S v Naidoo (114/2006) [2006] ZAFSHC 119 (13 April 2006)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Automatic review — Sentencing conditions — Accused pleaded guilty to two counts of fraud and received suspended sentences with conditions for repayment — Court questioned practicality of conditions lacking specified timeframes for payment — Review court agreed with lower court's assessment that absence of time limits rendered conditions unenforceable — Second condition of both sentences scrapped, while guilty findings and sentences confirmed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2006
>>
[2006] ZAFSHC 119
|

|

S v Naidoo (114/2006) [2006] ZAFSHC 119 (13 April 2006)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsnommer:
114/2006
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
LAWRENCE
NAIDOO
_____________________________________________________
CORAM:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
GELEWER
OP:
13
APRIL 2006
[1] Beskuldigde
het in die Landdroshof te Virginia tereg gestaan op twee aanklagte
van bedrog. Hy het skuldig gepleit op beide aanklagte
en is hy tereg
op beide aanklagte skuldig bevind. Hy is daarop op 3 Desember 2003
as volg gevonnis:
“
Aanklag
1:
Gevonnis
tot 8 (agt) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir 4
(vier) jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie skuldig
bevind word aan
bedrog of poging daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie.
(2) Die beskuldigde die bedrag van
R333,34 terugbetaal aan Gladys Mosidi Finger.
Aanklag
2: Gevonnis tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf wat in geheel
opgeskort word vir 4 (vier) jaar op voorwaarde dat beskuldigde
nie
skuldig bevind word aan bedrog of poging daartoe gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting nie.
(2)
Beskuldigde die bedrag van R550,00 terugbetaal aan Ntholeng
Nthoba.”
[2] Die
aangeleentheid het op outomatiese hersiening voor hierdie Hof gedien
waarop ek die volgende navraag gerig het:
“
Hoewel
die tweede opskortende voorwaarde met betrekking tot beide klagtes
sinvol is, voorsien u nie ‘n probleem met die praktiese
uitvoerbaarheid en kontrolering daarvan nie
?
Moes daar nie ‘n tydperk aan gekoppel word waarbinne die betaling
moet geskied nie?”
Op
2 Junie 2004 het die voorsittende Landdros die volgende aanvullende
redes tot vonnis verskaf:
“
Die nalate om ‘n tydperk aan die
opskortende voorwaardes te koppel veroorsaak ‘n probleem met die
praktiese uitvoerbaarheid en
kontrolering daarvan. Dit sou inderdaad
sinvol gewees het om ‘n tydperk aan die opskorting te gekoppel het
waarbinne die betaling
moes geskied het. Waar hierdie vonnisse op
hersiening met sodanige tydperke aangevul kan word, sou dit myns
insiens geen effek op
die vonnisse hê nie, alvorens beskuldigde nie
van sodanige wysigings in kennis gestel word nie. Dit is ook te
betwyfel of hy opgespoor
kan word sodat die gewysigde voorwaardes
onder sy aandag gebring kan word. Bygevolg versoek ek respekvol dat
die twee opskortende
voorwaardes geskrap word tot voordeel van die
beskuldigde en dat die skuldigbevindings en die vonnisse, sonder die
tweede opskortende
voorwaardes, bekragtig word.”
[3] Dit
blyk uit korrespondensie in die lêer dat die saak op 3 Junie 2004
teruggestuur is nadat die Landdros sy redes geskryf het.
Die lêer
het egter in die administratiewe proses weggeraak, waarop ‘n
duplikaat hersiening eventueel op 8 Februarie 2006 deur
hierdie Hof
ontvang is. Op daardie stadium het Beckley R op 10 Februarie 2006
die volgende verdere navraag gerig:
“
Is die boetes in die twee
opskortende voorwaardes reeds betaal? Wat is die situasie?”
In
antwoord op laasgenoemde navraag, het die Verhoorlanddros, onder
andere, as volg geantwoord:
“
Die boete op aanklagte 2 is nie
betaal nie. Die dossier en klaer op aanklag 1 kon nie opgespoor word
nie.”
[4] Na
my mening blyk dit duidelik uit voormelde inligting dat die
tersaaklike boetes nie betaal is nie en dat selfs al sou hierdie
Hof
die tweede opskortende voorwaarde wysig om voorsiening te maak vir ‘n
tydperk waarbinne die boetes betaal moet word, dit onprakties,
en
selfs waarskynlik onmoontlik, gaan wees om dit onder die aandag van
die beskuldigde en die onderskeie klaers te bring. Gevolglik
is ek
dit eens met die Verhoorlanddros dat die twee opskortende voorwaardes
geskrap moet word tot voordeel van die beskuldigde.
[6] Bygevolg word die
volgende bevel verleen:
Beide die
skuldigbevindings word bekragtig.
Die tweede opskortende
voorwaarde in beide die opgelegde vonnisse word geskrap.
Origens word beide die
opgelegde vonnisse bekragtig.
_____________
C.
VAN ZYL, R
/EM