S v Selebano [2006] ZAFSHC 9 (25 May 2006)

63 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Distinction between robbery and theft — Accused found guilty of robbery for taking money from complainant's pocket — Court examines elements of violence required for robbery conviction — Evidence showed accused used force to remove money, thus meeting criteria for robbery. The accused, a 39-year-old man, was convicted of robbery and sentenced to two years' imprisonment after taking money from the complainant's pocket. The court questioned the basis for the robbery conviction versus theft, particularly in light of previous case law. Testimony indicated that the accused's actions involved a physical removal of money from the complainant's pocket, which was interpreted as an act of violence directed at the person, satisfying the legal definition of robbery. The legal issue was whether the accused's actions constituted robbery or merely theft, focusing on the requisite element of violence. The court held that the accused's use of force to remove the money from the complainant's pocket constituted robbery, as the violence was directed against the person of the victim, thereby justifying the conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 9
|

|

S v Selebano [2006] ZAFSHC 9 (25 May 2006)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings Nr.
159/2006
In die hersiening van:
DIE STAAT
versus
MESHACK SELEBANO
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT
R
et
C.J. MUSI R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
4
MEI 2006
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde, ‘n
39-jarige man, is skuldig bevind aan roof en gevonnis tot 2 (twee)
jaar gevangenisstraf ingevolge artikel
276(1)(i) van Wet 51 van 1977.
[2] Nadat die
hersieningslêer ontvang is, is die volgende navraag gerig aan die
verhoorlanddros:
“’
Waarom is die beskuldigde aan
roof skuldig bevind en nie aan diefstal nie, veral in die lig van die
beslissing in
S v Gqalowe
1992 (2) SASV 172 (E)? (Die
rekord is ietwat onduidelik.)
Wat sou die vonnis wees as die
beskuldigde slegs aan diefstal skuldig bevind is?’”
[3] In die landdros se
redes word die volgende motivering verskaf van waarom die beskuldigde
aan roof skuldig bevind is:
“
Die indruk van beskuldigde se hand
in klaer se sak en die vat van die geld het ek gesien as ‘n gryp
beweging van die geld want toe
die klaer sien was die geld klaar uit
sy sak gewees en in beskuldigde se hand. Daar was wel ‘n handeling
om die klaer met geweld
van sy eiendom te ontneem. Die klaer was
gelukkig ‘n groot man en alhoewel hy oud is kon hy darem nog daarin
slaag om die beskuldigde
te gryp en so van sy geld terug kry.”
Die oorkonde is ook
reggestel.
[4] Die saak is daarna
vir kommentaar verwys na die Direkteur van Openbare Vervolgings,
Vrystaat en is ‘n deeglik nagevorsde mening
ontvang wat deur adv E
Liebenberg opgestel is en waarvan daar dan hoofsaaklik gebruik gemaak
sal word in hierdie uitspraak.
[5] In sy getuienis het
die klaer vermeld dat hy brood gaan koop het by ‘n winkel in
Viljoenskroon en nadat hy vir die brood betaal
het, het hy die
kleingeld wat hy ontvang het in sy sak gesteek. Daar was R80-00
kleingeld volgens hom wat bestaan het uit note van
R50-00, R20-00 en
R10-00. Volgens hom het die beskuldigde die geld vanuit sy sak
geneem. Hy het die man wat die geld geneem het,
gegryp en
laasgenoemde het die geld laat val. Dit is duidelik dat die
kleingeld reeds in sy sak was toe die beskuldigde sy hand
in die sak
geplaas het en dat die klaer hom eers daarna gegryp het. Toe hy die
beskuldigde gegryp het, het die beskuldigde die geld
laat val en het
die klaer van die geld wat op die vloer was, opgetel en herwin.
Volgens hom het hy R30-00 herwin en was daar ‘n
tekort van R50-00.
[6] Daar was ook ‘n
ooggetuie wat by dieselfde winkel werksaam was en in die saak getuig
het. Hy het vermeld dat die klaer se geld
in sy bo-sak was en dat hy
gesien het dat die beskuldigde geld uit die sak uithaal en dat die
geld volgens hom toe op die grond gegooi
is toe die klaer hom by die
bors gryp. Hy vermeld spesifiek dat die beskuldigde sy hand in die
klaer se sak ingesit het en die geld
uitgehaal het.
[7] Dit is duidelik dat
die beskuldigde se teenstrydige weergawe korrek deur die landdros
verwerp is en moet die saak beoordeel word
aan die hand van die Staat
se getuienis.
[8] In die bekende
handboek van Snyman
Strafreg,
4de uitgawe bl 519 vermeld hy
dat roof kortweg omskryf kan word as “diefstal deur geweld” en
verskaf hy ‘n meer volledige omskrywing
van roof soos volg:
“
Roof is die diefstal van ‘n saak
deur die wederregtelike en opsetlike gebruik van
geweld om die saak van iemand anders
af te neem of
dreigemente van geweld om die
besitter van die saak te oorreed om hom te berus in die wegname van
die saak.”
[9] In die bekende werk
van Hunt
South African Criminal Law and Procedure
, 3de uitgawe
deur J R L Milton Volume II op bl 462 word roof soos volg definieer:
“
Robbery consists in the theft of
property by intentionally using violence or threats of violence to
induce submission in its taking.”
Die skrywer vermeld
verder dat roof nie alleen ‘n misdaad teenoor eiendom is nie, maar
ook ‘n misdaad teenoor die persoon omdat
dit bestaan beide uit
diefstal en aanranding. Hy vermeld ook dat roof as ‘n heeltemal
afsonderlike misdaad ernstiger beskou word
as die som van sy twee
dele, naamlik diefstal en aanranding.
[10] Kumleben R het in
S
v DLAMINI
1975 (2) SA 524
(D) op 529 met goedkeuring die
definisie wat De Wet en Swanepoel,
Die Suid-Afrikaanse Strafreg
,
2de uitgawe op 393, aan roof toedig, aangehaal:
“
Roof is die wederregtelike,
opsetlike, geweldadige wegname van ‘n ander se roerende saak sonder
die toestemming van die reghebbende,
en die toe-eiening daarvan.”
[11] Die onderskeid
tussen diefstal en roof is dus duidelik te vinde in die
geweldselement wat weer blyk uit die feit dat daar ‘n
aanrandingselement ook betrokke is wat teenoor ‘n bepaalde persoon
gerig is. Die presiese grens tussen die twee en die mate van
geweld
wat nodig is vir die bevinding van roof, is nie altyd duidelik nie en
het tot ‘n groot aantal beslissings aanleiding gegee.
[12] Die houding van die
howe tot en met 1978 was dat ‘n handsakgryper (“‘n grypdief”)
hom slegs aan diefstal skuldig maak.
Tipiese gevalle is
S v
MOKETE
1963 (1) SA 223
(O) en
S v TLADI
1978
(2) SA 476
(O) waar Flemming R (soos hy toe was) die volgende gesê
het:
“’
Roof word nie gepleeg telkens as
daar herkenbare geweld aanwesig is by die ontnemingsproses van 'n
roerende saak nie maar alleen as
die saak ontneem word deur geweld
ter voorkoming van weerstand (bv deur daadwerklike geweld wat die
klaer katswink slaan of dreigemente
wat hom oortuig om nie teenstand
te bied nie) of ter oorkoming van teenstand (weer eens hetsy deur
daadwerklike geweld soos die te
lyf gaan van die klaer of die
toepassing van ander geweld om teenstand oneffektief te maak hetsy by
wyse van dreigemente wat die
weerstand laat verdwyn of verflou tot
voldoende mate.)’"
Die juistheid van hierdie
benadering is egter bevraagteken in die beslissing van
S v
MOGALA EN ‘N ANDER
1978 (2) SA 412
(A) waar die volgende
vermeld word deur Rumpff HR:
“
Ek vind dit moeilik om te verstaan
waarom ‘n persoon wat met geweld ‘n handsak uit ‘n vrou se hand
ruk, nie geweld pleeg nie
(al hoef dit gering te wees) met die doel
om die handsak te ontneem. Dit skyn my haarklowery te wees om te sê
dat die geweld ‘toevallig’
is, of dat die geweld nie die
slagoffer in ‘n toestand van onmag plaas nie. Die gryper weet goed
dat hy alleen deur ‘n onverwagte
vinnige en harde ruk die handsak
kan kry. Hy weet dat sy slagoffer weerstand sou bied indien hy dit
gewoonweg sou probeer vat.
Daarom moet hy die slagoffer se greep en
verdere weerstand by voorbaat uitskakel deur ‘n vinnige handeling
wat uit geweld bestaan.
Die verskil tussen die sakkeroller en die
grypdief lê juis daarin dat eersgenoemde met behendigheid my beurs
of portefeulje verkry,
terwyl die grypdief alleen met geweld kan
slaag. Hoewel by die gryp van ‘n handsak gewoonlik die ontneming
van die handsak saam
met die pleeg van geweld gaan, is die geweld ‘n
sine qua non
vir die gevolg.”
[13] Die Natalse hof het
met die siening saamgestem en in
S v SITHOLE
1981 (1)
SA 1186
(N) die beskuldigde aan roof skuldig bevind waar hy die
slagoffer van agter genader het en haar handsak wat sy onder haar arm
gedra
het skielik uitgeruk het en weggehardloop het. Thirion R dui
egter op 1189 A – B aan dat die geweld gerig moet wees teen die
persoon
van die slagoffer.
[14] Hierdie benadering
is daarna ook gevolg in
S v MOFOKENG
1982 (4) SA 147
(T) en
S v WITBOOI
1984 (1) SA 242
(K). Die
rukbeweging wat tydens die gryp van ‘n vrou se handsak plaasgevind
het, is as voldoende geweld beskou ten einde ‘n
skuldigbevinding
aan roof te regverdig.
[15] Els R dui in
S
v M
1996 (2) SASV 127 (T) aan dat die blote feit dat ‘n
persoon ontneem word van eiendom wat hy aan sy persoon dra, nie
noodwendig
roof daarstel nie. Daar moet vasgestel word of die
geweld, hoe gering ookal,
gemik was teen die persoon
van die
slagoffer.
Die klaer se selfoon is
in daardie geval van sy lyfband afgeruk. Die hof het die
skuldigbevinding aan roof verander na een van diefstal.
Hy dui verder aan dat
“
[h]ierdie geval kan onderskei word van die gevalle waar die
handsak
uit die fisiese greep van die slagoffer gegryp word.
Of waar ‘n ketting om die nek van die slagoffer geruk word. In
daardie gevalle word die geweld wel gerig teen die liggaam van die
slagoffer
.”
(op 132 D)
Ook in
S v MATI
2002 (1) SASV 323 (C) op 328 G stel Ngwenya R dit duidelik dat die
geweld gerig moet wees teen die persoon van die slagoffer.
“
The fact that the perpetrator acted
swiftly or took his victim by surprise does not in my view elevate
mere force to violence. Similarly,
whether the victim would have
resisted the taking of his or her item does not change the character
of force into violence. Victims
react differently to aggression. To
some the use of force or aggression will induce submission to the
taking while to some it would
induce resistance regardless of the
consequences. Once the court is satisfied about the nature of force
used – whether it is force
per se
or violence, the question
remains then whether it was merely intended to enable the perpetrator
to obtain possession of the object
or whether it is aimed at his
victim. While this distinction is not always easy to discern, it
seems to me that the clearer the
picture emerges as to how the taking
was executed, the easier it is for the court to decide.”
[16] Die
Oranje-Vrystaatse Plaaslike Afdeling het tot en met die beslissing in
S v MOHAMED
1999 (1) SASV 287 (O) die benadering gevolg
dat gevalle waar geweld aangewend word ten einde weerstand te vermy,
soos die skielike
ruk tydens die gryp van ‘n handsak, nie voldoen
aan die geweldsvereiste by roof nie en is dit bloot as diefstal
beskou.
Die volle hof by monde
van Hancke R het egter in
S v MOHAMED
,
supra
die
posisie in heroënskou geneem. Hy stel dit op p. 291b baie duidelik
dat, ten einde aan die geweldsvereiste te voldoen, die geweld
gerig
moet wees teen die persoon van die slagoffer.
“
Die heimlike verwydering van
byvoorbeeld ‘n beursie of ander item op ‘n behendige wyse uit ‘n
broeksak sonder dat dit met geweld
gepaardgaan, stel dus slegs
diefstal daar. Indien enige geweld egter teenwoordig is, dermate dat
dit tot ‘n skuldigbevinding op
aanranding sou kon lei as dit die
beskuldigde ten laste gelê was, sal dit roof daarstel, ...”
[17] Veral van belang is
die Oos-Kaapse beslissing van
S v GQALOWE
1992 (2) SASV
172 (OK) omdat dit in ‘n groot mate ooreenstem met die feite van
die onderhawige geval. In hierdie saak het die
beskuldigde ‘n
banksakkie wat by die slagoffer se sak uitgesteek het, uitgeruk toe
hy verby hom geloop het. Mullins R het in die
betrokke saak beslis
dat daar ‘n fyn onderskeid is tussen ‘n grypdief wie se optrede
gewoonlik sal neerkom op roof, en ‘n sakkeroller
wie se optrede
gewoonlik sal neerkom op diefstal. Die feite van elke saak moet
deeglik beoordeel word sodat die onderskeid nie vervaag
nie. In
konklusie haal hy dan die volgende gedeelte uit
S v SITHOLE
,
supra
te 1189 B aan:
“
For a taking of property to amount
to robbery, the violence must be directed against the person of the
victim and with the intention
of overcoming, preventing or
forestalling resistance from the victim to the taking of his
property.”
Hy beslis verder dat die
beskuldigde in die besit van die artikel gekom het deur vaardigheid
en nie met behulp van enige geweld nie.
Die blote feit dat hy die
banksakkie uit die klaer se sak geruk het, beteken nie dat hy enige
geweld teen die persoon van die klaer
gebruik het nie. Dit kan bloot
as ‘n skielike reaksie beskou word ten einde beheer oor die
banksakkie te bekom.
[18] Soos reeds vermeld,
stem die feite van hierdie saak in ‘n groot mate ooreen met die in
die
GQALOWE
-beslissing, hierbo vermeld, en is die
enigste verskil dat die klaer, nadat die beskuldigde die geld uit sy
sak geneem het, weestand
gebied het deur die
beskuldigde
vas
te gryp en sodoende daarin geslaag het om sy geld terug te kry. Die
enigste vraag wat derhalwe gevra moet word, is of daar aan
die
geweldsvereiste van roof voldoen is.
[19] Uit voormelde
bespreking van die feite van die saak is dit duidelik dat daar
inderdaad nie geweld op die klaer deur die beskuldigde
toegepas is
nie en dat die beskuldigde eers toe die klaer hom vasgegryp het die
geld laat val het. Die beskuldigde het hom ook nie
verset toe hy
vasgegryp is nie. Waar daar in die landdros se redes vermeld word
dat die neem van die geld met geweld gepaard gegaan
het, word dit nie
deur die getuienis ondersteun nie. Die enigste geweld wat hier ter
sprake is, is die van die klaer toe hy die
beskuldigde gegryp het en
gevra het wat hy doen. Die beskuldigde het ook nie op die stadium
weerstand gebied nie, maar die geld
laat val. Dit is opvallend dat
die klaer tydens sy getuienis daarna verwys het dat die beskuldigde
die geld uit sy sak “gehaal”
het en dat hy nie die woord “gryp”
gebruik het nie. Die woord “gryp” is slegs gebruik met verwysing
na die klaer se optrede.
[20] Dit is duidelik dat
op die beskikbare getuienis die beskuldigde eerder behendig die geld
uit die klaer se sak geneem het terwyl
die klaer besig was by die
sekuriteitspunt. Daarna eers het die klaer bewus geword daarvan en
die beskuldigde vasgegryp. Die behendigheid
van die beskuldigde is
ook te sien in die feit dat die R50-00 noot verdwyn het en slegs die
oorblywende R30-00 op die vloer laat
val is.
[21] In die lig van
bogemelde feitelike oorwegings kan die skuldigbevinding aan roof nie
staan nie. In die omstandighede van hierdie
saak was daar geen
moontlikheid dat die beskuldigde enigsins aan aanranding van die
klaer skuldig bevind kon word. Die skuldigbevinding
aan roof moet
dus vervang word met een van gewone diefstal.
[22] Die enigste verdere
aspek wat aandag moet geniet, is die kwessie van die vonnis en hier
is die bestaan van die lang lys tersaaklike
vorige veroordelings
veral van belang. Uit hierdie lys blyk die volgende:
“
Op 7 Augustus 1986 word die
beskuldigde skuldig bevind aan die besit van vermoedelik gesteelde
eiendom en gevonnis tot 5 houe met
‘n ligte rottang.
Op 10 Desember 1986 word die
beskuldigde skuldig bevind aan diefstal en word hy 3 maande
gevangenisstraf opgelê wat opgeskort word
vir 3 jaar.
Op 29 Maart 1988 word die beskuldigde
skuldig bevind aan 2 klagtes van diefstal en word op elk gevonnis
tot 6 maande gevangenisstraf.
Die beskuldigde was skaars uit die
tronk toe hy op 4 Julie 1989 skuldig bevind word aan verkragting en
roof. Alhoewel die datum
waarop die oortreding gepleeg is, nie blyk
uit die SAP 69’s nie, word die betrokke MAS-nommer waarop die
misdaad geregistreer
is, aangegee as 89/12/1988. Beskuldigde moes
dus kort nadat hy uit die tronk ontslaan was, hierdie misdryf
gepleeg het.
Op die verkragting word hy gevonnis
tot 4 jaar gevangenisstraf en op die roof tot 2 jaar gevangenisstraf
en daar word gelas dat
die helfte van die vonnis op die roof saam
met die vonnis op die verkragting uitgedien word.
Op 18 Maart 1996 word die beskuldigde
skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot 18 maande
gevangenisstraf.
Hierna maak hy hom gereeld aan
geweldsmisdrywe skuldig soos blyk uit die SAP 69.”
Die beskuldigde het dus 6
vorige veroordelings ten opsigte van oneerlikheidsmisdrywe. Dit is
wel so dat daar ‘n tydperk van ongeveer
10 jaar verloop het vanaf
die laaste keer wat hy op ‘n oneerlikheidsmisdryf skuldig bevind
is. Dit blyk egter dat hy hom aan ‘n
reeks geweldsmisdrywe
gedurende die tydperk skuldig gemaak het.
[23] Die vonnis wat tans
opgelê is, behels dat die beskuldigde slegs een sesde van sy vonnis
in die gevangenis sal moet deurbring
en dat dit maar ‘n tydperk van
4 maande is.
[24] Dit is wel so dat
die waarde van die gesteelde item slegs R50-00 is, en dat die
landdros aan die hand daarvan voorgestel het
dat indien die
skuldigbevinding verander sou word na een van diefstal, die straf
ietwat verlig moes word. Dit moet in aanmerking
geneem word dat daar
eintlik R80-00 van die klaer gesteel is, maar dat R30-00 terugontvang
is en dat dit per slot van sake nie die
beskuldigde se bedoeling was
om enige bepaalde bedrag te steel nie, maar soveel as wat hy van die
slagoffer kon neem.
[25] Veral in die lig van
die feit dat daar slegs in terme van artikel 276(1)(i) van Wet 51 van
1977 gevangenisstraf opgelê is, meen
ek nie dat die vonnis sodanig
onvanpas is dat daarmee ingemeng behoort te word nie, selfs al word
die skuldigbevinding tot een van
diefstal gewysig. Dit is trouens
ietwat verbasend dat die beskuldigde in terme van hierdie sub-artikel
gevonnis is in die lig van
sy lang reeks vorige veroordelings.
[26] Bygevolg word die
skuldigbevinding aan roof tersyde gestel en vervang met een van
skuldig aan diefstal.
[27] Die vonnis van 2
(twee) jaar gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(i) word
bekragtig. Die vonnis moet geag word opgelê
te gewees het op 31
Oktober 2005.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
___________
C.J. MUSI, R
/sp