S v Motsamai (277/2006) [2006] ZAFSHC 8 (11 May 2006)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Proportionality of sentence — Accused found guilty of dealing in 1.365 kg of dagga and sentenced to a fine of R1,000 or one year imprisonment, with an additional two years suspended — Accused a first offender, unemployed, with dependents, pleaded guilty and expressed remorse — Court found original sentence disproportionate to the offence and substituted it with a fine of R1,000 or three months imprisonment, and a further six months suspended for five years, conditional on no further offences under the same statute.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 8
|

|

S v Motsamai (277/2006) [2006] ZAFSHC 8 (11 May 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 277/2006
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
versus
ALBERT
MOTSAMAI
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE R
et
MILTON WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN DER MERWE R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
11 MEI 2006
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde is
tereg daaraan skuldig bevind dat hy ter oortreding van die bepalings
van artikel 5(b) van Wet Nr. 140 van 1992
handel gedryf het in 1,365
kg dagga. Hy is vervolgens gevonnis tot ‘n boete van R1 000,00 of
by wanbetaling 1 (een) jaar gevangenisstraf
en daarbenewens ‘n
verdere 2 (twee) jaar gevangenisstraf wat in die geheel voorwaardelik
opgeskort is vir 5 (vyf) jaar.
[2] Die beskuldigde is ‘n
eerste oortreder. Hy het by die verhoor skuldig gepleit en was
klaarblyklik openhartig met die hof, deurdat
hy erken het dat hy
dagga vanaf Lesotho verkry het met die bedoeling om dit te verkoop en
dat hy die onderhawige dagga in sy besit
gehad het vir daardie doel.
Hy is werkloos, maar het ‘n vrou en twee jong kinders. Hy het gesê
dat hy die dagga verkoop ten
einde kos en klere vir sy kinders te
verskaf.
[3] Daar kan in die
omstandighede van hierdie saak geen fout gevind word met die
boetevonnis van R1 000,00 nie. Dit kom gepas voor.
Die alternatiewe
gevangenisstraf van 1 (een) jaar en die 2 (twee) jaar opgeskorte
gevangenisstraf is na my oordeel buite verhouding
met die opgelegde
boete en buitensporig swaar in lig van die relatief klein hoeveelheid
dagga betrokke. Na my mening is alternatiewe
gevangenisstraf van 3
(drie) maande en ‘n opgeskorte termyn van gevangenisstraf van 6
(ses) maande gepas in al die omstandighede
van hierdie saak.
[4] Gevolglik word die
skuldigbevinding bekragtig, maar word die opgelegde vonnis tersyde
gestel en vervang met ‘n boete van R1
000,00 of 3 (drie) maande
gevangenisstraf asook ‘n verdere 6 (ses) maande gevangenisstraf wat
in geheel opgeskort word vir 5 (vyf)
jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan oortreding van artikel 5(b)
van Wet Nr. 140 van 1992 gepleeg gedurende
die tyd van opskorting
nie.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
________________
D. MILTON, WND R
/sp