About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 70
|
|
S v May (539/2006) [2006] ZAFSHC 70 (25 May 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsnommer:
539/2006
In
die spesiale hersiening van:
DIE
STAAT
en
JOHANNES
MAY
_____________________________________________________
CORAM:
VAN ZYL, R
et
MILTON, Wnd R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
GELEWER
OP:
25
MEI 2006
[1] Die
beskuldigde is op 13 Januarie 2006 in die distrikshof te Edenburg
skuldig bevind aan diefstal onder saaknommer 92/2005 en
na die
streekhof verwys vir vonnis. Op 28 Maart 2006 het die aangeleentheid
voor die streekhof gedien onder streekhof saaknommer
14/06. Die
distrikshof notule was aan die streeklanddros voorgelê waarna die
skuldigbevinding bekragtig is en getuienis ter strafversagting
aangehoor is. Voor vonnisoplegging is die onderhawige aangeleentheid
egter ooreenkomstig die bepalings van artikel 304A van die
Strafproseswet, Wet 51 van 1977 vir spesiale hersiening na hierdie
hof verwys.
[2] In
die skrywe van die streeklanddros, Mev. Voges, wat die spesiale
hersiening vergesel het, is voormelde omstandighede op rekord
geplaas, sowel as die volgende:
â
2. Die
skuldigbevinding is bekragtig en getuienis ter versagting aangehoor.
Die beskuldigde het toe onder andere aan die hof voorgehou
dat hy
tans ân vonnis van 3 jaar gevangenisstraf uitdien wat op 7
Februarie 2006 opgelê is.
3. Navrae na die besonderhede van die
opgelegde vonnis het op 21 April 2006 aan die lig gebring dat die
beskuldigde op 7 Februarie
2006 vir dieselfde oortreding in die
streekhof gevonnis is in saaknommer SH03/06. ân Afskrif van die
notule in saaknommer 92/2005
was in daardie verrigtinge ook aan die
streekhof voorgelê.
Die Hersieningsregter word gevolglik
respekvol versoek om die skuldigbevinding in saaknommer SH14/06
tersyde te stel.â
ân
Skrywe deur die Waarnemende Streekhofpresident wat die outomatiese
hersiening vergesel het, het vermeld dat die versoek van
die
streeklanddros ondersteun word vanweë die redes vermeld in die
streeklanddros se skrywe.
[3] By nagaan van die
oorkonde wat aan hierdie hof voorgelê is, blyk dit dat die
beskuldigde inderdaad reeds ten opsigte van die
aanklag waarop hy nou
weer skuldig bevind is, in ân vorige saak reeds skuldig bevind en
gevonnis is. Die skuldigbevinding in die
onderhawige saak is
gevolglik nie ooreenkomstig die reg nie en moet tersyde gestel word.
[4] In
die vooropstelling word die volgende bevel verleen:
1. Die skuldigbevinding
van die beskuldigde op ân aanklag van diefstal op 13 Januarie 2006
in die distrikshof te Edenburg onder
saak no. 92/2005, sowel as die
bekragtiging van die skuldigbevinding op 28 Maart 2006 in die
streekhof te Edenburg onder saaknommer
SH14/2006, word tersyde
gestel.
_____________
C.
VAN ZYL, R
Ek stem saam.
________________
D.
MILTON, Wnd R
/EM