Harmzen and Another v S [2006] ZAFSHC 7 (11 May 2006)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Elements of the offence — Appellants convicted of housebreaking with intent to commit an unknown crime and indecent assault — Victim testified that she was alone at home when the appellants entered, assaulted her, and attempted to sexually assault her — Appellants appealed against conviction and sentence of six years' imprisonment — Court found that the trial court properly assessed the credibility of the victim's testimony, which was consistent and corroborated by her emotional state post-incident — Appeal dismissed, conviction upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 7
|

|

Harmzen and Another v S [2006] ZAFSHC 7 (11 May 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
A244/2004
In
die appèl tussen:
WILLEM JOHANNES
HARMZEN
Eerste Appellant
GUSTAV MARTIN
NEL
Tweede Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER
R
et
MATHEBULA WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
24
APRIL 2006
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
11
MEI 2006
_____________________________________________________
[1] Die appellante het as
beskuldigdes 1 en 2 in die Streekhof te Sasolburg tereggestaan.
Hulle is skuldig bevind aan huisbraak met
die opset om ‘n misdaad
onbekend aan die aanklaer te pleeg sowel as aan onsedelike
aanranding. Beide appellante is gevonnis tot
ses jaar
gevangenisstraf. Met verlof van die Streekhof kom hulle in hoër
beroep teen hulle skuldigbevindings en vonnisse.
[2] Die klaagster,
Catherine Keyter, het getuig dat sy op die betrokke dag, nadat haar
kinders skool toe is, by die huis was. Dit
was koud, sy het ‘n
kalmeerpil gedrink en gaan slaap. Sy was alleen in die huis. Die
agterdeur was gesluit. Die voordeur was
net toegetrek, nie gesluit
nie.
[3] Sy het geslaap.
Iemand het haar wakker gemaak en gesê: “Haai slaapkous, slaap jy
nog.” Sy het ‘n uniform gesien. Sy
het eers gedink dit is haar
man, maar toe sien sy ‘n man met ‘n sonbril.
[4] Sy gaan sit toe op
die bed en steek ‘n sigaret aan. Daarna staan sy op en hardloop na
die sitkamer. Daar was nog ‘n man.
Hy vra toe waar sy gaan. Sy
sê sy wil uitgaan. Hy keer haar toe. Hulle staan toe daar by die
deur.
[5] Sy sê toe vir hulle
haar man gaan nou-nou terug wees en sy wil nie moeilikheid hê nie.
Die een man sê toe vir haar, haar man
kom eers drie uur; dis nou
twee uur.
[6] Appellant nr 2 trek
haar trui se mou op en sê hy wil kyk of sy nie inspuitings gebruik
nie. Appellant nr 2 sê toe sy moet die
hoëtroustel aanskakel en
appellant nr 1 stoot haar daarheen. Appellant nr 1 het dit toe
aangeskakel.
[7] Appellant nr 1 het
haar toe vasgegryp van agter. Hy het sy regterhand in haar broek
probeer indruk. Appellant nr 1 druk toe
sy vinger in haar vagina.
[8] Appellant nr 2 haal
toe sy penis uit en vra: “Do you think she would like a
threesome”.
[9] Appellant nr 1 haal
toe sy vinger uit en sê vir appellant nr 2 “ruik hoe lekker ruik
dit”. Toe los hy haar.
[10] Appellant nr 2 vra
toe vir haar of sy van sy penis hou en dit wil hê. Appellant nr 2
het ook sy vinger in haar vagina ingedruk.
Hy kon nie daarin slaag
om haar broek af te trek nie, want sy het haar broek met haar
linkerhand bly vashou terwyl hy probeer het
om dit te doen.
[11] Op daardie stadium
roep appellant nr 2 na appellant nr 1 wat nie geantwoord het nie.
Toe hardloop appellant nr 2 uit.
[12] Net na die gebeure
het ene Smiley, ‘n vriend van klaagster, daar aangekom. Kennelik
was sy aankoms die rede waarom die appellante
die huis verlaat het.
Klaagster het gesê sy moet dadelik na Smiley se huis toe gaan, want
sy kan nie meer alleen daar bly nie.
Sy het hom vertel wat gebeur
het.
[13] Later het hulle haar
man gekry en appellante is uitgewys. Klaagster het getuig dat
appellant nr 2 haar geskakel het ‘n maand
of wat na die voorval, en
gesê het hy is baie jammer oor wat gebeur het. Hulle het dit as ‘n
grappie bedoel.
[14] Op vrae van die
landdros het klaagster getuig sy kry baie nagmerries. Sy het haar
man verlaat. Sy kan nie meer verdra om in
Groenpunt by die
gevangenishuise te bly nie.
[15] In kruisondervraging
sê klaagster dat toe sy wakker word en sien dit is nie haar man nie,
het sy ‘n sigaret opgesteek. Sy
gee toe dat sy nie die hele storie
vir Smiley du Preez, haar vriend, vertel het nie. Sy het net van een
man gepraat wat sy hand
in haar broek gedruk het, want sy was al
klaar genoeg verneder.
[16] Mnr Botes, wat vir
appellante verskyn het, wou ‘n verklaring wat Smiley du Preez, ook
‘n bewaarder en ‘n staatsgetuie,
aan die appellante laat toekom
het aan die getuie stel, maar die hof het gelas dat dit in
kruisondervraging aan Du Preez gestel moes
word. Op die ou einde het
Du Preez nie getuig nie en daar het niks verder van dié verklaring
gekom nie. Die aanklaer wou nie vir
Du Preez roep nie, omdat hy nie
seker was wat Du Preez sou sê en die indruk gewek is dat hy met die
appellante saamwerk.
[17] Gevra waarom sy in
die sitkamer vir appellante vir ‘n sigaret gevra het, sê klaagster
dat as sy op haar senuwees raak, rook
sy. Sy sê sy was bang, sy het
op daardie oomblik nie reg gedink nie. Sy was doodbang. Sy het
geweet hulle is daar vir moeilikheid.
Sy het nie geweet wat om te
verwag nie.
[18] Dit is aan klaagster
gestel dat appellant nr 2 saam met haar die huis verlaat het, wat sy
ontken het.
[19] Sy getuig in
kruisondervraging dat net nadat sy by die venster vir appellant nr 2
in die motor gestaan en uitkyk het, klop Du
Preez aan haar deur en
kom leen hy borrie by haar.
[20] Uittreksels van
klaagster se verklaring is aan haar gestel en sy het erken dat daar
foute in is, hoofsaaklik wat betref die volgorde
van die gebeure en
ook oor wie presies wat gedoen het. Daardie verklaring is egter
nooit ingehandig hoewel dit bewys was. ‘n
Mens moet na die geheel
van die verklaring kyk ten einde dit behoorlik te kan beoordeel.
(Vergelyk
R v VALACHIA AND ANOTHER
1945 AD 826
op 835.)
[21] Appellante se
weergawe is aan haar gestel. Hulle sê hulle was op soek na die
skuurders wat die vloere skuur. Klaagster ontken
hierdie weergawe.
[22] Die tweede
staatsgetuie was klaagster se man, Anton Keyter. Hy het getuig dat
hy en klaagster getroud is. Hulle het een kind.
Hulle is vervreem
as gevolg van ander gebeure as die voorval waaroor die saak gaan. Hy
en appellante is werkskollegas.
[23] Op 11 Junie 2002 het
hy om kwart voor drie huistoe gegaan na sy woning op die perseel van
die Groenpunt gevangenis. Sy vrou
was nie daar nie. Hy het haar
gaan soek by haar vriend, Smiley. Toe hy soontoe stap, kom hulle
aan. Hulle sien hom en hy kon sien
sy vrou het gehuil. Sy sê daar
het iets verskikliks gebeur. Sy was bewerig en bleek. Sy het hom by
die huis vertel wat gebeur
het. Klaagster het baie gebewe; sy was
huilerig en sy was nie haarself nie. Sy was geskok. Sy was baie
senuweeagtig; sy wou nie
meer daar bly nie. Die dokter het haar
senuweepille gegee. Sy het net geslaap na die voorval.
[24] In kruisondervraging
sê hy klaagster het hom net van een van die persone vertel wat
fisies iets met haar gedoen het. Die ander
het sy privaatdeel
uitgehaal volgens wat sy vertel het.
[25] Die derde
staatsgetuie was Inspekteur Anna Kirkpatrick van die Suid-Afrikaanse
Polisie Diens. Sy het op 12 Junie 2002 die klaagster
gespreek, haar
verklaring geneem en haar na ‘n dokter geneem. Klaagster was erg
geskok. Sy was te bang om by haar eie huis te
wees.
[26] Na afsluiting van
die staatsaak het appellant nr 1 getuig. Hy het getuig dat appellant
nr 2 hom versoek het om saam te ry om
die kontrakteurs wat die
houtvloere skuur te gaan soek. Iemand het vir hulle gesê dat die
skuurders moontlik in klaagster se huis
was.
Klaagster
se huis se deur was op ‘n skrefie oop.
Appellant nr 2 het
geklop. Hy roep toe die twee persone wat hy gesoek het se name in
die huis in. Daar was nie antwoord nie. Klaagster
het toe in die
gang afgekom en gevra wat hulle soek. Appellant nr 1 sê toe vir
appellant nr 2 dis die vrou met die slegte naam;
hulle moet gaan.
Toe draai hulle om en loop. Appellant nr 2 sê toe vir die
klaagster, jammer hulle pla, hulle soek die skuurders.
Appellant nr
2 was eerste uit. Ongeveer 15 sekondes later kom appellant nr 2 uit
met klaagster kort op sy hakke. Sy vra appellant
nr 2 toe vir ‘n
sigaret. Appellant nr 2 sê toe hy rook nie en hulle is weg. Hy het
klaagster se bewerings teen hulle ontken.
[27] In
kruisondervraging sê appellant nr 1 dat niemand die deur oopgestoot
het nie, dit het oopgegaan as gevolg van die klop.
Hy word
gekonfronteer oor wat hy vir appellant nr 2 gesê het dat hulle maar
moet loop of dit was “dit is daardie Keyter vrou”
of “daardie
vrou met die slegte naam”. Sy weergawes verskil.
[28] Toe hulle weg is,
het klaagster vir hulle gewaai. Hy weet nie wat haar motief was vir
die valse aanklagte teen hulle nie. Hy
weet ook nie waarom sy so
ontsteld was na die voorval nie.
[29] Appellant nr 2 het
ook getuig. By die huis het hy geklop en die name geroep van die
skuurders. Klaagster het toe nors voorgekom.
Hy sê toe vir haar hy
is jammer, hy soek die mense wat die vloere skuur. Appellant nr 1
het gesê hulle moet loop.
Hy wil niks met
hierdie vrou te doen hê nie. Hy het gepraat van “daardie fokken
Keyter vrou”.
[30] Appellant nr 2 sê
hy het by die deur die name van die skuurders in ‘n normale stem
ge-uiter. Later sê hy hy onthou nie teen
watter desibels hy gepraat
het nie. Appellant nr 2 ontken ook die bewerings wat klaagster teen
hulle maak.
[31] Namens die
verdediging het ene Rantie getuig, ook ‘n bewaarder. In
kruisondervraging blyk dat hy op 11 Junie met verlof was.
Sy
getuienis voer die saak nie eenkant of anderkant toe verder nie.
[32] In sy uitspraak vind
die landdros die appellante skuldig soos voormeld. Na ‘n volledige
opsomming van die getuienis doen die
landdros ‘n deurtastende
ondersoek daarvan. Hy vind in die lig van al die getuienis die
appellante se weergawes nie redelik moontlik
waar nie.
[33] Mnr Nel het voor ons
betoog dat hier ‘n aantal onwaarskynlikhede in die klaagster se
saak is en in besonder het hy verwys na
die feit dat sy ‘n sigaret
opsteek toe daar mense in haar kamer is en wat sy nie weet wat gaan
gebeur nie. Sy vra hulle vir ‘n
sigaret in die sitkamer terwyl
haar eie pakkie daar naby is. Hy sê ook dat die getuienis oor wat
sy vir haar man gesê het, nie
toegelaat moes gewees het nie.
Daardie getuienis is egter relevant met betrekkinng tot haar toestand
en die feit dat sy hom vertel
het van wat met haar gebeur het.
[34] Die doodslag vir die
verdediging is soos mnr Botha vir die Staat tereg betoog, dat op
hulle weergawe, die klaagster hulle valslik
inkrimineer. Daar is
egter geen motief nie. Die getrouheidswaarborg vir die klaagster se
getuienis is geleë in die besonderhede
wat sy gee, juis die
onwaarskynlike getuienis wat sy gee. As dit ‘n opgemaakte storie
is, dan sou sy tog sekerlik, sê mnr Botha
tereg, die onwaarskynlike
elemente weggelaat het, naamlik spesifiek die opsteek van die sigaret
en die vra van ‘n sigaret. Sy
is ‘n eenvoudige vrou met ‘n
standerd agt en uit haar getuienis blyk dit dat sy eenvoudig die
verhaal vertel soos wat dit gebeur
het. Die ontstelde toestand
waarin Smiley en haar eggenoot haar aangetref het, staaf ook haar
weergawe. Die teenstrydighede in
haar getuienis doen nie afbreuk aan
haar geloofwaardigheid nie. Sy het erge trauma deurgegaan en ‘n
mens sou nie verwag dat sy
spesifiek insident na insident woordeliks
elke keer korrek kon herhaal nie. Ek vind dit nie vreemd dat sy vir
Smiley en haar man
nie die hele insident vertel het nie, want sy sê
sy was al genoeg verneder. Na my mening is daar geen twyfel oor die
korrektheid
van hierdie skuldigbevinding nie. Die landdros het ‘n
deurtastende, deeglike analise van die getuienis gedoen en die
appellante
is korrek skuldig bevind.
[35] Wat vonnis betref,
sê mnr Nel dat
S v M (2)
1990 (1) SASV 456 (N) en
S
v A EN ‘N ANDER
1991 (2) SASV 257 (N) waarop die
streeklanddros steun, was veel erger gevalle as hierdie. Daardie
gevalle het beide gehandel met
polisiebeamptes. Mnr Nel sê dat
S
v NDABA
1993 (1) SASV 637 (A);
S v D
1995 (1)
SASV 259 (A);
S v GERBER
2001 (1) SASV 621 (W) en
S
v MOHLAKANE
2003 (2) SASV 569 (O) toon dat korrektiewe toesig
‘n gepaste vonnis in hierdie geval sou wees. Hy sê appellante is
goeie mensemateriaal
en daar was geen rede om hulle gevangenisstraf
op te lê nie. Die korrektiewe beampte het korrektiewe toesig
aanbeveel.
[36] Die persoonlike
omstandighede van die appellante is: Beide is eerste oortreders.
Beide is korrektiewe beamptes. Appellant
nr 1 het 18 jaar diens by
Groenpunt gevangenis; appellant nr 2 het 14 jaar diens by korrektiewe
dienste. Appellant nr 1 was 37 jaar
oud by vonnisoplegging;
appellant nr 2 was 33 jaar oud by vonnisoplegging. Beide is getroud.
Appellant nr 1 het twee minderjarige
seuns; appellant nr 2 het ‘n
minderjarige dogter.
[37] Mnr Nel sê dat ‘n
korrektiewe beampte nie op dieselfde vlak geplaas moet word as ‘n
polisiebeampte soos wat die geval was
in die sake waarop die landdros
gesteun het en spesifiek die saak van
S v M (2)
waar
die hof ses jaar gevangenisstraf opgelê het vir ‘n geval waar ‘n
polisiebeampte ‘n klaagster opgelaai het in sy voertuig.
Hy het
orale seks met haar gehad en haar toe anaal gepenetreer. In daardie
geval het die hof gesê dit is ‘n baie erge geval
van onsedelike
aanranding. Die landdros in hierdie geval sê hierdie geval is erger
as M se geval. Mnr Nel stem nie saam nie.
Mnr Nel sê bewaarders is
nie wetstoepassingsbeamptes nie. Hulle is net daar om gevangenes op
te pas en verder sê hy hierdie klaagster
is nie fisies aangerand nie
en daar is nie blywende emosionele skade nie.
[38] Mnr Nel sê die
landdros het die vierde element van vonnisoplegging, naamlik genade,
buite rekening gelaat. Hy het buite rekening
gelaat dat hierdie
appellante goeie mensemateriaal is wat so ver as moontlik uit die
gevangenis gehou moet word en hy sê dat korrektiewe
toesig die
korrekte vonnisopsie sou wees.
[39] Mnr Botha sê die
volgende faktore is van belang om die straf te regverdig:
Die voorval het in
klaagster se eie huis plaasgevind.
Dit het plaasgevind
terwyl sy geslaap het. Sy was weerloos.
Dit is aan klaagster
gesê dat sy dopgehou was. Sy was ‘n sagte teiken. Die aanval
was beplan.
Appellante se
aanmatigende optrede. Hulle druk hulle vingers in haar privaatdeel.
Voortdurend maak hulle vulgêre opmerkings en
lag vir haar, feite
wat die klaagster nie eers volledig in haar getuienis wil weergee
nie.
Hierdie insident sal
haar lewe lank vir klaagster bybly. Sy het psigiese letsels wat sy
sal saamneem met haar.
Die appellante toon geen
berou nie.
Korrektiewe beamptes is
in die hiërargie van die regstoepassing en van rehabilitasie.
Hulle fasiliteer rehabilitasie.
[40] Die landdros verwys
in sy uitspraak na twee sake:
1.
S v A EN ‘N
ANDER
1991 (2) SASV 257 (N) waar ‘n verdagte gedwing
is om ten aanskoue van ‘n vroulike polisieoffisier homself te
bevredig. Die vonnis
vir onsedelike aanranding was twee jaar waarvan
ses maande opgeskort was. Daar was ook ‘n ander insident en
daardie vonnis moet
ook inaggeneem word. Die onsedelike aanranding
was maar ‘n gedeelte van die insident.
2.
S v M (2)
1990 (1) SASV 456 (N) waar beskuldigde ‘n vrou langs die pad
opgelaai het en haar toe gedwing het om orale seks met hom te hê
en
haar daarna ook anaal verkrag het. Die Streekhof het agtien maande
gevangenisstraf opgelê wat deur die Hooggeregshof verander
is na ses
jaar gevangenisstraf. Belangrik van daardie saak wat die landdros
nie in sy uitspraak vermeld nie, is dat die beskuldigde
in
S v
M (2)
die oggend voor die tyd ‘n argument met sy vrou gehad
het, daarom ontsteld was, gedrink het en ook onder die invloed van
drank
was tydens die begaan van daardie voorval. Hy was dus ‘n
polisieman wat onder die invloed van drank was, wat in ‘n sekere
emosionele
toestand verkeer het toe hy die misdrywe gepleeg het. In
hierdie geval is daar geen sprake dat die appellante enigsins gedryf
was
tot hierdie voorval deur emosionele voorvalle buite of dat drank
enigsins ‘n rol gespeel het nie. By baie onsedelike aanranding
sake is daar een of ander persoonlikheidsprobleem of homoseksualiteit
of pedofilie. Hier was geen aanleiding of enigiets wat appellante
kon ontstel nie.
[41] By die oorweging van
vonnis het die landdros alle vonnisopsies oorweeg, naamlik ‘n
totale opgeskorte vonnis, ‘n boete, korrektiewe
toesig en wat hy
bevind het nie ‘n ligte straf is nie en direkte gevangenisstraf.
[42] Die klaagster is in
die veiligheid van haar eie huis in ‘n beskutte area waar alleen
korrektiewe beamptes en hul gesinne woon
op “die plaas” aangeval
deur mense wat sy sou verwag deel te wees van die beskermingsnetwerk
daar.
[43] Mens moet egter na
die geheel van die feite kyk:
1. Daar is niks wat
daarop dui dat hierdie nie 'n onbesonne daad was nie. Daar is niks
wat 'n bevinding regverdig dat hulle na die
huis is met die opset om
die klaagster te gaan aanrand nie. Dit is redelik moontlik dat hulle
wel op soek was na die skuurmasjiene
en toe toevallig op die
klaagster afgekom het.
2. Sy was op haar eie
weergawe dan ook nie besonder geskok deur hul verskyning in haar huis
nie, soos blyk uit die feit dat sy 'n
sigaret vra en rook terwyl
hulle daar is. Sy skree nie of maak andersins alarm nie, selfs met
die appellante se vertrek, maar gaan
eerder na haar vriend, Smiley du
Preez.
3. Daar is ook eintlik
niks wat die verhoorhof se bevinding regverdig dat die klaagster
blywende emosionele letsels sal oorhou nie
- en as daar wel sou wees,
kan dit nouliks toegeskryf word aan 'n betreklik skadelose voorval
wat geen liggaamlike letsels kon gelaat
het nie.
4. Haar verhuising van
Groenpunt af het ook waarskynlik (minstens redelikerwys moontlik) nie
sy oorsprong in die onderhawige aanranding
nie maar in die
verbrokkeling van haar huwelik - wat op sy beurt nie na die voorval
teruggevoer kan (of moet) word nie.
5. Mens het hier met ‘n
heelwat minder strafwaardige voorval te make as in die sake wat deur
die verhoorhof geopper is.
[44] Ek meen dus dat die
landdros appellante se persoonlike omstandighede onderbeklemtoon het
en die erns van die misdaad oorbeklemtoon
het en dat daar wel
wesenlike mistastings was sodat die vonnis in ieder geval skokkend
onvanpas is.
[45] Na my mening sal ‘n
vonnis van korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1)(h) van pas
wees.
[46] Die volgende bevel
word gemaak:
Die appèl teen die
skuldigbevindings word afgewys en hulle word bekragtig.
Die appèl teen die
vonnisse slaag en die vonnisse van beide appellante word tersyde
gestel en die saak word na die verhoorhof terugverwys
vir die
oplegging van ‘n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge die
bepalings van artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 1977.
____________
KRUGER, R
Ek
stem saam.
_______________________
M.A. MATHEBULA, WND R
Namens
die appellante: Adv. J. Nel
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. J. du P. Botha
In
opdrag van:
DOV
BLOEMFONTEIN
/sp