About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 71
|
|
Saffy NO and Others v Viljoen NO and Others (A258/2002) [2006] ZAFSHC 71 (25 May 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnommer.
: A258/2005
In
die saak tussen:
EUGENE
FREDERICK SAFFY N.O.
1ste
Appellant
RUDOLF
JOHANNES BRITZ N.O.
2de
Appellant
JACOB
JOHANNES VAN ZYL N.O.
3de
Appellant
NICOLAAS
JACOBUS NAUDE N.O.
4de
Appellant
JACOBUS
MICHIEL BURGER N.O.
5de
Appellant
CHRISTIAAN
JACOBUS GERHARDUS
DREYER
N.O.
6de
Appellant
CHRISTIAAN
JACOBUS POTGIETER N.O.
7de
Appellant
HENRY
LINDO BUCHNER N.O.
8ste Appellant
(in
hulle hoedanigheid as Trustees van die
H
& P BUSINESS TRUST, Nr. IT2340/2000)
en
PIETER
VILJOEN N.O.
1ste
Respondent
ARNO
VILJOEN N.O.
2de Respondent
NEIL
VILJOEN N.O.
3de Respondent
(in
hulle hoedanigheid as Trustees van die
LEEUPOORT
FAMILIE TRUST, Nr. IT387/1997)
______________________________________________________
CORAM:
HATTINGH,
Wnd RP
et
BECKLEY
R
et
CILLIé R
UITSPRAAK GELEWER
DEUR:
DIE HOF
GELEWER
OP:
25 MEI 2006
INLEIDING:
[1] Die
appellante was die applikante in die hof
a
quo
.
Die 1ste en 3de respondente is die trustees van die Leeupoort
Familie Trust (âdie Trustâ). Waar nodig sal die trustees by
die
naam genoem word.
[2] Die
appellante het ân dringende aansoek geloods vir spesifieke nakoming
van ân opsie-ooreenkoms (âdie opsieâ) ingevolge
waarvan die
Trust gebonde was om ân sekere eiendom aan appellante oor te dra
nadat appellante inderdaad die opsie uitgeoefen het.
[3] In
die hof
a
quo
het die respondente drie punte
in
limine
geopper. Die eerste punt was dat die trustees nie gesamentlik
ooreenkomstig die trustakte opgetree het nie. Meer in die besonder
het die hof bevind dat Pieter Viljoen nie behoorlik gemagtig was om
namens die Trust die opsie-ooreenkoms te onderteken nie. Die
oorblywende twee punte
in
limine
is nie deur die Verhoorregter behandel nie en is dit buitendien so
vergesog dat dit nie weer in hierdie hof geargumenteer is nie.
[4] Teen
hierdie bevinding kom die appellante nou in hoër beroep. Op appèl
het Mnr. Knoetze, namens respondente, die bevinding
van gebrek aan
magtiging probeer regverdig en nog twee âverweersgrondeâ geopper.
Vervolgens word daar met elkeen van daardie
gronde
seriatim
gehandel.
GEBREK AAN âN
MAGTIGING
[5] Hierdie verweer is,
nieteenstaande die uitoefening van die opsie deur appellante, op 22
November 2004 en nieteenstaande die pogings
van die Trust se
regsverteenwoordigers om ân gedwonge verkoping van die Trust se
eiendom af te weer, vir die eerste keer in die
beantwoordende
verklaring geopper.
[6] Pieter Viljoen was
feitlik die alter ego van die Trust en virtueel in beheer daarvan.
Soveel so dat hy sonder enige beletsel,
en na eie goeddunke,
gedurende sy leeftyd skriftelik enige trustee kan ontslaan en iemand
anders in sy plek aanstel. (Vergelyk Klousule
5.3.2 van die
trustakte).
[7] Ingevolge
Klousule 8.2.2 word die besluite van die twee trustees met regskrag
beklee, indien daar ân eenstemmige besluit is
âvan albei van
hulleâ.
[8] Van
besondere belang is klousule 28.2 en 28.4. Hierdie klousules lees
soos volg:
â
28.2 ân
Besluit wat op skrif gestel en deur al die trustees onderteken is,
het dieselfde regskrag as ân besluit wat op ân vergadering
van
trustees geneem is.
â
â
28.4 Die
trustees kan een of meer van hulle magtig om alle dokumente vir
amptelike doeleindes wat vir die administrasie van die Trust
en ter
uitvoering van enige transaksie wat met die Trust se sake verband
hou, nodig is, namens die trustees te teken en enige besluit
wat deur
ân trustee gesertifiseer is as ân ware uittreksel uit die notule
van ân besondere besluit van al die trustees, het
in alle opsigte
die regskrag as ân besluit wat deur die trustees onderteken is.â
[9] Die
hof
a
quo
het nie na hierdie klousules verwys nie. Dit is gevolglik nie in
oorweging geneem nie. Die hof het slegs na Klousule 9 verwys wat
handel met die âondertekening van dokumenteâ. Die tersaaklike
Klousule word soos volg verwoord:
â
9.1 Die trustees bepaal welke
trustee(s) tekenmagte het ten aansien van kontrakte, aktes en ander
dokumente met betrekking tot trust
sake.
9.2 Tekenmagte
van die trustees met betrekking tot die Trust se bankrekening word
deur die trustee gereël.
9.3 Behoorlik
genotuleerde besluit van die trustee is ân voorvereiste vir enige
handeling ingevolge 9.1 en 9.2.â
[10] Klousule 28.2 is
duidelik en ondubbelsinnig. Dit beteken eenvoudig dat die hou van ân
vergadering deur die trustees nie ân
wesenlike voorvereiste is vir
die neem van ân regsgeldige besluit nie. Wat wel vereis word is
dat sodanige besluit op skrif gestel
en deur al die trustees
onderteken moet word.
[11] Dit
beteken ook dat die besluit nie gelyktydig deur die trustees
onderteken hoef te word nie. Dit is ân verstandige klousule
wat in
die vooruitsig stel dat wanneer een trustee byvoorbeeld oorsee is die
Trust nog steeds aan die handelsverkeer kan deelneem
sonder dat daar
ân vergadering van trustees belê moet word, solank die besluit op
skrif gestel word en eventueel deur al die trustees
onderteken is.
Dit is ân eenvoudige klousule wat die vereiste vir die hou van ân
vergadering onnodig maak wanneer beide trustees
begerig is dat die
Trust op ân bepaalde wyse moet optree, veral waar die trustees op
dié tersaaklike tyd van optrede fisies van
mekaar verwyderd is.
[12] Klousule
28.2 verwys na ân besluit wat geneem is buite-om ân formele
vergadering, en is dit sinneloos om te verwys na die
notulering van
die besluit geneem in terme van Klousule 28.2. Gevolglik staan
Klousule 9 nie in die weg nie van die regsgeldigheid
van ân besluit
geneem deur al die trustees wat later in skrif bevestig en deur hulle
onderteken is.
[13] Die besluit wat op
ân âvergaderingâ geneem is wat Pieter Viljoen magtig om alle
dokumente ten aansien van die opsie-kontrak,
namens die Trust te
teken is ingevolge Klousule 28.2 regsgeldig en afdwingbaar. Die feit
dat daar nooit ân âvergaderingâ gehou
was nie is irrelevant.
Van belang is die feit dat daar ân skriftelike besluit is wat deur
beide die trustees onderteken is. Dit
maak nie saak wanneer hulle
dit onderteken het nie, solank dit maar net onderteken is. Dit is
gemene saak dat beide Pieter en Niel
die besluit onderteken het.
[14] Daar
is geen meriete in die submissie dat die voorskrifte van Klousule 9
die
besluit ongeldig maak nie. Word Klousules 8, 9 en 28 saamgelees
verkeer hulle in harmonie. Die een klousule beperk en kortwiek
nie
die ander nie.
Die
bevinding van die Verhoorregter dat daar nie die nodige magtiging was
nie, kan gevolglik nie staande gehou word nie.
AKADEMIESE
APPèL
[15] Mnr
Knoetze, namens die respondent, het by sy betoogshoofde aangeheg ân
afskrif van ân dagvaarding wat voorgee deur die appellante
teen die
respondente uitgereik is uit hierdie Hof op 2 Maart 2006.
[16] In
die besonderhede van vordering word deur die appellante beweer dat
hulle ân skriftelike sessie-ooreenkoms met Nedbank aangegaan
het op
16 Januarie 2006 in terme waarvan Nedbank alle eise wat Nedbank teen
die Trust het, aan die appellante sedeer.
Dit
word dan voorts beweer dat die leningsooreenkoms wat Nedbank met die
Trust gesluit het, nie nagekom is nie en dat die volle uitstaande
bedrag derhalwe vorderbaar en betaalbaar geraak het. Appellante
vorder dan as sessionaris die bedrag van die lening van die
respondente
as trustees van die Trust. Voorts beweer die appellante
in die besonderhede van eis dat hulle as borge van die Trust deur
Nedbank
aangespreek was vir ân rentepaaiement wat die Trust versuim
het om te betaal en wat die appellante toe verplig was om namens die
Trust aan Nedbank te betaal. In die smeekbedes word die kapitaal
voormeld asook die rente voormeld dan van die respondente gevorder.
[17] Op grond hiervan
betoog mnr Knoetze dat die appèl akademies geword het. Hy voer aan
dat omdat die appellante se borgskap teenoor
Nedbank die basis van
die regshulp waarvoor in die aansoek gevra is vorm, daardie basis
vanweë die sessie nou nie meer bestaan nie.
[18] Die toelaatbaarheid
daarvan om hierdie feite op so ân informele wyse onder die Hof se
aandag te bring, is nie deur mnr Kemp,
namens die respondente,
bevraagteken nie. Hy het verkies om die geopperde punt op die
meriete daarvan te beantwoord. Die feit dat
in hierdie uitspraak die
geopperde punt op appèl oorweeg word, moet gevolglik nie as ân
presedent vir so ân prosedure beskou
word nie.
[19] Mnr
Kemp, namens die appellante, betoog dat as die appèl slaag, sal die
latere aksie verval en nie andersom nie en wel omdat
die aansoek
eerste in tyd is. Hy verduidelik dat die dagvaarding bloot as
voorsorg uitgereik is omdat aspekte soos verjaring ter
sprake mag
raak en die appellante nie kon voorsien wanneer ân hofdatum vir die
appèl beskikbaar sou wees nie.
[20] Die betoog van mnr
Knoetze verloor uit die oog dat nie alleen die skuldoorsake nie, maar
ook die regshulp gevorder in die aansoek
wat op appèl is, geheel en
al verskil van die regshulp aangevra in die latere dagvaarding. In
die aansoek word gevra vir ân bevel
wat die respondente gelas om
oordrag van die tersaaklike onroerende eiendom aan die appellante te
bewerkstellig. Dit word gedoen
op sterkte van ân opsie wat deur
die appellante uitgeoefen is. In die latere dagvaarding word die
kapitaal en rente verskuldig
in terme van die leningsooreenkoms
gevorder. Die basis van eersgemelde is ân skriftelike
opsie-ooreenkoms tussen appellante en
die respondente. Die basis van
laasgemelde is ân sessie van ân skriftelike leningsooreenkoms
tussen Nedbank en respondente verseker
met ân verband oor die
onroerende eiendom wat die onderwerp van die opsie is.
[21] Vir gemelde redes
asook die rede aangevoer deur mnr Kemp kan mnr Knoetze nie gelyk
gegee word dat hierdie appèl bloot akademies
geword het nie.
Trouens, die uitslag van hierdie appèl kan verreikende gevolge ten
aansien van die geskil tussen die partye hê.
Indien die bevel wat
ten aansien van hierdie appèl gemaak word, sou meebring dat die
respondente ontoelaatbaar aan dubbele aanspreeklikheid
blootgestel
word, kan dit as verweer in die aksie geopper word.
PACTUM
COMMISSORIUM
[22] Mnr Knoetze het ook,
as ân verdere rede waarom die appèl moet misluk, betoog dat die
gesamentlike effek van die opsie en die
koopkontrak neerkom op ân
pactum
commissorium
,
wat tot gevolg het dat die opsie-ooreenkoms vir daardie rede onwettig
en onafdwingbaar is.
Mnr
Kemp se houding hieromtrent was dat, desnieteenstaande die feit dat
hierdie verweer nêrens in die stukke voorkom of ooit ter
sprake was
tydens die beredenering van die aansoek voor die Hof
a
quo
nie, die respondente nie belet moet word om dit op hierdie stadium te
opper nie. Hy het egter betoog dat die betrokke leerstuk nie
aanwending vind op die feite in die onderhawige aangeleentheid nie.
Ons ag dit derhalwe nodig om te beslis of dit inderdaad aanwending
vind al dan nie.
[23] Die
pactum
commissorium
was reeds ân bekende leerstuk in die Romeinse Reg. In
GRAF
v BUECHEL
2003 (4) SA 378
(A) handel Cloete AR met die geskiedenis daarvan, en,
in die besonder, die verbod op afdwinging daarvan. Hy verwys na
gesag in die
Romeinse Reg, na die daaropvolgende situasie in die
Romeins-Hollandse Reg en selfs in die hedendaagse Suid-Afrikaanse
Reg. (Vergelyk
bl. 382 E tot 383 G.) Na aanleiding van die
omskrywing van die
pactum
commissorium
in die Romeinse Reg van Justinianus (C 8.35 (34).3), die omskrywing
in die Romeins Hollandse Reg, soos uiteengesit deur Grotius
(Introduction
to Roman Dutch Law 2.48.41), Van Leeuwen, (Censura
Forensis 1.4.8.7) en Voet (Commentary on the Pandects, 20.1.25) is
dit in ons
reg as volg omskryf:
â
(T)he
very essence of that pact is that the creditor is entitled to retain
the article pledged, however great the value may be, in
satisfaction
of a debt, however small in amount. And it was because of the
harshness and injustice of such an arrangement made with
the debtor
in straitened circumstances that the Emperor Constantine decreed that
such pacts should for the future be prohibited.â
Per Solomon AR in
SUN
LIFE ASSURANCE COMPANY OF CANADA v KURANDA
1924 AA 20 te 24.
[24] In
MEYER
v HESSLING
1992 (3) SA 851
(NMS) handel Mahomed Wnd AR, soos hy destyds was, met
die leerstuk as volg te bl. 863 par. H â 864 par. B:
â
The
classical example of a
pactum
commissorium
which the
common law refuses to countenance arises from an agreement in terms
of which the lender of money secures the debt of the
borrower through
a mortgage or pledge over the property of the borrower and there is a
stipulation that, if the money so loaned is
not paid on due date, the
lender would be entitled to become the owner of the security pledged
or mortgaged, regardless of its value.
The public policy objection
to this kind of arrangement seems to be based on two grounds. The
first ground is that such an agreement
is oppressive to the borrower
because his position is weaker than that of the lender at the time
when the agreement is entered into
and such an agreement gives to the
lender the unfair advantage of being able to take for himself
property far in excess of the
quantum
of the loan when the date for the payment of the loan arrives and the
borrower is unable to repay. The second objection is that
such an
agreement would often result in
parate
executie
or some other form
of self-help without recourse to the Courts.â
[25] In
GRAF
v BUECHEL
,
supra
,
omskryf Cloete AR dit as volg:
â
A
pactum
commissorium
in the context
of a pledge is an agreement that, if the pledgor defaults, the
pledgee may keep the security as his own property.
Such an agreement
was prohibited in the Roman Law by the Emperor Constantine early in
the fourth century A.D.â
[26] Mnr
Kemp het daarop gewys dat die verbod nie van toepassing in sekere
gevalle is nie, te wete
(a) waar
die
pactum
beoog
dat die skuldeiser die pand mag oorneem teen ân ooreengekome prys
(Voet,
op
cit
,
par. 20.1.21 en
ex
parte
Mabunya,
1905 (20 SC 165)
en,
(b) waar
die skuldeiser die pand mag behou met die toestemming van die
skuldenaar. (Van Leeuwen,
op
cit
,
par. 4.8.7 en
Mapenduka
v Ashington
1919 AA 343 te 353.)
Dit is egter duidelik dat
die uitsonderings voormeld nie aanwending vind op die feite in die
onderhawige aansoek nie.
[27] Dit
blyk duidelik uit al die beslissings waarin die
pactum
commissorium
ter sprake is dat dit slegs aanwending vind waar die een party ân
pandreg of verband oor ân ander se eiendom het. Trouens, die
erkenning van die verbod het juis ten doel om die pandskuldenaar in
ân ongunstige bedingingsposisie ten tyde van die aangaan van
die
leningstransaksie teen ân hardvogtige skuldeiser te beskerm. In
die onderhawige geval is daar egter geen sprake dat die appellante
enigiets van die respondente in pand hou of ân verbandhouer is oor
eiendom van die respondente nie. Die enigste regsverhouding
tussen
die partye is dat die appellante ân opsie-ooreenkoms het ingevolge
waarvan hulle geregtig sal wees om die vaste eiendom
van die
respondente te koop, indien die respondente nie hul verpligtinge
teenoor Nedbank, synde die skuldeiser, nakom nie.
[28] Inaggenome die
volgende faktore, meen ons dat die verbod in die onderhawige saak
geensins aanwending vind nie:
(a) Die verhouding tussen
die partye is nie ân verhouding tussen skuldeiser en skuldenaar
nie;
(b) Die
appellante is nie in besit van die eiendom van die respondente nie;
(c) Die
appellante hou allermins die eiendom as sekuriteit; en
(d) Vanweë
die feit dat die appellante nie ân leningsooreenkoms met die
respondente aangegaan het nie, was die appellante nooit
in ân
posisie van ân hardvogtige skuldeiser nie, en was die respondente
ook nie
vis-a-vis
die
appellante in ân ongunstige bedingingsposisie nie. Daar is geen
sprake daarvan dat die appellante op enige wyse of op enige
stadium
aangedring het op die invoeging van sekere terme in die
leningsooreenkoms tussen die respondente en die bank nie.
[29] Hierdie leerstuk is
duidelik nie op die onderhawige feitestel van toepassing nie. Dit
kan ook nie, soos wat die betoog lui,
aanwending as verweersgrond
dien nie.
[30] (a) Gevolglik slaag
die appèl met koste.
(b) Die
bevinding van die Hof
a
quo
word omver gewerp.
(c) ân Bevel in terme
van smeekbedes 2, 3 en 4 van die Kennisgewing van Mosie word
toegestaan.
______________________
G.A.
HATTINGH, Wnd RP
Ek stem saam.
________________
A.P.
BECKLEY, R
Ek stem saam.
_____________
C.B.
CILLIé, R
Namens
die appellante: Advokaat Kemp J. Kemp SC
In opdrag van:
Honey
en Vennote
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondente: Advokaat B. Knoetze SC
In opdrag van:
Andries
Spangenberg Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/em