About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 69
|
|
Intercomp 24 (EDMS) Bpk v Henque 2544 BK h/a Kestell Vervoer (1251/2006) [2006] ZAFSHC 69 (11 May 2006)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
Nr. : 1251/2006
In
die aansoek van:
INTERCOMP
24 (EDMS) BEPERK
Applikant
en
HENQUE
2544 BK h/a KESTELL VERVOER
Respondent
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR
OP:
4 MEI 2006
______________________________________________________
GELEWER
OP:
11 MEI 2006
[
1]
Hierdie is ân aansoek vir die voorlopige likwidasie van die
respondent beslote korporasie gegrond daarop dat die respondent
nie
in staat is om sy skulde te betaal nie.
[2] Die applikant is ân
verskaffer van brandstof, besonderlik diesel. Die respondent bedryf
padvervoer by wyse van vragmotors.
Dit is gemeensaak tussen die
partye dat die applikant gedurende die eerste helfte van 2005 aan die
respondent diesel verkoop het
en dit gelewer het deur dit vanuit ân
vragmotor van die applikant uit te tap in ân opgaartenk op die
perseel van die respondent.
Die applikant voer aan dat die
respondent gevolglik aan hom die bedrag R275 413,33 sowel as rente
daarop verskuldig is. Dit is
gemeensaak dat ân aanmaning soos
bedoel in artikel 69(1)(a) van die Wet op Beslote Korporasies, nr. 69
van 1984, waarin betaling
van gemelde bedrag gevorder word, op 1
November 2005 aan die respondent beteken is. Hierop is gereageer
eers op 25 November 2005
toe die respondent se prokureur ân gesprek
met die applikant se prokureur gevoer het, opgevolg deur ân skrywe
gedateer 1 Desember
2005 deur die respondent se prokureur aan die
applikant se prokureur waarin te kenne gegee is dat die respondent
die applikant se
aansoek om likwidasie sal teenstaan.
[3] Die respondent betwis
nie dat die uitstaande bedrag ten opsigte van diesel deur die
applikant aan die respondent gelewer die voormelde
bedrag beloop nie,
maar voer aan dat die respondent nie aanspreeklik is om die bedrag te
betaal nie aangesien die applikant kontrakbreuk
gepleeg het deur
diesel wat met paraffien gekontamineer is, te lewer. Die respondent
voer dus aan dat aangesien die gelewerde diesel
gebrekkig was of nie
die ooreengekome produk was nie, die gevorderde bedrag nie betaal
hoef te word nie. Die respondent voer verder
aan dat dit boonop ân
teeneis teen die applikant het vir ân bedrag van minstens R428
837,87 ten opsigte van herstelkoste van
enjins van vragmotors wat
beskadig is as gevolg van die gebrekkige diesel sowel as verlies aan
wins as gevolg van staantyd van vragmotors.
Die respondent sê dat
dit wel in staat is om sy skulde te betaal.
[4] Soos
blyk uit die voormelde, is die vordering waarop die applikant steun
en derhalwe die applikant se
locus
standi
,
in geskil. Ten einde te kan slaag, moet die applikant gevolglik die
bestaan van die verskuldigheid op ân oorwig van waarskynlikhede
op
die stukke aantoon. Alhoewel die presiese grondslag daarvan nog nie
finaal beslis is nie, is daar ook ân verdere reël van
ons reg ter
sprake, naamlik dat waar van likwidasie prosedure gebruik gemaak word
ten opsigte van of ter afdwinging van ân vordering
wat te goeder
trou en op redelike gronde deur die respondent betwis word, die
aansoek om daardie rede alleen afgewys kan word. Die
bewyslas rus op
die respondent om aldus aan te toon en hy kan hom van daardie
bewyslas kwyt selfs al sou die waarskynlikhede die
applikant
begunstig. Sien
KALIL
v DECOTEX (PTY) LTD AND ANOTHER
1988 (1) SA 943
(AD) op 980 B â H;
INVESTEC
BANK LTD v LEWIS
2002
(2) SA 111
(K) op 116 en
MESKIN,
HENOCHBERG ON THE COMPANIES ACT,
Vol 1, p. 694(1). Dit moet gevolglik eerstens op grond van die
onderstaande oorweeg word of die afwysing van die applikant se
aansoek
geregverdig word deur die
bona
fide
betwisting op redelike gronde van die eis waarop die applikant steun.
[5] Die
respondent voer aan dat kort nadat die applikant gedurende die begin
van 2005 begin het om diesel aan die respondent te verskaf,
die
respondent ernstige enjinprobleme ten opsigte van die respondent se
vragmotors begin ondervind het, hoofsaaklik as gevolg van
dieselfilters wat geblokkeer het. Die respondent se getuienis is tot
die effek dat daarna die respondent by verskeie geleenthede
hieromtrent by die applikant gekla het. Aanvanklik het die applikant
se verteenwoordiger aangedui dat daar moontlik water in die
respondent se opgaartenk was en is reëlings getref wat daartoe gelei
het dat water inderdaad uit die opgaartenk verwyder is. Nogtans,
volgens die respondent, het dieselfde probleme aanhoudend voorgekom.
Hierdie probleme is aan die applikant gerapporteer dog sonder
sukses.
Die applikant het ontken dat sy diesel verantwoordelik is vir die
probleme. Hierdie getuienis word nie deur die applikant
ontken nie.
Uiteindelik is dieselaankope vanaf die applikant deur die respondent,
gestaak teen 1 Junie 2005. Oor die staking van
verskaffing stem die
partye saam maar nie oor die rede daarvoor nie. Die respondent het
egter voortgegaan om na 1 Junie 2005 afbetalings
in die bedrag van
R10 000,00 per maand te maak op die respondent se rekening by die
applikant.
[6] Volgens die
respondent se deponent het hy op 22 September 2005 ân besoek
ontvang van ân Mnr. Maketa Simon Titebe. Mnr. Titebe
was op
daardie datum in diens van die applikant as vragmotorbestuurder.
Mnr. Titebe het meegedeel dat hy opgelei was by die applikant
in en
by die applikant deelgeneem het aan ân praktyk waartydens paraffien
by diesel gevoeg is. Volgens die mededeling van Mnr.
Titebe het die
applikant sy vragmotors met diesel gevul by die Total depot in
Bethlehem. Volgens die gemelde praktyk is dan terug
by die applikant
se perseel van hierdie diesel afgetap en aangevul met paraffien
waarna dit by klante afgelewer is. Hy het bevestig
dat aldus diesel
wat met paraffien besoedel was, by die respondent afgelewer is.
Hierdie bewerings word in hierdie verrigtinge bevestig
deur ân
volledige beëdigde verklaring van Mnr. Titebe. Die getuienis van
die respondent dat die tipe enjinprobleme wat by die
respondent
voorgekom het, veroorsaak sou word deur diesel wat gekontamineer is
met paraffien, is onbetwis. Dit is ook gemeensaak
dat die respondent
op 22 September 2005 gestaak het om verdere afbetaling op die
rekening te doen.
[7] Die
applikant het veral op grond van twee aspekte aangevoer dat die
respondent se
bona
fides
betwyfel moet word. Eerstens is in hierdie verband daarop gesteun
dat die verweer van die respondent soos vervat in die antwoordende
beëdigde verklarings nie voorheen geopper is nie en besonderlik nie
in die prokureursbrief van 1 Desember 2005 geopper is nie.
Tweedens
is gesteun op die feit dat die respondent na 1 Junie 2005 steeds
maandelikse afbetalings op die rekening gedoen het. Die
eerste aspek
is myns insiens ewe seer toeskryfbaar aan die styl van ân prokureur
en die tweede gemelde aspek is goed verstaanbaar
indien aanvaar word
dat volgens die respondent eers op 22 September 2005 vasgestel is dat
die diesel inderdaad die probleem was.
Gevolglik meen ek nie dat die
respondent se
bona
fides,
soos
blyk uit die voormelde uiteensetting, onder verdenking is nie.
[8] Die getuienis deur
Mnr. Titebe gelewer bied klaarblyklik objektief gesproke redelik
gronde vir betwisting van die eis op grond
van kontrakbreuk. Die
submissie van die applikant dat Mnr. Titebe opsetlik valse bewerings
teen die applikant die wêreld ingestuur
het in weerwraak aangesien
hy afgedank is weens diefstal van diesel by die applikant, kom
onwaarskynlik voor, ook in lig van Mnr.
Titebe se selfinkriminering,
en verloor heelwat oortuigingskrag in lig van die onbetwiste
getuienis dat Mnr. Titebe die diens van
die applikant eers in Oktober
2005 verlaat het.
[9] Gevolglik
het die respondent my op ân oorwig van waarskynlikhede oortuig dat
die applikant se vordering
bona
fide
en op redelike gronde betwis word en dat die aansoek gevolglik
afgewys moet word. Hierdie gevolgtrekking is bereik sonder
inagneming
van die beweerde toetsresultate waarop die respondent
steun óf die beweerde teeneis.
[10] Namens
die applikant is versoek dat ingeval hierdie gevolgtrekking bereik
word, ân kostebevel verleen word soos in
INVESTEC
BANK LTD v LEWIS
,
supra
.
Ek is nie geneë om so doen nie. Die faktore wat Griesel R in
gemelde saak beweeg het om ân uitsonderlike kostebevel te maak,
is
hier grootliks afwesig. Na my oordeel moet koste die resultaat volg.
[11] Gevolglik
word die aansoek van die hand gewys met koste.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
Namens
applikant: Adv. A.J.R. van Rhyn SC
In
opdrag van:
Van
Rensburgs
BLOEMFONTEIN
Names
respondent: Adv. P.J.T. de Wet
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/em