan die tweede en derde respondente
verleen om die huurtermyn te verleng, bring
effektief mee dat die
bates luidens die notariële huurkontrak aan die tweede en derde
respondente verhuur, wat betref skuldeisers,
nie meer bates van die
eerste respondent is nie.
Die blote feit dat die
eerste respondent enersyds en tweede en derde respondente andersyds,
en op advies van ân prokureur, die
huurkontrak notarieel laat
registreer het terwyl dit vir die geldigheid daarvan nie nodig was
nie, demonstreer die respondente
se bedrieglike oogmerk.
[55] Die applikante hoef
nie te bewys dat die enigste redelike afleiding uit respondente se
optrede was dat hulle die eerste respondent
se skuldeisers wou
benadeel nie. In ân siviele saak sal die applikante hulle van die
bewyslas kwyt indien hulle die hof kan oortuig
dat die afleiding wat
hulle voorstaan die mees voor-die-hand-liggende en aanvaarbare
afleiding is van ân aantal moontlike afleidings
-
AA
ONDERLINGE ASSURANSIE-ASSOSIASIE BPK v DE BEER
1982 (2) SA
603
(A) op 614 H.
[56] Die mees
voor-die-hand-liggende rede waarom eerste respondent ân langtermyn
huurkontrak aangegaan het en notarieel laat verly
en registreer het,
was om die bates buite bereik van sy skuldeisers te kry.
[57]
Die
verlening van sekuriteit in insolvente omstandighede vir ân
verpligting reeds vroeër aangegaan, word beskou as nie binne die
gewone loop van besigheid gedoen (Mars,
The
Law of Insolvency in S A
, (1988) 219 â
220). Dit was nie nodig vir enige van die respondente se regte om
die huurkontrakte te registreer nie. Die enigste
uitwerking van
registrasie was om die eerste respondent se bates buite bereik van sy
skuldeisers te plaas. Dit was ân bedrieglike
handeling binne die
bedoeling van die
Actio Pauliana
.
[58] 4.
Die vierde
vereiste â die bedrog moes ân uitwerking gehad het
Bedrog word geag sy
uitwerking te gehad het as die bates van die skuldenaar na
vervreemding onvoldoende is om sy skuldeisers te betaal
â
FENHALLS
v EBRAHIM AND OTHERS
1956 (4) SA 723
(D&CLD) op 729 F â
G. Die balju se relaas toon onvoldoende bates. Die respondente
beweer nie dat eerste respondent voldoende
bates het om die skuld te
betaal nie.
XII SLOTSOM
[59] Applikante het
daarin geslaag om aan al die vereistes van die
Actio Pauliana
te voldoen. Hulle is geregtig op ân bevel ingevolge die
kennisgewing van mosie. Applikante het gevra vir die koste van twee
advokate,
wat nie teengestaan is nie. Die omvang van hierdie saak
regverdig sodanige bevel.
[60] Die volgende bevel
word gemaak:
1. Die huurkontrak
gesluit tussen die respondente op 15 Desember 2001 welke huurkontrak
notarieel verly is en geregistreer is op 18
Maart 2002, welke
huurkontrak aangeheg is as aanhangsel âLâ tot die funderende
eedsverklaring van applikant, word
ab initio
nietig en
derhalwe ongeldig verklaar.
2. Die vierde respondent
word gemagtig om die aktesregister dienooreenkomstig aan te pas ten
einde uitvoering aan die bevel hierbo
te gee.
3. Eerste tot derde
respondente word gesamentlik en afsonderlik gelas om die koste van
hierdie aansoek te betaal, insluitende die
koste van twee advokate.
____________
KRUGER, R
Namens
applikante: Adv P Zietsman
Bygestaan
deur:
Adv J G Gilliland
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
respondente: Adv F W A Danzfuss
In
opdrag van:
Schoeman
Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/sp