S v Mahlangu (59/86) [1986] ZASCA 99 (22 September 1986)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction and sentence — Appellant found guilty of murder and sentenced to death — Evidence of assault on deceased by appellant leading to fatal injuries — No eyewitnesses; reliance on circumstantial evidence and testimonies of witnesses — Appellant's explanation deemed implausible and rejected by trial court — Appeal dismissed, conviction and sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 99
|

|

S v Mahlangu (59/86) [1986] ZASCA 99 (22 September 1986)

Saaknommer: 59/86 WHN
PETRUS THEMBA MAHLANGU
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT
, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPELAFDELING
In die saak tussen:
PETRUS THEMBA MAHLANGU
Appellant
DIE STAAT
Respondent
Coram
: JOUBERT, GROSSKOPF ARR et. BOSHOFF Wn AR.
Datum van Verhoor
: 28 Augustus 1986
Datum van Uitspraak
: 22
September 1986
UITSPRAAK JOUBERT
AR :
/Die
2
Die appellant, 'n Swartman, is in die Springs Rondgang
Plaaslike Afdeling deur LEVESON R en twee assessore eenparig skuldig bevind
aan
moord deurdat hy op 28 November 1984 ene Zondi Nhlongothi („die
oorledene") in die distrik van Springs vermoor het. Die
verhoorhof het ook
eenparig bevind dat daar geen versagtende omstandig= hede aanwesig was nie en
gevolglik is die appellant op 20
Mei 1985 die verpligte doodvonnis opgelê.
Met verlof van die verhoorregter kom die appellant na hierdie Hof in hoër
beroep
teen sy skuldigbevinding sowel as die doodvonnis.
Die lyk van die oorledene is die oggend van
28 November 1984 in 'n voor naby 'n spoorlyn gevind nie ver
van die Welgedacht-kampong nie waar die appellant en die
/oorledene
3
oorledene as man en vrou 'n kamer met ander pare bewoon
het.
Op 29 November 1984 het die distriksgenees= heer dr Bowden 'n nadoodse
ondersoek op die liggaam van die oorledene gedoen. Die oorledene
het veelvuldige
beserings opgedoen wat die oorsaak van haar dood was. Haar hele liggaam het
skaafwonde gehad. Van die meer ernstige
beserings was o.a. gekneusde skeurwonde
(contused lacerations) ten aansien van die hele gesig gepaard met frakture van
die neusbene
tot in die bokake asook die onderliggende okselbene wat waarskynlik
deur 'n harde hou met 'n stomp voorwerp of deur 'n skop met 'n
geskoende voet
veroorsaak is. Dit het aanleiding gegee tot
/subdurale
4
subdurale bloeding van die brein. Die hoofbeserings
kon op
sigself noodlottig gewees het. Die intrede van
die dood is egter bespoedig
deur 'n droë tak, 3cm dik en
ongeveer 55 cm lank, wat die privaatdele
binnegedring
het en deur die ingewande tot by die galblaas gedring
het.
Hierdie ernstige besering kon op sigself ook noodlottig
gewees het.
Dit kon te wyte wees aan perversiteit of uit
vergelding vanweë iets uit
die verlede. Daarbenewens
het die oorledene ook skaafwonde aan haar
polsgewrigte
gehad wat met heelwat geweld toegedien moes gewees het.
Dit
kon toegedien gewees het om die oorledene te beteuel
tydens die aanval op
haar.
/Daar
5
Daar was geen ooggetuies wat die noodlottige aanslag op die
oorledene aanskou het nie. Die Staat het getuienis aangebied van die appellant
en die oorledene, wat minnaars was,se aktiwiteite gedurende die aand van 27
November 1984, van 'n rusie en 'n geveg tussen die appellant
en die oorledene,
hoe die appellant én die oorledene die kamer in die vroeë oggendure
van 28 November 1984 saam verlaat
het, hoe die appellant daarna alleen terug
gekeer het en watter verduideliking die appellant toe in die teenwoordigheid van
twee
staatsgetuies gegee het. Die verhoorregter het blykbaar by implikasie
hierdie getuienis aanvaar sonder om dit te vermeld en te ontleed
en boonop
sonder om enige geloofwaardigheids=
/bevindinge
6
bevindinge omtrent die betrokke staatsgetuies te maak,
soos dit sy plig was om te doen. 'n Verhoorhof het
immers die voordeel om
getuies te sien en te hoor getuig.
Sy taak is om met inagneming van die
waarskynlikhede 'n
bevinding met redes te maak aangaande die aanvaarbaarheid
al dan nie
van getuienis. In 'n uitermate kriptiese uitspraak oor
die
meriete het die verhoorregter hom krities toegespits
op 'n baie bondige
weergawe van die appellant se getuienis
wat volgens die verhoorhof nie
redelik moontlik waar kon
wees nie d.w.s. sy verduideliking was so
onwaarskynlik dat
dit bo redelike twyfel as vals verwerp is. Die
appellant
het alleen vir sy verdediging op die meriete getuig.
/Geen
7
Geen getuienis is deur of namens hom t.o.v. versagtende
omstandighede afgelê nie.
Emmanuel Sithole het getuig dat hy gedurende
November 1984 by 'n
spoorweghostel gewoon het. Ongeveer
7 nm op 27 November 1984 was hy besig om
bier by 'n ander
kampong te drink. Die appellant en die oorledene was
ook
daar. Hy en die appellant het gedrink maar nie die
oorledene nie. Daar het 'n
woordewisseling tussen die
appellant en die oorledene ontstaan omdat sy wou
loop
terwyl die appellant wou bly om nog te drink. Volgens
hom het die
oorledene en die appellant saam die drink=
plek na 8 nm verlaat. In
kruisondervraging het hy
ontken dat die oorledene na die toilet gegaan het en nie
weer haar verskyning gemaak het nie.
/Justice
8
Justice Piet Sibiya het dieselfde kamer in
die
Welgedacht-kampong saam met die appellant en die
oorledene gedurende November
1984 bewoon. Hy het getuig
dat die appellant en die oorledene omstreeks 7 nm
op
27 November 1984 die kamer saam verlaat het. Volgens
hom is daar
ongeveer 4 vm die oggend van 28 November 1984
aan die kamerdeur geklop.
Christina wat in die kamer
slaap, het die deur oopgemaak en die oorledene
binnegelaat.
Die oorledene het gaan slaap. Heelwat later het die
appellant
sy opwagting in die kamer gemaak. Volgens
hom was die appellant gedrink maar
nie dronk nie. Sonder
om te praat het die appellant begin om die oorledene
aan
te rand deur haar met bottels en 'n bankstoel te slaan.
Hy het die appellant berispe. Die oorledene het gebloei
/en
9
en haar klere was vol bloed. Die appellant het vir haar
gesê sy moet kom sodat hy haar na haar mense kon neem. Die oorledene
en
die appellant is ongeveer 4.45 vm die oggend van 28 November 1984 saam weg.
Sibiya het gaan stort en toe hy klaar gestort het,
was die appellant reeds
terug. Christina het die appellant gevra waar die oorledene is. Sy antwoord was
dat hy haar by die spoorlyn
gelaat het en 'n ambulans ontbied het. Om 5.30 vm is
hy en die appellant saam werk toe.
Apple Masuku het ook dieselfde kamer in die Welgedacht-kampong met die
appellant en die oorledene gedurende November 1984 gedeel.
Hy was in die kamer
toe die appellant en die oorledene omstreeks 7 nm op 27
/November
10
November 1984 saam uit die kamer geloop het. Die appellant was
toe nugter. Gedurende die nag het die oorledene na die kamer teruggekeer
nadat
Patrick Mashabane vir haar die deur oopgemaak het. Daar was niks met die
oorledene verkeerd nie. Later het die appellant diê
kamer betree. Die
appellant het baie gepraat en hy kon hoor dat die appellant gedrink was. In
kruisonder= vraging het hy beweer dat
die appellant by die oorledene in die bed
gaan lê het en toe begin die appellant om met haar rusie te maak. Die
appellant het
die oorledene begin aanrand deur haar met die vuis te slaan.
Daarna het die appellant bottels en 'n bankstoel gebruik om haar mee
aan te
rand. Die appellant sowel as die
/oorledene
11
oorledene was kwaad. Die appellant het haar beveel om te kom
en toe neem hy haar weg. Dit was iets oor 4 vm op 28 November 1984. Ongeveer
4.50 vm het die appellant alleen teruggekom. In sy teenwoordigheid het die vrou
met wie hy saamwoon (vermoedelik is dit Christina)
die appellant gevra waar die
oorledene is. Die appellant se antwoord was dat hy haar by die spoorlyn gelaat
het en 'n ambulans vir
haar ontbied het. Hy en die appellant is saam werk toe
die oggend.
Jappie Welemtsha het destyds 'n kamer net langs die kamer van die appellant
en die oorledene bewoon. Hy het die oggend van 28 November
1984 omstreeks 4
vm
wakker geword toe hy 'n persoon hoor skree het in die
/kamer
12
kamer van die appellant en die oorledene. Hy het later die
oggend help soek na die oorledene en toe haar lyk in 'n voor naby die spoorlyn
sien lê.
Volgens die appellant se getuienis was hy en die oorledene die afgelope 3
jaar minnaars. Hulle het saam in 'n kamer in die Welgedacht-kampong
gewoon. Die
aand van 27 November 1984 is hulle saam met Sithole na 'n drinkplek waar
laasgenoemde 6 biere gekoop het waarvan hy en
Sithole saam 3 gedrink het. Op 'n
stadium het die oorledene hom vertel sy gaan na die toilet maar sy het nie
teruggekom nie. Hy het
na haar gesoek maar
/kon
13
kon haar nie kry nie. Op daardie stadium was hy gedrink maar
nie dronk nie. Hy is terug na hul kamer waar hy haar aangetref het. Op
sy vraag
waarom sy hom alleen gelaat en weggegaan het sonder om hom te sê, het sy
nie geantwoord nie. In kruisondervraging
het hy beweer dat hy bekommerd oor haar
veiligheid was omdat daar baie tsotsies in die omgewing was. Hy het voorts
getuig dat hy
haar twee keer met sy vuis in haar gesig geslaan het. Hy was kwaad
vir haar. Hy het haar ook met 'n bankstoel geslaan maar nie met
bottels nie.
Sibiya het hulle uitmekaar gemaak. Die oorledene en hy het toe 'n
woordewisseling gehad. Sy het ook gesê dis beter
/dat
14
dat hy haar terugneem na haar ouerhuis want hy het haar
aangerand. Hy het vir haar gesê om haar goed te vat en te kom. Hy en
sy
het toe die kamer verlaat. Haar mond het gebloei want hy het haar op haar mond
geslaan. Op pad het hulle drie Swartmans teengekom
wat hom vir vuurhoutjies
gevra het. Twee van hulle het die oorledene getrek terwyl hy probeer het om haar
ook te trek. Die derde
Swartman het 'n mes uitgepluk en gedreig om hom daarmee
te steek. Hy het weggehardloop maar hulle het hom agtervolg. Hy het geval
en een
van hulle het hom op sy rug met 'n voorwerp geslaan as gevolg waarvan hy 'n
oopwond opgedoen het wat nog steeds 'n bietjie
gebloei het.
/Op
15
Op 'n afstand het hy vir die oorledene geskree om te kom. Haar
antwoord was dat sy die mans ken en dat hulle haar niks sou aandoen
nie. Hy het
toe vir Sithole gaan soek. In kruisondervraging het hy beweer dat dit was om
hulp te vra. Hy kon egter Sithole nie vind
nie. Hy is toe terug na sy kamer waar
die ander persone nog geslaap het. Hy het niemand vertel dat hy die oorledene by
die spoorlyn
gelaat het en 'n ambulans vir haar ontbied het nie.
Na 'n ontleding en opweeg van die getuienis
moet, na my oordeel, die
getuienis van Sithole as sou
die appellant en die oorledene saam die
drinkplek verlaat
het, as onaanneemlik verwerp word. Indien Sithole
korrek
/op
16
op hierdie aspek is, is dit volkome onverklaarbaar hoe die
oorledene eerste na die kamer teruggekeer het terwyl die appellant veel
later op
sy eie teruggekeer het volgens die getuienis van Sibiya, Masuku en die
appellant. Sithole het in kruisondervraging erken
dat hy nie gesien het dat die
oorledene na die toilet gegaan het nie omdat daar baie mense by die drinkplek
was. Hy het baie gedrink
en sy getuienis kom vir my op hierdie aspek van die
gelyktydige weggaan van die oorledene en die appellant as hoogs onbetroubaar
voor wat sy waarnemingsvermoë en geheue betref. Dit geld ook vir sy
skatting van tyd.
Wat die gebeure in die kamer betref, is daar
wel klein verskille tussen die getuienis van Sibiya en Masuku
maar hulle is nie wesenlik van aard nie. Na my mening
/toon
17
toon hierdie klein verskille dat hierdie twee staats= getuies
nie saamgespan het om 'n opgemaakte verhaal aan die verhoorhof voor
te lê
nie. Dit word verder versterk deur die feit dat die appellant se weergawe van
die gebeure in die kamer na sy aankoms
basies met hul s'n ooreenstem behalwe dat
hy o.a. ontken dat hy die oorledene met 'n bottel geslaan het. Wat die aard van
die aanranding
op die oorledene deur die appellant betref, was dit grotendeels
gemene saak tussen die Staat en die verdediging.
Dit bring my by die appellant se weergawevan
wat gebeur het nadat hy en
die oorledene die kamer in
mekaar se geselskap die vroeë oggend van 28
November 1984
verlaat het. Na my mening is sy verduideliking so
/onwaarskynlik
18
onwaarskynlik dat dit nie redelik moontlik waar
kan wees nie weens die volgende redes:
1.
Ondanks die feit dat hy
bereid was om die oorledene in die geselskap van die drie vreemde Swartmans te
laat, het hy tog gegaan om
hulp by Sitholo te soek ofskoon die oorledene aan hom
geskree het dat sy die drie Swartmans ken en hulle haar niks sou
aandoenmie.
2.
Waar hy besluit het om hulp te
gaan soek waarom het hy dit nie gaan vra by die mans in die kamer wat hy bewoon
nie wetende dat hulle
in die kamer was en dat die kamer nie ver van die plek was
waar hy die oorledene gelos het nie ?
3.
Waarom het hy aan Christina in die aanwesigheid
van
Sibiya en Masuku verduidelik dat hy die
oorledene by die
/spoorlyn
19
spoorlyn gelaat het en 'n ambulans vir haar ontbied het ? Die
appellant se ontkenning van die getuienis van Sibiya en Masuku op hierdie
aspek
moet as leuenagtig verwerp word. Dit is nooit deur die appellant gesuggereer dat
Sibiya en Masuku bevooroordeeld of vyandig
teenoor hom was of enige grief of
wrok teen hom gekoester het om valslik teen hom te getuig nie.
4. Volgens die pleitverduideliking in die landdroshof het die appellant
skuldig gepleit op die aanklag van moord. Hy is deur die landdros
gevra of hy
die oorledene met 'n mes gesteek het. Sy antwoord was dat hy haar met 'n
kierie
oor haar kop geslaan het en toe hy loop, het sy op die grond
gelê en probeer opstaan. Hulle het baklei. Hy
/het
20
het nie bedoel om haar dood te maak nie. Die
landdros het toe 'n pleit van onskuldig aangeteken. Raadpleeg Bewysstuk "C" bl
76-77
van die oorkonde.
Op die totalitêit van die aanvaarbare getuienis was die enigste
redelike afleiding dat die appellant die oorledene opsetlik
gedood het. Hy. is
derhalwe op die meriete tereg skuldig bevind aan moord.
Wat versagtende omstandighede betref, het die appellant geen getuienis
daaroor afgelê nie. Drie moontlike faktore verdien oorweging,
te wete: 1.
Die appellant se ouderdom. Hy het getuig dat hy 20 jaar oud is en ook dat hy die
vader van 'n 4 jarige kind by 'n ander
vrou is. Dit kom as onwaarskynlik voor en
strek in
/elk
21
elk geval nie om sy morele skuld te verminder
nie.
2. Die appellant was ondêr die invloed van drank. Hy het
erken dat
hy gedrink was maar nie dronk was nie. Dit was
ook die getuienis van Sibiya.
Die appellant het egter
deurgaans geweet en onthou wat plaasvind sodat dit
nie op
sigself sy morele skuld verminder nie.
3. Die appellant en die oorledene het rusie in die kamer gemaak
wat
uitgeloop het op die aanranding op haar. Die rusie
sowel as die aanranding
was egter afgeloop en beelndig toe
hulle die kamer verlaat het. Die doodslag
is nie in die
hitte van 'n rusie of emosionele opwelling gepleeg nie.
Daar het 'n tydsverloop van ongeveer 50 minute volgens Masuku
/verloop
22
verloop totdat die appellant weer alleen na die kamer
teruggekeer het.
Selfs wanneer hierdie drie faktore kumulatief geneem word, kom hulle na my
mening nie neer op versagtende omstandighede nie. Na sorgvuldige
oorweging van
die aan= vaarbare getuienis as 'n geheel is ek van oordeel dat daar in die
onderhawige geval geen feitebasis is waarvan
ver= sagtende omstandighede op 'n
oorwig van waarskynlikhede afgelei kan word nie. Dit was die appellant wat die
aggressor was tydens
die aanranding op die oorledene.
Na my mening kan dit nie gesê word nie dat die verhoorhof verkeerdelik
tot die gevolgtrekking gekom het
/dat
23
dat daar in die appellant se geval geen versagtende
omstandighede is nie.
Gevolglik word die appèl teen die skuldig= bevinding aan moord asook
teen die doodvonnis afgewys.
JOUBERT AR
GROSSKOPP AR)
Stem saam. BOSHOFF Wn AR)