S v Mohoboko (1103/2005) [2006] ZAFSHC 67 (11 May 2006)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Cumulative effect of sentences — Accused convicted of theft and two counts of assault with intent to cause grievous bodily harm — Initial sentences imposed resulting in a cumulative effective sentence of 6½ years imprisonment — Director of Public Prosecutions recommended modification of sentences due to their disproportionate nature — Court found personal circumstances of the accused warranted a reduction and consolidation of sentences — Sentences modified to 18 months imprisonment for theft, with 6 months suspended, and the assault sentences to run concurrently.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 67
|

|

S v Mohoboko (1103/2005) [2006] ZAFSHC 67 (11 May 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
nr: 1103/2005
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
PASEKA
WILLIAM MOHOBOKO
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY, R
et
KRUGER,
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
BECKLEY,
R
GELEWER
OP:
11 MEI 2006
[1] Die
beskuldigde het in die Landdroshof van Botshabelo tereg gestaan op ‘n
aanklag van diefstal van ‘n selfoon ter waarde van
R1 999, sowel as
twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Na
skuldigbevinding is hy as volg gevonnis:
1. Op die diefstal
aanklag, tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf;
2. Op
aanklag 2, dit wil sê die eerste aanklag van aanranding met die
opset om ernstig te beseer, tot 2 (twee) jaar gevangenisstraf;
en
3. Op
die laaste aanklag, naamlik ook een van aanranding met die opset om
ernstig te beseer, tot 3 (drie) jaar gevangenisstraf.
Daar is geen bevel gemaak
dat enige van die vonnisse samelopend uitgedien moet word nie, wat
derhalwe beteken dat die effektiewe vonnis
wat die beskuldigde opgelê
is, een van 6½ jaar gevangenisstraf is.
[2] Nadat die landdros
gevra is vir aanvullende redes rakende die opgelegde vonnisse en hy
daarop geantwoord het, het Lacock R ‘n
verdere navraag gerig
rakende die grondwetlikheid van die bepalings van Artikel 4(3)(a) van
die Wet op Gevaarlike Wapens, Wet no.
71 van 1968.
Volledigheidshalwe is die Direkteur van Openbare Vervolgings ook
versoek om kommentaar te lewer rakende die grondwetlikheid
van
voormelde artikel. In antwoord het die Direkteur van Openbare
Vervolgings daarop gewys dat ‘n soortgelyke navraag gerig is
deur
Schoeman R van die Transkeise Afdeling van die Hooggeregshof van
Suid-Afrika en is die posisie huidiglik dat die navrae wat
in die
Transkei gerig is, in die afsienbare toekoms beslis sal word deur ‘n
Volle Regbank van daardie Afdeling.
[3] Die Direkteur van
Openbare Vervolgings stel egter voor dat die huidige saak afgehandel
kan word sonder om oor die grondwetlikheid
van Artikel 4 te besin
aangesien die opgelegde vonnisse na sy mening treffend onvanpas is.
Die voorstel van die Direkteur van Openbare
Vervolgings is dat die
vonnis op die aanklag van diefstal gewysig word deur te beveel dat
ses van die agtien maande gevangenisstraf
opgeskort word op gepaste
voorwaardes en dat die vonnisse opgelê ten opsigte van aanklagtes 2
en 3 samelopend uitgedien word.
[4] Wanneer gelet word op
die persoonlike omstandighede van die beskuldigde, meen ek dat die
voorstel van die Direkteur van Openbare
Vervolgings gevolg behoort te
word. Die beskuldigde was tydens die pleging van die onderhawige
misdrywe ‘n eerste oortreder, 22
jaar oud, werkloos en met een
minderjarige kind wat hy moes onderhou. Sonder om die persoonlike
omstandighede van die beskuldigde
te oorbeklemtoon, is ek derhalwe
van mening dat die onderhawige saak afgehandel kan word sonder om op
hierdie stadium oor die grondwetlikheid
van die betrokke artikel te
besin en dat die vonnisse in ieder geval vervang moet word met
vonnisse wat in ooreenstemming is met
die aanbeveling van die
Direkteur van Openbare Vervolgings, aangesien die kumulatiewe effek
van die vonnisse treffend onvanpas is
en inmenging regverdig.
[5] Die skuldigbevindings
word bygevolg bekragtig. Die vonnis opgelê ten opsigte van aanklag
1 word ter syde gestel en vervang met
‘n vonnis van 18 (agtien)
maande gevangenisstraf waarvan 6 (ses) maande gevangenisstraf
opgeskort word vir ‘n periode van 5 (vyf)
jaar op voorwaarde dat
die beskuldigde nie skuldig bevind word aan diefstal of poging tot
diefstal gepleeg gedurende die periode
van opskorting nie. Die
vonnisse van 2 en 3 jaar opgelê onderskeidelik ten opsigte van
aanklagtes 2 en 3 word bekragtig, maar word
gelas dat voormelde
vonnisse samelopend uitgedien moet word. Die vonnisse moet ingevolge
Artikel 282 van Wet no. 51 van 1977 geag
wees opgelê te gewees het
op 16 Augustus 2005.
_______________
A.P.
BECKLEY, R
Ek stem saam.
____________
A.
KRUGER, R
/em